Statevertaling – Bybelstigting
Antwoord op die vrae van die Korinthiërs oor die huwelik.
MET betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het — dit is 1goed vir 2’n man om ’n vrou nie 3aan te raak nie.
Maar vanweë 4die hoererye moet elke man 5sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.
aDie man moet aan die vrou 6die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man.
Die vrou het nie 7mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.
bOnttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ’n tyd lank om julle aan vas en 8gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle 9nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.
10Maar dit sê ek by wyse van toelating, nie by wyse van gebod nie.
cWant 11ek wens dat alle mense soos ek was; dmaar elkeen het sy eie genadegawe van God, die een so en die ander weer anders.
Maar vir 12die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is vir hulle 13goed as hulle bly soos ek;
emaar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou 14as om van begeerte te brand.
En aan die getroudes beveel 15ek —16nie ek nie, maar die Here — fdat die vrou nie van die man moet skei nie;
en 17as sy tog van hom skei, 18moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.
Maar vir 19die ander sê 20ek — 21nie die Here nie — as enige broeder ’n 22ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom 23saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie;
en as ’n vrou ’n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie.
Want die ongelowige man is 24geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders 25sou julle kinders onrein wees, maar nou 26is hulle heilig.
Maar as die ongelowige wil 27skei, laat hom skei. 28In sulke gevalle is die broeder of suster nie 29gebonde nie. Maar God het ons 30tot vrede geroep.
gWant hoe weet 31jy, vrou, of jy die man 32sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?
33Maar elkeen moet wandel net soos God hom dit toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het. En so bepaal ek in al die gemeentes.
Is iemand as ’n besnedene geroep — hy moet die 34besnydenis nie laat verander nie; is iemand as onbesnedene geroep — hy moet hom nie laat besny nie.
Die besnydenis 35is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God.
hLaat elkeen in die roeping 36bly waarin hy geroep is.
Is jy as slaaf geroep, 37laat dit jou nie kwel nie; maar as jy ook 38vry kan word, maak daar des te meer gebruik van.
Want die slaaf wat in die Here 39geroep is, is 40’n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as 41vryman geroep is, 42’n slaaf van Christus.
iJulle is 43duur gekoop; 44moenie slawe van mense word nie.
Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly 45voor God.
In verband met die maagde het ek 46geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die Here 47betroubaar is.
Ek meen dat dit 48goed is vanweë die 49aanstaande nood — dat dit goed is vir ’n mens om 50so te bly.
Is jy aan ’n vrou verbonde, 51moenie losmaking soek nie; is jy los van ’n vrou, moenie ’n vrou soek nie.
Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ’n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal 52verdrukking hê 53vir die vlees, 54en ek wil julle spaar.
Maar dit sê ek, broeders, 55die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees 56asof hulle nie het nie;
en 57die wat ween, asof hulle nie ween nie; en 58die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, 59asof hulle nie besit nie;
en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie; kwant 60die gedaante van hierdie wêreld gaan verby.
En 61ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. lDie ongetroude 62is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag,
maar die getroude is 63besorg oor die dinge 64van die wêreld, hoe hy 65die vrou sal behaag.
Daar is ook onderskeid tussen ’n vrou en ’n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.
Ek sê dit 66tot julle eie voordeel, 67nie om julle van jul vryheid te beroof nie, maar met die oog op ’n welvoeglike en 68onafgebroke toewyding aan die Here.
Maar as iemand 69meen dat hy 70onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit 71so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.
Maar hy wat in sy hart vasstaan en 72nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te 73bewaar, hy doen goed.
Daarom, ook hy wat in die huwelik uitgee, doen goed; maar hy wat in die huwelik nie uitgee nie, 74doen beter.
m’n Vrou is deur 75die wet gebonde so lank as 76haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net 77in die Here.
Sy is egter 78gelukkiger as sy so bly, volgens my gevoele. En 79ek meen dat ek ook ndie Gees van God het.
| 1 Deur die woord goed word hier nie dit wat eerbaar, deugsaam of heilig is verstaan nie; want die apostel getuig dat die huwelikstaat eerbaar is, Hebr. 13:4, soos die Heilige Skrif ook deurgaans getuig, maar met die woord goed word hier verstaan dit wat minder moeite, kommer en ongemak meebring, soos die apostel dit hierna in vers 26 verklaar.
2 Gr. ’n mens. 3 Dit is, te trou of te beken, soos hierdie woord ook in Gén. 20:6 gebruik word. |
| 4 Hy spreek in die meervoud, om daarmee allerlei onkuisheid en ontug aan te dui.
5 Gr. vrou van homself, dit is, een, en nie baie nie. |
| a 1 Petr. 3:7. | 6 Hoewel dit in die algemeen verstaan kan word as alle verskuldigde pligte tussen man en vrou, Ef. 5:22, word dit hier nogtans vernaamlik verstaan as die pligte wat eie is aan die huwelik, soos uit die volgende vers blyk. |
| 7 Naamlik om haar liggaam in hierdie verskuldigde welwillendheid sonder rede aan die man te onttrek nie, soos die volgende vers verklaar. |
| b Joël 2:16. | 8 Hy spreek hier nie van gewone gebed, waartoe alle Christene te alle tye bereid moet wees nie, maar van buitengewone node om voor te bid, hetsy daardie node die getroudes in die besonder, of die gemeente van Christus in die algemeen aangaan, soos blyk uit die byvoeg van vas, wat nie by alle geleenthede nie, maar in die gebed tydens besondere nood vereis word. Sien Ex. 19:15. Joël 2:16. Matt. 17:21. Hand. 13:2.
9 Dit is, julle in hierdie omstandighede nie verwek tot onbehoorlike luste of ander onkuisheid nie. |
| 10 Dit word nie verstaan van dit wat die apostel in vers 2 gesê het nie; omdat diegene wat nie die gawe van onthouding het nie, nie net toegelaat word om te trou nie, maar ook daartoe beveel word, soos ook in vers 9. Dit word egter verstaan as dit wat sopas gesê is oor die onttrekking vir ’n tyd lank, en om dan weer bymekaar te kom, wat die apostel in die vryheid van die getroudes wil laat, na gelang hulle hul daarin sterk of swak bevind, en na gelang hulle behoefte en beroep dit sal toelaat. |
| c Hand. 26:29.
d Matt. 19:12. 1 Kor. 12:11. |
11 Vanweë die redes wat nog vermeld sal word, verklaar die apostel dat hy wens dat hulle almal die gawe van onthouding sou hê. Elkeen moet egter ewenwel let op die genadegawes wat hy van God daartoe ontvang het; die een naamlik om hom te onthou, die ander om met eer en matigheid in die huwelik te leef. |
| 12 Naamlik die wat nie onder iemand se mag staan nie, soos die Griekse woord meebring. Want oor die maagde, wat onder iemand anders se mag staan, sal hy hierna in vers 25 begin spreek.
13 Dit is, raadsaam, dienstig en met minder sorge. Sien vers 26. |
| e 1 Tim. 5:14. | 14 Naamlik, dit is goed om te trou om nie deur die begeertes van die vlees tot kwade luste opgewek te word en in gevaar te bly om in onkuisheid te verval nie, wat altyd verkeerd is. |
| f Mal. 2:14. Matt. 5:32; 19:9. Mark. 10:11. Luk. 16:18. | 15 Naamlik, as eerste herhaler van hierdie gebod.
16 Dit is, ek is nie die persoon wat hierdie gebod as eerste voorstel nie, maar is slegs ’n herhaler van dit wat Christus die Here tevore uitdruklik beveel het. Sien Matt. 19:3, ens. |
| 17 Naamlik vir ’n ander rede as vanweë die man se owerspel. Sien Matt. 5:32; 19:9.
18 Dit is, sy mag tot geen ander huwelik in die gemeente toegelaat word nie, as sy haar nie met haar man kan versoen nie. |
| 19 Naamlik gelowiges, wat met ongelowiges getroud is.
20 Naamlik as ’n apostel van Christus, deur sy Gees onderrig en gedryf. 21 Naamlik deur ’n uitgesproke bevel, soos die voorgaande in vers 10 wel was. Die rede hiervoor is skynbaar dat Christus die evangelie slegs onder die Jode, wat nog in God se verbond was, en nie onder die heidene nie, waar hierdie onderskeid destyds bestaan het, verkondig het; wat Hy daarom op die bestemde tyd deur sy apostels laat voorstel en beveel het. 22 Dit is, vreemd van die Christelike godsdiens, soos die heidene was. 23 Naamlik soos die getroudes gewoonlik doen en soos dit hulle betaam. |
| 24 Gr. geheilig in die vrou, soos ook daarna in die man, naamlik ten opsigte daarvan dat die gelowiges saam met hulle kinders erfgename van die verbond van God is, Gén. 17:7. Hand. 2:39. Die ongelowige eggenoot kan hierdie voordeel nie deur sy ongelowigheid verhinder nie, omdat God se genade in die heiliging van so ’n huwelik kragtiger is as die ongeloof van die eggenoot om dit te ontheilig.
25 Dit is, vreemd van God se verbond, soos van die ongelowige heidene en hul nageslag getuig word, Ef. 2:12. 26 Dit is, is hulle in die uiterlike verbond van God begrepe; en het toegang tot die tekens en seëls van God se genade, net soos diegene wat gebore is uit ouers wat albei gelowig is. |
| 27 Dit is, die gelowige verlaat of van hom af wegjaag, en die huweliksband hardnekkig van sy kant af tot niet maak; soos dit destyds by die heidene gebruiklik was, en nou ook by die Moslems.
28 Naamlik wanneer die ongelowige die huweliksband van sy kant in sulke gevalle breek, enkel uit haat teen die geloof. 29 Dit is, nie van hulle kant af daaraan gebonde om die huweliksband verder te bewaar, of om ongetroud te bly nie, soos hy die getroudes in vers 11 in die algemeen beveel het. 30 Gr. in vrede, dit is, om in vrede en met ’n geruste gewete, hetsy binne of buite die huwelik, te lewe. |
| g 1 Petr. 3:1. | 31 Naamlik wat gelowig is en in vrede by die ongelowige man lewe.
32 Naamlik deur jou vreedsame en Christelike lewenswandel vir Christus sal win. Sien 1 Tim. 4:16. Jak. 5:20. 1 Petr. 3:1, 2. |
| 33 Dit is, elkeen moet tevrede wees, en hom skik na die gawes en roeping wat hy van die Here ontvang het, hetsy in die huwelikstaat of daarbuite; wat hy daarna ook na ander roepings van die mense uitbrei, sodat die staat van die burgerlike orde nie deur die Christene, onder die naam van die Christelike godsdiens, beroer sou word, of die gemeente haatlik gemaak word nie. |
| 34 Soos deur die kuns van die chirurgie inderdaad gedoen kan word. Sien 1 Makkabeërs 1:16. Josephus, Oudhede. Naamlik menende dat hy vir God daardeur aangenamer sou wees. |
| 35 Dit is, van geen krag tot die godsaligheid nie. Dit bedoel die apostel vernaamlik van die tyd van die Nuwe Testament, waartydens die besnydenis nie meer ’n sakrament is nie. Sien Gal. 5:6. |
| h Ef. 4:1. Filip. 1:27. Kol. 1:10. 1 Thess. 2:12. | 36 Dit is, gerus en daarmee tevrede wees. |
| 37 Naamlik asof jy vir God om daardie rede minder sou behaag, solank jy maar ’n opregte Christen is. Sien 1 Kor. 12:13. Gal. 3:28.
38 Naamlik op wettige en behoorlike maniere, soos daar onder die heidene, waar die slawerny gebruiklik was, verskeie maniere was waardeur die slawe hul vryheid kon bekom. |
| 39 Dit is, tot die geloof in Christus bekeer is, terwyl hy nog ’n dienskneg of slaaf is.
40 Dit is, deur die Here van die diensbaarheid van die sonde en van die duiwel bevry. Sien Joh. 8:34-36. 41 Naamlik in sy burgerlike of uitwendige stand. 42 Dit is, aan Christus se mag en gebooie onderworpe, soos ’n slaaf aan sy heer. |
| i 1 Kor. 6:20. Hebr. 9:12. 1 Petr. 1:18. | 43 Gr. teen ’n prys. Sien die laaste vers van die voorgaande hoofstuk.
44 Naamlik om iets te doen tot diens van of gehoorsaamheid aan mense, wat in stryd met God se gebooie en diens sou wees. Of: laat julle in geestelike sake deur geen mens diensbaar maak om nie vrylik te gebruik wat die Here vir ons vry gestel het nie. Sien Gal. 5:1. Kol. 2:20. |
| 45 Dit is, soos in God se teenwoordigheid; of: om hom in so ’n beroep behoorlik van sy taak te kwyt. |
| 46 Of: verordening, dit is, geen uitdruklike bevel van God of van Christus nie; naamlik dat iemand ’n maagd moet bly nie. Hieruit blyk dat die woorde van Christus in Matt. 19:12, wie dit kan vat, laat hom dit vat, geen gebod is nie, maar toelating.
47 Of: getrou, naamlik in my leer en bediening, en daarom ook in dit wat ek hier verklaar. Sien vers 40. 1 Kor. 4:1, 2. |
| 48 Dit is, betaamlik en dienstig, soos in verse 1, 8.
49 Of: teenwoordige nood, naamlik van die gemeente van Christus, wat nou in gedurige vervolging, swarigheid en ballingskap is. Sien dergelike spreekwyse in 2 Kor. 6:4. 1 Thess. 3:7. Hierdie nood kan beter en makliker deur ongetroudes verduur word as deur getroudes, wat met ’n huisgesin en kinders belas is. 50 Dit is, ongetroud. Hierby word ook altyd die voorwaarde verstaan wat voorheen in verse 8 en 9 gestel is, soos ook hierna in verse 35 en 36 van die gawe van die onthouding. |
| 51 Naamlik selfs nie vanweë die aanstaande nood nie, soos iemand sy vorige woorde verkeerd sou kon verstaan. |
| 52 Dit is, swarigheid, onvergenoegdheid en baie sorge.
53 Dit is, wat die uitwendige mens betref, of: wat die teenswoordige lewe betref. Hy sê dit vir diegene wat hulle niks anders as gemak en plesier in die huwelik voorstel nie. 54 Gr. en ek spaar julle. Verstaan hier, dit is my begeerte dat julle van sulke bekommernisse en swarighede wat die huwelik meebring, vry kan wees, soos hierna in vers 32, ens., nader verklaar word, naamlik om die Here des te vryer te kan dien. |
| 55 Gr. die tyd is saam- of ingetrek. Dit kan verstaan word, óf as die tyd van die lewe van elke mens, aangesien die lewensduur daagliks verminder, en die mens daarom des te meer aan die geestelike dinge moet dink, wat ewigdurend is; óf as die tyd wat die wêreld nog sal bestaan, waarvan gesê word dat dit kort is ten opsigte van die tyd wat reeds verby is, en daarom die laaste uur genoem word, sodat ons ons des te sorgvuldiger sou gereedmaak om Christus, ons Regter, spoedig uit die hemel te verwag. Sien 1 Petr. 4:7. 2 Petr. 3:8. Ander lees: die tyd is van nou af kort; sodat ook die wat vroue het, moet wees, ens.
56 Paulus sê dit nie om die gebruik van die huwelik vir die getroudes te verbied nie; want dit sou in stryd wees met wat tevore in verse 3-5 gesê is; maar hy sê dit om hulle tot matigheid en nadenke in die gebruik daarvan te vermaan, sodat die geestelike pligte van die getroudes nie daardeur verhinder word nie, soos ook verklaar word in dit wat hierna volg. |
| 57 Dit is, die wat in droefheid is, vernaamlik oor die ongevalle wat die huwelik meebring, deur die afsterwe van man, vrou, kinders, of dergelike swarighede en teëspoede wat in die huwelik voorval.
58 Naamlik oor die goeie gevolge wat die huwelikstaat ook soms meebring, in die kry van kinders, uithuweliking, of ander aangenaamhede en vreugdes. 59 Dit is, hulle hart nie daarop stel nie, sodat hulle deur die gebruik daarvan van die vernaamste dinge afgekeer sou word, sien Matt. 6:19, 33, soos die volgende woorde ook verklaar. |
| k Jes. 40:6. Jak. 1:10; 4:14. 1 Petr. 1:24. 1 Joh. 2:17. | 60 Dit is, die dinge wat die wêreld as ’n groot besitting en geluk ag, maar wat niks anders as ’n skyn daarvan is nie, soos sommige vertonings in teaters voorstel, waaraan die Griekse woord skema ontleen is. Sien Pred. 1:2. 1 Joh. 2:16, 17. |
| l 1 Tim. 5:5. | 61 Dit is, ek sou graag wou hê, of ek wens.
62 Dit is, behoort besorg te wees; en kan dit met minder belemmering doen, omdat hy nie deur die sorg van die huishouding verhinder word nie. |
| 63 Dit is, is geneig om dit te wees, en is vanweë die sorg vir die huishouding en om sy eggenote te behaag, meer daaraan gebonde.
64 Die woord wêreld word hier nie gebruik vir die wêreldse begeerlikhede, wat ongeoorloof en oral in God se Woord verbied is nie, maar vir dié dinge waarmee die huisgesin in hierdie wêreld onderhou word, soos voedsel, drank, kleding, woning, beroep en dergelike, wat op sigself nie ongeoorloof is nie, 1 Tim. 3:4; 5:8; maar ewenwel die mens besorg maak, met die gevolg dat hy aan die geestelike nie altyd so ernstig en gedurig dink nie. Hierin het ongetroudes minder verhindering as getroudes, wanneer die gawe van onthouding en beroep dit toelaat. Sien ’n voorbeeld hiervan in Maria en Martha, Luk. 10:39. 65 Nie om iets teen God se wil te doen nie, want só mag ons geen mens behaag nie, Luk. 14:26. Gal. 1:10. Maar om in liefde en vrede saam met hulle te lewe, Ef. 5:25, wat ook so verstaan moet word van die besorgdheid van die vrou oor die man in die volgende vers. |
| 66 Dit is, gerief en nut. So verklaar hy in hierdie vers dit wat hy tevore goed of nie goed nie genoem het.
67 Gr. nie om ’n strik oor julle te gooi nie. Naamlik deur julle nougeset tot die ongetroude lewe te verbind. 68 Gr. sonder om hierheen of daarheen weggetrek te word, naamlik deur die sorge en bekommernisse van hierdie wêreld. |
| 69 Dit is, uit alle tekens wat hy daarvan bemerk, gewaarword of oordeel. Hy spreek hier eintlik van ouers of voogde, waaronder die maagde staan.
70 Dit is, nie betaamlik, of nie weldeurdag nie, naamlik as hy sy maagd teen haar natuur of geneentheid sou belet om te trou; of ook wel teen die eis van sy familie se omstandighede. 71 Naamlik om nog meer swarighede, sowel ten opsigte van haar as van sy familie, te voorkom. |
| 72 Naamlik óf ten opsigte van homself tot behoud van sy familie, en ander omstandighede, wat die ouers dikwels noodsaak om hul kinders in die huwelik uit te gee; óf vanweë die broosheid van die kinders, waaroor in die voorgaande vers gespreek is.
73 Naamlik ongetroud. |
| 74 Dit is, doen wat dienstig of nuttiger is tot die gerustheid van sy maagd, soos in verse 1, 8, 26, en soos verklaar word in verse 35, 40. |
| m Rom. 7:2. | 75 Naamlik van die huwelik. Sien Rom. 7:2.
76 Naamlik tensy uit oorsaak van owerspel, Matt. 19:9, of van die ongelowige eggenoot wat wil skei, sien hieroor vers 15. 77 Dit is, dat dit slegs gebeur in die vrees van die Here; wat ook in die besonder bedoel dat sy, terwyl sy nou vry is, geen juk saam met die ongelowige aantrek nie, 2 Kor. 6:14. |
| n 1 Thess. 4:8. | 78 Naamlik sowel ten opsigte van die bekommernisse wat die huwelik meebring, as van die vryheid wat sy het om die Here met minder besorgdheid te dien, soos voorheen deur die apostel verklaar is. Dit moet egter ook altyd verstaan word met die vorige voorwaardes, as sy die gawe van onthouding het, en haar roeping dit toelaat, soos hy dit bepaal het, verse 7, 17.
79 Die apostel sê dit nie asof hy daaraan getwyfel het nie, maar om beskeie van homself te spreek, teen die valse eiewaan, wat sommige onder hulle van hulself gehad het. Sien hieroor vers 25. |