Statevertaling – Bybelstigting
BEGINa 1ons weer om onsself 2aan te beveel? Of het ons miskien, soos sommige, 3aanbevelingsbriewe nodig aan julle of van julle?
4Julle is ons brief, 5geskrywe in ons harte, geken en gelees 6deur alle mense;
omdat julle duidelik ’n brief van Christus is 7deur ons diens berei, geskrywe nie 8met ink nie, maar met die Gees 9van die lewende God; b10nie op kliptafels nie, cmaar 11op die vleestafels van die hart.
12So ’n vertroue het ons deur Christus by God.
Nie dat ons 13uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself 14te bedink nie, maar dons bekwaamheid is uit God,
wat ons ook bekwaam gemaak het as edienaars fvan ’n 15nuwe testament, nie 16van die letter nie, maar 17van die gees; want die letter maak 18dood, maar die gees 19maak lewend.
En as die bediening van die dood, met letters gop klippe gegraveer, in heerlikheid was, hsodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë 20die heerlikheid van sy aangesig, 21wat tog moes vergaan,
hoeveel te meer sal die bediening van 22die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?
Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening 23wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid.
Want wat 24verheerlik was, is ook in hierdie geval nie verheerlik nie, 25vanweë die alles oortreffende heerlikheid.
Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is 26wat moet bly, in heerlikheid.
Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie 27vrymoedigheid;
nie soos iMoses nie, wat ’n bedekking oor sy aangesig gesit het, 28sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig k29op die einde van wat moes vergaan nie.
lMaar hulle sinne is 30verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament 31dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, 32die bedekking wat in Christus vernietig word.
Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ’n bedekking oor hulle hart;
mmaar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.
n33Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, 34daar is vryheid.
oEn terwyl 35ons almal 36met onbedekte gesig soos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, 37as deur die Here wat die Gees is.
| a 2 Kor. 5:12; 10:8. | 1 Die apostel spreek hier in die meervoud, omdat hierdie brief nie net in sy naam nie, maar ook in die naam van Timótheüs geskryf is. Sien 2 Kor. 1:1.
2 Gr. aan te prys. 3 Dit is, om ons en ons diens by julle en ander aanvaarbaar te maak. |
| 4 Dit is, julle bekering en ander besondere gawes, wat onder julle deur ons bediening teweeggebring is, is getuies van die waardigheid van ons diens, sowel by julle as by ander, soos in die volgende vers breedvoeriger verklaar word.
5 Die apostel sê dit vanweë die liefde, wat hy saam met Timótheüs en Silvánus vir hulle gehad het en die agting waarin hulle by hul was. 6 Naamlik wat julle bekering en gawes opmerk en verstaan. |
| b Ex. 24:12; 34:1.
c Jer. 31:33. Eség. 11:19; 36:26. Hebr. 8:10. |
7 Gr. deur ons bedien is.
8 Naamlik soos ’n mens gewoonlik ander briewe skryf. 9 Dit is, wat nie net self die lewe het nie, maar dit ook meedeel aan diegene in wie Hy deur sy Gees werk en sy wette inskryf, Jer. 31:33. Hebr. 8:10. 10 Paulus verwys hier na die skryf van die wet van God op die twee tafels van die verbond, Ex. 24:12. Hierdie uiterlike inskrywing kon nie die harte van die verdorwe mense bekeer nie. Sien Rom. 8:3. Gal. 3:21. 11 Hierdeur word nie verstaan dit wat vlees of vleeslik is, wat dikwels in God se Woord verdorwe genoem word nie, maar dit word hier verstaan as harte wat deur God se Gees bekwaam gemaak en vernuwe word om die woord van die evangelie met die geloof aan te neem, soos in Eség. 36:26, en soos die goeie grond, waarvan Christus spreek in Matt. 13:23, waarom die apostel ook in Grieks sarkinais sê, nie sarkikais nie. |
| 12 Naamlik van die krag en van die vrugte van ons bediening onder julle. |
| d Filip. 2:13. | 13 Dit is, deur ons eie wysheid of natuurlike skerpsinnigheid.
14 Of: te oordink, naamlik wat bekwaam sou wees om die harte van die mense te bekeer, of om ons en ander tot die saligheid te bring. Sien Joh. 15:4, 5. Filip. 2:13. |
| e 2 Kor. 5:18.
f Hebr. 8:6, 8. |
15 Of: verbond. So word die genadeverbond genoem, waarin God aan sy volk die vergewing van sondes en die regverdigheid deur die geloof in Christus belowe, en daarmee saam ook die vernuwing deur die Heilige Gees, wie se krag hom in die verkondiging van die evangelie in die harte van die uitverkorenes openbaar, soos beloof word in Jer. 31:31. Eség. 36:25, waarom die evangelie ook ’n bediening van die Gees, en van die lewe, verse 6, 8, en ’n bediening wat regverdig maak, vers 9, genoem word.
16 Dit is, van die verbond van die wet, wat letter genoem word, omdat die wet slegs met letters op kliptafels geskryf is, soos in die volgende vers verklaar word. 17 Dit is, van die leer en verkondiging van die evangelie, waardeur die Heilige Gees die geloof in ons werk. Sien Hand. 16:14. Gal. 3:2, 3, ens. 18 Naamlik omdat die wet, hoewel dit die weg tot die lewe aanwys, nie aan die verdorwe mens die krag gee om dit te onderhou nie, ook nie beloftes het om die oortreder se sondes te vergewe nie, maar elkeen vervloek wat nie bly in alles wat daarin geskryf is nie, Gal. 3:10, en oortuig ons van ons oortreding, en gevolglik dat ons die dood, waarmee die oortreders gedreig word, werd is en daaraan onderworpe is, Rom. 7:7, ens. Waarom dit ook ’n bediening wat veroordeel genoem word, vers 9. Sien meer hieroor in Rom. 8:2-4; 10:3-5. Gal. 3:5, ens.; 4:21, ens. Hebr. 8:6, ens., waar die apostel die onderskeid tussen hierdie twee verbonde nader verklaar. 19 Dit is, die evangelie wys nie net die weg tot die lewe en die saligheid, deur die geloof in Jesus Christus, aan nie, maar is ook vergesel van die krag van die Heilige Gees, waardeur die geloof in die uitverkorenes gewerk en bewaar word, en hulle uit die dood van die sondes opgewek en lewend gemaak word. |
| g Ex. 24:12; 34:1. Deut. 10:1.
h Ex. 34:30. |
20 Naamlik die heerlikheid van die aangesig van Moses, wat, soos dit vergaan het, ook ’n voorbeeld was dat die wet wat deur hom gegee is, ook opgehef sou word. Sien die geskiedenis hiervan in Ex. 34:30 en vervolgens, wat die apostel aantoon as ’n voorbeeld van die leer van Moses, wat in skaduwees en regverdigmakinge van die wet bestaan.
21 Die apostel sê dit van die wet van Moses, nie net ten opsigte van die seremonies, wat slegs tot Christus se koms sou duur nie, maar ook ten opsigte van die wet van die tien gebooie, aangaande die vloek, waarmee dit die oortreders dreig, en die regverdigmaking wat aan die daders van die wet beloof word; welke in albei dele deur Christus se dood en gehoorsaamheid moes vergaan. Sien vers 11. |
| 22 Sien verse 6, 9. |
| 23 Dit is, van die regverdigmaking, wat in alle opsigte teenoor veroordeling gestel word. Sien Rom. 8:33, 34. |
| 24 Dit is, die wet, wat op sigself beskou ’n besondere heerlikheid het, en met heerlikheid aan die volk Israel gegee is.
25 Dit is, vergeleke met die alles oortreffende heerlikheid van die woord van die evangelie en sy krag in ons harte. |
| 26 Naamlik die evangelie, wat sal bly, sonder om aan verandering onderworpe te wees, totdat Christus sal kom om te oordeel, Matt. 28:19, 20. 1 Kor. 11:26. Openb. 2:25. |
| 27 Naamlik saam met duidelikheid, soos die Griekse woord ook gebruik word in Mark. 8:32. Joh. 10:24; 16:29. |
| i Ex. 34:35.
k Rom. 10:4. |
28 Met hierdie woorde word ten diepste nie Moses se bedoeling met die bedekking van sy aangesig verklaar nie, waarvan te lees is in Ex. 34:33, maar die oogmerk van God se voorsienigheid, wat dit tot so ’n doel bestier en hier laat verklaar het.
29 Dit is, die diepste motief, of die doel en oogmerk van die wet en van die seremonies, wat hulle oogmerk op Christus en sy regverdigheid gehad het, want die hele wet was ’n leidsman na Christus toe, Gal. 3:24. Die meeste van die Jode het dit nie verstaan nie, maar wou hul regverdigheid buite Christus soek, deur die gehoorsaamheid aan die wet, sowel die sedelike as die seremoniële. Dit is die bedekking waarvan die apostel spreek. |
| l Jes. 6:10. Eség. 12:2. Matt. 13:11. Hand. 28:26. Rom. 11:8. | 30 Naamlik deur ’n regverdige oordeel van God ten opsigte van hulle gevoel oor die wet van Moses.
31 Dit is, dieselfde verkeerde verstaan, dat die wet aan hulle gegee was om daardeur geregverdig en geheilig te word. Sien Rom. 10:3. 32 Naamlik, wat vernietig word deur die kennis en die Gees van Christus, wanneer hulle tot Christus bekeer sal wees, soos in vers 16 verklaar word. Want dan word hulle, soos ook ons, tot die regte verstaan van die wet gebring, en in hul harte oortuig dat die wet nie vir hierdie doel gegee is nie, maar dat hulle die regverdigheid buite die wet in Christus deur die geloof moet soek. Sien Rom. 10:4. Gal. 3:21, ens. |
| m Matt. 13:11. Rom. 11:23. 1 Kor. 2:10. |
| n Joh. 4:24. | 33 Dit is, Jesus Christus is die lewendmakende Gees, wat deur die krag van sy Heilige Gees en deur die verkondiging van die heilige evangelie die bedekking wegneem en die harte kragtig tot God bekeer. Of: Die Heilige Gees is die Here, deur wie ons bekeer en in vryheid gestel word, omdat Hy deur sy goddelike krag en deur die leer van die evangelie, wat die bediening van die Gees is, vers 8, die dinge in ons bewerk, en daartoe deur die Here Christus gestuur word, waarom Hy ook die Gees van die Here genoem word, verse 17, 18. Of: Christus is die geestelike wese en soos die siel van die seremonies van die wet; soos die woord Gees ook gebruik word, Joh. 6:63. Of: Die Here wat ons harte tot Christus bekeer en die bedekking wegneem, is die Heilige Gees. Of: Die leer van die evangelie van die Here Christus is die gees, wat teenoor die letter gestel word, vers 6.
34 Naamlik van die bedekking van onwetendheid, van die juk van die wet en die slawerny van die sonde en van die dood, Rom. 8:15, 16. Gal. 4:7. |
| o 1 Kor. 13:12. 2 Kor. 5:7. | 35 Naamlik wat hierdie Gees van die Here ontvang het.
36 Hier verwys die apostel weer na die voorbeeld van Moses, wat die bedekking voor sy gesig weggeneem het, as hy voor die Here self verskyn het, en as gevolg van hierdie aanskouing van God in sy gesig verheerlik was; só, sê hy, het ons ook ’n vrymoedige toegang tot God deur die evangelie, wat soos ’n helder spieël is waarin God se heerlike aangesig deur ons gesien word, en ons na hierdie beeld van God meer en meer in ons gemoed vernuwe en verheerlik word. 37 Gr. as van die Here van die Gees, naamlik een in wese met die Vader en met die Seun. Of: Gees van die Here. |