Statevertaling – Bybelstigting

1 Johannes 5

Die geloof in Jesus en die gevolge daarvan.

1

ELKEENa wat 1glo dat Jesus 2die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die 3Vader liefhet, het ook 4die een lief wat uit Hom gebore is.

2

Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: 5wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar.

3

bWant 6dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; cen sy gebooie is nie 7swaar nie.

4

Want alles wat uit God gebore is, 8oorwin die wêreld; den dit is 9die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik 10ons geloof.

5

eWie anders is dit wat die wêreld oorwin fas hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

6

Dit is Hy wat 11deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; 12nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is 13die Gees wat getuig, 14want die Gees is die waarheid.

7

15Want daar is 16drie wat getuig 17in die hemel: die Vader, 18die Woord en die Heilige Gees, en 19hierdie drie is 20een;

8

en daar is 21drie wat getuig op die aarde: 22die Gees en die water en die bloed, en die drie is 23eenstemmig.

9

gAs ons die getuienis van die mense aanneem — die getuienis van God is 24groter, omdat dit die getuienis is van God wat Hy 25aangaande sy Seun getuig het.

10

hWie in die Seun van God glo, 26het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, 27het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.

11

En dit is 28die getuienis: dat God 29ons die ewige lewe gegee het, ien dié lewe 30is in sy Seun.

12

Hy wat die Seun 31het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.

13

kDit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en 32kan glo in die Naam van die Seun van God.

14

En dit is 33die vrymoedigheid wat ons 34teenoor Hom het, ldat Hy ons 35verhoor as ons iets vra volgens sy wil.

15

En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, 36wat ons ook al vra, ons 37die bedes 38verkry wat ons van Hom gevra het.

16

As iemand 39sy broeder 40’n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy 41bid, en 42Hy sal hom 43die lewe gee — vir die wat nie ’n sonde tot die dood doen nie. mDaar is 44’n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie 45dat hy moet bid nie.

17

nAlle ongeregtigheid is sonde, en daar is ’n sonde wat 46nie tot die dood is nie.

18

oOns weet dat elkeen wat uit God gebore is, 47nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, 48bewaar homself, en 49die Bose 50het geen vat op hom nie.

19

Ons weet dat 51ons uit God is en 52die hele wêreld 53in die mag van die Bose lê.

20

En ons weet dat die Seun van God gekom het pen ons 54verstand gegee het om 55die Waaragtige te ken; en 56ons is in die Waaragtige, 57in sy Seun, Jesus Christus. q58Hy is die waaragtige God en 59die ewige lewe.

21

My kinders, 60bewaar julleself van die 61afgode. Amen.

a Joh. 1:12. 1 Naamlik met sodanige geloof, wat vergesel is van alles wat tot ’n opregte geloof behoort. Sien 1 Joh. 4:2.

2 Dit is, die ware en beloofde Messías. Sien Joh. 20:31.

3 Dit is, Hy wat tot geboorte voortgebring het, naamlik die Vader.

4 Dit is, sy kind; omdat dit so is onder die mense, so bewys die apostel daarmee dat, as ’n mens God liefhet, ’n mens ook al die kinders van God, wat uit Hom gebore is, moet liefhê.

5 Want uit die liefde van God, soos ’n oorsprong en fontein, moet die liefde tot die naaste spruit en voortkom.
b Joh. 14:15; 15:10.

c Matt. 11:29, 30.

6 Naamlik, hiermee betoon ons dat ons God waarlik liefhet.

7 Dit is, beswaarlik, moeilik; dit word hier nie gesê om aan te wys dat ons hierdie gebooie hier op aarde volkome kan onderhou nie; sien 1 Joh. 1:8; 2:1; maar ten opsigte van die wedergeborenes, in wie se hart die Heilige Gees die gebooie van God só inskryf dat Hy dadelik in hulle ’n begeerte verwek om die gebooie graag te onderhou, Rom. 7:22. En dit wat iemand graag doen, is nie vir hom swaar of moeilik nie. Sien Matt. 11:30.

d Joh. 16:33. 8 Dit is, dit hou die oorhand in die geestelike stryd tussen die Gees van die wedergeboorte en die wêreldse begeerlikhede en aanlokkinge, waardeur ons tot afwyking van die geloof en oortreding van die gebooie van God versoek word.

9 Dit is, die oorsaak van ons oorwinning, omdat dit Christus omhels, deur wie ons alles vermag, Filip. 4:13.

10 Naamlik wat vergesel is van alles wat tot ’n ware geloof geëis word; want so ’n geloof kan nie bestaan sonder onderhouding van die gebooie van die liefde tot God en die naaste nie.

e 1 Kor. 15:57.

f 1 Joh. 4:15.

  11 Die apostel verwys hier na die water en bloed wat uit die deurboorde sy van Christus gevloei het, waarvan slegs Johannes melding maak, Joh. 19:34, 35, en hy vermeld dit hier weer, om te toon dat daarin ’n verborgenheid is, naamlik dat die water van die Heilige Gees uit Hom vloei, waardeur ons gereinig en wedergebore word, en dat deur die uitstorting van sy bloed aan die kruis die versoening met God en die vergewing van ons sondes vir ons verwerf is. Daardeur is vervul wat afgebeeld was deur die seremonies van die Ou Testament, wat hoofsaaklik bestaan het uit reinigings met water, en bloedstorting van diere wat geoffer was, sodat dít die betekenis is: omdat Christus gekom het en alles wat deur die seremonies van die Ou Testament afgebeeld was, in die daad vervul het, is dit ’n duidelike bewys dat Hy die ware Messías is.

12 Dit is, Hy het gekom om nie net die weldaad van die wedergeboorte of van die reiniging van ons verdorwe natuur nie, maar ook die weldaad van die regverdigmaking of versoening met God saam teweeg te bring, deur sy Gees en bloed; hierdie twee weldade kan nie van mekaar geskei word nie.

13 Dit is, die Heilige Gees getuig in die harte van die gelowiges, 2 Kor. 1:22. Ef. 1:13.

14 Sommige vertaal aldus: dat die gees die waarheid is. Dit is, die leer van die evangelie, dat Jesus die Christus is. Hierdie leer word die gees genoem in 2 Kor. 3:6, sien die kanttekeninge daar.

15 Hierdie vers, omdat dit ’n baie duidelike getuienis vervat van die Heilige Drie-eenheid, is skynbaar deur die Ariane uit sommige manuskripte uitgelaat, maar word in byna alle Griekse manuskripte gevind en selfs ook deur baie vername kerkvaders wat voor die tye van die Ariane geleef het, wat dit tot bewys van die Heilige Drie-eenheid daaruit aangevoer het. Die teenstelling van die getuies op die aarde in vers 8, toon verder duidelik aan dat hierdie vers daar moet wees, soos ook blyk uit vers 9, waar gespreek word van hierdie getuienis van God.

16 Naamlik persone en onderskeie getuies.

17 Dit is, gee hiervan uit die hemel ’n hemelse en goddelike getuienis, waaraan nie getwyfel kan word nie. Sien Matt. 3:16, 17; 17:5. Joh. 3:31. Hand. 2:1, ens.

18 Dit is, die Seun van God. Sien Joh. 1:1.

19 Naamlik persone. Sien Matt. 3:16, 17; 28:19.

20 Naamlik in wese en natuur; wat al drie gesamentlik en enerlei van hierdie saak getuig. Dit is ’n baie duidelike bewys en getuienis van die drieheid van die persone in die enige goddelike Wese. Sien Joh. 10:30.

21 Dit is, daar is ook drie getuies op die aarde wat dieselfde getuig.

22 Dit is, die Gees van die aanneming tot kinders, wat aan die gelowiges in die gemeente hier op die aarde gegee word, en die water van die wedergeboorte, waardeur die gelowiges van hul gemeenskap met die Vader en die Seun verseker word, en die bloed van die Nuwe Testament, waardeur hulle vergewing van hul sondes en versoening met God verkry. Ander verstaan deur die Gees die leer van die evangelie, deur die water die sakrament van die doop, en deur die bloed die sakrament van die nagmaal; deur hierdie drie middele word die gelowiges in die kerk hier op die aarde van die vergewing van hul sondes deur Christus, en van die ewige lewe, soos deur drie vaste getuies, verseker. Sien ook vers 6 se kanttekeninge.

23 Dit is, verwys na enerlei saak, en gee daarvan enerlei getuienis, naamlik dat Jesus die Saligmaker en die Seun van God is, vers 5.

g Joh. 5:37. 24 Dit is, geloofwaardiger, en moet daarom ook des te meer aangeneem word.

25 Naamlik aangaande Jesus Christus, dat Hy die ware en enigste Saligmaker is.

h Joh. 3:36. Rom. 8:16. Gal. 4:6. 26 Dit is, is deur die Heilige Gees, wat die geloof in hom gewerk het, in sy hart hiervan oortuig en verseker, Joh. 3:33.

27 Sien 1 Joh. 1:10.

i Joh. 1:4. 28 Naamlik waarvan ek spreek.

29 Naamlik wat waarlik in Christus glo, Joh. 3:36.

30 Naamlik soos in ’n fontein, uit wie se volheid ons dit ontvang, Joh. 1:16. Want die Seun het vir ons die lewe verdien, het die mag om dit aan ons te gee, en gee dit ook aan almal wat in Hom glo. Sien Joh. 6:47, 48, 51; 17:2.

31 Dit is, met die ware geloof aangeneem het, Joh. 1:12, hy het die beginsels van die ewige lewe reeds in hierdie lewe, en het ’n seker hoop dat hy dit ook hiernamaals volkome sal besit. Sien Joh. 5:24; 8:51.
k Joh. 20:31. 32 Dit is, meer en meer in die geloof kan toeneem en daarin volhard.
l Jer. 29:12. Matt. 7:8; 21:22. Mark. 11:24. Luk. 11:9. Joh. 14:13; 15:7; 16:24. Jak. 1:5. 1 Joh. 3:22. 33 Dit is, vrymoedige vertroue; soos in Hebr. 4:16. 1 Joh. 2:28; 3:21.

34 Naamlik teenoor God; soos die apostel spreek in 1 Joh. 3:21.

35 Gr. hoor.

36 Naamlik volgens sy wil, soos in vers 14.

37 Dit is, die sake waarvoor ons bid.

38 Gr. , dit is, sekerlik sal hê.

m Núm. 15:30. 1 Sam. 2:25. Matt. 12:31. Mark. 3:29. Luk. 12:10. Hebr. 6:4; 10:26. 2 Petr. 2:20. 39 Dit is, sy medechristen.

40 Dit is, ’n sonde waarop die ewige dood nie sekerlik volg nie; dit is, wat nie onvergeeflik is nie.

41 Naamlik vir sy broeder, dat God hom hierdie sonde wil vergewe.

42 Naamlik God sal hom sy sondes vergewe en sodoende die lewe gee. Of: hy, naamlik wat tot God oor die sonde van sy broeder bid, sal met sy gebed vergewing by God teweegbring. Sien 1 Tim. 4:16. Jak. 5:20.

43 Dit is, van die dood, wat hy deur sy sonde verdien het, verlos.

44 Dit is, wat sekerlik die dood tot gevolg het, naamlik die lastering teen die Heilige Gees, wanneer iemand die waarheid van die Christelike leer, waarvan hy deur die Heilige Gees verlig en oortuig is, loën en dit vyandig laster en vervolg. Sien Matt. 12:31 se kanttekeninge.

45 Naamlik omdat God sulke sondaars hierdie sonde nie wil vergewe nie, maar Hy gee hulle oor in hul onboetvaardigheid tot die einde toe, omdat hulle die middel tot boetvaardigheid, wat Christus se offer is, en die oortuiging van die Heilige Gees, verwerp en teëstaan.

n 1 Joh. 3:4. 46 Hier mag nie verstaan word dat daar ’n sonde só lig sou wees dat dit nie die dood sou verdien nie, hoe klein dit ook mag wees; want dit stry teen Deut. 27:26. Jak. 2:10; maar dat dit nie onafwendbaar die dood meebring nie, maar vergewe kan word, as die sondaar ’n opregte berou en leedwese daaroor betoon.
o 1 Joh. 3:9. 47 Naamlik tot die dood; ook nie dat die sonde oor hom heerskappy voer nie. Sien 1 Joh. 3:9.

48 Naamlik dat hy nie in hierdie sonde verval nie.

49 Dit is, die duiwel, wat probeer om hom tot hierdie sonde te bring, Matt. 6:13.

50 Of: raak hom nie, dit is, het geen vat op hom, om hom in hierdie sonde te trek, nie.

51 Naamlik wat in Christus glo.

52 Dit is, alle ander mense, wat nie wedergebore is en nie glo nie.

53 Dit is, in die sonde en onder die geweld van die duiwel.

p Luk. 24:45.

q Jes. 9:5; 44:6; 54:5. Joh. 20:28. Rom. 9:5. 1 Tim. 3:16.

54 Dit is, die regte en saligmakende kennis van die ware God, waarin die ewige lewe bestaan, Joh. 17:3. Of: verstand gegee het, sodat ons die Waaragtige mag ken.

55 Dit is, die ware en lewende God, die Vader van ons Saligmaker Jesus Christus.

56 Dit is, ons het deur die geloof gemeenskap met Hom, 1 Joh. 1:3.

57 Ander voeg die woordjie en hier in, soos in 1 Joh. 1:3, en verstaan dan onder hierdie Waaragtige ook die Vader, soos in die voorgaande.

58 Naamlik Jesus Christus. Sien Joh. 17:3.

59 Dit is, die oorsprong, verdiener en gewer van die ewige lewe, Joh. 1:4; 10:28; 14:6.

60 Dit is, hou wag en dra sorg, dat julle jul met geen afgodery besmet nie.

61 Gr. idole. Dit is, valse gode, of: beelde wat tot afgodery misbruik word, dat julle daaraan geen eer of diens betoon nie, omdat dit geensins saam met die Christelike religie en die ware godsdiens kan bestaan nie.

Einde van die eerste algemene brief van JOHANNES.