Statevertaling – Bybelstigting

1 Thessalonicense 2

Hoe Paulus sy bediening onder die Thessalonicense uitgeoefen het.

1

JULLEa weet tog self, broeders, dat 1ons ingang by julle nie 2tevergeefs was nie;

2

maar alhoewel ons vantevore, soos julle weet, b3in Filíppi gely het en mishandel is, het ons 4in onse God vrymoedigheid gehad om aan julle die evangelie van God cte verkondig 5onder veel stryd.

3

Want 6ons vermaning was nie 7uit dwaling of 8uit onsuiwerheid 9of uit bedrog nie;

4

maar soos ons deur God 10waardig geag is dat die evangelie aan ons 11toevertrou sou word, so spreek ons, dnie om mense te behaag nie, maar God wat ons 12harte beproef.

5

Want ons het, soos julle weet, ons nooit met 13vleitaal opgehou of met 14bedekte hebsug nie. eGod is getuie.

6

Ook het ons nie eer van mense, òf van julle òf van ander gesoek nie, fal kon ons as apostels van Christus 15met gesag optree.

7

Maar ons was 16vriendelik onder julle soos ’n pleegmoeder haar kinders koester.

8

Terwyl ons so 17na julle verlang het, was dit ons aangenaam om aan julle nie alleen die evangelie van God mee te deel nie, maar ook 18ons eie lewe, omdat julle vir ons 19dierbaar geword het.

9

gJulle onthou tog, broeders, ons arbeid en inspanning; want terwyl ons nag en dag 20gewerk het om niemand van julle te beswaar nie, het ons die evangelie van God aan julle verkondig.

10

Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo,

11

hoe ons, soos julle weet, net soos ’n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het

12

en betuig het hdat julle 21waardiglik moet wandel voor God wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid roep.

13

Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God 22ontvang het wat deur ons 23verkondig is, julle dit 24aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God 25wat ook werk in julle wat glo.

14

Want julle, broeders, het navolgers geword van die gemeentes van God wat 26in Christus Jesus is in Judéa, omdat julle ook dieselfde dinge gely het van julle 27ieie stamgenote net soos hulle van die Jode,

15

kwat ook die Here Jesus len hulle 28eie profete 29gedood en ons 30vervolg het en God nie behaag nie en teen 31alle mense gekant is,

16

mdeurdat hulle ons verhinder om tot die heidene 32te spreek dat hulle gered kan word, sodat hulle die maat van hulle sondes 33gedurig 34vol kan maak. Maar 35die toorn het oor hulle gekom 36tot die einde toe.

Begeerte van Paulus om die Thessalonicense weer te sien. Sy blydskap en wense toe Timótheüs hom die berigte gebring het.

17

MAAR nadat ons, broeders, 37’n kort tydjie 38van julle 39geskeie was — 40in persoon, nie met die hart nie — het ons 41met groot verlange ons des te meer beywer om julle aangesig 42te sien.

18

nDaarom wou ons na julle toe kom, ek Paulus, 43meer as een maal; maar die Satan 44het ons verhinder.

19

oWant 45wie anders as julle is 46ons hoop of blydskap of 47kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy wederkoms?

20

Want julle is ons eer en blydskap.

a 1 Thess. 1:5, 9. 1 Dit is, ons eerste koms na julle om die evangelie onder julle te verkondig. Sien Hand. 17:1, 4.

2 Dit is, sonder krag of vrug.

b Hand. 16:22.

c Hand. 17:2.

3 Ook ’n bekende stad in Macedónië, soos in Hand. 16:12 verklaar is. Sien in genoemde hoofstuk wat Paulus daar gedoen en hoe hy gely het.

4 Dit is, deur die hulp en bystand van onse God.

5 Naamlik wat ons, sowel deur die hardnekkige Jode as deur die onkundige heidene, aangedoen is.

6 Naamlik om julle tot die gehoorsaamheid van die evangelie van Christus te bring.

7 Naamlik soos van diegene wat die wet met die evangelie vermeng het, om die haat van die Jode te vermy. Sien 2 Kor. 11:13, ens. Gal. 5:11, en elders.

8 Naamlik soos van diegene wat die heidene in hulle welluste toegegee en gevlei het. Sien 2 Petr. 2:13. Jud. vers 10, ens.

9 Naamlik om op ’n bedrewe wyse van hulle eer, geld, of ander wêreldse voordele te trek, soos van sommige getuig word in 2 Kor. 11:20, en hierna in verse 5, 6 verklaar word.

d Gal. 1:10. 10 Dit is, bekwaam gekeur of geag is, dit is, getoets of bekwaam gemaak is. Sien Hand. 9:15. 2 Kor. 3:5, 6. Gal. 1:15, 16, ens.

11 Dit is, beveel, of aan ons gegee om te bewaar, om dit volgens die wil van God aan ander uit te deel. Sien 1 Kor. 4:1, 2. 2 Kor. 5:19. 1 Tim. 1:11.

12 Naamlik ondersoek of ken, soos die suiwerheid van goud deur vuur beproef en gekeur word.

e Rom. 1:9; 9:1. 2 Kor. 1:23; 11:31. Gal. 1:20. Filip. 1:8. 1 Tim. 5:21. 2 Tim. 4:1. 13 Gr. in ’n woord van vleiery, naamlik soos die bedrieërs gewoonlik doen, om die harte van die mense na hulle toe te trek, deur niks anders te leer as dit wat vir hulle aangenaam is nie.

14 Dit is, om uit hebsug, onder ’n ander voorwendsel of bedekking, iets van julle te begeer.

f 1 Kor. 9:3. 2 Thess. 3:9. 15 Sommige verstaan dit as die gesag en die groot aansien, wat hy nie graag onder hulle wou gebruik nie, maar eerder vriendelikheid en nederigheid, soos teenoor teer en gehoorsame kinders, soos die volgende woorde meebring. Sien ook 1 Kor. 4:21. Ander verstaan dit as: tot las, dit is, die beswaring tot onderhoud en ander onkostes wat vir die apostel en sy metgeselle noodsaaklik was, soos hy ook uitdruklik daarvan spreek in vers 9.
16 Of: sagmoedig, goedertieren.
17 Gr. julle begeer het.

18 Dit beteken geensins dat die evangelie nie meer as ons lewe is nie, maar omdat dit nog swaarder is, en van meer toegeneentheid getuig, om die lewe vir iemand af te lê, as om die evangelie mee te deel.

19 Naamlik vanweë julle ywer in die aanneem van die evangelie, en julle geduldigheid in die lyding daarvoor.

g Hand. 18:3; 20:34. 1 Kor. 4:12. 2 Kor. 11:9; 12:13. 2 Thess. 3:8. 20 Naamlik met ons hande deur tente te maak, om my en my geselskap, sonder dat dit julle iets kos, te onderhou, Hand. 18:3, sien die rede daarvan in 2 Kor. 11:12 en die kanttekening.
h Gén. 17:1. 1 Kor. 7:20. Ef. 4:1. Filip. 1:27. Kol. 1:10. 21 Dit is, soos dit diegene betaam wat God ken, aan Hom gehoorsaam is en sy Naam bely.
22 Naamlik met die uitwendige ore.

23 Gr. (die woord) van die gehoor, dit is, wat aan julle verkondig is, en wat God deur sy dienaars ons laat hoor. ’n Hebreeuse spreekwyse. Sien Jes. 53:1. Rom. 10:16, 17.

24 Naamlik met die hart en die geloof, soos in Hand. 16:14.

25 Of: wat, naamlik verwysende na God, ook werk, ens., naamlik die versekerdheid van die vergewing van julle sondes, die vrymoedige toegang tot God deur die Heilige Gees, liefde tot God en julle naaste, hoop op die saligheid, lydsaamheid en dergelike deugde.

i Hand. 17:5, 13. 26 Hiermee tref hy onderskeid tussen die ware gemeente van die Jode en die ander sinagoges onder die Jode, wat hulself ook as God se volk beskou het, hoewel hulle die ander, hul broeders wat Christus bely het, vervolg het. Sien Hand. 12:1. Hebr. 10:32, ens.

27 Naamlik hulle wat deur die Jode daartoe opgestook was. Sien daaroor Hand. 17:5. Die Griekse woord beteken eintlik diegene wat aan een stam, volk of ambag behoort.

k Hand. 7:52.

l Matt. 23:37. Luk. 13:34.

28 Dit is, wat uit hul eie volk tot hulle in die besonder deur God gestuur was.

29 Dit is, tot die dood toe vervolg, en nie gerus het voordat hulle die Here Jesus deur die hande van die ongelowiges aan die kruis laat ombring het nie. Sien Hand. 2:23.

30 Die Griekse woord beteken iemand só vervolg dat hy deur die vervolging verjaag en uitgewerp word.

31 Naamlik wat hul verlossing in Christus soek.

m Hand. 17:13. 32 Naamlik die evangelie van Christus, wat alleen ’n krag van God tot redding is, Rom. 1:16.

33 Dit is, soos tevore aan Christus en sy profete, ook nou aan sy apostels en ander gestuurdes. Sien Hand. 7:51, 52.

34 Daar word gesê dat die mense hulle sondes of die maat van hulle sondes vol maak, wanneer hulle vir ’n tyd, deur God se lankmoedigheid, nie verhinder word om voort te gaan in die sondes nie, totdat dit tot ’n hoogtepunt gekom het, en God hulle dan met swaar strawwe besoek. Sien Gén. 15:16. Matt. 23:32, ens.

35 Naamlik van God, wat hulle regverdig in hul sondes vanweë hul ondankbaarheid verhard, Rom. 9:18, 22. 2 Thess. 2:11, 12.

36 Of: tot die uiterste toe. Dit word deur sommige verstaan as die gewig van die straf of van die toorn van God, waarmee God sulke mense hier en hiernamaals sal tref. Ander verstaan dit, wel met reg, as die gedurigheid van hierdie straf of van die toorn van God, wat hierdie hardnekkige geslag van die Jode kort hierna oorgekom het, toe God hulle, toe hulle saam met die meeste van die ander Jode uit alle geweste te Jerusalem byeen was, deur die Romeine by wyse van voorbeeld gestraf en só uitgeroei is, dat hulle steeds nie meer ’n volk is nie, maar verstrooid woon onder alle volke, en oor die algemeen verhard is in hulle ongeloof. Dit wil ook voorkom of die profesie van Daniël, Dan. 9:26, ens., en die woorde van Christus, Matt. 23:38: Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat, dit bevestig, soos ook Matt. 24:15, ens. Luk. 21:20, ens. Enkeles verstaan hierdie woord einde as die einde van die wêreld, sodat die toorn van God oor hierdie volk nooit sou ophou nie. Dit is egter in stryd met die belofte en die voorsegging van die apostel Paulus, Rom. 11:25, ens., asook 2 Kor. 3:15, 16 en ander tekste, waar van die toekomstige bekering van die Joodse volk tot Christus geprofeteer word.

37 Of: ’n uur. Want Paulus moes weens die Jode se vervolging vinnig van hulle weggaan. Sien Hand. 17:10.

38 Dit is, van julle teenwoordigheid.

39 Die Griekse woord beteken eintlik só ’n skeiding, soos ’n vader wat van sy kinders geskei is, hulle soos weeskinders alleen laat.

40 Dit is, in die liggaamlike teenwoordigheid.

41 Gr. in groot begeerte.

42 Dit is, weer te sien, of na julle te kom.

n Rom. 1:13; 15:22. 43 Dit is, meermale, soos in Filip. 4:16.

44 Naamlik deur ander vervolginge en verhinderinge, of deur nuwe probleme wat hy in ander gemeentes laat ontstaan en wat ons teenwoordigheid vereis het.

o 2 Kor. 1:14. Filip. 2:16; 4:1. 45 Naamlik behalwe ander gemeentes wat deur my tot Christus bekeer is, waaroor ek in Christus mag roem, en waarvoor ek die ewige roem, blydskap en heerlikheid van God uit genade as vergelding sal ontvang. Sien 2 Tim. 4:7.

46 Dit is, rede vir of oorsaak van hoop en blydskap.

47 Dit is, heerlike eer, soos die volgende vers verklaar.