Statevertaling – Bybelstigting

1 Johannes 4

Die valse leraars.

1

GELIEFDES, aglo nie elke 1gees nie, bmaar 2stel die geeste op die proef 3of hulle uit God is, cwant baie 4valse profete het in die wêreld 5uitgegaan.

2

6Hieraan ken julle 7die Gees van God: elke 8gees wat 9bely 10dat Jesus Christus 11in die vlees gekom het, 12is uit God;

3

en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; den dit is 13die gees van die Antichris ewaarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy fis nou al in die wêreld.

4

Julle is 14uit God, my kinders, en het 15hulle 16oorwin, omdat 17Hy wat in julle is, 18groter is as 19hy wat in die wêreld is.

5

20Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle 21uit die wêreld, en 22die wêreld 23luister na hulle.

6

g24Ons is 25uit God; hy wat God 26ken, 27luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. 28Hieruit ken ons 29die Gees van die waarheid en 30die gees van die dwaling.

God is liefde. Om God lief te hê en die broeders lief te hê.

7

GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is 31uit God, en elkeen wat liefhet, 32is uit God gebore en 33ken God.

8

Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is 34liefde.

9

hHierin is die liefde van God 35tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat 36ons deur Hom kan 37lewe.

10

Hierin 38is die liefde: nie dat ons God 39liefgehad het nie, imaar dat Hy ons 40liefgehad het en sy Seun gestuur het kas ’n versoening vir ons sondes.

11

Geliefdes, as God ons 41so liefgehad het, 42behoort ons ook 43mekaar lief te hê.

12

l44Niemand het God ooit 45aanskou nie. mAs ons mekaar liefhet, 46bly God in ons en het 47sy liefde in ons 48volmaak geword.

13

Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, 49dat Hy ons van sy Gees gegee het.

14

En ons het 50aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser 51van die wêreld gestuur het.

15

Elkeen wat 52bely dat Jesus die Seun van God is — 53God bly in hom, en hy in God.

16

En ons het die liefde wat God 54tot ons het, leer ken en geglo. God is 55liefde; 56en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

17

57Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons 58vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want 59soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

18

Daar is 60geen vrees 61in die liefde nie; maar 62die volmaakte liefde 63dryf die vrees buite, want die 64vrees sluit 65straf in, en hy wat vrees, 66het nie volmaak geword in die liefde nie.

19

67Ons het Hom lief, 68omdat Hy ons eerste liefgehad het.

20

nAs iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder 69haat, 70is hy ’n leuenaar; want wie sy broeder 71wat hy gesien het, nie liefhet nie, 72hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?

21

oEn hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.

a Jer. 29:8. Matt. 24:4. Ef. 5:6. Kol. 2:18.

b Matt. 7:15, 16. 1 Kor. 14:29. 1 Thess. 5:21.

c Matt. 24:5, 24. 2 Petr. 2:1. 2 Joh. vers 7.

1 Dit is, leraar, wat voorgee dat sy leer uit openbaring van die Heilige Gees is. Sien 1 Tim. 4:1.

2 Naamlik aan die toetssteen van God se Woord. Sien 1 Thess. 5:21.

3 Dit is, of hul leer deur God ingegee is en met God se Woord ooreenkom.

4 Dit is, valse leraars. Want nie alleen die wat toekomende dinge vooruit aankondig, word profete genoem nie, maar ook die wat die Skrif uitlê, 1 Kor. 14:3, 37. So word ook nie alleen die wat iets vooruit aankondig wat nie waar is nie, valse profete genoem nie, maar ook die wat die Skrif verkeerd uitlê en valse leringe dryf. Sien Matt. 24:24.

5 Sien 1 Joh. 2:19 en die kanttekening.

6 Of: Ken hieraan die Gees van God; gebiedenderwys.

7 Verstaan hier die leer wat deur God se Gees ingegee is, of ’n ware leraar, wat deur God se Gees gedryf word.

8 Dit is, leraar. Sien vers 1 se kanttekeninge.

9 Dit is, openlik leer en beken.

10 Gr. Jesus Christus wat in die vlees gekom het. Sien vers 3. 2 Joh. vers 7.

11 Dit is, die menslike natuur aangeneem het, om as die enigste Middelaar, in die natuur, ons met God te versoen. Sien Joh. 1:14. Rom. 1:3. Dit is die vernaamste hoofstuk van die Christelike godsdiens, en as ’n hoofsom daarvan. Sien Matt. 16:16. Mark. 8:29. Joh. 20:31. Rom. 1:3, 4. Daaruit blyk dat Hy die Seun van God was voordat Hy die menslike natuur aangeneem het.

12 Hy is ’n ware leraar, wat die goddelike waarheid en leer voorstel.

d 1 Joh. 2:22.

e 1 Joh. 2:18.

f 2 Thess. 2:7.

13 Dit is, die leer van die Antichris, wat stry teen die waarheid van die persoon en die amp van Christus.
14 Deur die Gees van God wedergebore en daardeur met die kennis van die ware en goddelike leer verlig.

15 Naamlik die valse leraars.

16 Naamlik deur julle standvastigheid in die ware leer, waarvan hulle julle nie kon aftrek of mislei nie. Sien Matt. 24:24.

17 Naamlik die Gees van God, wat God vir julle gegee het, en wat in julle bly. Sien 1 Joh. 3:9 en die kanttekening.

18 Dit is, magtiger, soos in Joh. 10:29. 1 Joh. 3:20. Naamlik om julle by die waarheid te behou en teen die verleidings te versterk.

19 Naamlik die duiwel of die gees van die dwaling, vers 6, wat in die wêreldse en onwedergebore mense is, soos die valse leraars is en in die volgende vers beskryf word.

20 Naamlik die valse leraars.

21 Dit is, dinge wat uit die wêreld is, en wat met die verstand van die onwedergebore mense of ook met hul wêreldse luste ooreenkom.

22 Dit is, die wêreldse en onwedergebore mense; soos in 1 Joh. 3:13.

23 Dit is, neem hul valse leer aan.

g Joh. 8:47; 10:27. 24 Naamlik apostels, en die wat saam met ons dieselfde leer voorstel.

25 Dit is, nie net deur die Gees van God wedergebore en verlig met die kennis van die waarheid nie, maar ook deur Hom geroep om sy goddelike waarheid suiwer aan die mense te verkondig.

26 Naamlik reg ken, soos Hy Hom in sy Woord geopenbaar het.

27 Dit is, neem ons leer aan, soos in die voorgaande verse.

28 Naamlik of ’n mens na ons luister of nie na ons luister nie.

29 Naamlik as ’n mens na ons luister en ons leer aanneem.

30 Naamlik as ’n mens nie na ons luister en ons leer nie aanneem nie. Sodat uit die leer en Skrifte van die apostels (soos ook van die profete en evangeliste) geoordeel moet word oor waarheid of dwaling in die leer.

31 Dit is, God is die bewerker van die liefde; wat dit in ons werk en ons beveel.

32 Dit is naamlik ’n seker teken dat hy waarlik deur die Gees van God wedergebore is.

33 Naamlik reg, hoedanig Hy is, wat Hom behaag, en wat Hy ons beveel het.

34 Dit is, God het nie net Homself lief nie, maar ook al sy skepsele, in die besonder sy uitverkorenes in Christus Jesus, met sodanige groot liefde en toegeneentheid, dat ’n mens met reg mag sê dat Hy nie net liefde het nie, maar ook die liefde self is, soos Hy ook die wysheid, goedheid, ens., self genoem word.
h Joh. 3:16. Rom. 5:8. 35 Gr. in ons, soos ook in vers 16, of: onder ons.

36 Naamlik wat in Hom glo, soos gesê word in Joh. 3:16.

37 Naamlik geestelik en ewiglik.

i Rom. 3:24. 2 Kor. 5:19. Kol. 1:19.

k Rom. 3:25. 1 Joh. 2:2.

38 Dit is, blyk die grootheid van God se liefde tot ons.

39 Naamlik eerste, sodat ons met ons liefde God tot wederliefde sou verwek het. Want ons was van nature haters van God, Rom. 1:30, en vyande van God, Rom. 5:10.

40 Naamlik eerste, soos gesê word in vers 19.

41 Dit is, met so ’n groot, uitnemende, onverdiende en onuitspreeklike liefde.

42 Naamlik, dit is nie net betaamlik dat ons as God se kinders sy voorbeeld hierin navolg nie; maar ons is daardeur verplig, asook deur God se bevel, om dit te doen.

43 Dit is, nie net God, wat die mense so uitnemend liefgehad het nie, maar ons ook mekaar ter wille van Hom.

l Ex. 33:20. Deut. 4:12. Joh. 1:18. 1 Tim. 1:17; 6:16.

m 1 Joh. 3:24.

44 Naamlik van die mense, soos gesê word in 1 Tim. 6:16.

45 Naamlik met die oë van die liggaam, soos verklaar word in vers 20. Dit is, hoewel ’n mens God nie met die liggaamlike oë kan sien en aanskou nie, is dit nogtans so dat Hy ewenwel in ons bly as ons mekaar liefhet.

46 Sien hieroor 1 Joh. 3:24 en die kanttekening.

47 Naamlik waarmee ons Hom liefhet.

48 Sien 1 Joh. 2:5 se kanttekening.

49 Sien 1 Joh. 3:24 en die kanttekening.
50 Sien 1 Joh. 1:1 en die kanttekening.

51 Dit is, van die uitverkorenes en gelowiges in die hele wêreld. Sien Joh. 3:17; 4:42. 1 Joh. 2:2 en die kanttekening.

52 En ook verder gedoen het wat hierdie belydenis vereis, naamlik Hom met ’n ware geloof aangeneem het, en sy geloof met die werke van die liefde getoon het. Want andersins het die duiwels dit ook bely, Matt. 8:29. Mark. 5:7.

53 Sien 1 Joh. 3:24 en die kanttekening.

54 Gr. in ons.

55 Sien vers 8 se kanttekening.

56 Of: daarom.

57 Dit is, hierdeur is ons volmaak in die liefde, want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld, soos in die teks volg.

58 Dit is, ’n vrymoedige vertroue dat ons in daardie dag nie veroordeel sal word nie; omdat ons nou die liefde oefen, en die Here Christus dan die werke van die liefde te voorskyn sal bring, nie as verdienende oorsake van die vryspreking en saligheid nie, maar as vrugte en kenmerke van ons geloof. Sien Matt. 25:34, 35, ens.

59 Dit is, soos Christus in die liefde gewandel het, en voortdurend daarin bly, ons ook sy voetstappe navolg. Sien 1 Joh. 2:6, 3:3 en die kanttekeninge. Of: soos God liefde is, wandel ons ook so in die liefde, verse 8, 10. Matt. 5:48.

60 Naamlik om verdoem te word in die dag van oordeel nie; hierdie vrees word ’n slaafse vrees genoem. Want hy spreek hier nie van die vrees van God, wat die beginsel van alle wysheid is nie, Ps. 111:10, wat ’n kinderlike ontsag is vir die goddelike majesteit, en ’n sorgvuldigheid om hierdie majesteit nie te vertoorn nie; want daardie vrees word ons gebied, Filip. 2:12. 1 Petr. 1:17.

61 Dit is, in diegene wat hul geloof deur die liefde betoon; wat God en hul naaste waarlik liefhet.

62 Dit is, as ons God en ons naaste opreg liefhet. Sien 1 Joh. 2:5 en die kanttekening.

63 Gr. werp. Want hierdie vrees is so vas in die harte en gewetens van die sondaars ingeplant, dat dit as ’t ware met geweld deur ’n sterk en opregte geloof uit die hart gedryf moet word. Dat ons nou ’n opregte geloof het, word bekend uit die opregte liefde tot God en ons naaste, waaraan hierdie uitdrywing gevolglik ook toegeskryf word.

64 Naamlik om verdoem te word.

65 Of: pyn; dit is, kwelling, angs en benoudheid van die gemoed, wat ophou as ons verseker is deur die Gees van God sowel as deur die werke van die liefde, van die opregtheid van ons geloof. Hoe groter hierdie werke is, hoe minder is die vrees en benoudheid.

66 Dit is, het nog nie die ware liefde nie; want as hy dit gehad het, sou hy hierdie vrees uitdryf.

67 Of: Laat ons Hom, dit is, God, liefhê; want die Griekse teks kan op albei maniere vertaal word.

68 Sien vers 10.

n 1 Joh. 2:4. 69 Dit is, nie net metterdaad haat nie, maar ook selfs nie liefhet nie; soos die volgende woorde verklaar.

70 Sien 1 Joh. 2:4.

71 Dit is, wie se persoon, toestand en nood hy sien, waardeur die liefde en barmhartigheid gewoonlik ontsteek word in die hart.

72 Hy wil sê: hy kan God geensins liefhê nie; omdat ’n mens makliker deur te sien as deur te hoor tot liefde beweeg word; en God die een liefde nie minder as die ander van ons eis nie.

o Lev. 19:18. Matt. 22:39. Joh. 13:34; 15:12. Ef. 5:2. 1 Thess. 4:9. 1 Petr. 4:8. 1 Joh. 3:23.