Statevertaling – Bybelstigting

1 Thessalonicense 4

Vermaninge tot heiligmaking, broederlike liefde en werksaamheid.

1

VERDER1 dan, broeders, vra en vermaan ons julle 2in die Here Jesus dat julle, soos julle van ons 3geleer het ahoe julle moet wandel en God behaag, nog oorvloediger mag wees.

2

Want julle weet 4watter bevele ons julle 5deur die Here Jesus gegee het.

3

bWant dit is 6die wil van God: julle 7heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery;

4

dat elkeen van julle moet weet om 8sy eie vrou te verkry in heiligheid en 9eer,

5

nie in 10hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene cwat God 11nie ken nie;

6

dat niemand sy broeder 12in hierdie saak moet 13bedrieg en 14benadeel nie, omdat die Here ’n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het.

7

Want God het ons nie tot 15onreinheid geroep nie, dmaar tot heiligmaking.

8

eDaarom, hy wat 16dit verwerp, verwerp 17nie ’n mens nie, maar God fwat ook sy Heilige Gees 18aan ons gegee het.

9

gOor die broederliefde het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self 19deur God geleer om mekaar lief te hê;

10

en 20julle doen dit ook aan al die broeders in die hele Macedónië; maar ons vermaan julle, broeders, om oorvloediger te wees

11

hen julle 21eer daarin te stel om rustig te lewe en julle eie sake te behartig ien 22met julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het,

12

sodat julle 23welvoeglik kan wandel teenoor 24die wat buite is, en aan 25niks behoefte mag hê nie.

Oor die opstanding uit die dode en die wederkoms van Christus.

13

MAAR, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot 26die ontslapenes nie, ksodat julle nie treur 27soos die ander 28wat geen hoop het nie.

14

Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat 29in Jesus ontslaap het, 30saam met Hom 31bring.

15

Want dit sê ons vir julle 32deur die woord van die Here, ldat 33ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal 34vóór wees nie.

16

mWant die Here self sal van die hemel neerdaal met 35’n geroep, met 36die stem 37van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat 38in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

17

Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle 39in wolke 40weggevoer word die Here tegemoet 41in die lug; en so sal ons altyd 42by die Here wees.

18

Bemoedig mekaar dan 43met hierdie woorde.

a Filip. 1:27. 1 Thess. 2:12. 1 Of: Wat oor is, broeders.

2 Dit is, in die Naam van die Here Jesus, of: om Jesus Christus wil. Sien 2 Kor. 5:20.

3 Dit is, onderrig is.

4 Hy spreek hier nie van verborge geheime bevele nie, maar van openbare bevele, wat hy daarna weer beskryf.

5 Dit is, vanweë die Here, of op bevel van die Here Jesus.

b Rom. 12:2. Ef. 5:27. Filip. 4:8. 6 Dit is, wat God van julle eis, of gedoen wil hê.

7 Hierdie woord kan in die algemeen verstaan word as allerlei heiligheid, of in die besonder as kuisheid of eerbaarheid, soos hierna verklaar word.

8 Gr. sy vat (kruik), of: vrou. Sommige meen dat dit vertaal moet word met: laat elkeen sy liggaam besit in heiligheid, wat ’n Hebreeuse spreekwyse is, omdat dit die instrument van die siel is. Sien 1 Joh. 3:3 se kanttekening.

9 Dit is, eerbaarheid. Want niks onteer die liggaam van die mens meer as onkuisheid nie. Sien 1 Kor. 6:16, ens.

c 1 Kor. 15:34. Ef. 4:18. 10 Of: ontugtige beweging.

11 Naamlik soos dit hoort, en soos Hy Hom in sy Woord geopenbaar het, 2 Thess. 1:8. Andersins ken die heidene God ook uit die natuur, maar hierdie kennis was nie kragtig genoeg om hulle behoorlik tot sy liefde en gehoorsaamheid te beweeg nie, Rom. 1:19, ens.

12 Ander vertaal in die handel, en pas bedrieg en benadeel dan op finansiële handeling toe.

13 Gr. oorklim, en beteken om iemand deur geweld te benadeel, of om meer te neem as wat betaamlik is, soos die volgende woord verklaar.

14 Gr. gierig behandel, wat beteken om iemand uit gierigheid te bedrieg of te benadeel. Sien 2 Kor. 2:10; 12:17.

d Joh. 17:19. 1 Kor. 1:2. 15 Hieronder verstaan die apostel nie net die ontugtigheid nie, maar ook die gierigheid en onregverdigheid, waardeur die siel self ook besoedel word.
e Luk. 10:16.

f 1 Kor. 7:40.

16 Dit is, hierdie voorgemelde bevele, soos hy dit in die tweede vers genoem het.

17 Naamlik nie net ’n mens nie, maar vernaamlik God, wat self hierdie bevele deur sy profete en apostels gegee het.

18 Dit kan óf as die apostels verstaan word, wat, deur die Gees van God gedryf, hierdie bevele gegee het; óf ook as alle Christene, wat deur die Gees van God geheilig is, sodat hulle nie meer die begeertes van die vlees nie, maar van die Gees sou volg, Gal. 5:24, 25.

g Lev. 19:18. Matt. 22:39. Joh. 13:34; 15:12. Ef. 5:2. 1 Petr. 4:8. 1 Joh. 3:23; 4:21. 19 Gr. godgeleerdes; sien hieroor Joh. 6:45.
20 Dit is, julle bewys ook met die daad, dat julle die broeders liefhet.
h 2 Thess. 3:7, 12.

i Hand. 20:34. Ef. 4:28.

21 Naamlik soos diegene doen wat eer soek, of eer iewers in stel, soos die Griekse woord meebring. Dit sê die apostel omdat die wêreldse mense in die algemeen hul eer daarin stel en naarstig is om hulle met baie dinge te bemoei wat hulle nie aangaan nie, ’n gebrek waarteen hy die gelowiges hier waarsku, en hulle vermaan om liewer eer te soek en hulle te beywer om in rustigheid hul eie sake waar te neem.

22 Naamlik om in julle en die wat aan julle behoort se lewensbehoeftes te voorsien. Die apostel sê dit aan diegene wat, onder die dekmantel dat hulle hul bemoei met algemene sake buite hulle beroep, van ander se arbeid probeer lewe, wat breedvoeriger bespreek word in 2 Thess. 3:10, ens.

23 Dit is, sonder opspraak. Want die heidene self keur ook sulke gedrag af. Die Griekse woord beteken dit wat betaamlik is.

24 Dit is, wat nog vreemdelinge is van die geloof, soos in 1 Kor. 5:12.

25 Of: niemand, naamlik van diegene wat buite is nie; want die Griekse woord kan beide beteken.

k Lev. 19:28. Deut. 14:1. 2 Sam. 12:20. 26 Dit is, die wat gesterf het of in rus is, soos in Joh. 11:11, ens.

27 Hiermee toon die apostel dat hy nie alle droefheid oor die gestorwenes verbied nie. Christus het dit ook self oor Lasarus, Joh. 11:35, die gemeente oor Stéfanus, Hand. 8:2, en Paulus oor Epafrodítus, toe hy dodelik siek was, Filip. 2:27, bewys. Hy spreek hier egter slegs van die oordrewe en heidense droefheid.

28 Naamlik van die salige opstanding, waarvan hy in die volgende verse spreek. Want hoewel die heidene aan die onsterflikheid van die siele geglo het, kon hulle egter nooit die opstanding van die liggaam en die hervereniging daarvan met hulle siele begryp of glo nie. Sien Hand. 17:32; 26:23, ens.

29 Of: deur Jesus, dit is, deur die krag van Jesus, die Regter van die lewendes en die dode, Joh. 5:21, ens.

30 Naamlik as Hy uit die hemel op die laaste dag sal verskyn, in die oordeel.

31 Naamlik in die lewe en in heerlikheid, wanneer Hy hulle uit die grafte opgewek en met hulle siele verenig het.

l 1 Kor. 15:22, 51. 32 Gr. in die woord van die Here, waardeur sommige die beloftes van Christus verstaan, Matt. 24:31. Joh. 5:28, waar soortgelyke woorde staan. Ander verstaan ’n besondere en nadere openbaring van Christus hiervan aan Paulus gegee, soos hy betuig in 1 Kor. 15:51.

33 Naamlik gelowige mense, waaronder hy homself ook stel, vanweë die onsekerheid van die dag van Christus se wederkoms. Sien meer hieroor in 1 Kor. 15:51.

34 Naamlik om deur Christus verheerlik te word.

m Matt. 24:31. 1 Kor. 15:52. 2 Thess. 1:7. 35 Die Griekse woord keleusma beteken eintlik ’n geroep wat met ’n bevel gepaardgaan, soos gewoonlik gebeur aan diegene wat sekere handelinge gelyktydig moet doen, of ’n skip gelyktydig moet roei, of ’n geveg moet begin.

36 Watter soort stem of basuin dit sal wees, verklaar die Skrif nie breedvoeriger nie, behalwe dat daardeur die groot mag en heerlikheid van Christus in sy tweede koms voor oë gestel word, wat met sy engele, as ’n owerste van sy leër, met trompetgeklank en groot geskal sal kom. Dit sal skrikwekkend wees vir sy vyande, en moed en troos gee aan sy vriende. Sien soortgelyke beskrywing in Matt. 25:31. Joh. 5:28. 1 Kor. 15:52. 2 Thess. 1:7, 8. Jud. vers 14. Openb. 11:15, ens.

37 Dit is, van die owerste van die engele, wat hier uitdruklik van Christus onderskei word. Sien meer hieroor in Jud. vers 9.

38 Dit is, in die geloof van Christus, soos in Openb. 14:13.

39 Wat naamlik soos ’n wa sal wees, waarmee hulle tot Christus in die lug opgeneem sal word, soos van Elía gesê word, 2 Kon. 2:11, en van Christus self, Hand. 1:9.

40 Gr. geruk, getrek, naamlik nadat hulle verander en in ’n oogwink aan sy verheerlikte liggaam gelykvormig gemaak is, 1 Kor. 15:51. Filip. 3:20, 21.

41 Naamlik waar Hy sy oordeel sal hou, voor die oë van alle mense, wat deur die engele byeengebring sal word aan sy regter- en aan sy linkerhand. Sien Matt. 25:31, ens. Openb. 1:7.

42 Naamlik by Christus Jesus in die hemel, Joh. 14:2, 3.

43 Gr. in hierdie woorde, dit is, redevoerings of oordenkings.