Statevertaling – Bybelstigting

2 Korinthiërs 13

1

DIT is 1die derde keer dat ek na julle toe kom. aIn die mond van twee 2of drie getuies sal 3elke woord vasstaan.

2

Ek het dit vroeër gesê, en ek sê dit vooruit soos toe ek die tweede keer aanwesig was, en ek skrywe dit nou in my afwesigheid aan die 4wat vroeër gesondig het en aan al 5die ander, dat as ek weer kom, ek 6nie sal spaar nie,

3

aangesien julle ’n bewys 7soek van Christus wat 8in my spreek, en Hy is teenoor julle 9nie swak nie, maar kragtig onder julle.

4

Want al 10is Hy gekruisig uit swakheid, 11lewe Hy tog 12uit die krag van God. Want 13ons is ook swak 14in Hom, maar ons 15sal saam met Hom vir julle lewe deur die krag van God.

5

b16Ondersoek julself of julle in die geloof is; 17stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie — as julle ten minste nie 18verwerplik is nie!

6

Maar ek hoop 19dat julle sal insien dat ons 20nie verwerplik is nie.

7

Ek bid God dat julle geen kwaad mag doen nie — 21nie dat ons 22beproef mag 23blyk nie, maar dat julle kan doen wat goed is, en ons 24as verwerplikes kan wees.

8

Want ons kan niks doen teen die waarheid nie, maar wel 25vír die waarheid.

9

Want ons is bly as ons 26swak is en julle 27sterk. En hierom bid ons ook, naamlik om julle 28volmaking.

10

Daarom skryf ek dit in my afwesigheid om nie, as ek teenwoordig is, 29strengheid te gebruik nie, volgens die gesag cwat die Here my gegee het om op te bou en nie 30om af te breek nie.

11

Verder, broeders, wees bly; word 31volmaak; laat julle vermaan; dwees eensgesind; ehou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.

12

fGroet mekaar 32met ’n heilige kus. Al die heiliges groet julle.

13

33Die genade van die Here Jesus Christus en 34die liefde van God en 35die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.

a Núm. 35:30. Deut. 17:6; 19:15. Matt. 18:16. Joh. 8:17. Hebr. 10:28. 1 Die mening is dat hy dit sê, nie omdat hy drie keer in Korinthe was nie, maar terwyl hy vantevore een keer daar was, Handelinge 18, daarna twee keer voorgeneem en belowe het om te kom; een keer in die eerste brief, 1 Kor. 16:5, en nou weer hier.

2 Gr. en.

3 Dit is, elke saak of waarheid bevestig word.

4 Naamlik waarvan hy in die voorgaande brief geskryf het, en wat hulle nie bekeer het nie.

5 Naamlik wat hulle voorbeeld hierna gevolg het.

6 Naamlik in die daadwerklike uitvoering van die straf waarmee gedreig is, of geestelike tug en ban.

7 Dit is, skynbaar soek. Want daar word gesê dat sulkes wat gewaarsku is, maar hulle nie bekeer nie, God se straf soek.

8 Of: deur my.

9 Naamlik in die doen van kragtige tekens en gawes van die Gees, kennis van tale en ander dergelike dinge.

10 Dit is, het Hy Hom soos ’n swak mens laat kruisig, en tot die dood oorgegee vir ons, terwyl Hy nogtans ook in die gestalte van God was, Filip. 2:6, 7.

11 Dit is, het opgestaan en is verhoog in heerlikheid.

12 Dit is, uit die krag van sy goddelike natuur, wat toe geopenbaar is, hoewel dit tevore verborge was, Joh. 2:19; 10:18. Want dat Paulus hier spreek van die goddelike krag wat in Christus is, blyk hieruit, dat hy hulle dreig met hierdie krag, wat Christus deur hom teen die weerspanniges sal betoon, waarvan hy sê dat dit dieselfde krag is waardeur Christus Homself uit die dode opgewek het. Sien Rom. 1:4. 1 Petr. 3:18.

13 Dit is, ons gedra ons asof ons maar net swak, veragtelike mense is.

14 Dit is, as sy lede, en aan Hom daarin gelykvormig.

15 Of: sal saam met Hom lewe deur die krag van God vir julle. Dit is, volgens die voorbeeld van Christus sal ons aan julle toon dat die krag van Christus in ons leef, en dit teen die ongehoorsames deur Christus se straffende hand sal openbaar.

b 1 Kor. 11:28. 16 Naamlik om met sekerheid in julle gemoed oortuig te word van die waarheid van my apostelskap; want deur dit te doen sal julle vind dat julle die ware geloof in Christus het, en dat Christus deur sy Gees in julle leef, wat julle deur my evangelie verkry het.

17 Naamlik aan die ware bewyse en kentekens van die ware geloof en van die ware vereniging met Christus.

18 Of: verworpe is nie, dit is, mense is wat die proef nie sou kon deurstaan nie. Die woorde ten minste vertaal sommige met enigsins, wat dan hierdie dreigement van die apostel versag, asof hy sê: Indien julle dit nie so bevind nie, is julle in gevaar om verwerplik of verworpe te wees. Want wie opreg in Christus glo, is wel verseker dat hy uitverkore is, Joh. 6:37; 8:47. Rom. 8:30, ens., maar wie die verkondiging van die evangelie nie deur ’n ware geloof aanneem nie, en die aangebode genade versuim of verag, is wel in gevaar om ’n verworpe mens te wees, maar ’n mens moet oor hom nie wanhoop solank hy leef nie; omdat die Here die mense ook soms ter elfder ure roep, Matt. 20:6, 9, en ook in die laaste oomblik van hulle lewe, soos die moordenaar aan die kruis, Luk. 23:40, ens. Hebr. 3:7, 13. Ander verstaan die woord verwerplik as onbekwaam tot die geloof; alle mense is egter van nature daartoe onbekwaam, totdat hulle deur God se Gees bekwaam gemaak word, 2 Kor. 3:5. En daarom kan dit hier nie so verstaan word nie.

19 Naamlik indien julle julleself reg ondersoek.

20 Dit is, verwerplike of veragtelike apostels, soos hierdie mense van ons sê.

21 Dit is, nie soseer nie.

22 Dit is, getrou en opreg; as getroue apostels gesien en geken mag word.

23 Gr. openbaar word, of: skyn.

24 Naamlik voor die oë en volgens die agting van die mense, aangesien ons in dié geval geen tekens van ons geestelike mag in die straf van die sondes hoef te gee nie.

25 Dit is, tot handhawing en versterking van die waarheid; waaronder hy hier ook die opregtheid van die lewenswandel verstaan.
26 Dit is, in verdrukking en veragting, soos meermale tevore.

27 Naamlik in die gawes en genade van God.

28 Of: herstelling, oprigting, heropbouing.

c 2 Kor. 10:8. 29 Of: hardhandig.

30 Dit is, nie om iemand deur hierdie straffende hand af te breek, neer te slaan, of van die liggaam van die gemeente af te skeur nie; maar om hom daardeur weer op te rig, en weer met Christus en sy gemeente te versoen en te verenig. Sien 1 Kor. 5:5.

d Rom. 12:16; 15:5. 1 Kor. 1:10. Filip. 2:2. 1 Petr. 3:8.

e Rom. 12:18. Hebr. 12:14.

31 Of: weer opgerig, heropgebou, naamlik tot vereniging met mekaar.
f Rom. 16:16. 1 Kor. 16:20. 1 Thess. 5:26. 1 Petr. 5:14. 32 Naamlik volgens die gewoonte van die Midde-Oosterse lande, waar dit ’n teken van eensgesindheid was en van eer wat hulle mekaar aangedoen het. Sien Gén. 41:40. Ps. 2:12.
33 Naamlik waardeur Hy ons met God versoen het, Rom. 5:10.

34 Naamlik waarmee Hy ons in Christus Jesus liefhet, en as sy kinders aanneem en bewaar, Rom. 8:39.

35 Naamlik waardeur ons in hierdie genade en liefde meer en meer versterk, en daarvan verseker word, Rom. 8:15. Sodat hier ’n duidelike getuienis is van die Heilige Drie-eenheid; hoewel die orde van die persone hier nie gestel word soos in Matt. 28:19 nie.

Einde van die tweede brief van PAULUS aan die Korinthiërs.