Statevertaling – Bybelstigting

1 Korinthiërs 14

Die uitnemendheid van die gawe van profesie bo dié van die tale.

1

JAAG1 die liefde na, en 2beywer julle met die oog op 3die geestelike gawes, maar veral om te 4profeteer.

2

Want hy wat in 5’n taal spreek, spreek nie 6tot mense nie, maar 7tot God; want niemand 8verstaan dit nie, maar 9deur die Gees spreek hy 10verborgenhede.

3

Maar 11hy wat profeteer, 12spreek tot die mense 13woorde van stigting en 14troos en bemoediging.

4

Hy wat in ’n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente.

5

15Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, 16is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit 17uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.

6

Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, 18tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle spreek òf 19deur ’n openbaring, òf deur kennis, òf deur profesie, òf deur lering nie?

7

Net soos met 20lewelose dinge wat ’n 21klank gee, ’n fluit of ’n siter, as hulle 22nie ’n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal ’n mens weet 23wat op die fluit of siter gespeel word?

8

Want as die 24basuin ook 25’n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog?

9

Net so julle ook, as julle met die tong geen 26verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal 27’n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat 28in die wind praat.

10

Daar is 29wie weet hoeveel soorte 30tale in die wêreld, en geeneen daarvan is 31sonder klank nie.

11

As ek dan die 32betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker ’n 33vreemdeling wees, en die spreker sal 34vir my ’n vreemdeling wees.

12

So moet julle ook, terwyl julle 35streef na 36geestelike gawes, probeer om 37uit te munt 38tot stigting van die gemeente.

13

Daarom moet hy wat in ’n taal 39spreek, 40bid dat hy dit kan uitlê.

14

Want as ek in ’n taal 41bid, dan bid 42my gees, maar 43my verstand is 44onvrugbaar.

15

45Hoe staan die saak dan? 46Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook 47met die verstand bid. aEk sal met die gees 48psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.

16

Anders, as jy met die gees 49dank, hoe sal hy wat 50die plek van ’n 51onkundige inneem, 52amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie?

17

Want jy 53dank wel goed, maar 54die ander een word nie gestig nie.

18

55Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal;

19

maar 56in die gemeente wil ek liewer 57vyf woorde 58met 59my verstand spreek om ook ander te onderrig, as 60tienduisend woorde in ’n taal.

20

bBroeders, 61moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders 62in die boosheid en wees 63volwassenes 64in die verstand.

21

c65In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense 66van ander tale en deur 67ander lippe 68tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My 69nie luister nie, sê die Here.

22

Die tale is dus 70’n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir 71die ongelowiges; 72die profesie egter is 73nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.

23

As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of 74ongelowiges binne, sal hulle nie sê 75dat julle kranksinnig is nie?

24

Maar as 76almal profeteer en daar ’n ongelowige of ’n onkundige binnekom, dan word hy 77deur almal 78oortuig, deur almal 79beoordeel;

25

en so kom 80die geheime van sy hart aan die lig. En so sal 81hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig 82dat God werklik 83onder julle is.

Die noodsaaklikheid van orde in die godsdiensoefeninge van die gemeente.

26

84HOE staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle 85’n psalm of 86’n lering of ’n taal of 87’n openbaring of 88’n uitlegging — laat alles tot stigting geskied.

27

En as iemand in ’n taal spreek, laat dit dan wees 89twee of hoogstens drie, en 90by beurte; en laat 91een dit uitlê.

28

Maar as daar 92geen uitlêer is nie, laat 93hy in die gemeente swyg, en laat hy 94met homself en 95met God spreek.

29

Laat 96twee of drie 97profete 98spreek en 99die ander dit 100beoordeel.

30

Maar as daar 101iets geopenbaar is aan 102’n ander 103wat daar sit, 104laat die eerste swyg.

31

Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat 105almal kan leer en almal 106bemoedig word.

32

En 107die geeste van die profete 108is aan die profete onderworpe;

33

want God is 109nie ’n God van 110wanorde nie, maar van vrede, 111soos in al die gemeentes van die heiliges.

34

dJulle vroue moet in die gemeentes 112swyg; want dit is hulle nie toegelaat 113om te spreek nie, maar om 114onderdanig te wees, soos 115edie wet ook sê.

35

Maar as hulle iets wil 116leer, laat hulle tuis 117hul eie mans vra, want dit is 118lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.

36

Of het die woord van God 119van julle uitgegaan, of het dit tot 120julle alleen gekom?

37

As iemand 121meen dat hy ’n profeet of ’n 122geestelike mens is, 123moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, 124bevele van die Here is.

38

Maar as iemand 125onkundig is, 126laat hom onkundig bly.

39

Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie 127verhinder dat daar in tale gespreek word nie.

40

Laat 128alles 129welvoeglik en 130ordelik toegaan.

1 Gr. Vervolg die liefde. Dit sluit aan by die einde van die voorgaande hoofstuk.

2 Dit is, streef ewenwel daarna dat die een die ander daarin mag oortref.

3 Naamlik om die buitengewone gawes, wat die Heilige Gees destyds in baie gewerk het, te verkry. Sien 1 Kor. 12:1, 8-10. Hoewel ’n mens hom ook vir die gewone gawes moet beywer.

4 Sien in vers 3 wat dit beteken. Rom. 12:7. 1 Kor. 12:10.

5 Gr. met ’n tong, soos ook in die volgende.

6 Dit is, dat hy daarmee aan hulle die gedagtes van sy hart sou bekendmaak, wat die doel is van spraak, waarvoor dit gebruik word.

7 Dit is, dat God dit wel verstaan, maar nie die mense nie. Dit is nie genoeg nie.

8 Gr. hoor dit nie, naamlik met verstand. Sien Gén. 11:7.

9 Of: deur die gawe wat die Heilige Gees in hom gewerk het. Of: gees, dit is, sy gemoed.

10 Dit kan verstaan word as die verborgenhede van die koninkryk van die hemele, Matt. 13:11. 1 Kor. 4:1; 13:2, wat te voortreflik is om dit sonder vrug en aandag in onbekende taal voor te stel. Dit kan ook só verstaan word, dat hy wat in onbekende taal spreek, niks anders doen nie as wanneer hy sekere verborge dinge voorstel, wat niemand kan verstaan nie.

11 Dit is, hy wat profetiese Skrifte in ’n bekende taal uitlê. Sien vers 1.

12 Dit is, spreek op so ’n manier dat die mense dit kan verstaan en daaruit voordeel trek.

13 Dit is, wat kan dien tot stigting of onderrig van die wat onwetend is, tot troos van die bedroefdes en tot bestraffing van onordelikes, en tot bemoediging van die kleinmoediges. Alle uitleggings van God se Woord moet gerig wees op hierdie nuttige dinge, Rom. 15:4. 2 Tim. 3:16. Daarom is die gawe van profesie beter as die gawe van vreemde tale, omdat hierdie nuttige dinge nie deur die gawe van vreemde tale bekom word nie.

14 Of: vermaning, bestraffing.

15 Dit is, ek sou wou hê; dit is so ver van die waarheid dat ek die gawe van tale hiermee sou wil verag.

16 Dit is, het ’n voortrefliker gawe, en is dienstiger tot stigting van die gemeente.

17 Of: vertaal, naamlik in ’n ander bekende taal, sodat die gemeente dit kan verstaan.

18 Naamlik tot julle stigting.

19 Of: in, ens., dit is, nie in ’n bekende taal vir julle preek nie, sodat julle kan verstaan wat ek aan julle voorstel, óf enige openbaring van verborgenhede, óf enige kennis oor hoe ’n mens hom in twyfelagtige sake moet gedra, óf enige verklaring van die profetiese Skrifte, óf enige bevestiging van enige artikel van die geloofsleer.

20 Gr. siellose, dit is, musiekinstrumente.

21 Gr. stem.

22 Dit is, nie ’n verskeidenheid klanke nie, maar altyd dieselfde toon; wat baie onaangenaam en treurig is om aan te hoor.

23 Dit is, watter gesang of lied.

24 Of: trompet, waardeur die soldate tot die stryd gewaarsku en opgewek word.

25 Of: onbekende; naamlik waaruit ’n mens nie kan hoor dat jy daardeur gewaarsku en opgewek word om jou vir die stryd gereed te maak nie. Daarvoor is gewoonlik ’n sekere manier van trompetgeskal gebruik, wat classicum genoem was.

26 Dit is, sodat ’n mens kan verstaan wat julle daarmee wil sê.

27 Naamlik die toehoorders, wat die woorde nie verstaan nie.

28 Dit is, ’n geluid maak en in die wind uitstrooi, wat daarin verdwyn sonder enige nut. Vgl. 1 Kor. 9:26.

29 Naamlik nie net onder die mense, wat hulle verskillende tale het nie, maar ook die geluide van allerlei soorte diere en voëls.

30 Gr. stemme, klanke.

31 Dit is, sonder sodanige geluid dat die mense van dieselfde taal mekaar daardeur kan verstaan, en dat ’n mens uit die geluide van die diere en die voëls elke soort daarvan kan uitken, sodat sulke geluide nog enigsins ’n betekenis het, wat in vreemde, onbekende tale nie die geval is nie.

32 Gr. krag.

33 Gr. barbaros. Dit is, ’n mens met ’n onbekende taal. Die Grieke en Romeine het alle ander nasies, wat hulle taal nie gespreek of verstaan het nie, barbare genoem. Sien Hand. 28:2, 4. Rom. 1:14. Kol. 3:11.

34 Gr. in.

35 Gr. yweraars wees, dit is, deur stryd daarna streef dat julle die beste geestelike gawes mag hê; wat ’n prysenswaardige strewe en stryd is.

36 Gr. van geeste.

37 Of: oorvloedig te wees.

38 Dit is, dat julle sodanige gawes, waardeur die gemeente die meeste gestig kan word, mag hê en gebruik.

39 Dit is, kan en wil spreek in die gemeente.

40 Dit is, dat God aan hom, benewens die gawe van tale, ook die gawe wil verleen om dit wat gesê is in ’n bekende taal duidelik te vertaal en uit te lê. Ook dit was ’n besondere gawe van die Gees. Sien verse 26, 27. 1 Kor. 12:10, 30. Hoewel hulle self wel verstaan het wat hulle gesê het, het hulle ewenwel nie altyd daarmee saam die gawe gehad om wat gesê is duidelik te kan vertaal nie. Of: laat hy só bid, naamlik in die gemeente, dat hy die gebed wat hy in ’n onbekende taal gedoen het, ook in ’n bekende taal uitlê.

41 Dit is, openlik ’n gebed in die gemeente bid.

42 Dit is, ek doen in my gemoed ’n gebed deur die gawe van die Heilige Gees, wat goed is.

43 Naamlik wat ek van die taal het. Sien vers 4. Of: die betekenis van my gebed.

44 Naamlik by die toehoorders, wat so ’n gebed nie verstaan nie.

a Ef. 5:19. Kol. 3:16. 45 Dit is, wat sal ’n mens dan moet doen om hierdie gawe reg te gebruik?

46 Dit is, ek sal wel hierdie gawe van die Heilige Gees gebruik om die gebed in die gemeente in ’n taal te bid.

47 Dit is, ek sal ’n duidelike uitlegging daarby voeg, sodat die toehoorders dit kan verstaan.

48 Naamlik psalms en geestelike liedere sing, in die byeenkoms van die gemeente.

49 Of: seën, dit is, terwyl ek deur die Heilige Gees met hierdie gawe begiftig is, openbare danksegging in die gemeente doen.

50 Dit is, wat onder die gewone mense of toehoorders sit. Want dit wil voorkom of die leraars op ’n besondere en meer verhewe plek in die byeenkomste gesit het.

51 Gr. idiotes, dit is, wat die vreemde tale nie verstaan nie, en wat geen openbare bediening of buitengewone gawes het om in die gemeente te leer, en om die gebed of danksegginge te doen nie.

52 Hierdie woord amen kom van ’n Hebreeuse woord wat waarheid, sekerheid, vastigheid beteken; dit word gebruik as slot van die gebed, Rom. 15:33. 2 Tim. 4:22, om daarmee te verklaar dat ’n mens instem met dit wat gebid is, en wens dat dit mag gebeur. Sien Deut. 27:15, ens. Neh. 5:13. Jer. 11:5. Luk. 24:53. Rom. 1:25; 9:5. Openb. 22:20, 21.

53 Dit is, jy doen wel ’n gepaste danksegging, wat jou kan stig, omdat jy die taal verstaan.

54 Naamlik wat jou danksegging hoor, en die taal waarin jy dank nie verstaan nie.

55 Of: dat ek in meer tale spreek as julle almal. Die apostel hou sy eie voorbeeld aan die Korinthiërs voor, wat hulle redelikerwys behoort na te volg. Hy dank God vir die gawe van tale, wat hy oorvloediger ontvang het as iemand van hulle wat daarmee in die byeenkomste gespog het; om aan te toon dat hy hierdie gawe nie verag het nie, maar slegs die misbruik daarvan bestraf.
56 Dit is, in die byeenkoms van die gelowiges, waar ook baie ongeleerdes teenwoordig is.

57 Dit is, enkele, min.

58 Of: deur.

59 Dit is, sodat ek my verstand of die gedagtes van my gemoed met helder, bekende en duidelike woorde uitdruk wat elkeen kan verstaan.

60 Dit is, ’n groot en lang rede. Sien 1 Kor. 4:15. Waaruit duidelik blyk dat diegene lynreg teen die leer van die apostels ingaan, wat die godsdiens en hul gebede tot God uitdruk in ’n vreemde taal, wat hulle self of hul toehoorders nie verstaan nie, en wat dieselfde gebede as ’t ware met vyftigs en honderde opstapel vir God.

b Matt. 18:3; 19:14. Ef. 4:14. 1 Petr. 2:1, 2. 61 Dit is, toon dat julle beter verstand as die kinders het, aangesien dit geheel en al kinderlik is dat ’n mens in die byeenkoms wil spog met tale, sonder enige stigting. Of: moenie altyd in die kinderlike en geringe kennis van geestelike sake bly vassteek nie. Sien Hebr. 5:12; 6:1.

62 Dit is, volg die kinders na, nie in hul onkunde nie, maar in hul onskuld, omdat die kinders, hoewel hulle met ’n verdorwe natuur gebore word, dit nogtans nog nie so metterdaad toon soos die volwassenes nie.

63 Of: volmaak, dit is, neem daagliks sodanig in hierdie verstand toe, dat daar tussen die begrip wat julle nou van geestelike sake het, en wat julle nog sal verkry, so ’n onderskeid is, soos daar tussen die verstand van ’n kind en van ’n volwasse man is. Want dat ons in hierdie lewe nie tot die gans volmaakte kennis van geestelike dinge sal kom nie, het die apostel in die voorgaande hoofstuk geleer, verse 9-12.

64 Naamlik van geestelike sake wat tot saligheid nodig is.

c Deut. 28:49. Jes. 28:11. 65 Dit is, in die Skrifte van die Ou Testament. Sien Joh. 10:34 en die kanttekening.

66 Dit is, van onbekende tale, wat hulle nie sal verstaan nie.

67 Dit is, onbekende spraak.

68 Naamlik om die volk daarmee te straf. Omdat God dan die onbekende tale en spraak as ’n straf gebruik, behoort ’n mens dit nie sonder verklaring in die gemeente te gebruik nie, aangesien dit meer tot straf as tot stigting van die gemeente sou strek. Sien ’n verdere verklaring in Jes. 28:11.

69 Dit is, nie verstaan nie.

70 Naamlik van God se toorn.

71 Dit is, wat die Woord van God hardnekkig verwerp, aan hulle stuur God tot straf dat daar met hulle in ’n onbekende taal gespreek word.

72 Sien verse 3, 4.

73 Want hoewel die profesie ook kan dien om ’n ongelowige te bekeer, maar aangesien die ongelowiges nie dikwels die byeenkoms bywoon nie, word dit nogtans vernaamlik gebruik om die gelowiges te vermaan, te vertroos en te versterk.

74 Naamlik wat nog nie tot die Christelike godsdiens bekeer is nie.

75 Naamlik as julle voor die volk dinge sê wat hulle nie verstaan nie; wat wyse mense nie doen nie, maar wel kranksinnige mense. Waardeur ’n ongelowige dan meer en meer van die Christelike godsdiens vervreem word, omdat dit vir hom wil voorkom of dit mense kranksinnig maak.

76 Naamlik wat die gawe van profesie het, die een ná die ander. Sien verse 28-30.

77 Naamlik wat die gawe van profesie in die gemeente reg gebruik.

78 Of: bestraf, dit is, in sy gewete oortuig dat die Christelike godsdiens die regte en ware godsdiens is.

79 Dit is, veroordeel, naamlik oor sy voorgaande sondes; en indien hy dit wat deur die verkondiging uit God se Woord aan hom voorgehou word, nie met ’n ware geloof wil aanneem nie, dan word hy buite alle onskuld gestel. Sien Hand. 24:25.

80 Dit is, as God se Woord uitgelê word deur te profeteer, dan blyk dit hoe ’n mens in sy hart gesteld is, naamlik of dat hy hardnekkig in sy ongelowigheid wil volhard, of dat hy die evangelie wil glo. Sien 2 Kor. 2:15, 16.

81 Naamlik diegene wat deur die profesie in sy hart van die waarheid van die Christelike godsdiens oortuig is, sal hom onmiddellik met alle eerbied daartoe begewe om die ware God te dien en die Christelike godsdiens as die ware godsdiens te bely.

82 Dit is, dat die ware godsdiens in julle gemeente reg geleer en beoefen word.

83 Gr. in julle.

84 Dit is, omdat dit wat tevore gesê is, inderdaad so is, wat sal ’n mens dan verder doen? Die apostel begin hier om enkele reëls voor te skryf, wat ’n mens in die gemeente by die gebruik van die gawes moet onderhou.

85 Of: lofsang, naamlik deur hom gedig deur die ingewing van die Heilige Gees, tot eer van God en tot stigting van die gemeente.

86 Dit is, ’n besondere onderwysing, vermaning of vertroosting, hom in die besonder ingegee deur die Heilige Gees.

87 Naamlik van die Heilige Gees oor bepaalde onbekende of toekomende dinge. Sien Openb. 1:1.

88 Dit is, die gawe om tale in bekende spraak te vertaal; of ook om sekere moeilike gedeeltes in die Heilige Skrif goed en duidelik te verklaar.

89 Dit is, laat nie baie mense daarmee die tyd vol maak nie; maar as mense in tale wil spreek, laat dit deur so min as wat uitvoerbaar is, gedoen word.

90 Dit is, nie almal tegelyk op een oomblik nie, maar die een ná die ander.

91 Naamlik sodat die gemeente daardeur kan verstaan wat dit is wat in die onbekende taal gespreek is.

92 Naamlik óf hy self, wat in ’n taal spreek, óf ’n ander, wat die gawe het om hierdie taal te vertaal in ’n bekende taal.

93 Naamlik wat in ’n taal spreek.

94 Of: by homself, in afsondering, nie openlik in die gemeente nie.

95 Naamlik deur God innerlik aan te roep en te dank, wat die gedagtes van die hart ken en alle tale verstaan.

96 Naamlik om nie die tyd vol te maak deur slegs te profeteer nie.

97 Sien verse 3, 4.

98 Naamlik in die gemeente, en dit by beurte, vers 27.

99 Naamlik wat dieselfde gawe het om te profeteer, of die gawe om die geeste te onderskei.

100 Naamlik of daardie profesie ooreenkom met God se Woord, waaraan alle leringe en openbaringe getoets moet word. Sien Jes. 8:20. Joh. 5:39.

101 Naamlik wat aan diegene wat spreek, óf glad nie, óf nie so duidelik geopenbaar is soos aan hom wat daar sit nie.

102 Naamlik wat ook die gawe van profesie het.

103 Dit is, wat nog geen beurt gehad het om op te staan en te spreek nie.

104 Naamlik om aan die tweede geleentheid te gee om te spreek.

105 Dit is, sowel die profete as die gewone toehoorders onderrig kan word.

106 Of: vermaan.

107 Dit is, die leringe wat die profete deur die gawe en ingewing van die Heilige Gees voorhou.

108 Dit is, staan onder die beoordeling van die ander profete, wat hulle aanhoor; aan wie se oordeel hulle hul ook gewillig onderwerp. Want hoewel hierdie profesie deur die Heilige Gees, wat nie kan dwaal nie, ingegee is, is alles nogtans nie altyd aan een profeet geopenbaar nie, en dit wat aan die een geopenbaar is, is dikwels ook aan ander geopenbaar. Deur sommige profete sou daar ook iets van hulself daarby gevoeg en vermeng kon word. Daarom moet deur die ander profete beproef en geoordeel word of die profesie ook inderdaad deur die ingewing van die Heilige Gees en na die maat van die geloof geskied. Sien Jes. 8:20. Rom. 12:7.

109 Gr. want God is nie van wanorde nie. Dit is, nie ’n Bewerker, of Liefhebber daarvan nie.

110 Of: beroering.

111 Naamlik deur my geleer word. Of: nodig is.

d 1 Tim. 2:12.

e Gén. 3:16. Ef. 5:22. Kol. 3:18. Tit. 2:5. 1 Petr. 3:1.

112 Dit is, nie in die openbaar tot die gemeente spreek nie, al is hulle ook met goeie kennis begiftig. Sien 1 Kor. 11:5.

113 Naamlik openlik in die gemeente iets te leer of voor te hou. Sien 1 Tim. 2:12.

114 Naamlik aan die manne, om van hulle onderrig te ontvang. Want hy wat ’n ander in openbare byeenkomste onderrig, het daardeur ’n bepaalde gesag oor of bo diegene wat onderrig word.

115 Naamlik in Gén. 3:16.

116 Dit is, oor sekere leerstukke breedvoeriger onderrig wil word.

117 Naamlik as hulle bekwaam is om hulle te onderrig; anders mag hulle ook wel afsonderlik die leraars van die gemeente of enige ander opregte begaafde mans vra.

118 Dit is, onbetaamlik, onvanpas; omdat die orde wat God tussen man en vrou gestel het, daardeur omgekeer word; en dat so iets ook in stryd is met die eerbare bedeesdheid wat daar by vroue behoort te wees.

119 Dit is, uitgegaan van julle, Korinthiese leraars, wat so hoogmoedig oor julle gawes is, en nie veelmeer van ons apostels, wat die Woord van God eerste aan julle verkondig het nie.

120 Dit is, julle gedra julle so hoogmoedig, asof slegs julle alle wysheid het. Dit is ’n ernstige bestraffing van die hoogmoedige geeste, waarmee ook tegelyk getoon word dat hulle geen rede het om hulle so te verhef nie.

121 Dit is, inderdaad met die gawe van profesie begiftig is, of hom so laat bekendstaan en as sodanig voordoen.

122 Dit is, begiftig met enige buitengewone gawe van die Heilige Gees. Of: oorvloedig in die Christelike leer geoefen, 1 Kor. 2:15; 3:1. Gal. 6:1.

123 Dit is, behoort hy te erken; naamlik indien hy sodanig is as wat hy hom voordoen.

124 Naamlik van Jesus Christus, wat as ons Here mag het om ons te beveel, en aan wie ons, sy diensknegte, gehoorsaamheid verskuldig is.

125 Dit is, dit moedswillig nie wil weet of erken nie.

126 Dit is, as hy moedswillig in sy onkunde wil bly, en hom deur my skrywe nie wil laat onderrig nie, mag hy dit op eie risiko doen met gevaar van skade; ek wil my nie met sulke mense bemoei nie, omdat ek my deel gedoen het om hulle uit die onkunde te help. Sien dergelike manier van spreek in Openb. 22:11.

127 Dit is, hoewel ek ag dat die profesie meer tot stigting van die gemeente bydra as dat daar in tale gespreek word, wil ek daarmee die gebruik van tale nie ten ene male laat verwerp of verhinder nie, as dit maar na behore en met uitleg geskied.
128 Wat in die byeenkomste van die gemeente gedoen word, soos profeteer, of die prediking van die Woord van God, die doen van algemene gebede en danksegginge, die bediening van sakramente en dergelike.

129 Of: gepas; sodat dit ’n goeie gestalte het, wat betaamlik is vir die Christelike eerbaarheid en eenvoud.

130 Dit is, sonder verwarring, elkeen op sy behoorlike tyd, beurt, plek, ens.