Statevertaling – Bybelstigting

2 Korinthiërs 11

Die valse apostels.

1

AG, as julle my net ’n bietjie 1in my dwaasheid wou verdra! 2Verdra my tog maar!

2

Want ek is jaloers oor julle met ’n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man 3verbind, om ajulle as ’n reine maagd aan Christus voor te stel.

3

Maar ek vrees dat, net bsoos 4die slang Eva 5deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die 6opregtheid teenoor Christus.

4

cWant as iemand 7kom en 8’n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ’n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ’n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.

5

Want ek reken dat ek niks agterstaan 9by dié uitnemende apostels nie.

6

En al is ek ook 10onbedrewe in woord, dan tog nie in kennis nie; maar ons het ten volle in alle opsigte openbaar geword 11by julle.

7

Of het ek sonde gedoen deur my te 12verneder sodat julle verhoog kan word, omdat ek die evangelie van God dkosteloos aan julle 13verkondig het?

8

Ander gemeentes het ek 14beroof deur vergoeding te neem 15om julle te bedien; en toe ek by julle teenwoordig was en gebrek gehad het, ehet ek niemand 16lastig geval nie.

9

fWant in my gebrek het 17die broeders voorsien wat van Macedónië gekom het. En ek het my in alles in ag geneem om julle nie te beswaar nie, 18en ek sal my in ag neem.

10

19So seker as die waarheid van Christus in my is, sal hierdie roem in die streke van Acháje my nie 20ontneem word nie.

11

Waarom? Omdat ek julle 21nie liefhet nie? 22God weet dit.

12

Maar wat ek doen, sal ek nog doen om die aanleiding af te sny vir die wat ’n aanleiding wil hê, sodat hulle in die saak waar hulle op roem, 23net soos ons bevind mag word.

13

Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander 24in apostels van Christus.

14

En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom 25in ’n engel van die lig.

15

Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle 26einde sal wees volgens hulle werke.

Paulus se lyding vir die evangelie.

16

WEER sê ek dat niemand moet dink 27dat ek dwaas is nie; 28of anders, neem my maar aan as ’n dwaas, sodat ek ook ’n bietjie kan roem.

17

Wat ek spreek, sê ek 29nie vanweë die Here nie, maar as in dwaasheid, in hierdie 30vertroue dat ek mag roem.

18

gTerwyl baie 31na die vlees roem, sal ek ook roem.

19

Want julle verdra graag die dwase, 32omdat julle so verstandig is!

20

Julle verdra dit mos 33as iemand knegte van julle maak, as iemand julle opeet, as iemand julle beetneem, as iemand hom aanstel, as iemand julle 34in die gesig slaan.

21

35Tot my skande moet ek erken dat ons daarvoor 36te swak was; hmaar as iemand dit 37aandurf — ek spreek in dwaasheid — ek durf ook.

22

Is hulle Hebreërs? iEk ook. Is hulle Israeliete? Ek ook. Is hulle die nakomelinge van Abraham? Ek ook.

23

Is hulle dienaars van Christus? — ek praat in uitsinnigheid — k38ek nog meer: lin arbeid oorvloediger, in slae bo die maat, in gevangenskappe baie meer, in 39doodsgevare dikwels.

24

Vyf maal het ek van die Jode ontvang m40veertig houe op een na.

25

nDrie maal is ek 41met stokke geslaan, oeen maal is ek gestenig, pdrie maal het ek skipbreuk gely, ’n nag en ’n dag het ek op die diepwater deurgebring —

26

dikwels op reis, in gevare van riviere, in gevare van 42rowers, in gevare 43van my volk, in gevare 44van die heidene, in gevare 45in die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op see, in gevare onder valse broeders;

27

in arbeid en moeite, in slapelose nagte dikwels, in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid.

28

46Behalwe dit alles my daaglikse bekommernis, qdie sorg vir al die gemeentes.

29

r47Wie is swak en ek is nie 48swak nie? Aan wie word ’n struikelblok in die weg gelê en ek is nie aan die 49brand nie?

30

As daar geroem moet word, sal ek in 50my swakhede roem.

31

sDie God en Vader van onse Here Jesus Christus, geseënd tot in ewigheid, 51weet dat ek nie lieg nie.

32

In Damaskus het 52die goewerneur tvan koning Arétas die stad van die Damaskéners laat bewaak om my te vang;

33

en ek is in ’n mandjie deur ’n venster 53in die muur neergelaat en het aan sy hande ontkom.

1 Dit sê die apostel nie omdat hy dwaas wou optree nie, maar omdat hy sou doen soos die dwase soms doen, wat hulle eie lof graag besing het. Die apostel moes dit hier egter doen om die mond van die valse apostels te snoer, wat hulle bo Paulus verhef het, sodat hulle sy evangelie op hierdie wyse verdag sou maak en hulle eie evangelie sou aanprys, om by die mense van Korinthe ’n beter oor te kry.

2 Of: maar julle verdra my ook.

a Lev. 21:13. 3 Of: versier, toeberei, dit is, deur die verkondiging van die evangelie tot die geloof, en deur die geloof na Christus gebring, en as ’t ware aan Hom verloof waarop die geestelike huwelik moet volg. Sien Ps. 45:10. Eség. 16:8. Hos. 2:18. Ef. 5:23, ens.
b Gén. 3:4. Joh. 8:44. 4 Dit is, die Satan deur die slang.

5 Gr. in, dit is, onder die skyn van vriendskap en onder die skyn om vir haar meer eer en agting te wil bring.

6 Gr. eenvoudigheid. Dit is, sonder die opsmuk van menslike welsprekendheid of byvoeg van menslike wysheid, waarmee hierdie valse apostels stadig maar seker probeer het om hulle te verlei en van Christus af te lei.

c Gal. 1:8. 7 Sommige meen dat hy hiermee die belangrikste onder hulle bedoel; dit kan egter ook in die algemeen verstaan word as enige iemand.

8 Naamlik van wie julle die kragte en die vrugte meer sou ervaar as van die ware Jesus, wat ek aan julle verkondig het; en so ook in die volgende. Andersins vervloek die apostel selfs ’n engel uit die hemel wat anders sou preek, Gal. 1:8. Hy sê dit dan by wyse van toelating van ’n saak wat ewenwel nie kan bestaan nie, om hulle tot verdere nadenke te bring.

9 Sommige verstaan dat dit van die valse apostels gesê word, wat hulle voortrefliker voorgedoen het as die apostels self. Dit kan egter ook van die ware apostels verstaan word, wat onder die ander uitgemunt het, wie se gesag en navolging diegene in Korinthe valslik voorhou, waarom die apostel homself met hulle vergelyk. Sien dergelike in Gal. 2:6, 9.
10 Gr. idiotes. Sien oor hierdie woord 1 Kor. 14:16 se kanttekening. Naamlik soos diegene, wat roem op hul welsprekendheid en menslike wysheid, van my sê. Andersins gaan die eenvoudige styl van die apostel sowel in krag as in goddelikheid alle menslike welsprekendheid en geskrifte ver te bowe. Sien 1 Kor. 1:25; 2:4, 5.

11 Of: aan, in, onder, naamlik deur die kragte, gawes en werkinge, wat julle deur ons evangelie ontvang het.

d 1 Kor. 9:12. 12 Naamlik om my deur my eie handearbeid te onderhou, sonder om julle te belas, Hand. 18:3. Dit wil ook voorkom of hierdie valse apostels dit ook ten kwade van Paulus gesê het, asof hy hom daarmee veragtelik onder hulle gedra het, of die Korinthiërs nie genoeg geag het om sy onderhoud van hulle te wil ontvang nie; hy antwoord daarna beskeie op beide beskuldigings.

13 Gr. geëvangeliseer.

e Hand. 20:33. 2 Kor. 12:13. 1 Thess. 2:9. 2 Thess. 3:8. 14 Dit is, ek het van hulle ontvang wat julle verskuldig was om te gee.

15 Gr. tot julle bediening.

16 Die Griekse woord beteken eintlik om iemand so te druk dat hy gevoel verloor, soos ’n ledemaat wat slaap of verdoof is. Ander vertaal dit: ledig wees tot iemand se nadeel. Sien oor dieselfde woord 2 Kor. 12:13, 14.

f Filip. 4:15. 17 Naamlik wat mededienaars van Paulus was, 2 Kor. 8:16, 18; 9:3. Sien ook Filip. 4:15.

18 Naamlik ook voortaan so, soos die volgende woorde verklaar.

19 Dit is, so waaragtig as die waarheid van Christus in my is. ’n Manier van eedswering. Sien Rom. 9:1.

20 Gr. gestop, toegestop of afgesper, soos ’n pad met ’n heining of hek toegemaak word, dit is, verhinder, ontneem of gestop word. Die rede waarom Paulus dit in Acháje (waarvan Korinthe die hoofstad was) nie anders wou doen nie, word in vers 12 verklaar.

21 Naamlik asof ek julle daardeur verag het, soos hierdie mense julle wil wysmaak.

22 Naamlik dat ek julle liefhet.

23 Sommige verstaan dit so, asof hierdie valse apostels ook die gemeentes kosteloos bedien het, net soos Paulus; maar dit is in stryd met dit wat in vers 20 van hulle gesê word. Die mening is dan dat Paulus daarom ook sonder vergoeding in die gemeentes van Acháje wou dien, sodat, indien hy sy handelwyse sou verander en vergoeding van hulle ontvang, hierdie mense nie sou roem dat hulle daarin gedoen het soos Paulus en die wat saam met hom was nie, wat wel in die begin skynbaar kosteloos gedien het, toe hulle nog onbekend en gering was onder hulle, maar toe hulle vrymoediger en meer in aansien geword het, ook hulle vergoeding geneem het, net soos die valse apostels; tot watter roem Paulus hulle geen geleentheid wou gee nie.
24 Dit is, deur die skyn en gedaante van apostels van Christus aan te neem, asof hulle hul wou navolg.
25 Dit is, in die gedaante van ’n heilige engel, wat by God woon in die ewige lig; daarteenoor word die ryk van die Satan ’n ryk van die duisternis genoem, en sy woonplek duisternis, Kol. 1:13. 2 Petr. 2:4. Jud. vers 6.
26 Dit is, die uiteindelike vergelding of beloning. Sien Matt. 25:41. So word hierdie woord ook verstaan in 1 Petr. 1:9.
27 Naamlik as ek my vergelyk met hierdie mense, omdat hulle met hulle roem my daartoe dwing.

28 Dit is, indien julle van oordeel is dat ek hierin nie wys optree nie, luister ten minste na my in my dwaasheid, soos julle na die ander luister. ’n Uitdrukking by wyse van toelating.

29 Dit is, nie soos die Here waardig is, of sy dienaars nie, naamlik indien julle slegs op die uitwendige woorde let, en nie op die doel of einde waarom ek dit doen nie, naamlik om my apostelskap onder julle teen hierdie grootpraters te verdedig, wat ek deur die Here ook verplig is om te doen.

30 Of: selfstandigheid van die roem, vrymoedigheid. Sien 2 Kor. 9:4.

g 2 Kor. 10:13; 12:5, 6. 31 Dit is, oor sake wat die uitwendige staat van die mens betref.
32 Dit is, dink dat julle verstandig is. ’n Manier van spreek wanneer ’n mens die een ding sê en die teendeel bedoel, tot teregwysing en verbetering van sulke mense.
33 Dit sê die apostel, soos ook in dit wat volg, oor die valse apostels, wat hoog gespreek het en hulle as meesters onder hulle gedra, met groot gevolg en prag; en intussen het hulle die gemeente verag en uitgemergel.

34 Dit is, die meeste oneer, smaadheid en veragting aandoen. Dit is as beeldspraak bedoel.

h Filip. 3:4. 35 Gr. Ek sê volgens skande. Of: Ter wille van skande.

36 Dit is, dat ons veragtelik onder julle was, wat hulle ook oor ons tot skande sê. Ander vertaal dit: asof ons te swak was. Dit is, asof dit waar was, soos hierdie mense sê, dat ons swak en veragtelik onder julle was.

37 Dit is, vermetel handel of spreek.

i Hand. 22:3.
k 1 Kor. 15:10.

l Hand. 9:16; 21:11. 2 Kor. 6:4.

38 Dit is, ek het in die diens van Christus meer gedoen, gely en verduur as hulle; wat hy met die volgende voorbeelde bewys.

39 Gr. dode, dit is, opmerklike doodsgevare. Sien dergelike manier van spreek in 1 Kor. 15:31. 2 Kor. 1:10.

m Deut. 25:3. 40 Paulus verwys hier na die wet, Deut. 25:3, waar gebied word dat die regters nie meer as veertig slae as straf sou laat gee nie; sodat die Jode hierdie getal nie sou oorskry nie, het hulle een minder gegee.
n Hand. 16:22.

o Hand. 14:19.

p Hand. 27:9, 41.

41 Of: met swepe gegésel, naamlik deur die heidense owerhede, bo en behalwe die vyf maal wat ek deur die Jode so geslaan was, waarvan hy in die voorgaande vers gespreek het.
42 Of: moordenaars.

43 Gr. uit my geslag, naamlik van die Jode, soos uit die teëstelling van die heidene blyk.

44 Gr. uit.

45 Dit is, in die stede; tensy ’n mens die stad Jerusalem hierdeur verstaan, wat as gevolg van haar uitnemendheid hier so genoem kan word.

q Hand. 20:18. 46 Dit is, behalwe dit wat diegene wat buite die gemeente is my aandoen. Of: wat my uitwendige mens aangedoen word.
r 1 Kor. 8:13. 47 Of: Wie word beangs, of verdriet aangedoen?

48 Hy spreek hier nie van swakheid in die gemoed of geloof nie, omdat hy hulle almal moes vertroos en versterk, maar van die angs en medelye wat hy met hulle gehad het.

49 Naamlik met ’n brandende ywer vir die eer van God en die saligheid van diegene wat ’n struikelblok in die weg gelê word.

50 Dit is, my teëspoede en benoudhede, naamlik omdat ek daardeur tot die ervaring en bevinding van God se genade, wat my meer en meer daarin versterk, gebring word.
s Rom. 1:9; 9:1. 2 Kor. 1:23. Gal. 1:20. Filip. 1:8. 1 Thess. 2:5. 51 ’n Wyse van eedswering of aanroeping van God as getuie van dit wat hy sê; soos in 2 Kor. 1:23.
t Hand. 9:24. 52 Gr. die owerste van die volk, naamlik wat deur die Jode teen my opgehits is. Sien Hand. 9:24, 25.
53 Of: deur.