Statevertaling – Bybelstigting

1 Timótheüs 2

Gebed vir alle mense.

1

IN die eerste plek vermaan ek dan dat 1smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge 2gedoen moet word 3vir alle mense;

2

avir konings en almal wat hooggeplaas is, 4sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in alle 5godsvrug en waardigheid.

3

Want 6dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,

4

bwat wil hê dat 7alle mense gered word en tot 8kennis van die waarheid kom.

5

cWant daar is 9een God en deen Middelaar tussen God en die mense, 10die mens Christus Jesus,

6

ewat Homself gegee het 11as ’n losprys 12vir almal, 13as die getuienis 14op die regte tyd,

7

15waartoe ek faangestel is as 16’n prediker en apostel — gek sê die waarheid 17in Christus, ek lieg nie — ’n leraar van die heidene in geloof en waarheid.

8

Ek wil dan hê dat die manne h18op elke plek moet bid en 19heilige hande iophef sonder 20toorn en twis.

Pligte van die vrou.

9

kSO ook moet 21die vroue hulle versier met 22behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met 23vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,

10

maar, soos dit vroue betaam 24wat die godsvrug bely, met goeie werke.

11

Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.

12

lEk laat die vrou egter nie toe 25om onderrig te gee mof oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.

13

nWant Adam is eerste gemaak, daarna Eva.

14

oEn Adam is 26nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het 27in oortreding gekom.

15

Maar sy sal gered word 28deur kinders te baar, 29as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.

1 Hoewel hierdie maniere van bid soms ietwat uitgebreider verstaan word, kan dit nogtans hier goed onderskei word, naamlik dat smekinge verbiddinge oor allerlei strawwe en swarighede is; gebede die begeerte om God se hulp en om allerlei seën; voorbedes gebede of ook versugtinge, wat ons by God doen vir ander; danksegginge wat gedoen word oor die weldade van God wat deur ons of deur ander ontvang is.

2 Naamlik nie net in die verborge nie, maar vernaamlik in die byeenkomste van die gelowiges, aangesien die openbare gebede ’n deel is van die bediening van die leraars. Sien Hand. 6:4.

3 Dit is, vir allerlei mense, van watter beroep of volk hulle ook is, hoë of lae, soos die woord alle dikwels in God se Woord vir allerlei gebruik word. Sien Matt. 4:23. Luk. 11:42. 1 Kor. 10:25. Ef. 1:3. Dat die woord alle hier so gebruik moet word, blyk uit Joh. 17:9. Gal. 5:12. 2 Tim. 4:14. 1 Joh. 5:16. Openb. 6:10, waar getuig word dat ons nie vir ieder en elkeen moet bid nie, ja, dat die gelowiges ook teen sommige gebid het.

a Jer. 29:7. 4 Dit verstaan sommige as die doel of die oorsaak waartoe die owerhede hooggeplaas is, naamlik sodat ons onder hul regering in rus kan lewe, soos Paulus ook leer, Rom. 13:3, 4. Dit word egter deur ander beter verstaan as die saak waarvoor ons vir die owerhede moet bid, aangesien daar dikwels owerhede is, soos in die tyd van die apostels, wat die kerk van God vervolg en probeer om die lede daarvan te belet om in godsvrug en rus te lewe.

5 Dit betref die diens van God, of die eerste tafel van die gebooie van God, soos die volgende woord waardigheid of sedigheid na die gebooie van die tweede tafel en na die dienste wat die een aan die ander verskuldig is, verwys. Want die regte owerhede is bewaarders of beskermers van albei die tafels van die tien gebooie.

6 Naamlik om te bid vir alle mense, soos die volgende verse uitwys.
b Eség. 18:23. 2 Petr. 3:9. 7 Die woord alle word hier ook gebruik vir allerlei, soos blyk uit vers 2, waarvan hierdie vers ’n verklaring gee; asook uit die woord wil, want as God wil dat alle mense gered word, so sal ook alle mense gered word, omdat God alles doen wat Hy wil, Ps. 115:3. Rom. 9:19. Ef. 1:11. En dit word ook bewys deur dit wat die apostel daarby voeg, dat God wil dat hulle almal tot kennis van die waarheid kom, aangesien die Skrif getuig dat dit ’n voorreg van God se volk is. Sien Ps. 147:19, 20. Matt. 11:25. Joh. 6:45. Ef. 2:12, ens. Dat iemand sou wou sê dat God dit wil, indien die mense dit ook wil, is om die redding ten dele aan die wil van God en ten dele aan die wil van die mens toe te skryf, wat in stryd is met dit wat die apostel leer, Rom. 9:16, 23; 10:20; 11:35, 36, en deurgaans elders.

8 Naamlik in die evangelie geopenbaar, soos die volgende verse meebring.

c Joh. 17:3. Rom. 3:30.

d Gal. 3:19. Hebr. 9:15.

9 Naamlik in getal; of: ’n enige God, soos ook een Middelaar, dit is, ’n enige Middelaar. Sien Joh. 14:6. Hand. 4:12.

10 Dit sê Paulus nie om sy Godheid van hierdie Middelaarsamp uit te sluit nie, want Hy is God geopenbaar in die vlees, 1 Tim. 3:16, en God het deur sy bloed sy kerk verkry, Hand. 20:28, maar om aan te dui dat Hy in sy menslike natuur die losprys vir ons betaal het, en dat Hy as mens ons gelyk is, daarom het alle soorte mense deur die geloof ’n vrymoedige toegang tot Hom en sy offer. Sien Hebr. 2:10, ens.

e Matt. 20:28. Ef. 1:7. Kol. 1:14. 11 Dit is, voldoening vir die sonde.

12 Naamlik wat in Hom glo. Sien Matt. 20:28. Joh. 10:15. Rom. 3:25.

13 Dit is, die Verlosser van wie die profete getuig het, om op die regte tyd geopenbaar te word, 1 Petr. 1:11, 12. Of: om te wees; naamlik die getuienis op die regte tyd te openbaar. Of: geopenbaar, naamlik van God se oorvloedige liefde teenoor die mens, soos Paulus skryf, Rom. 5:8.

14 Gr. op die eie regte tye, naamlik deur God daartoe bestem, wat die apostel die volheid van die tyd noem, Gal. 4:4.

f Hand. 9:15; 13:2; 22:21. Gal. 1:16; 2:8. Ef. 3:8. 2 Tim. 1:11.

g Rom. 1:9; 9:1.

15 Of: tot welke, naamlik getuienis, waarvan in die voorgaande vers gespreek is.

16 Sien oor die eienskap van hierdie woord Rom. 10:14 se kanttekening.

17 Dit is, deur Christus, of by Christus; ’n wyse van eedswering, soos in Rom. 9:1.

h Joh. 4:21.

i Ps. 134:2.

18 Dit is, nie net by die huis en in die verborge nie, maar ook in die byeenkomste van die gemeente, waar dit ook al geskied. Paulus stel dit hierby, omdat in die Ou Testament die gebede meestal aan die tempel in Jerusalem verbind was, wat ten tyde van die Nuwe Testament op elke plek sonder uitsondering mag geskied, volgens die profesie in Mal. 1:11. Joh. 4:21. Sien ook Matt. 18:19, 20.

19 Dit is, wat vry is van alle onreg en verdrukking van die onskuldiges. Sien Ps. 26:6. Jes. 1:15, 16. Die heilige hande word ook gestel teenoor die wassings en reinigings, wat in die seremoniële wet gebruiklik was. Sien Hebr. 9:10.

20 Deur die eerste word reg verstaan alle bose geneentheid van die hart teenoor die naaste, en deur die ander die twyfeling en redetwisting van die gemoed of murmurering van die ongeloof teenoor die beloftes van God. Albei hierdie gebreke moet uit ons gebede geweer word. Sien Matt. 5:22-24. Jak. 1:6-8.

k Tit. 2:3. 1 Petr. 3:3. 21 Naamlik sowel in elke opsig, as in die besonder wanneer hulle in die openbare byeenkomste verskyn; want daarvan spreek hy hier vernaamlik, soos uit die volgende blyk, aangesien baie van die vroulike geslag die gewoonte het om hulle op te smuk wanneer hulle sulke byeenkomste moet bywoon.

22 Of: sierlike kleding, waardeur nie net die kleding nie, maar ook alle ander versiering verstaan word, wat die apostel nie slordig en onversorg, ook nie opgesmuk en buitensporig wil hê nie; maar eerbaar en welvoeglik, volgens elkeen se beroep. Sien ook die eienskap van dieselfde woord in 1 Tim. 3:2.

23 Allerlei haarvlegsels of die dra van goud of pêrels word hier nie verbied nie, soos te sien is in Gén. 24:22, 53. Ex. 35:22. Spr. 31:22. Luk. 15:22, maar wel dit wat strek tot hoogmoedigheid, ligsinnigheid, onmatigheid, of aanstootlike opsmuk van die liggame van die vroue teen of bo hulle status en beroep. Sien Jes. 3:16, ens. 1 Petr. 3:3, ens.

24 Dit is, belydenis doen van die ware godsdienstigheid; of: belofte maak om godvrugtig en Christelik te lewe.
l 1 Kor. 14:34.

m Gén. 3:16. Ef. 5:24.

25 Naamlik om ander te onderrig in die openbare byeenkomste, soos Paulus skryf, 1 Kor. 14:34. Andersins mag ook die vroue hulle kinders tuis onderrig, soos die moeder van Salomo gedoen het, Spr. 31:1, ja, selfs ook wel ander, wanneer die nood dit vereis of dit bevorderlik is tot stigting. Sien 1 Sam. 25:24. Hand. 18:26, ens.
n Gén. 1:27; 2:22.
o Gén. 3:6. 26 Naamlik eerste en deur die Satan self.

27 Naamlik nie net vir haarself nie, maar ook vir haar man, vir wie sy tot die sonde en oortreding gebring het.

28 Naamlik, dat hoewel die baar van kinders met smart die vroue tot ’n straf opgelê is, dit nogtans hul saligheid nie sal verhinder nie, as hulle bly in die geloof, ens.

29 Naamlik die vroue. Die apostel spreek hier in die meervoud, om te toon dat hierdie troos alle gelowige vroue toekom. Sommige pas dit wel op die kinders toe, maar omdat die ouers nie die skuld van hul kinders dra, wanneer hulle deur hul eie skuld verlore gaan nie, Eség. 18:3, 4, so word dit noodsaaklik as die vroue verstaan.