Statevertaling – Bybelstigting

1 Petrus 5

Pligte van ouderlinge en jongmense. Vermaning om nederig en waaksaam te wees.

1

EK vermaan 1die ouderlinge onder julle, ek wat 2’n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook ’n 3deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word:

2

a4Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, 5nie uit dwang nie, maar gewilliglik; bnie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid;

3

cook nie as heersers oor 6die erfdeel nie, dmaar as 7voorbeelde vir die kudde.

4

En wanneer e8die Opperherder verskyn, fsal julle 9die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.

5

Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; gen wees almal met ootmoed 10bekleed in onderdanigheid 11aan mekaar, hwant God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.

6

i12Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.

7

kWerp al julle bekommernis op Hom, lwant Hy sorg vir julle.

8

mWees nugter en waaksaam, nwant julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan 13verslind.

9

oHom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding 14opgelê word 15aan julle broederskap wat in die wêreld is.

Wense en groete.

10

EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons p’n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!

11

Aan Hom die heerlikheid en die krag tot 16in alle ewigheid! Amen.

12

Deur 17Silvánus, die getroue broeder, 18soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit 19die ware genade van God is waarin julle staan.

13

Die mede-uitverkorene in 20Babilon en 21Markus, 22my seun, groet julle.

14

Groet mekaar qmet ’n kus van liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus Jesus is! Amen.

1 Dit is, die leraars en herders van die gemeente, soos in Tit. 1:5.

2 Naamlik newens julle. Petrus verhef hom dus nie bo almal, as hoof van alle leraars nie.

3 Dit kan verstaan word as die hoop van die apostel, soos ook van alle gelowiges, Rom. 8:24, of ook van die besondere aanskouing van Christus se heerlikheid, wat aan hom saam met die twee ander apostels op die berg vertoon is, Matt. 17:1, ens. 2 Petr. 1:16-18, wat hiernamaals volkome voor die hele wêreld geopenbaar sal word, 1 Joh. 3:2.

a Hand. 20:28.

b 1 Tim. 3:3. Tit. 1:7.

4 Dit is, onderrig en versorg die gemeente van God, soos goeie herders, met alles wat vir die gemeente nodig is tot saligheid. Of: Gee ag op die kudde, soos Paulus spreek in Hand. 20:28. ’n Beeld geneem van die sorg van herders vir hulle skape; sien meer hieroor in Johannes 10.

5 Dit is, nie uit vrees vir bestraffing of straf nie.

c 2 Kor. 1:24.

d Filip. 3:17. 1 Tim. 4:12. Tit. 2:7.

6 Gr. klerôn, dit is, lot of: erfdele; so genoem, omdat die erfdele van die land Kanaän, soos ook ander erfdele in die algemeen, deur die lot verdeel was. Die spesifieke gemeentes of gelowiges word so genoem, omdat God hulle uit die hele mensdom as sy eiendom verkies en tot kinders en erfgename aangeneem het; sien Hand. 26:18; soos God sy volk ook in die algemeen so noem, Deut. 9:29. 1 Kon. 8:51. Ps. 28:9, vanweë sy besondere liefde en sorg vir hulle, wat Hy vir Hom, soos deur die lot, as eiendom aangeneem het.

7 Dit is, voorbeelde in leer en lewe.

e Jes. 40:11. Eség. 34:23. Joh. 10:11. Hebr. 13:20. 1 Petr. 2:25.

f 1 Kor. 9:25. 2 Tim. 4:8. Jak. 1:12. 1 Petr. 1:4.

8 Hier verwys Petrus nie na homself nie, maar na Christus. Want Hy alleen is die Herder van al die herders en van al die skape, sowel Jode as heidene. Hierdie titel kan niemand anders toekom nie.

9 Die Griekse woord amarantinon kom van amarant, wat ’n kruid is wat nie verwelk nie, waarvan kranse in daardie tyd gemaak is. Sien 1 Kor. 9:24, 25.

g Rom. 12:10. Filip. 2:3.

h Spr. 3:34. Jak. 4:6.

10 Of: versier.

11 Die apostel sê dit nie ten opsigte van elkeen se amp, geestelik of wêreldlik, waarin daar altyd behoorlike onderskeid gemaak moet word nie, maar ten opsigte van die algemene liefde, waarin elkeen vir die ander, soveel moontlik, moet terugstaan en toegee. Sien Rom. 12:10.

i Job 22:29. Spr. 29:23. Matt. 23:12. Luk. 14:11. Jak. 4:10. 12 Naamlik vóór alles en in alles, dit is, onderwerp julle met ’n nederige en gelowige gemoed aan die wil en regering van God, soos die volgende vers ook verklaar.
k Ps. 55:23. Matt. 6:25. Luk. 12:22. Filip. 4:6. 1 Tim. 6:8.

l 1 Kor. 9:9. Hebr. 13:5.

m 1 Thess. 5:6. 1 Petr. 1:13; 4:7.

n Job 1:7. Luk. 22:31.

13 Dit is, tot ’n val of afval bring, en daardeur tot die verderf.
o Ef. 4:27. Jak. 4:7. 14 Gr. voleindig, dit is, geskied oral aan die broederskap sowel as aan julle. Want dit is die lot van alle gelowiges. Sien Hand. 14:22.

15 Dit is, aan al die broeders, wat met julle een is in die geloof; soos in 1 Petr. 2:17.

p Hebr. 10:37. 1 Petr. 1:6.
16 Gr. tot die eeue van die eeue.
17 Hy word elders ook Silas genoem, ’n metgesel en medereisiger van Petrus en Paulus, soos hier en in die briewe van Paulus deurgaans te sien is. Sien Handelinge 15-17. 2 Kor. 1:19. 1 Thess. 1:1.

18 Sommige voeg dit by die voorgaande woord getroue, omdat die een nie anders as uit goeie hoop so oor die ander kan voel nie. Ander voeg dit by die volgende woord kortliks, in hierdie betekenis: Soos ek meen het ek vir julle kortliks geskryf. Maar ’n mens sal nie sommer sy eie optrede so beskryf nie.

19 Dit is, die waaragtige leer van die genade van God, wat aan julle verkondig is en wat julle deur die geloof aangeneem het.

20 Sommige verstaan hierdeur die stad Rome, om daardeur te bewys dat Petrus in Rome was, wat deur hom by vergelyking Babilon genoem sou word, omdat dit ’n afgodiese stad was, vol verwarring, afgodery en vervolging van die gelowiges; soos die stad Rome ook so genoem word in die Openbaring van Johannes, hfst. 14:8; 16:19; 17:5; 18:2, 10, 21. Maar dit is baie geloofwaardiger dat hier eintlik van die regte Babilon, in Chaldéa of Assirië geleë, gespreek word, waar die apostel Petrus, as ’n besondere apostel van die Jode, toe was; omdat daar ná die verlossing uit die Babiloniese ballingskap nog ’n groot menigte Jode gebly het, soos daar ook die hoofsinagoges was van al die verstrooide Jode; waaruit Petrus aan al die ander in die verstrooiing geskrywe het. Te meer omdat dit geen normale handelswyse is dat in die afsluitingswoorde van briewe anders as in werklike terme gespreek word nie; soos Paulus ook in verskeie briewe eweneens die naam van die stad Rome noem, net soos van ander stede. Dit is ’n ander saak in die Openbaring van Johannes, waar meestal in figuurlike sin gespreek word.

21 Sien oor hom Hand. 12:12, 25; 15:37. Kol. 4:10. 2 Tim. 4:11. Fil. vers 24.

22 Naamlik nie ten opsigte van sy natuurlike geboorte nie, maar van Petrus se besondere liefde vir hom, soos Paulus ook Timótheüs deurgaans so noem.

q Rom. 16:16. 1 Kor. 16:20. 2 Kor. 13:12. 1 Thess. 5:26.

Einde van die eerste algemene brief van PETRUS.