Statevertaling – Bybelstigting
Vryheid en regte van die apostel.
IS ek nie ’n apostel nie? Is ek nie 1vry nie? aHet ek nie Jesus Christus, onse Here, 2gesien nie? bIs julle nie 3my werk in die Here nie?
As ek vir ander geen apostel is nie, 4is ek dit tog seker vir julle, want julle is 5die seël op my apostelskap in die Here.
My verantwoording aan die 6wat my beskuldig, is dít:
cHet ons dan geen vryheid 7om te eet en te drink nie?
Het ons dan geen reg om 8’n suster as vrou 9met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en d10Céfas nie?
Of het net ek en Bárnabas geen reg om die 11hande-arbeid na te laat nie?
Wie edien ooit as soldaat op eie koste? Wie fplant ’n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of gwie pas ’n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie?
Sê ek dit miskien 12menslikerwys, of sê 13die wet dit nie ook nie?
Want in die wet van Moses is geskrywe: h14’n Os wat graan dors, mag jy nie muilband nie. Is dit miskien 15oor die osse dat God Hom bekommer?
Of spreek Hy inderdaad om ons ontwil? Ja, want om ons ontwil is dit geskrywe, omdat hy wat ploeg, 16op hoop moet ploeg; en hy wat dors, op hoop om wat hy hoop, deelagtig te word.
iAs 17ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit ’n groot saak as ons julle 18stoflike goed maai?
As 19ander deel het aan die reg op julle diens, het ons nie nog meer nie? kOns het ewenwel nie gebruik gemaak van hierdie reg nie, maar ons verdra alles om 20geen hindernis vir die evangelie van Christus te veroorsaak nie.
Weet julle nie ldat die 21wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat 22by die altaar besig is, 23met die altaar deel nie?
mSo het 24die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle 25van die evangelie moet lewe.
Belangeloosheid en toewyding van die apostel. Die Christelike wedloper.
MAAR ék het van 26geeneen van hierdie dinge gebruik gemaak nie. En ek skryf dít nie met die bedoeling dat dit so met my moet wees nie, want dit sou vir my 27beter wees om te 28sterwe as dat iemand 29my roem sou verydel.
Want as ek die evangelie verkondig, 30is dit vir my geen roem nie; nwant 31die dwang is my opgelê, en 32wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!
Want as ek dit 33vrywillig doen, het ek 34loon; maar as ek dit 35onwillig doen, is ’n rentmeesterskap aan my 36toevertrou.
37Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van 38my reg in die evangelie 39ten volle gebruik te maak nie.
Want alhoewel ek 40van almal vry was, het ek my 41aan almal diensbaar gemaak om soveel van hulle as moontlik te 42win.
o43Vir die Jode het ek soos ’n Jood geword om die Jode te win; vir die wat 44onder die wet is, soos een wat onder die wet is, om die wat onder die wet is, te win.
pVir die 45wat sonder die wet is, soos een sonder wet — al is ek nie sonder die wet van God nie, maar onder 46die wet van Christus — om die wat sonder die wet is, te win;
qvir 47die swakkes het ek soos ’n swakke geword om die swakkes te win; vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te 48red.
En ek doen dit ter wille van die evangelie, 49dat ek ’n deelgenoot daarvan kan word.
50Weet julle nie dat die wat op rdie baan 51hardloop, wel almal hardloop, maar dat 52een die prys ontvang nie? Hardloop 53só dat julle dit sekerlik kan 54behaal.
sEn elkeen 55wat aan ’n wedstryd deelneem, 56onthou hom in alles — húlle nogal om 57’n verwelklike krans te ontvang, maar ons t58’n onverwelklike.
Ek hardloop dan soos een wat 59nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie 60in die lug slaan nie.
Maar ek 61kasty my liggaam en maak 62dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander 63gepreek het, self 64verwerplik sou wees nie.
| a Hand. 9:3, 17; 22:14, 18; 23:11. 1 Kor. 15:8. 2 Kor. 12:2.
b 1 Kor. 4:15. |
1 Naamlik van die seremonies van die wet, en derhalwe vry om allerlei voedsel te eet, wat vir my voorgesit mag word, sowel as vir een van die ander apostels. Sien ’n voorbeeld van die teenoorgestelde in Dan. 1:8. Hand. 10:14, 28.
2 Naamlik sowel as die ander apostels, toe ek deur Hom tot die apostelskap geroep is, en daarna in ’n gesig, in ’n verrukking van sinne tot in die hemel weggeruk is. Sien Hand. 9:17. 2 Kor. 12:2. 3 Dit is, wat deur my arbeid tot die Here bekeer is. |
| 4 Dit is, julle het nogtans geen rede om daaraan te twyfel nie.
5 Dit is, die bevestiging, dat ek waarlik ’n apostel is, aangesien julle deur my arbeid bekeer is, en God my roeping onder julle met baie kragtige dade en tekens bevestig het, 2 Kor. 12:12. |
| 6 Of: wat my ondervra, of veroordeel, dit is, wat hulle as regters durf aanmatig om my te oordeel. |
| c vers 14. 1 Thess. 2:6. 2 Thess. 3:9. | 7 Naamlik as verpligting en koste van die gemeente. |
| d Matt. 8:14. | 8 Gr. ’n suster, ’n vrou of ’n eggenote. Sommige verstaan hieruit dat die apostel ’n vrou gehad het, maar dat hy haar nie oral met hom saamgeneem het nie, om die gemeentes nie te belas nie. Dit wil egter voorkom of dit in stryd is met dit wat hy oor homself sê in 1 Kor. 7:7. Ander meen dat hierdeur verstaan word enkele vroue wat die apostels gevolg het, om hulle te dien en met hul middele te versorg, soos die vroue wat Christus gevolg het, Luk. 8:3. Behalwe dat dit egter nêrens gelees word nie, is dit ook nie waarskynlik nie. Want hierdeur sou die apostels hul arbeid verdag gemaak het en die las op die gemeentes sou daardeur verminder word, terwyl die apostel dit hier kennelik inbring om te toon dat hy die gemeentes nie hiermee wou belas nie. Dus word hier verstaan ’n eggenote, wat hy nie gehad het nie, maar wat hy sou kon gehad het en vervolgens ook met hom kon saamneem, soos sommige ander apostels gedoen het.
9 Naamlik van die een plek na die ander waar ons gaan preek, op koste van die gemeente. 10 Dit is, Petrus. ’n Mens kan uit Matt. 8:14 aflei dat hy ’n vrou gehad het. |
| 11 Naamlik tot ons lewensonderhoud. Sien Hand. 18:3; 20:34. |
| e 2 Kor. 10:4.
f 1 Kor. 3:6-8. g Joh. 21:15. 1 Petr. 5:2. |
| 12 Dit is, bewys ek dit slegs met redes wat aan die optrede van mense ontleen is?
13 Naamlik deur Moses geskrywe. |
| h Deut. 25:4. 1 Tim. 5:18. | 14 In daardie lande, soos ook in ander, slaan hulle die koring nie met stokke uit die are nie, maar hulle laat die diere, veral osse, daaroor loop om die koring wat in die are is los te trap, of om die dorsslee daaroor te trek. Sien Deut. 25:4. Jes. 28:27.
15 Naamlik vernaamlik, of meer as oor die mense, toe Hy hierdie wet ingestel het. Want andersins word selfs ’n enkele mossie nie deur die Here vergeet nie. Sien Matt. 10:29. Dit moet dus as beeld verstaan word, dat God hierdie wet meer ter wille van die mense as van die osse ingestel het, om te kenne te gee, indien dit God se wil is dat ’n mens nie van die werkende os sy voedsel sal weerhou nie, dat ’n mens dit veel minder van die mense wat werk, mag weerhou. |
| 16 Naamlik om daarna die vrugte van sy arbeid te geniet. |
| i Rom. 15:27. Gal. 6:6. | 17 Naamlik ek en Bárnabas, wat aan julle die Woord van God verkondig het. Sien Rom. 15:27.
18 Gr. vleeslike, dit is, die goedere wat dien tot onderhouding van ons liggame. |
| k Hand. 20:33. 2 Kor. 11:9; 12:13. | 19 Naamlik gewone leraars, wat ons daar agtergelaat het om die werk wat ons begin het, ná ons vertrek te volvoer.
20 Naamlik gedeeltelik vir die ongelowiges, wat uit vrees vir die kostes die verkondiging van die Woord sou vermy; gedeeltelik vir sommige vals apostels, wat Paulus dalk sou kon belaster, asof hy die evangelie ter wille van sy lewensonderhoud verkondig het, terwyl hulle dit skynbaar kosteloos wou doen, om so die gemeentes na hulle toe te trek. Sien 2 Kor. 11:12. |
| l Deut. 18:1. | 21 Soos al die Leviete in die Ou Testament, wat daarom die tiendes ontvang en deel gehad het van dit wat geoffer is. Sien Númeri 18. Deuteronómium 18.
22 Gr. gedurig by die altaar sit. Soos die priesters, die nakomelinge van Aäron was, wat ook die tiendes van die tiendes van die Leviete ontvang het, en ’n afsonderlike deel van alle offers gehad het, behalwe die offers wat heeltemal vir die Here verbrand moes word, Núm. 18:26, ens. 23 Omdat ’n deel op die altaar verbrand en deur die vuur verteer is, en ’n ander deel vir die priesters eenkant gesit is. |
| m Lev. 19:13. Deut. 24:14; 25:4. Matt. 10:10. Luk. 10:7. 1 Tim. 5:18. | 24 Paulus verwys hier na die bepaling van Christus, Matt. 10:10. Luk. 10:7.
25 Dit is, van die werk wat hulle doen in die verkondiging van die evangelie en in die regering van die gemeente. |
| 26 Naamlik by julle nie, hoewel hy soms van ander gemeentes wel milddadigheid ontvang het, 2 Kor. 11:8.
27 Gr. goed om eerder te sterf, dit is, raadsamer of nuttiger. 28 Naamlik van gebrek. 29 Naamlik dat ek die evangelie sonder hindernis en sonder jul koste onder julle verkondig het. Sien die rede hiervoor in vers 12. |
| n Rom. 1:14. | 30 Dit is, ek doen niks anders nie as wat ek verplig is om te doen, Luk. 17:10.
31 Of: die dwang lê op my, naamlik vanweë my roeping en Christus se bevel, Rom. 1:14. 32 Gr. wee is my, dit is, die straf is vir my berei, waarmee Christus die ontroue dienskneg gedreig het, Matt. 24:48, ens. Nie dat die apostel daaraan getwyfel het of hy in sy diens getrou sou bly nie, maar hy sê dit om hom en ander deur sulke aansporings steeds meer tot ywer en versigtigheid in hulle diens op te wek. |
| 33 Dit is, graag, en met gepaste ywer en naarstigheid, sonder om menslike oordele in ag te neem, Rom. 12:8, 11.
34 Naamlik die kroon van heerlikheid, wat uit genade aan die getroue en ywerige diensknegte van die Here beloof is, Matt. 24:46, 47. 2 Tim. 4:7, 8, en die roem van getrouheid in hierdie lewe, teen die valse apostels. 35 Dit is, slegs uit vrees vir straf, of om eer en voordeel by mense te verkry; soos huurlinge en slawe gewoonlik hul here dien. 36 Naamlik om hiernamaals daarvan rekenskap te gee. |
| 37 Dit is, ek het eers dan loon te verwag van die Here, as ek dit met ywer en getrouheid doen, terwyl ek slegs die eer van God en dit wat die gemeente die meeste opbou, beoog, sonder hoop op loon van mense. Aangesien ek bemerk het dat die aanvaarding van menslike loon aanstoot sou gee en die stigting en die voortgang van die evangelie sou verhinder, wou ek dit nie ontvang nie; en daaroor mag ek by julle roem, maar nie by God nie. Sien Rom. 4:2. 2 Kor. 11:10.
38 Naamlik wat ek het om behoorlike lewensonderhoud te neem. 39 Of: misbruik te maak, dit is, tot aanstoot te gebruik en tot verwyt deur die valse apostels, vers 15. |
| 40 Of: van alles, naamlik laste en jukke, waarvan die Christelike en apostoliese vryheid ons vrymaak. Die apostel gaan dan van hierdie onderwerp, waarin hy, ter wille van die opbou van die gemeente, sy vryheid nie gebruik het nie, voort tot ander onderwerpe, waarin hy die vryheid ook nie gebruik het nie, om die Korinthiërs nog meer te oortuig, dat hulle in navolging van sy voorbeeld dieselfde behoort te doen, en hulle vryheid nie tot aanstoot en veragtering van die voortgang van die evangelie moet gebruik nie.
41 Dit is, ek het my aangepas by elkeen se swakheid, of soos ’n dienskneg hom altyd moet aanpas by die geleentheid en geneentheid van diegene wat hy dien. Dit moet egter altyd verstaan word met betrekking tot middelmatige sake. So ook in vers 22. 42 Dit is, tot die geloof in Christus bring. Sien dergelike spreekwyse in 1 Petr. 3:1. |
| o Hand. 16:3; 18:18; 21:23. | 43 Naamlik in sake wat middelmatig was, soos die onderhouding van die seremonies van die Ou Testament wat by die swak Jode nog in gebruik was; soos dat hy ter wille van hulle vir Timótheüs laat besny het, in Kenchréë deur gelofte sy hoof laat skeer het, en homself in die tempel te Jerusalem geheilig het.
44 Naamlik die seremoniële wet, wat toe wel deur Christus se lyde tot niet gemaak is, vir soveel dit die godsdienstige aangaan wat daarin was, maar vir ’n tydperk nog as ’n middelmatige saak toegelaat is, om die swakgelowige Jode nie te vervreem nie. Sien Hand. 21:20. |
| p Gal. 2:3. | 45 Dit is, vir die heidene, wat die seremoniële wet nie gehad het nie, en ook nie verplig was om dit te onderhou nie, volgens die besluit van die apostels, Hand. 15:28; 21:25.
46 Hy voeg dit daarby, sodat niemand dit wat hy sopas gesê het, verkeerd sou verstaan, dat hy soos een sonder wet was nie, omdat hy in alles wat hy gedoen het, die wet en die gebooie van Christus voor oë gehad het deur die swakgelowiges te duld en die ergernisse te ontvlug, Gal. 6:2. |
| q Rom. 15:1. 1 Kor. 10:33. Gal. 6:1. | 47 Naamlik Christene, of gelowiges, wat die fondament van die Christengeloof wel aangeneem het, maar dit wat die Christelike vryheid aangaan nog nie in alle opsigte goed kon begryp nie, Rom. 14:1. Gal. 6:2.
48 Hiermee verklaar hy dit wat hy tevore win genoem het. Sien 1 Tim. 4:16. |
| 49 Dit is, sodat nie net ander deur my prediking salig sou word nie, maar sodat ek ook self hierdie saligheid saam met hulle deelagtig mag word; dit sou nie gebeur, indien ek self nie doen wat ek ander leer nie. |
| r Gal. 2:2; 5:7. Filip. 2:16. 2 Tim. 4:7. Hebr. 6:18. | 50 Van hier af verder leer die apostel dat dit ver daarvandaan is dat hulle oor voedsel en drank, of oor maaltye van afgodedienaars baie bekommerd moet wees, maar dat hulle hul veelmeer moet bekommer om hulle in alle soberheid, matigheid en verdraagsaamheid te oefen, wat hy met die voorbeelde van diegene wat vir ’n prys wedywer, en ook met sy eie voorbeeld bewys.
51 Naamlik vir ’n prys. 52 Naamlik wat nie net saam met ander begin nie, maar wel vóór ander voltooi. 53 Dit is, só ywerig en standvastig tot die einde toe. 54 Of: gryp, naamlik die voorgestelde prys van die heerlikheid van God, Filip. 3:12-14. |
| s 2 Tim. 2:4.
t 2 Tim. 4:8. 1 Petr. 1:4; 5:4. |
55 Naamlik met hardloop, stoei of veg, soos daar destyds sulke soorte wedstryde vir pryse onder die mense was.
56 Of: matig hom, naamlik in baie voedsel, drank, slaap en ander dinge, wat hom traag of onnut maak in hierdie wedstryd. 57 Naamlik van lourierblare, olyftakke, eikeblare en dergelike, of op sy beste van silwer of goud, soos diegene wat vir die prys gewedywer het, voorgehou is. 58 Dit is, onverganklike of ewigdurende, 1 Petr. 1:4. |
| 59 Naamlik nie soos deelnemers of naellopers wat vir ’n prys deelneem, en nie weet of hulle die prys wel of nie sal bekom nie, 2 Tim. 4:7, 8.
60 Naamlik soos diegene doen wat nie met die nodige erns stoei of veg nie, maar slegs aan ’n spieëlgeveg deelneem, en teen die lug oefen, wat tot geen oorwinning van ’n party lei nie. Ons moet egter wel met erns teen die sonde en die duiwel stry, Ef. 6:11. |
| 61 Die Griekse woord beteken om in die gesig te slaan, om iets met slae te tem of aan sy gehoorsaamheid te onderwerp. Sien oor hierdie woord ook Luk. 18:5.
62 Naamlik om die liggaam aan die gees te onderwerp, en nie deur te veel voedsel en te groot weelde die gees te verhinder nie. 63 Naamlik om hulle tot die saligheid te bring. 64 Dit is, myself onbekwaam of afkeurenswaardig sou maak vir die prys waartoe ek ander aanspoor; waarmee die apostel nie wil sê dat hy onseker sou wees oor sy verkiesing en oor die verkryging van hierdie prys nie; want die teendeel blyk duidelik in Rom. 8:38, 39. 2 Tim. 4:7, 8. Dit is ’n beeld geneem van ’n wedstryd waarin diegene wat traag of lui is, of wat te swaar is, verwerp en afgekeur is, as onbekwaam vir die wedstryd. |