Statevertaling – Bybelstigting

1 Korinthiërs 3

Die vleeslike gesindheid ’n oorsaak van verdeeldheid.

1

EN ek, broeders, kon met julle nie spreek 1soos met geestelike mense nie, maar 2soos met vleeslike, soos met 3klein kinders in Christus.

2

aEk het julle met 4melk gevoed, nie met 5vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,

3

omdat julle nog vleeslik is; bwant aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie 6na die mens nie?

4

Want as die een sê: cEk is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos — is julle nie 7vleeslik nie?

5

Wie is Paulus dan, en wie dApollos anders as dienaars 8deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan 9elkeen gegee het.

6

10Ek het geplant, eApollos het 11natgemaak, maar God het 12laat groei.

7

So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, 13niks nie, maar God wat laat groei.

8

Maar hy wat plant en hy wat natmaak, 14is een, fmaar elkeen sal sy eie loon 15volgens sy eie arbeid ontvang.

Die gelowiges ’n gebou van God; Christus die fondament van die gebou.

9

WANT 16ons is g17medewerkers van God; 18die akker van God, die h19gebou van God is julle.

10

20Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek 21soos ’n bekwame boumeester 22die fondament gelê, en 23’n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas 24hoe hy daarop bou.

11

Want niemand kan ’n ander fondament lê 25as wat daar igelê is nie, 26dit is Jesus Christus.

12

En as iemand 27op dié fondament bou 28goud, silwer, kosbare stene, 29hout, hooi, stoppels —

13

30elkeen se 31werk sal aan die lig kom, kwant 32die dag sal dit 33aanwys, omdat dit deur 34vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

14

As iemand se werk 35bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy 36loon ontvang;

15

as iemand se werk 37verbrand word, sal hy 38skade ly; alhoewel hy self 39gered sal word, maar 40soos deur vuur heen.

16

lWeet julle nie dat 41julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

17

42As iemand die tempel van God skend, sal God hom 43skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

18

mLaat niemand homself 44mislei nie: as iemand meen dat hy 45wys is onder julle in hierdie wêreld, 46laat hom dwaas word, sodat hy 47wys kan word;

19

want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: nHy wat die wyse mense in hulle listigheid 48vang;

20

en verder: oDie Here ken die gedagtes van die 49wyse mense, 50dat dit nietig is.

21

Laat niemand dan op mense 51roem nie, want alles 52behoort aan julle;

22

of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge — alles behoort aan julle;

23

maar julle 53behoort aan Christus, en Christus 54aan God.

1 Dit is, soos met mense wat deur God se Gees uitnemend verlig is en baie in die kennis toegeneem het. Sien Gal. 6:1.

2 Dit is, soos met sulke mense, in wie die vlees of menslike geneentheid hom nog te veel openbaar, soos gewoonlik in kinders gebeur, wat hul geneentheid meer volg as die rede.

3 Dit is, wat nog baie swak en onwetend is in die leer van Christus; en hiermee verklaar hy die woord vleeslike, sodat dit nie sou dui op mense wat heeltemal onbekend is met die Gees van Christus nie, soos dit dikwels in dié betekenis in die Heilige Skrif gebruik word. Sien Rom. 8:8.

a Hebr. 5:12. 1 Petr. 2:2. 4 Dit is, met die eerste beginsels en fondamente van die Christelike leer, wat met eenvoudige woorde uiteengesit word. Gr. melk laat drink.

5 Dit is, die diepgaande verklaring van die Christelike leer, wat met moeiliker woorde en diepsinniger redevoeringe uiteengesit word. Sien breedvoeriger in Hebr. 5:12, ens.

b 1 Kor. 1:11. Gal. 5:19. Jak. 3:16. 6 Dit is, soos die natuurlike mense gewoonlik doen, wat vir julle onbetaamlik is.
c 1 Kor. 1:12. 7 Dit is, nog deur vleeslike of kinderlike geneentheid gedryf deur onderskeid te maak tussen julle leraars.
d Hand. 18:24. 1 Kor. 1:12; 16:12. 8 Dit is, deur wie se diens en verkondiging, Rom. 10:17.

9 Naamlik elkeen van sy dienaars, aan wie Hy sy gawes onderskeidelik uitdeel. Sien 1 Kor. 12:4, ens.

e Hand. 18:26; 19:1. 10 Dit is, deur my verkondiging die eerste fondament van die gemeente gelê, soos hierna verklaar word, vers 10.

11 Dit is, dit wat ek begin het, het hy deur sy prediking bevorder en versterk.

12 Dit is, die woord wat uitwendig deur ons verkondig is, in die harte van die toehoorders kragtig gemaak tot hul bekering. Sien Joh. 6:44, 65. Hand. 11:21; 16:14, ens.

13 Niks om te ag of om te roem nie; wat nie beteken dat Paulus wou hê dat die dienaars verag moes word nie (in 1 Kor. 4:1 sê hy die teendeel), maar hy sê dit omdat niemand hom oor die gawes van die dienaars, wie hulle ook is, so moet verwonder nie, dat hy aan hulle die eer sou gee wat die hoogste Outeur van hierdie werk toekom. Want dit is God wat die dienaars aanstel, aan hulle die geskikte gawes gee, en deur hul arbeid kragtig is in die harte van die mense, vers 5. 1 Kor. 12:6. Gal. 3:5.
f Ps. 62:13. Jer. 17:10; 32:19. Matt. 16:27. Rom. 2:6; 14:12. 2 Kor. 5:10. Gal. 6:5. Openb. 2:23; 22:12. 14 Dit is, arbei vir dieselfde saak en dieselfde doel, naamlik om dieselfde leer van die evangelie te versprei en die gemeente van Christus op te bou, hoewel met onderskeie gawes. Want hy spreek hier nog van die amp van die getroue leraars, soos hy en Apollos was.

15 Dit is, volgens hoe goed hy hom van sy amp gekwyt en hom daarin beywer het, Matt. 25:20, ens.

g 2 Kor. 6:1.

h Ef. 2:20. Kol. 2:7. 1 Petr. 2:5.

16 Naamlik ons wat dienaars van God se Woord is.

17 Naamlik wat onder God as instrumente saamwerk aan die opbou van die gemeente. Dit het God behaag om hulle daarvoor te gebruik, hoewel die vernaamste werk deur Hom gedoen word en die bekwaamheid van hierdie instrumente self ook van Hom af kom, 2 Kor. 3:5, 6.

18 Dit is, julle, as lede van die gemeente van God, is diegene aan wie hierdie arbeid, soos aan ’n groot akker, bestee word.

19 ’n Ander beeld geneem van ’n groot gebou, wat deur ’n groot meester bestuur word, en waarvoor hy dienaars in diens neem. Hy lê hierdie beeld hierna breedvoeriger uit en maak dit van toepassing.

20 Naamlik waardeur ek tot ’n apostel van Christus geroep is, en waarmee Hy my tot nou toe in my bediening bygestaan en begelei het. Waarmee hy alles wat hy is en doen, nie aan homself nie, maar aan God toeskryf.

21 Dit is, soos dit ’n opregte, versigtige en getroue boumeester betaam.

22 Naamlik benewens die ander apostels in die eerste stigting van die gemeente van Christus deur die hele wêreld; en ek as die eerste wat julle gemeente gestig het, Rom. 15:20. Ef. 2:20. Openb. 21:14.

23 Hy sê dit van die gewone dienaars, wat ná die apostels in die gestigte gemeentes geroep en gestel is, en op die werk van die apostels voortgebou het, Rom. 15:20.

24 Sommige verstaan dit as die persone wat deur die leraars op die fondament gebou word, soos die woord werk ook gebruik word in 1 Kor. 9:1. Omdat die apostel egter hier sê: elkeen moet oppas hoe hy daarop bou, en nie: wie hy daarop bou nie, word oor die algemeen en beter verstaan dat die apostel die leraars hier wil vermaan dat hulle moet let op watter leer hulle op die fondament, wat die apostels gelê het, voorstel tot versterking en vermeerdering van die gestigte gemeentes.

i Jes. 28:16. Matt. 16:18. 25 Of: behalwe wat, naamlik deur my en die ander apostels.

26 Christus word die fondament van die gemeente genoem, óf ten opsigte van Homself, op wie die saligheid van die gemeente steun, omdat Hy as waaragtige God en mens vir ons die saligheid verwerf het en dit ons deur sy Gees deelagtig maak, Matt. 16:16-18. 1 Petr. 2:6, óf ten opsigte van die leer, waardeur ons op Hom, as die enigste Saligmaker, gewys en tot Hom gebring word, en deur die geloof in Hom geregtigheid, heiligheid en die ewige lewe ontvang. Op hierdie leer sien die apostel alhier en verklaar dat ons in die leer van die evangelie op niemand anders gewys mag word om saligheid te vind nie, as op Christus se persoon en verdienste. Sien Joh. 14:6. Hand. 4:12. Ef. 2:20.

27 Dit is, op hierdie leer, om die saligheid in Christus Jesus alleen te soek.

28 Dit is, stigtelike leringe, nie ontleen aan menslike wysheid nie, maar aan die suiwer gronde van God se Woord, 2 Tim. 1:13.

29 Hierdeur word nie enige ketterye of valse leringe verstaan, wat die fondament omstoot, waardeur die gemeente van Christus verlei of geskeur word nie, want God se Woord veroordeel dit as werke van die vlees, wat die mense van die saligheid beroof, Hand. 20:30. Gal. 5:20. 1 Tim. 4:1-3, maar leringe, dwalinge of instellinge van minder gewig, uit menslike vernuf voortgebring, wat nie die fondament omstoot nie, of enige vreemde en onnodige dispute wat nie stig nie, en ’n opgesmukte spreekwyse buite God se Woord, wat die apostel in hierdie eerste vier hoofstukke deurlopend bestraf.

k Jes. 8:20; 48:10. Jer. 23:29. 1 Petr. 1:7; 4:12. 30 Naamlik van die leraars. Want die apostel spreek hier slegs van hulle en hul werk.

31 Dit is, leer wat hy verkondig.

32 Dit is, die tyd; of: die lig van die waarheid, Rom. 13:12, 13. Ef. 5:13. 2 Petr. 1:19.

33 Naamlik of dit hout, hooi en stoppels is, en of dit goud, silwer en kosbare stene is.

34 Deur hierdie vuur kan hier nie ’n vaevuur, waardeur die mense ná hierdie lewe van hul sondes gereinig word, verstaan word nie, omdat deur hierdie vuur waarvan Paulus hier spreek, nie net die werk beproef sal word wat vergaan of verbrand word nie, maar ook die werk wat staande bly en beloon word. Deur die vuur word verstaan óf die vuur van die Heilige Gees, wat deur die lig van God se Woord die standvastige arbeid en troue leringe van die leraars mettertyd in die gemeente van God openbaar maak, en wat die onnodige of vreemde leer onderskei en laat verdwyn, nie anders nie as wanneer goud deur die vuur van sy onreinhede gesuiwer word, Ps. 12:7. Jer. 23:29; óf die vuur van vervolging, verdrukking en versoeking, waardeur die suiwer leer as ’t ware beproef word, omdat dit dan aan ons ’n vaste troos gee, wat die ander leringe nie kan doen nie, Jak. 1:2. 1 Petr. 1:6, 7.

35 Dit is, dat die leringe deur God se Woord as vas en betroubaar geoordeel word, 1 Thess. 5:21.

36 Naamlik op die laaste dag, uit genade, ook in die besonder oor hierdie werk van hom, Dan. 12:3. 1 Kor. 15:41, 42.

37 Dit is, as iemand se leer, nadat dit vanuit God se Woord beproef is, sal verdwyn en nietig geag word.

38 Naamlik van hierdie arbeid van hom.

39 Naamlik omdat hy in sy leringe nog aan die fondament vasgehou het.

40 Dit is, beswaarlik, soos wanneer iemand homself uit die vuur red, terwyl hy alles wat hy besit daarin agterlaat, Jud. vers 23.

l 1 Kor. 6:19. 2 Kor. 6:16. Hebr. 3:6. 1 Petr. 2:5. 41 Naamlik wat in Christus glo, 1 Petr. 2:5. Sien Ef. 2:21.
42 Dit is, as iemand die gemeente van God deur leringe van menslike wysheid, of deur die besondere aanhang van hierdie of daardie leraar, verdeel of skeur.

43 Gr. verderf, dit is, tot skande maak.

m Spr. 3:7. Jes. 5:21. 44 Of: bedrieg.

45 Dit is, begiftig met menslike wysheid.

46 Naamlik volgens die oordeel van die wêreldwyses, wanneer hy die kennis van Christus se kruis en nederigheid as sy hoogste wysheid ag, wat die wêreld as dwaasheid beskou. Sien 1 Kor. 1:21-24.

47 Naamlik in God en in die sake van sy saligheid.

n Job 5:13. 48 Dit is, Hy verwar hul wêreldse en listige beraadslagings teen God en die vromes, sodat hulle self daardeur vergaan.
o Ps. 94:11. 49 Dit is, wêreldwyses, soos tevore, naamlik wat op hul wysheid steun.

50 Dit is, hul wysheid tevergeefs aanwend teen God se wysheid.

51 Dit is, hom nie verstom aan of vertrou op menslike wysheid nie.

52 Dit is, deur God tot diens van jul saligheid bestem en verordineer; selfs die vernaamstes onder die leraars is nie daar vir hulleself nie, maar vir die gemeente. Daarom moet hulle alles rig, nie tot hul eie eer nie, maar tot die eer van Christus en julle saligheid.

53 Naamlik as die liggaam van julle Hoof, en bruid van julle Bruidegom.

54 Naamlik as die Vader se geliefde Seun en Gesant, om ons tot die ewige erfenis met Hom te bring. Sien 1 Kor. 11:3; 15:27, 28.