Statevertaling – Bybelstigting

1 Korinthiërs 5

Die sedeloosheid van die Korinthiese gemeente. Bestraffinge en vermaninge.

1

’N MENS hoor 1waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ’n aard as wat selfs onder die heidene nie 2bekend is nie: dat iemand 3die vrou van asy vader het.

2

En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer 4getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, 5kan verwyder word onder julle uit.

3

bWant wat my betref, het ek, liggaamlik afwesig maar 6in die gees teenwoordig, alreeds besluit asof ek teenwoordig was, om hom wat so iets gedoen het,

4

7in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saam 8met die krag van onse Here Jesus Christus —

5

om cso iemand aan die Satan 9oor te lewer 10tot verderf van die vlees, sodat 11die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.

6

12Julle roem is nie mooi nie. dWeet julle nie dat 13’n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?

7

14Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ’n nuwe deeg kan wees — soos julle inderdaad ongesuurd is — want ook 15ons epaaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.

8

16Laat ons dan ffeesvier, nie 17met die gou suurdeeg of 18met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar 19met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.

9

Ek het julle 20in my brief geskrywe hom nie met hoereerders 21om te gaan nie —

10

22dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle 23uit die wêreld moet uitgaan —

11

24maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as 25’n broeder bekend, ’n hoereerder is of ’n gierigaard of 26’n afgodedienaar of ’n kwaadspreker of ’n dronkaard of ’n rower nie; imet so iemand moet julle selfs 27nie saam eet nie.

12

Want waarom sou ek ook 28die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie 29die wat binne is nie?

13

Maar die wat buite is, 30oordeel God. kVerwyder tog dié slegte mens onder julle uit.

a Lev. 18:8. Deut. 27:20. 1 Dit is, nie as ’n onseker gerug nie, maar as ’n vasstaande saak.

2 Of: genoem. Hoewel hier en daar in die Griekse, Romeinse en ander geskiedenisse sulke voorbeelde gevind is, nogtans word die dade altyd deur hulle as onbehoorlik en onwettig veroordeel.

3 Dit is, sy stiefmoeder, soos sy ook in God se Woord genoem word, Lev. 18:8 en die kanttekening.

4 Naamlik soos mense doen wanneer daar rede is vir gemeenskaplike rou. Want hoewel sulke sondes die sondes van spesifieke persone is, gaan dit nogtans die hele gemeente aan, omdat God se Naam om daardie rede gelaster en sy toorn daardeur oor die hele gemeente ontsteek word, as die sondes nie na behore gestraf word nie.

5 Dit is, deur die Christelike ban uit julle vergadering gewerp, soos hierna in verse 7, 11 verklaar word.

b Kol. 2:5. 6 Dit is, in my gedagtes, wil en krag van die gees. Sien dergelike in 2 Kon. 5:26 en die kanttekening. Kol. 2:5.
7 Dit is, volgens die bevel en op las van Christus, en met aanroeping van sy Naam, Matt. 18:15.

8 Dit is, die kragtige werking van Christus in die harte van diegene onder wie en teen wie hierdie straf wettiglik toegepas word. Sien Matt. 18:18-20.

c 1 Tim. 1:20. 9 Dit is, uit julle gemeenskap te ban, of, soos Christus spreek in Matt. 18:17, laat hom vir julle wees soos die heiden en die tollenaar. Want die Satan het sy ryk buite die gemeente van Christus. Sien 2 Tim. 2:25, 26.

10 Dit is, tot doding en vernietiging van die ou mens, dit is, van die verdorwe natuur, wat deurgaans vlees genoem word. Sien Rom. 8:13. Gal. 5:24.

11 Dit is, die nuwe mens, wat deur hierdie vleeslike begeertes en sondes as ’t ware dood en begrawe voorgekom het, weer opgewek word en die oorhand verkry, totdat hy in die dag van die wederkoms van Christus in ons geheel en alleen sal heers.

d Gal. 5:9. 12 Naamlik waarmee julle roem asof julle en jul gemeente geheel volmaak is.

13 Gr. mikra, dit is, ’n klein suurdeeg. Met hierdie beeld verklaar die apostel dat ’n ergerlike mens ander maklik tot navolging trek, as hy in die gemeente nie gestraf word nie.

e Jes. 53:7. Joh. 1:29. 1 Kor. 15:3. 14 Dit kan óf in die besonder verstaan word as die uitsuiwering of uitwerping van hierdie ergerlike mens, sodat die hele gemeente buite opspraak en gevaar van verdere besmetting mag wees, omdat hulle reeds deur die Gees van God grotendeels van die suurdeeg van die natuurlike verdorwenheid bevry is; óf dit kan in die algemeen verstaan word as ’n algemene vermaning in aansluiting by die voorgaande beeld, dat naamlik elkeen in die besonder die ou suurdeeg van die sonde al meer en meer uit homself sou uitsuiwer, soos hulle reeds van die heerskappy daarvan verlos is. Sien Ef. 4:22. Kol. 3:5, 9, 10.

15 Of: ons paaslam is vir ons geoffer, dit is, die paaslam wat vir ons tot versoening van ons sondes geoffer is. Christus word hier die paaslam genoem, deur ’n figuurlike manier van spreek, wat dikwels by die sakramente gebruik word (soos die brood in die nagmaal die liggaam van Christus genoem word, en die gemeenskap met die liggaam van Christus), omdat die paaslam ’n teken en beeld van Christus en sy offer was. Sien Joh. 19:36.

f Ex. 12:3, 15.

g Deut. 16:3.

16 Dit wat die Israeliete ná die slag van die uiterlike paaslam in die voorbeeld moes doen ter voorbereiding van pasga, deur alle suurdeeg uit te suiwer, en hulle sewe dae lank van gesuurde brode te onthou soos God beveel in Ex. 12:15, so beveel die apostel die Christene, in dit wat die voorbeeld aandui, om hulle hele lewe lank te doen; naamlik om heilig en regverdig voor God en die mense te wandel, en daarom ook alle ergernisse uit hulleself te weer, nadat hulle deur die offer en besprinkeling van die bloed van Christus met God versoen is.

17 Dit is, in die besmetting van die aangebore natuurlike verdorwenheid.

18 Dit is, of met ander moedswillige sondes en booshede, wat die natuurlike mense nog daagliks daarby voeg.

19 Dit is, met ’n suiwer en onbesmette lewenswandel.

h Deut. 7:2. Matt. 18:17. 2 Kor. 6:14. Ef. 5:11. 2 Thess. 3:14. 20 Sommige verstaan hier ’n ander brief, wat die apostel voor hierdie een aan die gemeente van Korinthe sou geskryf het, omdat die woorde wat volg, nie letterlik in die voorgaande uitgedruk is nie, maar omdat die betekenis van hierdie woorde in verse 2, 7 hierbo beskryf is, kan dit gepas van hierdie selfde brief van Paulus verstaan word.

21 Dit is, tot die gemeenskap van jul gemeente toelaat, en gemeensaam met hulle verkeer soos met broeders nie. Sien vers 11.

22 Dit is, ek verstaan dit nie in die algemeen van al sulke ergerlike mense, wat onder julle of by julle woon, nie.

23 Naamlik omdat die wêreld vol is van sulke mense, waarmee julle daagliks te doen het, wie se voetstappe julle nie moet volg nie, maar wat julle vir Christus moet probeer win, Matt. 5:16. Ef. 5:11. En hoewel dit vir alle eeue geld, het dit nogtans die allermeeste gegeld vir daardie eeu waartydens die heidendom die oorhand gehad het, waar almal afgodedienaars was, waarop gewoonlik hierdie ander sondes gevolg het.

i Núm. 12:14. Matt. 18:17. 2 Thess. 3:14. 2 Joh. vers 10. 24 Dit is, het dit nodig geag om vir julle te skryf, sodat julle my goed verstaan.

25 Dit is, as ’n lidmaat van die gemeente beskou en geken word, soos die Christene deurgaans in die Handelinge van die Apostels en in hulle briewe, broeders genoem word, soos ook Christus net so spreek oor die kerklike tug, Matt. 18:15.

26 Dat die Christene hulle toe soms ook in afgodery misgaan het, blyk uit 1 Kor. 10:20. Openb. 2:14, 20.

27 Dit is, moet geen gemeensame en openbare onderlinge vriendskap met sulke mense onderhou nie, sodat hulle hul mag skaam. Sien 2 Thess. 3:14. 2 Joh. vers 10. Andersins verbied die apostel nie dat deur man en vrou, ouers en kinders en dergelike, die burgerlike gemeenskap (waaraan die wet van die natuur en sedes die mense verbind) selfs met sodaniges onderhou word nie, aangesien die kerklike tug sodanige sondaars slegs uitsluit uit die gemeenskap wat Christene as Christene, sowel in die geestelike as in die wêreldlike, eie is; nie waarmee hulle as mense of burgers in die algemeen aan mekaar verbind is nie.

28 Dit is, nog vreemd van die gemeente van Christus, en van die geloof, Ef. 2:12.

29 Dit is, die wat as lede van die gemeente beskou word. Hy noem hulle in vers 11 broeders.

k Deut. 13:5. 30 Dit is, God bewaar hulle vir sy eie oordeel, om hulle te straf of te bekeer. Hiermee toon die apostel dat, al is dit so dat sulke mense buite die tug van die kerk staan, hulle daarom nie vry is van God se oordeel nie. Sien dergelike spreekwyse in 1 Kor. 11:32.