Statevertaling – Bybelstigting
WEESa my navolgers, soos ek dit ook 1van Christus is.
Oor die gedrag van die vrou in die gemeente.
EN ek prys julle, broeders, dat julle 2in alles aan my dink en aan 3die leringe vashou soos ek dit aan julle oorgelewer het.
Maar ek wil hê 4dat julle moet weet bdat Christus 5die hoof is van 6elke man, en die man die hoof van die vrou, cen 7God die hoof van Christus.
Elke man 8wat bid of 9profeteer met 10iets op sy hoof, 11doen sy hoof oneer aan;
maar elke 12vrou wat 13bid of profeteer met onbedekte hoof, 14doen haar hoof oneer aan; want dit is 15een en dieselfde asof haar hoof geskeer is.
Want as ’n vrou se hoof nie bedek is nie, 16laat sy dan ook haar hare afsny; dmaar as dit vir ’n vrou lelik is om haar hare 17af te sny of te 18skeer, laat sy haar hoof bedek.
Want ’n man moet die hoof nie bedek nie, eomdat hy 19die beeld en 20heerlikheid van God is; maar die vrou is 21die heerlikheid van die man.
fWant die man is nie 22uit die vrou nie, maar die vrou uit die man.
Want die man is ook nie 23ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou 24ter wille van die man.
Daarom moet die vrou 25’n aanduiding van gesag op die hoof hê 26ter wille van die engele.
27En tog, 28in die Here is die man nie sonder die vrou nie, en die vrou ook nie sonder die man nie.
Want soos die vrou 29uit die man is, so is ook die man 30deur middel van die vrou; maar 31alles is uit God.
32Oordeel self: Is dit betaamlik dat ’n vrou met onbedekte hoof tot God bid?
Of leer ook 33die natuur self julle nie dat as ’n man lang hare dra, dit 34vir hom ’n oneer is nie;
maar as ’n vrou lang hare dra, dit vir haar ’n eer is, omdat die lang hare vir haar gegee is as 35’n bedekking?
gMaar as iemand meen om 36twisgierig te wees, ons het nie 37so ’n gewoonte nie, en ook 38die gemeentes van God nie.
Ongereeldhede by die liefdemaal. Hoe die heilige nagmaal gevier moet word.
MAAR terwyl ek 39dit 40beveel, kan ek dit nie prys nie dat julle saamkom, nie 41ten goede nie maar ten kwade.
Want in die eerste plek 42hoor ek dat, as julle saamkom 43in die gemeente, daar 44skeuringe onder julle is, en gedeeltelik 45glo ek dit.
hWant daar 46moet ook 47partyskappe i48onder julle wees, sodat die 49beproefdes onder julle 50openbaar kan word.
As julle dus saamkom, dan wil dit nie sê 51dat julle die nagmaal van die Here eet nie.
Want 52as julle eet, gebruik 53elkeen 54eers 55sy eie ete; en 56die een het honger en die ander is dronk.
Het julle dan 57geen huise om in te eet en te drink nie? Of 58verag julle die gemeente van God, en 59maak julle dié beskaamd wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle prys? 60Hierin prys ek julle nie.
61Want ek het 62van die Here ontvang wat ek ook aan julle 63oorgelewer het, k64dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;
en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.
Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe 65testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.
Want so dikwels as julle 66hierdie brood eet en hierdie 67beker drink, 68verkondig julle die dood van die Here l69totdat Hy kom.
mWie dan op 70onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, 71sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.
nMaar die mens moet homself 72beproef en 73só 74van die brood eet en uit die beker drink.
Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 75’n oordeel oor homself, 76terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.
77Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ’n aantal het 78ontslaap.
oWant as ons onsself 79beoordeel het, sou ons nie 80geoordeel word nie.
81Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.
Daarom, my broeders, as julle saamkom 82om te eet, 83wag vir mekaar;
en as iemand honger het, 84laat hom by die huis eet, sodat julle nie 85tot ’n oordeel saamkom nie. 86Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom.
| a 1 Kor. 4:16. Filip. 3:17. 1 Thess. 1:6. 2 Thess. 3:9. | 1 Naamlik wat die volmaakste voorbeeld is van alle deugde, sodat ’n mens die leraars wel moet navolg, maar slegs in soverre hulle Christus navolg. |
| 2 Of: dat julle aan al my dinge, dit is, aan my leringe en vermaninge, dink.
3 Gr. oorvertellings, of: oorlewerings, waardeur dan verstaan word, soos hy self hierna verklaar, enkele van sy verordeninge, wat nie artikels van die geloof is nie, maar wat die uiterlike gebruike aangegaan het, wat in die vergaderings en die beoefening van die godsdiens onderhou behoort te word. |
| b Ef. 5:23.
c Joh. 14:28. 1 Kor. 3:23; 15:27. |
4 Dit is, dat julle let op die orde van onderwerping wat God onder die mense, in sy geestelike liggaam, ingestel het, sodat julle niks doen wat daarmee in stryd is nie.
5 Dit is, oor die man gestel, terwyl Hy heerskappy oor hom het, soos die hoof het bo en oor die ander ledemate. 6 Naamlik wat aan Christus se geestelike liggaam behoort, want oor hulle word hier eintlik gespreek. Dit beteken egter nie dat Hy nie ook die hoof van die vrou sou wees nie, want Hy is Hoof van sy hele liggaam, Ef. 5:23. 7 Naamlik God die Vader, onder wie die Seun van God, Jesus Christus, staan, nie ten opsigte van sy goddelike natuur nie, waarvolgens Hy aan die Vader in waardigheid en hoogheid gelyk is, Joh. 10:30. Filip. 2:6, maar ten opsigte van sy middelaarsamp, waarvolgens Hy Hom ter wille van ons aan die Vader onderwerp het en minder as die Vader is, Joh. 14:28, soos ’n gesant as sodanig minder is onder die mense as diegene wat hom stuur; hoewel hulle as mense aan mekaar gelyk is. |
| 8 Dit is, in die openbare gebed in byeenkomste óf voorgaan, óf dit aanhoor en saambid.
9 Of die Skrifte van die profete in die vergaderings voorlees en uitlê, 1 Kor. 14:3, 29, ens., of enkele toekomende dinge deur goddelike openbaring vooruit aankondig. Want hierdie gawe is destyds deur God aan sommige gegee tot troos van die gemeente, 1 Kor. 14:26. Ef. 4:11. Of hulle wat sodanige uitleggings in die vergaderings aanhoor. 10 Naamlik enige hoofbedekking, soos lang hare, vers 14, of ’n hoed, sluier, of iets soortgelyks, vers 7, soos die heidene gewoonlik hul afgode met bedekte hoofde gedien het. Sien Virgilius in Aeneïs, Suetonius in Die lewe van Vitellius. 11 Naamlik omdat die ontbloting van die hoof in daardie tyd ’n teken van mag en heerskappy was, soos hedendaags daarenteen, diegene wat mag oor ander het, hul hoofde bedek sal hou, en diegene wat onder ander staan, hul hoofde voor hul meerderes sal ontbloot. In dit alles moet ’n mens egter altyd let op die gebruike van verskillende tye en lande, en wat daarin eerbaar en stigtelik is, 1 Kor. 14:40. Filip. 4:8. |
| 12 Naamlik wat getroud is, en onder die mag van haar man staan. Sien vers 3. Hoewel die ander vroue hier nie uitgesluit word nie.
13 Dit is, wat in die byeenkoms die openbare gebede of die uitlegging van die profetiese Skrifte aanhoor; want dat ’n vrou openlik in die byeenkoms die gebede sou doen, of die Skrif uitlê, word haar verbied, 1 Kor. 14:34, 35. 1 Tim. 2:12. Of: wat die buitengewone gawe van gebed of om toekomende dinge vooruit aan te kondig, ontvang het, en dit, daartoe gedryf deur ’n goddelike ingewing, in die byeenkoms sal wil voorhou. Sien Joël 2:28. Luk. 2:36. Hand. 21:9. 14 Of: beskaam haar hoof, doen haar hoof skande aan, naamlik omdat sy deur daardie teken skynbaar wil ontken dat sy onder die man staan; en ook in sekere mate dat Christus die hoof van sy gemeente sou wees. Sien vers 4. 15 Dit is, van dieselfde onbetaamlikheid, naamlik as sy die gemaakte hoofbedekking afneem, is dit net so goed asof sy haar natuurlike hoofbedekking, naamlik haar hare, afskeer. |
| d Núm. 5:18. Deut. 22:5. | 16 Verstaan hier, dit is net so erg, en net so skandelik, asof sy kaal geskeer sou wees.
17 Naamlik met die skêr. 18 Naamlik met die skeermes. |
| e Gén. 1:26, 27; 5:1; 9:6. Kol. 3:10. | 19 Naamlik ten opsigte van sy mag en heerskappy, wat hy oor die vrou het. Want andersins is die vrou, ten opsigte van die heiligheid en geregtigheid, ook na die beeld van God geskape, net soos die man, Gén. 1:26, 27.
20 Naamlik omdat God in die man se heerskappy oor die vrou, die heerlikheid en die seggenskap wat Hy oor sy skepsele het, laat blyk. 21 Naamlik omdat die onderdanigheid van die vrou onder die man ’n bewys is van die mag, outoriteit en uitnemendheid van die man bo die vrou. |
| f Gén. 2:18, 21. | 22 Naamlik die eerste keer deur God geskape. Sien Gén. 2:21, 22. Andersins word manne volgens die gang van die natuur uit vroue gebore, Job 14:1. Sien ook vers 12. |
| 23 Naamlik om aan haar onderworpe te wees en haar op dié manier te dien.
24 Naamlik om aan hom tot sy diens onderworpe te wees, en om vir hom ’n hulp te wees, wat by hom pas, Gén. 2:18. |
| 25 Dit is, ’n hoofbedekking, tot ’n teken dat sy onder die mag en die seggenskap van die man staan. Sien Gén. 24:65. ’n Spreekwyse waardeur aan die teken die saak wat bedoel word toegeskryf word, wat in die sakramente ook baie gebruiklik is.
26 Sommige verklaar dit as die leraars van die gemeente, wat in die Skrif ook engele, dit is, boodskappers of gesante van God genoem word, Mal. 2:7. Openb. 1:20. Dit kan egter beter verstaan word as die diensbare geeste, wat vanweë hul amp deurgaans tereg engele genoem word. Omdat die engele in die byeenkomste van die gelowiges teenwoordig is, Ps. 34:8. Matt. 18:10, en deur alle onordelikheid of ongepastheid wat daar sou kon plaasvind, bedroef word, daarom vermaan die apostel die vroue dat hulle hierdie heilige geeste ook behoort te ontsien, om hulle hierin nie te bedroef nie. |
| 27 Die apostel voeg dit hierby, sodat, ter wille van hierdie heerskappy, die manne nie hoogmoedig sou word nie, en die vroue ook nie bedroef sou wees nie.
28 Naamlik Jesus Christus, aan wie, ten opsigte van sy genade en verdienste, die vroue sowel as die manne gemeenskap het. Sien Gal. 3:28. |
| 29 Sien vers 8.
30 Naamlik omdat hy deur ’n vrou ontvang en gebore word, volgens die natuurlike geboorte. Om daardie rede behoort hy die vrou ook nie te verag nie, maar in ere te hou en lief te hê, hoewel hy oor haar heerskappy het. 31 Dit is, sowel die vrou as die man is albei deur God geskape; en sowel die onderdanigheid van die vrou, as die heerskappy van die man, is albei deur God verordineer. Andersins is dit ook in die algemeen waar dat alle skepsele aan God behoort. Sien Rom. 11:36. 1 Kor. 8:6. |
| 32 Of: Oordeel onder of by julleself. Gr. in julleself. Die apostel wil aantoon dat die saak waarop hy hier aandring, so duidelik en bekend is, dat hy die Korinthiërs self wel as regters daaroor wil aanstel; soos in 1 Kor. 10:15. |
| 33 Naamlik wat onder andere ook deur haargroei die vroulike geslag van die manlike onderskei, deurdat die vroue se hare langer en digter groei as dié van manne, en dat die hare vir die vrou dien tot ’n sieraad en hoofbedekking.
34 Naamlik omdat hierdie lang hare op sy hoof soos ’n hoofbedekking is en ’n teken van onderdanigheid, terwyl hy die hoof van die vrou is, en daarom nie so ’n teken behoort te dra nie, waarmee dit wil voorkom of hy sy heerskappy versaak. Daarbenewens, omdat hy hom op hierdie manier as ’t ware in ’n vrou herskep, omdat hy ’n sieraad dra wat eie is aan die vroue, en sodoende sy geslag as ’t ware versaak; wat God in die wet verbied, Deut. 22:5. |
| 35 Gr. ’n omhulsel, naamlik om vir haar tot ’n bedekking te dien, en gevolglik ook tot ’n teken van onderdanigheid, waarmee sy haar onderdanigheid, volgens die bevel van God, daarmee erken, en wat dan ’n eer vir haar is. |
| g 1 Tim. 6:4. | 36 Of: twis lief te hê, dit is, wat nog baie oor hierdie saak en redes wil redetwis; met hulle wil ons nie verder twis nie.
37 Naamlik om te twis oor sake wat so duidelik en bekend is. 38 Wie se voorbeeld of gebruik ’n mens in sulke sake billikerwys behoort te volg. |
| 39 Naamlik dit wat volg.
40 Of: vermaan, vermeld, verkondig. 41 Dit is, nie tot verbetering nie, maar tot verergering. Want die byeenkomste word vir hierdie doel ingestel, dat die gelowiges daardeur opgebou en versterk word; wat nie gebeur as daar onbetaamlikhede in hierdie byeenkomste plaasvind nie. |
| 42 Hy beskryf in 1 Kor. 1:11 van wie hy dit gehoor het.
43 Dit is, in die byeenkoms van die gelowiges, wat toe nog nie in kerke gehou is nie, omdat die Christene toe nog geen kerke gehad het soos ons vandag het nie, maar in huise en ander geskikte plekke byeengekom het. 44 Skeuring is wanneer daar onder die lidmate van ’n gemeente, wat dit in die stukke van die leer en in die gronde daarvan eens is, onenigheid en verdeeldheid ontstaan vanweë ander misverstande en elke party sy hoof en leidsman volg, waardeur die eenheid van die liggaam van Christus geskeur en verbreek word; dit word ook onder die werke van die vlees getel, Gal. 5:20. Sien meer hieroor in 1 Kor. 1:12. 45 Naamlik omdat ek die opgeblasenheid en twisgierigheid van sommige onder julle ken. |
| h Matt. 18:7. Luk. 17:1.
i Hand. 20:30. 1 Joh. 2:19. |
46 Naamlik omdat die oorsake van partyskappe altyd daar sal wees, soos opgeblasenheid, vermetelheid, eergierigheid en arrogansie van sommige mense, wat daardeur aangedryf word om partyskappe te verwek en aan te hang. Solank as daar sulke mense sal wees, moet daar ook partyskappe wees. Sien ’n dergelike spreekwyse en nadere verklaring daarvan in Matt. 18:7.
47 Of: kettery, dit is ’n twis wat oor die leer ontstaan, wanneer enkele mense hardnekkig sommige dwalings dryf of aanneem, in stryd met die grondstukke van die saligmakende leer. Kettery is daarom erger en skadeliker as skeuring. Hiermee gee die apostel die rede waarom hy glo dat daar skeuringe onder hulle is, omdat daar ook nog erger boosheid by hulle gevind is, naamlik kettery, wat hy beskryf en weerlê in 1 Korinthiërs 15. 48 Dit is, in die gemeente. Sien Hand. 20:30. 1 Joh. 2:19. 49 Dit is, wat in die beproewing deur skeurings en partyskappe standvastig bly by die eenheid van die gemeente en by die gesonde leer, en daarom opreg bevind word; ’n beeld geneem van goud wat die toets van die vuur deurstaan, 1 Petr. 1:7. 50 Dit is, bekend word dat hulle opreg is. Wanneer die gemeente in vrede is, sonder skeuring of partyskap, word almal wat die godsdiens bely, as opreg beskou; maar indien daar skeuring en partyskap ontstaan, word dit openbaar en bekend wie by die eenheid van die kerk en by die gesonde leer standvastig bly en wie nie; soos die kaf deur die dorsproses van die koring geskei word, Matt. 3:12 en die kanttekening. |
| 51 Naamlik aangesien om onwettig te eet is soos om nie te eet nie. Of omdat dit nie die Here se nagmaal is nie, maar sy eie ete, soos in die volgende vers. |
| 52 Dit word verstaan as die eet van die voedsel, wat die rykes saamgebring het as hulle die nagmaal van die Here sou hou, om daarna saam met die armes ’n maaltyd te hou. Sulke maaltye is in Grieks agapai genoem, dit is, liefdemaaltye. Sien hieroor Jud. vers 12 en die kanttekening.
53 Naamlik van die rykes, sonder om die armes te nooi. Of: elkeen saam met diegene wat dit saam met hulle gehou het. 54 Naamlik voordat die armes daarby aangesluit het. Of: voordat die nagmaal van die Here gehou word. 55 Dit is, ’n ete wat nie normaalweg deur die hele gemeente gehou word nie, soos die Here se nagmaal wel gehou moet word, maar wat in die besonder deur sommige, met uitsluiting van ander, gehou word. 56 Dit is, die armes is honger, omdat die rykes nie op hulle wil wag nie, en die rykes is dronk, omdat hulle mekaar voor die maaltye dikwels só onthaal het dat hulle beskonke geraak het. |
| 57 Waar julle vooraf kan eet en versadig word, sonder dat julle dit openlik in die plekke van die byeenkomste doen. Sien vers 34.
58 Dit is, waak julle nie teen die ergernisse wat hierdeur in die gemeente ontstaan nie? 59 Dit is, die armes, wat niks na sulke maaltye kon saambring nie, wat julle óf nie tot die maaltye wil toelaat nie, óf nie op wil wag nie, en so openlik wys dat julle hulle verag. 60 Dit is, in hierdie misbruike rondom die nagmaalbediening kan ek nie met julle saamstem, of julle prys as iets wat julle goed gedoen het nie. |
| k Matt. 26:26. Mark. 14:22. Luk. 22:19. | 61 Om hierdie misbruike reg te stel, hou die apostel aan hulle die instelling van die heilige nagmaal voor, soos dit deur Christus die eerste keer ingestel is; wat die beste en sekerste manier is om misbruike reg te stel en weg te neem, aangesien alles in die godsdiens volgens die instelling van God en Christus gerig moet word.
62 Naamlik, nie van mense nie, Gal. 1:12. Dit het gebeur deur openbaringe wat die Here Christus self dikwels aan Paulus gedoen het. 63 Dit is, getrou geleer het, nie as my leer nie, maar van die Here Christus self. 64 Sien oor die verklaring van hierdie instelling van die nagmaal Matt. 26:26, ens. |
| 65 Of: verbond, Ex. 24:8. Dit is, ’n teken en seël van die Nuwe Testament of verbond. Want die beker is nie die verbond self nie, maar ’n teken en seël daarvan. |
| l Joh. 14:3. Hand. 1:11. | 66 Dit is dus brood wat by die nagmaal geëet word.
67 Dit is, die wyn wat in die beker is; ’n figuurlike spreekwyse. 68 Die dood van die Here moet in die nagmaal verkondig word, sowel deur die Woordbedienaars, wat die volk by die bediening moet onderrig dat hierdie gebreekte brood en hierdie wyn ’n teken en verseëling is van die bittere dood van Christus aan die kruis en van die weldade daardeur vir ons verkry; asook deur diegene wat dit geniet, wat in hul hart moet oordink, glo en met danksegging bely, dat die Here Christus vir hulle gesterf het, om hul van die ewige dood te verlos en salig te maak. Dit alles word te kenne gegee deur die woorde: doen dit tot my gedagtenis, vers 25. 69 Naamlik om die lewendes en die dooies te oordeel; want soos die sakramente van die Ou Testament tot by die eerste koms van Christus in die vlees geduur het, so sal die sakramente van die Nuwe Testament tot by sy tweede koms in heerlikheid duur. |
| m Núm. 9:10, 13. Joh. 6:51, 63, 64; 13:27. 1 Kor. 10:21. | 70 Dit gebeur wanneer die persone wat na die nagmaal gaan, nie die regte ingesteldheid het nie; hulle is óf mense wat openbare ergerlike sondes bedryf en daarom van die nagmaal geweer moet word, óf bedekte huigelaars, en lewe in twis met hul naaste, en is met haat, nyd, gierigheid en ongeregtigheid belaai; óf ook wanneer die gelowiges self hulle nie behoorlik daartoe berei het of dit nie met behoorlike aandag gebruik nie.
71 Naamlik omdat hy die teken van die liggaam en bloed van Christus deur sulke misbruike smaadheid aandoen. Want die smaadheid wat ’n mens die koning se seël aandoen, word gereken asof dit die koning self aangedoen is. |
| n 2 Kor. 13:5. | 72 Dit is, sy gemoed en gewete ondersoek, of hy ook in sy hart ’n opregte leedwese en droefheid oor sy sondes voel, asook ’n vaste geloof en vertroue op die verdienste van Jesus Christus het, en daarby ’n ongeveinsde voorneme het om die sondes meer en meer af te sterf en in ’n nuwe godsalige lewe voor God te wandel. Sien Gén. 17:1. 2 Kor. 13:5.
73 Naamlik nadat hy homself reg beproef en as sodanig bevind het. 74 Gr. uit. |
| 75 Dit is, ’n skuld of straf. Sien Matt. 23:14. Luk. 23:40. Rom. 2:3; 5:16; 13:2. Jak. 3:1. Dit word verstaan, óf as die ewige strawwe ten opsigte van die huigelaars; óf as die tydelike kastydings ten opsigte van die gelowiges wat die nagmaal onwaardiglik gebruik, soos hierna verklaar word, vers 30.
76 Dit is, omdat hy geen onderskeid maak tussen die brood van die nagmaal, wat ’n heilige teken van die Here se liggaam is, en gewone voedsel nie; en so sonder selfbeproewing en eerbied, brood van die nagmaal soos enige ander gewone brood eet. |
| 77 Dit is, vanweë hierdie misbruik van die heilige nagmaal.
78 Dit is, het reeds gesterwe. Sien Matt. 9:24; 27:52. Joh. 11:11. 1 Kor. 7:39; 15:6, 18. 1 Thess. 4:13. |
| o Ps. 32:5. Spr. 18:17. | 79 Of: onderskei het, dit is, ná ’n deeglike en ernstige selfbeproewing reg beoordeel het hoe dit met ons gesteld is, of ons waardiglik aan die tafel van die Here mag aansit of nie; en as ons onsself onwaardig bevind, dat ons ons van die heilige maaltyd weerhou, totdat ons ons lewe verbeter het.
80 Dit is, deur die Here gestraf of gekasty met sodanige plae soos tevore beskryf is, vers 30. |
| 81 Die apostel voeg hierdie troos by, sodat die gelowiges deur die hardigheid van die voorgaande bestraffings nie alte verslae sou word nie. Die troos bestaan uit twee dele: eerstens, dat sulke plae eintlik nie strawwe is nie, maar vaderlike kastydings of tugtigings; ten tweede, dat hulle deur God tot ’n goeie uiteinde gestuur word, naamlik tot ons saligheid, sodat ons daardeur tot ware bekering gebring word en nie saam met die goddeloses verdoem word nie. |
| 82 Naamlik die nagmaal van die Here, of ook om daarna die liefdemaaltye te hou, waar die rykes nie vir die armes wou wag nie, uit veragting van hulle.
83 Naamlik totdat julle almal bymekaargekom het; of dat die een sy beurt afwag totdat die ander eers aan die tafel was, om mekaar nie op ’n onbetaamlike manier te verdring nie. |
| 84 Dit is, as iemand nie so lank kan vas, totdat die nagmaal van die Here gehou is nie, dat hy liewer by sy huis sy honger stil, voordat hy in die byeenkoms kom en aan die tafel van die Here gaan sit.
85 Dit is, deur onordelikheid en onbetaamlikheid ’n straf oor julself bring. Sien vers 29. 86 Naamlik aangaande die goeie orde, wat in die beoefening van die uiterlike godsdiens in jul byeenkomste onderhou moet word; want daaroor spreek hy hier, en nie oor sake wat die leer of sedes aangaan nie; soos die woord reël, wat hy hier gebruik, meebring. |