Statevertaling – Bybelstigting

1 Thessalonicense 3

1

DAAROM, 1toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons besluit om in Athéne alleen agter te bly;

2

en ons het aTimótheüs, ons broeder en dienaar van God en ons medewerker 2in die evangelie van Christus, gestuur om julle te versterk en julle te bemoedig 3in julle geloof,

3

bsodat niemand 4verontrus mag word onder hierdie verdrukkinge nie; want julle weet self cdat ons 5hiervoor 6bestemd is.

4

Want ook toe ons by julle was, 7het ons julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word, soos dit ook gebeur het en soos julle weet.

5

Daarom, 8toe ek dit nie langer kon uithou nie, het ek ook 9gestuur om julle geloof te wete te kom, of 10die versoeker julle nie miskien versoek het en 11ons arbeid 12tevergeefs sou wees nie.

6

Maar nou dat Timótheüs net van julle af by ons 13aangekom het en ons die goeie tyding 14van julle geloof en liefde gebring het, en dat julle altyd ’n goeie herinnering aan ons behou en verlang om ons te sien, net soos ons ook vir julle —

7

daarom, broeders, is ons in al ons verdrukking en nood vertroos oor julle 15deur jul geloof.

8

Want nou 16leef ons, as julle 17vasstaan in die Here.

9

Want watter dank kan ons God vergelde oor julle vir al die blydskap waarmee ons om julle ontwil ons verbly 18voor onse God,

10

dterwyl ons nag en dag baie ernstig bid 19om julle aangesig te sien en 20te voltooi wat aan julle geloof ontbreek?

11

Maar mag onse God en Vader self en onse Here Jesus Christus ons weg na julle toe rig;

12

en mag die Here julle 21ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos 22ons ook teenoor julle is,

13

esodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by 23die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al 24sy heiliges.

1 Dit is, vanweë ons verlange na julle, waarvan hy in 1 Thess. 2:17, 18 gespreek het.
a Hand. 16:1. Rom. 16:21. Filip. 2:19. 2 Dit is, in die verkondiging en verbreiding van die evangelie.

3 Of: aangaande julle geloof, of: vanweë julle geloof. Ander lees: ons geloof.

b Ef. 3:13. Filip. 1:14.

c Hand. 14:22. 2 Tim. 3:12.

4 Naamlik om van die geloof af te wyk of te twyfel. Sien 2 Thess. 2:2. Die Griekse woord beteken om herwaarts en derwaarts beweeg te word.

5 Naamlik om vir die Naam van Christus te ly. Sien 2 Tim. 3:12.

6 Dit is, aangestel, verordineerd is, naamlik deur God, soos die woord bestemd ook gebruik word in Luk. 2:34.

7 Naamlik soos hy ook aan ander gemeentes meegedeel het. Sien Hand. 14:22. Rom. 8:17, 29.
8 Dit is, vanweë ons verlange na julle, soos in vers 1.

9 Naamlik vir Timótheüs.

10 Dit is, die Satan deur die vervolginge en ander verleidinge. Sien Matt. 4:3.

11 Naamlik wat ons aangewend het om aan julle die evangelie te verkondig.

12 Dit is, vrugteloos.

13 Dit is, teruggekom het, naamlik na ons toe in Korinthe, nadat ons hom van Athéne af na julle toe gestuur het. Sien Hand. 18:1, 5.

14 Dit is, van julle standvastigheid in die geloof.

15 Dit is, deur die getuienis wat ons gehoor het van julle geloof.
16 Dit is, ons is bly en verheug, soos die volgende vers verklaar.

17 Dit is, in die geloof in die Here. Want deur die geloof word ons met Christus verenig.

18 Dit is, opreg, soos in God se teenwoordigheid en nie net voor die mense nie, soos in Luk. 1:6.
d Rom. 1:10, 11; 15:23. 2 Tim. 1:4. 19 Dit is, om by julle teenwoordig te wees.

20 Dit is, julle in die geloof meer volkome te onderrig. Die apostel sê dit, omdat hy as gevolg van die bitter vervolging van die Jode min tyd by hulle kon deurbring. Sien Hand. 17:10.

21 Dit is, mag Hy, wat die gebrek van sy dienaars deur sy Gees maklik kan vervul, maak dat julle meer en meer toeneem.

22 Naamlik oorvloedig in die liefde.

e 1 Kor. 1:8. 1 Thess. 5:23. 2 Thess. 2:17. 23 Gr. parousia.

24 Naamlik engele, soos beskryf word in 2 Thess. 1:7, hoewel dit ook breër verstaan kan word as die heilige siele wat saam met Christus uit die hemel in die geselskap van die engele sal neerdaal, om met hul liggame weer verenig en verheerlik te word.