Statevertaling – Bybelstigting
Antwoord op die vrae van die Korinthiërs oor vleis wat aan die afgode geoffer is.
EN met betrekking tot die offervleis aan 1die afgode weet ons dat 2ons almal kennis het. Die kennis maak 3opgeblase, maar 4die liefde stig.
As iemand 5meen dat hy enige kennis het, weet hy nog niks soos ’n mens behoort te weet nie.
Maar as iemand 6God liefhet, dié word 7deur Hom geken.
aWat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons bdat ’n afgod 8niks in die wêreld is nie, cen dat daar geen ander God is nie, behalwe Een.
Want al is daar ook 9sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is — 10soos daar baie gode en baie here is —
dtog is daar vir ons 11maar een God, die Vader e12uit wie alles is, en ons 13tot Hom, fen 14een Here Jesus Christus 15deur wie alles is, en 16ons deur Hom.
17Die kennis is egter nie in almal nie; gmaar sommige, 18nog altyd 19bewus van die afgod, eet dit as ’n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, 20word besoedel.
h21Maar die voedsel bring ons nie nader by God nie; want as ons eet, 22het ons geen oorvloed nie, en as ons nie eet nie, ly ons geen gebrek nie.
iMaar pas op dat 23hierdie vryheid van julle nie miskien 24’n struikelblok word vir die wat swak is nie.
Want as iemand jou 25wat kennis het, 26aan tafel sien in ’n afgodstempel, sal sy gewete, as hy ’n swak man is, nie 27aangemoedig word 28om van die offervleis aan die afgode te eet nie?
kEn moet die swakke broeder vir wie 29Christus gesterf het, 30verlore gaan 31deur jou kennis?
Maar deur so teen die broeders te sondig en hulle gewete wat swak is, 32seer te maak, sondig julle teen 33Christus.
lDaarom, 34as voedsel my broeder laat struikel, sal ek in der ewigheid geen vleis eet nie, om my broeder nie te laat struikel nie.
| 1 Die Griekse woord eidolon, wat ons vertaal met afgod, beteken enige soort beeld of gelykenis, en in die algemeen alles waaraan buiten of naas God enige godsdienstige eer gegee word. Dit word hier gebruik vir ’n beeld waardeur ’n mens enige afgod eer, of waaraan ’n mens goddelike of godsdienstige eer bewys, onder watter voorwendsel dit ook is. Omdat die heidene ’n deel van die offers wat hulle aan hul afgode geoffer het, gebruik het as voedsel vir hul maaltye, wat hulle by hul huise of ook in die tempels van die afgode gehou het en waarheen die Christene ook soms uitgenooi is, daarom is die vraag aan die apostel gestel of dit ook vir hulle geoorloof was om, hetsy buite, hetsy binne die tempels van die afgode, na sulke maaltye te gaan; waarop die apostel ten dele in hierdie en ten dele in die tiende hoofstuk, antwoord.
2 Naamlik ons, wat oor God en sy skepping, asook oor die Christelike vryheid, behoorlik onderrig is. Want hy sonder self later die swakkes hiervan uit, vers 7. Dit wil voorkom of die apostel hier die woorde aanhaal wat sommige mense onder hulle gebruik het om daarmee hulle dade te verontskuldig. 3 Dit is, verwaand en ’n veragter van die naaste, wanneer die kennis sonder liefde en opregte godvresendheid is, soos die volgende woorde meebring. 4 Dit is, maak dat die kennis gebruik word tot stigting van ons en ons naaste. Sien Rom. 14:19. |
| 5 Naamlik sonder byvoeging van die liefde, soos hierbo. |
| 6 Naamlik en vervolgens ook sy naaste ter wille van God; aangesien hierdie twee dinge nie geskei kan wees nie, 1 Joh. 4:20; 5:1, 2.
7 Dit is, as sy eie geken, soos in Joh. 10:14. Rom. 8:29, en daarom ook deur Hom geleer, soos sommige die woord ken gebruik. Sien ook 1 Kor. 13:12. Gal. 4:9. |
| a Rom. 14:14.
b 1 Kor. 10:19. c Deut. 4:39. Ef. 4:6. |
8 Dit is, geen God is nie, en geen goddelike krag het om die voedsel te besoedel of te heilig nie; andersins is die afgode wel iets in die wêreld, naamlik goud, silwer, stene, son, maan, afgestorwe mense, bose geeste en soortgelyke, wat die heidene as gode beskou het, maar wat geen goddelike krag het nie, soos hulle gemeen het. Daarom word hulle ook in God se Woord nietigheid en leuens genoem. |
| 9 Naamlik soos beweer word deur die blinde mense wat sulke skepsele, of ook hulle eie versinsels, as gode beskou, Rom. 1:21, ens.
10 Naamlik sodanige versonne gode, of ook die wat God se Woord self gode noem, soos die engele en owerhede, Ps. 8:6; 82:1. |
| d Mal. 2:10. Ef. 4:6.
e Rom. 11:36. f Joh. 13:13. 1 Kor. 12:3. Filip. 2:11. |
11 Naamlik wat waarlik en wesenlik die ewige God is.
12 Dit is, deur wie se beskikking en almagtige krag alles is. Sien dergelike in Rom. 11:36. 13 Dit is, tot sy diens en tot sy eer, Spr. 16:4. 1 Kor. 10:31. 14 Of: een Here, Jesus Christus, naamlik wat die absolute mag en seggenskap oor ons en ons gewetens het. Die apostel sê dit nie om die Vader en die Heilige Gees, wat deurgaans in die Skrif ook ons Here genoem word, hiervan uit te sluit nie, maar slegs alle skepsele en versonne gode; soos hy tevore gesê het dat die Vader God is, nie om die Seun en die Heilige Gees uit te sluit nie, maar slegs om die skepsele en versonne gode daarvan uit te sluit. 15 Naamlik as die Medewerker van die Vader in al sy goddelike werke, Joh. 1:3; 5:19. 16 Hierdeur verstaan die apostel die werk van die verlossing. |
| g 1 Kor. 10:28. | 17 Naamlik dat die afgod niks is nie, of geen mag het om dit wat geoffer is, te besoedel nie.
18 Dit is, sonder dat hulle tot nou toe tot ’n ander insig gebring kon word. 19 Dit is, met ’n gewete wat voel dat die afgod iets is en mag het om die voedsel te besoedel. 20 Naamlik omdat hulle nogtans eet wat hulle as besoedel beskou, en dit teen hulle oortuiging in. |
| h Rom. 14:17. | 21 Dit is, die blote gebruik van voedsel. Sommige verstaan dit as die woorde van die apostel, waarmee hy die sterkes sou leer dat dit beter sou wees dat hulle die gebruik van sulke voedsel nalaat. Ander verstaan dit as die woorde van diegene wat onder hierdie voorwendsel gedurf het om afgodsoffers te eet. Beide kom goed ooreen met dit wat volg.
22 Naamlik in die geestelike dinge; of ten opsigte van die aangenaamheid by God. So ook die vervolg van hierdie vers. Sien Rom. 14:17. |
| i Gal. 5:13. | 23 Naamlik wat julle het of meen om te hê in die gebruik van sulke voedsel.
24 Die woord struikelblok beteken soms ’n droefheid wat ’n mens het oor dit wat iemand anders onbehoorlik doen, maar hier beteken dit ’n vrymoedigheid wat iemand neem om te doen soos ’n ander doen, hoewel hy voel dat die ander verkeerd doen, soos die volgende uitwys. |
| 25 Naamlik dat die afgod niks is nie, soos tevore.
26 Of, soos sommige dit verstaan: aan die tafel van die afgode, dit is, by die maaltyd wat ter ere van die afgod gehou word. 27 Gr. opgebou; wat hier in die negatiewe betekenis gebruik word. 28 Naamlik alhoewel hy ag dat die afgod hierdie dinge verontreinig het, of soos die afgodedienaars gespreek het, dit vir homself wy en heilig. |
| k Rom. 14:15. | 29 Naamlik om hom van die verderf te red, en benewens ook van die afgodediens en die vorige ydele lewenswandel te verlos, 1 Petr. 1:18. Want hoewel diegene vir wie Christus gesterf het, en wat Hy deur sy dood waarlik verlos het, nie deur die verleidende krag van die ergernisse verlei kan word nie, Matt. 24:24. Joh. 10:15, 28, nogtans doen diegene wat aanstoot gee, vir sover dit in hulle vermoë is, niks anders nie as dat hulle die swakgelowiges in die verderf sou bring, was dit nie dat hulle deur die krag van God en Christus se voorbidding bewaar word nie, Luk. 22:31, 32. 1 Petr. 1:5.
30 Naamlik omdat jy daardeur, in soverre dit vir jou moontlik is, jou swakke broeder met jou voorbeeld aanleiding gee om stadig maar seker tot die afgod te verval, van die Christelike godsdiens afvallig te word en só verlore te gaan. Sien soortgelyke spreekwyse in Matt. 5:28. Rom. 14:15. 31 Of: vanweë jou kennis, dit is, deur of vanweë die misbruik van jou kennis, omdat jy dit nie tot stigting gebruik nie, maar tot struikeling van die swakkes. |
| 32 Gr. te slaan; wat ’n saak van groot onbarmhartigheid is om die gewete van diegene, wat in hulleself reeds swak is, nog swakker en so goed soos dood te maak, deur dit te slaan of te kwets.
33 Naamlik wie se lede hulle is. Sien Hand. 9:4 en die kanttekening. |
| l Rom. 14:21. 2 Kor. 11:29. | 34 Naamlik watter soort voedsel dit ook is. Die apostel stel hier ’n algemene reël waarvolgens die gewete van alle gelowiges gereguleer moet word, ten opsigte van die middelmatige dinge en die swakkes; maar nie ten opsigte van die halsstarriges of moedswilliges nie. Sien Matt. 15:12. Gal. 2:3, ens. |