Statevertaling – Bybelstigting

1 Petrus 3

Pligte van vroue en mans.

1

NETa so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan 1die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde 2gewin kan word

2

as hulle jul reine, 3godvresende wandel aanskou het.

3

bJulle 4versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,

4

maar 5die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ’n sagmoedige en stille gees, wat baie 6kosbaar is voor God.

5

Want so het vroeër ook 7die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig,

6

csoos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het; wie se 8kinders 9julle geword het as julle goed doen en 10geen enkele verskrikking vrees nie.

7

Net so moet julle, manne, 11verstandig met hulle dsaamlewe en aan die vroulike 12geslag, as die swakkere, 13eer bewys, omdat julle ook 14mede-erfgename van die genade van die lewe is — sodat julle gebede 15nie verhinder mag word nie.

Broederliefde, geduld, verdrukking.

8

16EN eindelik, ewees almal eensgesind, 17medelydend, vol broederliefde en 18ontferming, 19vriendelik.

9

fVergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, 20maar seën inteendeel, omdat julle weet 21dat julle hiertoe geroep is, gsodat julle 22seën kan beërwe.

10

h23Want wie 24die lewe wil liefhê en 25goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.

11

iHy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.

12

Want 26die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar 27die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.

13

En 28wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle navolgers is van die goeie?

14

kMaar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. lEn 29vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.

15

mMaar 30heilig die Here God in julle harte nen wees altyd bereid 31om verantwoording te doen aan elkeen 32wat van julle rekenskap eis 33omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en 34vrees;

16

35met behoud van ’n goeie gewete, osodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel 36in Christus belaster.

17

Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle 37ly wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen.

18

pWant Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is 38na die vlees, maar lewend gemaak 39deur die Gees;

19

40in wie 41Hy ook 42heengegaan en 43gepreek het vir 44die geeste qin die gevangenis,

20

rwat eertyds ongehoorsaam was stoe die lankmoedigheid van God een maal 45gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, tdit is agt, 46siele 47deur water heen gered is;

21

v48waarvan die 49teëbeeld, die doop, ons nou ook red, 50nie as ’n aflegging van die vuilheid 51van die vlees nie, maar as 52’n bede tot God om 53’n goeie gewete — 54deur die opstanding van Jesus Christus

22

xwat heengegaan het na die hemel en 55aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.

a Gén. 3:16. 1 Kor. 14:34. Ef. 5:22. Kol. 3:18. Tit. 2:5. 1 Naamlik van die evangelie.

2 Dit is, tot Christus bekeer word, soos hierdie woord wen gebruik word in Matt. 18:15. 1 Kor. 9:19, en elders. Nie dat die goeie lewe sonder woorde genoeg is om die mens te bekeer of tot die geloof te bring nie; want die Heilige Gees doen dit slegs deur die Woord van God, Ps. 19:8. Rom. 1:16; 10:17; maar omdat sulke mans, as hulle die goeie wandel van die gelowige vroue sien, ’n goeie dunk kry van die Woord en van die godsdiens wat hulle bely, en ’n begeerte om dit ook te hoor en hulle deur God se genade daarvolgens te skik.

3 Dit is, eerbiedige en sorgvuldige wandel, naamlik in die diens van God en van julle mans.
b 1 Tim. 2:9. Tit. 2:3. 4 Dit is, julle belangrikste versiering, want Paulus laat in 1 Tim. 2:9 ook toe dat vroue hulle versier met behoorlike of sierlike kleding; maar Petrus bestraf hier alle onmatige en al te uitspattige versiering, waartoe die vroulike geslag dikwels geneig is, en alle hoogmoed en trotsheid in die gewone en andersins geoorloofde versiering.
5 Dit is, die innerlike mens, wat daagliks vernuwe word na God se beeld, 2 Kor. 4:16.

6 Dit is, dierbaar en aangenaam.

7 Naamlik wat oor hulle godvrugtigheid, versigtigheid en nederigheid geprys word in die Ou Testament, soos Rebekka, Hanna (die moeder van Samuel), Abígail, Ester en dergelike.
c Gén. 18:12. 8 In sommige manuskripte staan dogters, naamlik na die gees, soos Abraham die vader is van alle gelowiges, Rom. 4:16.

9 Dit is, wat julle deur jul dade bewys, soos in Joh. 15:8.

10 Of: met geen enkele. Die Griekse woord beteken ’n haastige of skielike ontsteltenis, soos ’n voël of enige ander dier ontsteld is, wanneer dit iets sien of hoor wat vir hom gevaarlik is. Die apostel verklaar dat die vroue maklik aan hierdie ontsteltenis, wat die vroulike geslag maklik oorval vanweë die swakheid van hul natuur, kan ontkom in die diens aan hulle mans, as hulle maar goed doen en ’n goeie gewete voor God behou.

d Ef. 5:25, ens. Kol. 3:19. 11 Gr. volgens verstand, dit is, terwyl julle jul heerskappy met versigtigheid en matigheid gebruik.

12 Gr. skeuos, dit is, instrument, vat, houer. ’n Hebreeuse spreekwyse, waarvolgens ’n persoon of enige ander saak met ’n instrument aangedui word; die vrou word hier so genoem omdat sy as hulp vir die man geskape is, Gén. 2:18.

13 Naamlik nie bo die man nie, maar aan die man se sy, of langs die man bo die res van die huisgesin, geplaas met ’n besondere sorg en mededoëndheid, soos die woord eer ook beteken, Matt. 15:4. 1 Tim. 5:17. Die woord eer vereis ook die liefde van die man, en die vrou se sorg oor die huis. Sien Ps. 45:10, ens. Spr. 31:27, 28. Ef. 5:25, ens.

14 Naamlik van die ewige lewe. Sommige manuskripte stel dit so: omdat hulle ook mede-erfgename met julle is. Dit kom goed met die betekenis ooreen.

15 Naamlik deur twis of tweedrag. Hier word onder die gebede ook allerlei oefeninge van godsdienstigheid verstaan.

e Rom. 12:16; 15:5. 1 Kor. 1:10. Filip. 2:2; 3:16. 16 Die apostel kom nou terug na die vermanings wat elkeen aangaan.

17 Naamlik met mekaar. Die Griekse woord beteken eintlik om meegevoel te hê met die lyding van ’n ander.

18 Die Griekse woord beteken ’n deug waardeur die ingewande of die hart maklik oor ’n ander se nood in beroering gebring word.

19 Hierdie woord beteken eintlik: wat bedink, of begryp, wat vir ’n ander aangenaam is.

f Lev. 19:18. Spr. 20:22; 24:29. Matt. 5:39. Rom. 12:17. 1 Kor. 6:7. 1 Thess. 5:15.

g Matt. 25:34. 1 Tim. 4:8.

20 Dit is, bid vir hulle en doen goed aan diegene wat julle uitskel of kwaad aandoen, soos Christus ook beveel in Matt. 5:44. Maar hier moet opgemerk word dat Petrus, soos ook Christus, nie spreek oor die amp van ’n owerheid teenoor openbare boosdoeners nie, maar oor die amp van ’n gewone Christen teenoor elkeen in die besonder.

21 Naamlik deur God, vir wie julle daagliks ook vertoorn het deur jul sondes, en wie se seëning julle daarom ook onwaardig was. Dit kan ook by die voorgaande gevoeg word, naamlik dat julle hiertoe geroep is, om geen kwaad met kwaad te vergeld nie.

22 Naamlik tydelike en ewige. Sien Matt. 25:34. 1 Tim. 4:8.

h Ps. 34:13, ens. Jak. 1:26. 23 Hierdie gedeelte is geneem uit Ps. 34:13, ens. Die apostel volg daarin hoofsaaklik die Griekse vertaling, wat die betekenis van die Hebreeus goed uitdruk. Maar dit wat die profeet vraenderwys stel, stel die apostel verhalenderwys.

24 Hebr. wie is die man wat die lewe wil, en liefhet of begeer om die goeie te sien?

25 Dit is, ’n geluksalige lewe lei. Want al is dit so dat die godsaliges menigmaal verdruk word, behou hulle nogtans altyd ’n goeie gewete, en verwag ’n salige uitkoms. Daarom verheug hulle hul selfs ook in die verdrukkinge, Rom. 5:3. Jak. 1:2, ens.

i Ps. 37:27. Jes. 1:16. 3 Joh. vers 11.
26 Dit is, die gunstige en sorgvuldige oë van die Here.

27 Dit is, die toornige of afkerige aangesig van die Here.

28 Dit is, óf niemand sal julle kwaad wil aandoen, as julle navolgers is van die goeie nie, óf as iemand dit julle ewenwel tog aandoen, kan hy julle nie in jul geluksaligheid skaad nie, omdat julle ter wille van die geregtigheid ly.
k Matt. 5:10. 1 Petr. 2:20; 4:14.

l Jes. 8:12. Jer. 1:8.

29 Gr. vrees nie hulle vrees nie, dit is, soos hulle vrees en ontsteld is, omdat hulle ’n slegte gewete het, soos in Jes. 8:12, waaruit Petrus hierdie woorde vir sy doel toepas.
m Job 1:21.

n Ps. 119:46. Hand. 4:8.

30 Dit is, skryf aan Hom alle lof en eer toe, hang Hom alleen aan, en vertrou op Hom, soos in Job 33:4. Rom. 4:20. Want dan gee ons aan God sy hoogste eer, as ons alles aan sy genade, trou, wysheid en mag toeskryf.

31 Dit is, openlike belydenis en verdediging uit God se Woord van julle hoop, volgens die mate van die gawes wat julle ontvang het.

32 Naamlik ampshalwe, of om onderrig te word; of wanneer die verdediging van die waarheid dit vereis. Want Christus sê andersins ook, dat ons nie dit wat heilig is aan die honde moet gee, of ons pêrels voor die varke moet gooi nie, sodat hulle nie omdraai en ons verskeur nie, Matt. 7:6.

33 Dit is, omtrent die grond van julle geloof, en dus ook van jul hoop waarop julle steun.

34 Dit is, met sorgvuldige versigtigheid, sodat julle niks sou kwytraak wat vir God se gemeente of vir die evangelie nadelig sou wees nie. Sien ’n voorbeeld in Christus, Joh. 18:19, 20, toe Hy voor die regters gestaan het.

o Tit. 2:8. 1 Petr. 2:12, 15. 35 Of: hou ’n goeie gewete, naamlik in alles wat julle doen, en in al hierdie vrees of versigtigheid, sodat julle dit nie as dekmantel gebruik om na te laat om openlik te bely wat God julle in sy Woord gebied, of wat tot sy eer dien nie.

36 Dit is, volgens Christus se leer en bevel.

37 Naamlik om daardeur julle geloof te beproef, Jak. 1:2-4.
p Rom. 5:6. Hebr. 9:15, 28. 38 Of: in die vlees, dit is, na sy menslike natuur, soos hierdie woord vlees van Christus deurgaans verstaan word. Sien Joh. 1:14. Rom. 1:3. 1 Tim. 3:16. Want hoewel diegene wat die liggaam doodmaak, nie die siel kan doodmaak nie, Matt. 10:28, word nogtans gesê dat die hele mens doodgemaak is, wanneer siel en liggaam deur ’n gewelddadige dood van mekaar geskei word; hoewel geen geweld die siel of die liggaam van Christus van sy Godheid kon skei nie.

39 Dit is, deur sy goddelike natuur, waardeur Hy sy mensheid uit die dood opgewek het, soos hierdie woord Gees ook elders vir die goddelike natuur van Christus gebruik word. Sien Rom. 1:4. Hebr. 9:14, ens. Ander vertaal dit: na die gees, en verstaan dit as die siel van Christus, wat lewend gebly het, al was sy liggaam gedood. Maar so sou Petrus hier niks anders oor Christus sê as wat alle gelowiges toekom nie, Matt. 10:28, en dit is ook in stryd met die Griekse woord zoopoietheis, wat lewend gemaak is beteken; so ’n lewendmaking is ’n werk eie aan God; sien Joh. 5:21. Rom. 4:17. 1 Tim. 6:13. Dit wat ook hierna oor hierdie Gees van Christus gesê word, dat Hy in die Gees vir die geeste wat in die gevangenis is, in die tyd van Noag gepreek het, kan ook nie van die siel van Christus, wat voor sy ontvangenis uit Maria nog nie was nie, gesê word nie.

q 1 Petr. 4:6. 40 Of: deur wie, naamlik die Gees of sy Godheid.

41 Naamlik Christus, oor wie Petrus hier spreek.

42 Of: gekom het, dit is, van die hemel afgekom het, naamlik deur sy openbaring en werking, soos Hy self tot Abraham gespreek het toe Hy neergedaal het om Lot te verlos en Sodom en Gomorra deur vuur te straf, Gén. 18:21, asook om sy volk Israel uit Egipte te verlos en die Egiptenaars te straf, Ex. 3:8.

43 Naamlik deur Noag, die prediker van geregtigheid, 2 Petr. 2:5.

44 Hierdie gedeelte is moeilik, en word daarom verskillend uitgelê. Sommige verstaan deur hierdie geeste die heidene, wat in die skaduwee van die dood en as ’t ware in die hel gesit het, vir wie Christus deur sy apostels die evangelie verkondig het. Die heidene word egter nêrens geeste genoem nie, en die tyd wanneer hierdie prediking aan hulle plaasgevind het, pas nie by so ’n verklaring nie, omdat die apostels die evangelie nie in die tyd van Noag nie, maar ná die opstanding van Christus verkondig het. Ander verstaan deur hierdie geeste die verdoemde siele in die hel, aan wie Christus Hom ná sy dood op ’n buitengewone manier sou geopenbaar het, om sy oorwinning aan hulle te verkondig tot skrik, en om hulle van hul ondankbaarheid en regverdige straf te oortuig. Maar van so ’n buitengewone verskyning van Christus in die hel word nêrens in die Skrif melding gemaak nie; dit was ook nie nodig nie, en die woord preek hier word nêrens in so ’n betekenis gebruik nie. Ander verstaan daardeur die siele van die gelowiges van die Ou Testament, wat êrens onder die aarde in ’n voorportaal van die hel, soos in ’n gevangenis, bewaar sou word, totdat Christus sou gesterf het en met sy siel aan hulle verskyn het, om hul verlossing uit hierdie gevangenis aan hulle te verkondig, en om hulle daarna saam met Hom in die hemel op te neem. Behalwe dat hierdie verklaring in stryd is met dit wat Christus vir die bekeerde kwaaddoener aan die kruis gesê het: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees, Luk. 23:43, is dit ook in stryd met die saligheid van die siele van die voorgeslag, wat al voor Christus se dood en opstanding in die hemel was, soos opgeteken is in Hebr. 11:5, 16, 40; 12:23, en in nog ander plekke. ’n Gevangenis word ook nêrens ’n plek genoem waarin iemand bewaar word om hom gelukkiger te maak nie, maar wel ’n plek waarin iemand vir sy oordeel of straf bewaar word. Die woord preek verwys in God se Woord ook altyd na die oproep tot geloof en bekering, wat vir die siele van die afgestorwe gelowiges van die Ou Testament nie meer nodig was nie; soos dit ook nie toegepas kan word op daardie siele nie, as gesê word dat Christus deur sy Gees gepreek het vir die siele wat in die tyd van Noag ongehoorsaam was. Daarom is hierdie volgende uitlegging die aanneemlikste, naamlik dat hier deur die geeste die siele verstaan moet word van die mense aan wie die Gees of Godheid van Christus deur Noag die bekering vroeër laat verkondig het, naamlik toe hulle nog geleef het. Daarom word Noag ook ’n prediker van geregtigheid genoem in 2 Petr. 2:5. Hierdie mense het, nieteenstaande die prediking van Noag en God se lankmoedigheid oor hulle, ongehoorsaam en goddeloos gebly, soos ook in 2 Petr. 2:5 getuig word. Vanweë hul ongehoorsaamheid en goddeloosheid was hulle in die gevangenis of hel toe Petrus sy brief geskryf het, soos die hel ook ’n gevangenis genoem word, Openb. 20:7, en van die onsalige geeste wat daarin is, gesê word dat hulle daar in bewaring gehou word vir die dag van oordeel, 2 Petr. 2:4. Jud. vers 6.

r Gén. 6:5.

s Gén. 6:3, 14. Matt. 24:37. Luk. 17:26. Rom. 2:4.

t Gén. 8:18. 2 Petr. 2:5.

45 Naamlik honderd-en-twintig jaar lank, of die mense hulle sou bekeer, voordat Hy die straf waarmee Hy hulle gedreig het, sou uitvoer, Gén. 6:3. Sien ook oor hierdie lankmoedigheid van God teenoor die ongehoorsames Rom. 2:4; 9:22 en die kanttekeninge.

46 Dit is, mense, soos in Hand. 2:41.

47 Of: in water, dit is, binne-in en deur water, soos hierdie Griekse woord dia ook gebruik word in Rom. 4:11. 1 Tim. 2:15.

v Ef. 5:26. 48 Dit verwys na die ark en Noag se ingaan in die ark, waardeur Noag behoue gebly het in die water van die sondvloed, waarin die ander vergaan het.

49 Die doop word so genoem, omdat dit ’n sakrament is van ons behoud uit die algemene verderf van die wêreldse mense, soos die ark ’n middel was van die liggaamlike behoud van Noag en sy mense uit die verderf van die eerste wêreld.

50 Dit is, die doop wat uitwendig is, en waardeur die vuilheid van die liggaam afgewas word, en wat ook baie huigelaars en mondchristene deelagtig is, red nie ons siele werklik nie. Maar, so wil hy sê, dit gaan oor die inwendige doop, wat deur die bloed en die Gees van Christus aan ons siele plaasvind.

51 Verstaan as liggaam.

52 Of: afvraging, afsmeking. Die Griekse woord beteken hier so ’n afsmeking wat met ’n ernstige begeerte gepaardgaan by dit waarvoor ’n mens vra, soos wanneer ’n mens iemand raad of hulp vra of versoek.

53 Dit is, wat deur die bloed en die Gees van Jesus Christus gereinig is, Hebr. 9:14. Hierdeur word die vrymoedige toegang en aanspraak van die gelowiges in hul vertroue verstaan, en in hul gebede tot God, as tot hul Vader; sien Rom. 8:15. Gal. 4:6; wat ’n onafskeibare vrug is van die vergewing van ons sondes en van ons vernuwing of wedergeboorte. Ander meen dat hier na die volwasse doop in die eerste kerk verwys word. Daar is vir die dopelinge gevra of hulle voortaan ook die duiwel en die wêreld wou afsweer, en in ’n nuwe lewe, met ’n goeie gewete, voor God wandel, waarop hulle geantwoord het: Ja. Hierdie vraag en antwoord sou deur die Griekse woord eperotema verstaan word. Hierdie antwoord wat uit ’n goeie of gereinigde gewete voor God gespruit het, betuig dan ook van die inwendige doop van die hart.

54 Naamlik wat ’n volkome bewys is van Christus se voldoening vir ons sondes, ’n onderpand van die opwekking van die nuwe mens, en van ons salige opstanding hiernamaals. Sien Rom. 6:3, ens.

x Ef. 1:20. 55 Sien hieroor en oor dit wat volg Ef. 1:20, ens. Kol. 3:1.