Statevertaling – Bybelstigting

1 Johannes 3

Die kinders van God.

1

KYKa 1wat ’n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons 2kinders van God 3genoem kan word! Om hierdie rede 4ken 5die wêreld ons nie, omdat dit 6Hom nie geken het nie.

2

Geliefdes, b7nou is ons kinders van God, c8en 9dit is nog nie geopenbaar 10wat ons sal wees nie; dmaar ons weet dat ons, as 11Hy verskyn, aan Hom 12gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien 13soos Hy is.

3

En elkeen wat 14hierdie hoop 15op Hom het, 16reinig homself soos 17Hy rein is.

4

Elkeen wat 18die sonde doen, 19doen ook die wetteloosheid, ewant die sonde is 20wetteloosheid.

5

fEn julle weet dat 21Hy 22verskyn het om ons sondes 23weg te neem, gen geen sonde is in Hom nie.

6

Elkeen 24wat in Hom bly, 25sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie 26gesien en Hom nie geken nie.

7

My kinders, laat niemand julle 27mislei nie: hwie 28die geregtigheid doen, is 29regverdig 30soos Hy regverdig is.

8

31Hy wat die sonde doen, is 32uit die duiwel, want die duiwel 33sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God 34verskyn, om 35die werke van die duiwel te 36verbreek.

9

iElkeen 37wat uit God gebore is, 38doen geen sonde nie, komdat 39sy saad in hom 40bly; en hy kan 41nie sondig nie, 42want hy is uit God gebore.

10

Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel 43openbaar: elkeen 44wat die geregtigheid nie doen nie, is nie 45uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie.

11

Want dit is 46die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, ldat ons mekaar moet liefhê;

12

nie soos mKain 47wat uit die Bose was en 48sy broer 49doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? n50Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig.

13

o51Verwonder julle nie, my broeders, as 52die wêreld julle haat nie.

14

pOns weet dat ons 53oorgegaan het 54uit die dood in die lewe, 55omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood.

15

Elkeen wat sy broeder haat, is 56’n moordenaar; qen julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets 57blywends in hom het nie.

16

rHieraan het ons 58die liefde 59leer ken, dat 60Hy 61sy lewe vir ons afgelê het; en ons 62behoort 63ons lewe vir die broeders af te lê.

17

sMaar wie 64die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en 65sy hart 66vir hom 67toesluit, hoe 68bly die liefde 69van God in hom?

18

My kinders, laat ons nie liefhê 70met woorde of met die tong nie, maar 71met die daad en 72in waarheid.

19

En 73hieraan weet ons dat ons 74uit die waarheid is; en ons sal 75ons harte 76voor Hom 77gerusstel,

20

want as 78ons hart ons 79veroordeel, 80God is 81meer as ons hart, en 82Hy weet alles.

21

Geliefdes, as ons hart ons 83nie veroordeel nie, dan het ons 84vrymoedigheid 85teenoor God;

22

ten 86wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.

23

vEn dit is sy gebod, dat ons 87in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, xmoet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ’n gebod gegee het.

24

yEn hy wat sy gebooie bewaar, 88bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly: 89aan die Gees wat Hy ons gegee het.

a Joh. 1:12. 1 Of: hoedanige, dit is, wat ’n groot weldaad sy liefde tot ons is. Die apostel spreek so om die grondoorsaak van ons geluksaligheid aan te wys, 1 Joh. 4:10.

2 Naamlik deur genadige aanneming tot kinders en erfgename van God, sien Hos. 1:10. Rom. 8:14-17, terwyl ons tevore kinders van die toorn was. Sien Ef. 1:5; 2:3.

3 Dit is, kan wees, naamlik sodat ons die naam saam met die saak het, vers 2. Sien dergelike in Luk. 1:32.

4 Naamlik as kinders van God.

5 Dit is, die wêreldse en ongelowige mense; die menigte van diegene wat buite Christus is.

6 Naamlik God, wat ons Vader is, Joh. 16:3.

b Jes. 56:5. Joh. 1:12. Rom. 8:15. Gal. 3:26; 4:6.

c Matt. 5:12. Rom. 8:18. 2 Kor. 4:17.

d Filip. 3:21. Kol. 3:4.

7 Dit is, in hierdie lewe het ons reeds die reg van die kindskap van God, en die sekerheid daarvan, Joh. 1:12.

8 Dit is, maar.

9 Dit is, hierdie heerlikheid, wat vir die kinders van God berei is, is nog nie volkome aan ons bekendgemaak nie, hoewel enkele beskrywings daarvan hier en daar in die Skrif gegee word.

10 Dit is, met hoe ’n groot heerlikheid ons beklee sal word.

11 Naamlik Christus, soos blyk uit Kol. 3:4. 1 Joh. 2:28. Ander verstaan hier dit, naamlik wat ons sal wees.

12 Naamlik in heerlikheid na liggaam en na siel; nogtans só dat Christus, die Hoof, soos betaamlik is, ver bo sy ledemate in heerlikheid sal uitsteek. Sien Filip. 3:21 se kanttekeninge.

13 Naamlik in sy volle heerlikheid, waar Hy aan die regterhand van sy Vader sit; wat ’n groot deel van ons geluksaligheid sal wees, Ps. 16:11. Openb. 22:4.

14 Naamlik dat hy die heerlikheid van die kinders van God sal geniet.

15 Dit is, op Christus, dat Hy in sy wederkoms hom met hierdie heerlikheid sal beklee, omdat Hy dit vir hom verdien het.

16 Dit is, hy misbruik hierdie hoop nie om daardeur makliker te sondig nie, maar streef daarna om sy liggaam en siel, wat beide so uitnemend verheerlik sal word, in reinheid en heerlikheid te besit, 1 Kor. 6:20. 1 Thess. 4:4 se kanttekening.

17 Naamlik Christus. Sien vers 5. Dit is, die voorbeeld van Christus aan homself voorhou, as ’n voorbeeld van reinheid, om dit na te volg, hoewel dit in hierdie lewe nie volmaak kan gebeur nie.

e 1 Joh. 5:17. 18 Dit is, wat hom tot ’n sondige lewe begewe en die sonde oor hom laat heers, soos ook in vers 8 en enkele volgende verse, hoedanig dit ook mag wees, en hoe gering dit ook deur die mense geag mag word.

19 Dit is, begaan die oortreding van die wet, of verbreek die wet.

20 Gr. anomia, waardeur alles verstaan word wat nie met die wet ooreenkom nie, teen die wet stry of die wet verbreek.

f Jes. 53:12. 1 Tim. 1:15.

g Jes. 53:9. 2 Kor. 5:21. 1 Petr. 2:22.

21 Naamlik Christus.

22 Naamlik deur sy eerste koms in die vlees. Sien 1 Joh. 1:2.

23 Of: op Hom te neem om weg te dra. Sien Joh. 1:29 se kanttekening.

24 Dit is, wat deur ’n ware geloof met Hom gemeenskap het.

25 Dit is, begewe hom nie tot ’n slegte en sondige lewe nie; laat die sonde nie oor hom heers nie. Want andersins val ook die ware gelowiges soms wel in sondes, 1 Kon. 8:46. Ps. 19:13. Spr. 20:9. Jak. 3:2. 1 Joh. 1:8. Deur die woord sondig en die sonde doen verstaan Johannes hier wat Paulus noem wandel na die vlees, Rom. 8:1, en diensknegte van die sonde wees, Rom. 6:17. Sien ook Joh. 8:34.

26 Naamlik met die oë van die ware geloof, dit is, nie reg geken nie, soos die volgende woorde verklaar.

h 1 Joh. 2:29. 27 Naamlik deur julle wys te maak dat ’n ware geloof met ’n slegte en sondige lewe gepaard kan gaan.

28 Dit word gestel teenoor die sonde doen, en beteken daarom ’n godsalige en regverdige lewe lei, en hom in alle goeie werke bevlytig en oefen.

29 Dit is, ’n vroom en godsalige mens, soos hierdie woord deurgaans gebruik word. Sien 1 Petr. 3:12; 4:18. 2 Petr. 2:7, 8.

30 Dit word nie verstaan as so ’n gelykheid wat in alles sou ooreenkom nie, want niemand onder die mense is so gelyk aan Christus nie; maar verstaan hier sodanige gelykheid soos daar is tussen ’n volmaakte voorbeeld en ’n werk wat daarvolgens gemaak is, hoewel die werk nie die voorbeeld volkome weergee nie.

31 Dit is, wat dit sy werk maak om te sondig. Sien vers 6 se kanttekening.

32 Dit is, hy aard na die duiwel, soos kinders na hul vaders. Sien Joh. 8:44.

33 Dit is, soos hy direk nadat hy goed geskape was, hom tot die doen van sonde begewe het, en daarin geduriglik bly en voortgaan, so doen ook die onwedergebore en ongoddelike mense niks anders as om te sondig nie.

34 Naamlik in die vlees. Sien vers 5 se kanttekening.

35 Dit is, die sondes, waarvan die duiwel die eerste bewerker is.

36 Gr. ontbind, of: ontdoen; wat Hy gedoen het toe Hy die straf daarvoor vir die gelowiges gely het, Hebr. 2:14, 15, en Hy doen dit ook as Hy hulle lewend maak deur sy Gees, waardeur Hy hulle van die heerskappy en slawerny van die sonde verlos, en van hulle ’n volk maak wat ywerig is in goeie werke, Tit. 2:14.

i 1 Joh. 5:18.

k 1 Petr. 1:23.

37 Dit is, wedergebore deur die Woord en die Gees van God. Sien Joh. 1:13.

38 Sien vers 6 se kanttekening.

39 Dit is, God se saad, waardeur hy wedergebore is, naamlik die Woord van God, Joh. 3:5, 6. 1 Petr. 1:23.

40 Dit is, vergaan nie heeltemal nie, maar hou aan om die vrugte van die wedergeboorte te werk, wat eens in hulle begin is, Filip. 1:6.

41 Dit is, hom nie tot ’n sondige lewe begewe nie; soos in verse 6, 8.

42 Of: omdat hy uit God gebore is. Want deur die genade van die wedergeboorte word die heerskappy van die sonde in hom weggeneem. Sodat om wedergebore te wees en ’n sondige lewe te lei nie tesame kan bestaan nie.

43 Dit is, kenbaar, om die een van die ander te onderskei en uit te ken.

44 Sien vers 7 se kanttekeninge.

45 Naamlik gebore of wedergebore nie, vers 9 se kanttekeninge.

l vers 23. Joh. 13:34; 15:12. 46 Of: die verkondiging wat julle, ens. Sien 1 Joh. 1:5.
m Gén. 4:8.

n Hebr. 11:4.

47 Dit is, ’n kind van die duiwel. Sien vers 10. Joh. 8:44.

48 Naamlik Abel.

49 Gr. geslag het.

50 Dit is, uit enkel nyd en afgunstigheid, omdat hy nie kon verdra nie dat God aan Abel, wat godsalig geleef het, getuienis gegee het dat hy vir Hom aangenaam was, en dat Kain se offer Hom mishaag het, omdat hy ’n slegte lewe gelei het. Sien Hebr. 11:4.

o Joh. 15:18. 51 Naamlik asof dit ’n vreemde en ongehoorde saak sou wees. Want dat dit direk van die begin van die wêreld af so was, leer die voorbeeld van Kain en Abel, in die voorgaande vers.

52 Dit is, die wêreldse en onwedergebore mense.

p 1 Joh. 2:10. 53 Dit is, oorgebring is; naamlik deur God, Joh. 5:24. Kol. 1:13.

54 Dit is, uit die geestelike en uit die ewige dood.

55 Daarmee word nie die verdienende oorsaak van die lewe aangewys nie, maar die kenmerk waaruit ons van die lewe verseker word. Sien Luk. 7:47.

q Matt. 5:21. Gal. 5:21. 56 Gr. ’n mensedoder; naamlik voor God, omdat hy in sy hart, wat God vernaamlik aansien, sy naaste, as dit van hom sou afhang, reeds doodgeslaan het. Sien Matt. 5:22 en die kanttekening.

57 Dit is, is nie in hom nie.

r Joh. 15:13. Ef. 5:2. 58 Dit is, die krag en grootheid van die liefde.

59 In sommige manuskripte word gelees: die liefde van God leer ken.

60 Naamlik Jesus Christus.

61 Gr. sy siel. Sien Matt. 20:28. Joh. 10:15. Dit is, vir ons gesterf het.

62 Naamlik wanneer die eer van God, die stigting van die gemeente en die nood van die broeders dit vereis.

63 Gr. ons siele, soos tevore.

s Deut. 15:7. Luk. 3:11. Jak. 2:15. 64 Gr. die lewe, dit is, lewensonderhoud, Mark. 12:44. Luk. 8:43; 21:4.

65 Gr. sy ingewande. Sien Luk. 1:78. 2 Kor. 7:15. Filip. 2:1. Fil. vers 7 en die kanttekeninge.

66 Gr. van hom, dit is, dat hy hom nie bystaan in sy nood nie.

67 Naamlik dat hy dit nie oopmaak tot behulpsaamheid en weldadigheid nie.

68 Dit is, is, of: kan die liefde van God in hom wees.

69 Hy noem hier die liefde tot God, en nie tot die naaste nie, hoewel hy hier oor laasgenoemde spreek, omdat ons God nie kan liefhê as ons ons naaste nie liefhet nie. Sien 1 Joh. 4:20, 21.

70 Naamlik slegs; soos in Rom. 2:28.

71 Dit is, deur dit met die daad, met die werke van die liefde, aan die naaste te betoon.

72 Dit is, in opregtheid van hart, sonder geveinsdheid of eergierigheid om deur die mense gesien te word. Sien Matt. 6:1, ens.

73 Naamlik aan die betoning van opregte liefde aan ons naaste.

74 Dit is, ware en ongeveinsde Christene is, wat die waarheid van die evangelie reg verstaan, glo en beleef.

75 Dit is, ons gewete.

76 Naamlik voor Jesus Christus, wat oor ons sal regspreek, om voor Hom by sy wederkoms vrymoediglik te mag bestaan, en nie beskaamd te word nie. Sien 1 Joh. 2:28.

77 Dit is, om ons deur hierdie kenmerk te verseker dat ons ware kinders van God is. Sien vers 10. 1 Joh. 4:6, 17. Matt. 5:45. 2 Petr. 1:10.

78 Dit is, ons gewete, elkeen afsonderlik.

79 Dit is, beskuldig, oortuig en veroordeel dat ons God en ons naaste nie opreg liefhet nie, en daarom geen ware Christene is nie.

80 Of: God is waarlik meer, ens.

81 Dit is, magtiger om ons te veroordeel.

82 Dit is, Hy weet alle dinge en Hy weet baie beter as ons eie gewete hoe dit met ons gesteld is. Sien Job 9:4; 11:6, ens.; 28:23, 24. Ps. 94:7, ens. Jes. 40:13, ens. Hand. 1:24; 15:8. Hebr. 4:13.

83 Naamlik dat ons huigelaars is; maar dat die Heilige Gees saam met ons gees getuig dat ons ware kinders van God is, Rom. 8:16.

84 Dit is, ’n vrymoedige vertroue, Hebr. 4:16.

85 Naamlik dat Hy ons as sy ware kinders sal erken.

t Jer. 29:12. Matt. 7:8; 21:22. Mark. 11:24. Luk. 11:9. Joh. 14:13; 16:24. Jak. 1:5. 1 Joh. 5:14. 86 Naamlik wat vir ons tot saligheid nodig is, en met sy wil ooreenkom. Sien 1 Joh. 5:14.
v Joh. 6:29; 17:3.

x Lev. 19:18. Matt. 22:39. Joh. 13:34; 15:12. Ef. 5:2. 1 Thess. 4:9. 1 Petr. 4:8. 1 Joh. 4:21.

87 Dit is, in sy Seun Jesus Christus. Sien 1 Joh. 2:12.
y Joh. 14:23; 15:10. 1 Joh. 4:12. 88 Dit is, het innerlike gemeenskap met Hom. Sien 1 Joh. 1:3.

89 Dit is, aan die getuienis, die werking en drywing van die Heilige Gees. Sien Rom. 8:9, 14-16.