Statevertaling – Bybelstigting

2 Korinthiërs 7

1

TERWYL ons dan 1hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling 2van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God 3volbring.

Paulus is bly oor die koms van Titus en oor die goeie gevolg wat sy eerste brief gehad het.

2

4MAAK vir ons ruimte in julle harte. Ons het niemand 5onreg aangedoen nie, ons het niemand 6benadeel nie, ons het op niemand 7voordeel behaal nie.

3

Ek sê dit nie om te 8veroordeel nie, want ek het avantevore gesê dat julle in ons harte is 9om saam te sterwe en saam te lewe.

4

Ek het groot vrymoedigheid teenoor julle; my roem oor julle is groot; ek is vervul met troos; bek loop oor van blydskap in al ons verdrukking.

5

Want ook toe ons in Macedónië gekom het, het 10ons vlees geen rus gehad nie, cmaar ons is op allerhande maniere verdruk; van buite was daar 11aanvegtinge, van binne 12verskrikkinge.

6

dMaar Hy wat die nederige troos, naamlik God, het ons getroos 13deur die koms van Titus;

7

en nie deur sy koms alleen nie, maar ook deur die troos waarmee hy oor julle getroos is, deurdat hy aan ons berig gebring het van 14julle verlange, 15julle verdriet, 16julle ywer vir my, sodat ek my nog meer verbly het.

8

Want, al het ek julle ook 17deur die brief bedroef gemaak, is ek nie jammer nie, al was ek ook 18jammer. Want ek sien dat daardie brief, al was dit vir ’n kort tydjie, julle bedroef gemaak het.

9

Nou is ek bly, nie omdat julle bedroef was nie, maar omdat julle bedroef was tot bekering, want julle was bedroef volgens die wil van God, 19sodat julle deur ons in niks skade gely het nie.

10

eWant die droefheid 20volgens die wil van God werk ’n onberoulike bekering tot redding, maar 21die droefheid van die wêreld werk die dood.

11

Want kyk, juis dit, dat julle bedroef geword het volgens die wil van God — wat ’n groot 22ywer het dit in julle gewerk, ja, 23verantwoording, 24verontwaardiging, 25vrees, 26verlange, 27ywer, 28bestraffing. In alles het julle bewys dat julle in die 29saak 30rein is.

12

Al het ek ook aan julle geskrywe, 31dan was dit nie ter wille van hom 32wat onreg gedoen het nie, of ter wille van hom 33wat onreg gely het nie, maar dat 34ons ywer 35vir julle aan julle duidelik kan word voor God.

13

Daarom is ons getroos oor julle vertroosting en het veral bly geword oor die blydskap van Titus, omdat sy gees 36deur julle almal verkwik is.

14

Want as ek iets by hom oor julle geroem het, is ek nie beskaam nie; maar soos ons alles met waarheid tot julle gespreek het, so het ook ons roem by Titus 37waarheid geword.

15

En sy 38hart is julle veral toegeneë as hy hom die gehoorsaamheid van julle almal herinner, hoe julle hom met vrees en bewing ontvang het.

16

Ek verbly my dus dat ek my in alle opsigte op julle kan 39verlaat.

1 Naamlik waarvan in die einde van die voorgaande hoofstuk gespreek is.

2 Dit is, van die liggaam en van die siel; soos hoerery, afgodery, ens., beide liggaam en siel besmet. Sien 1 Kor. 6:20.

3 Dit is, meer en meer volbring deur die vrugte van die heiligmaking voort te bring. Sien Joh. 15:1, 2.

4 Naamlik, soos ons vir julle doen in ons hart. Sien 2 Kor. 6:11-13. Of: maak ruimte vir ons vermaning.

5 Naamlik deur magsug oor julle.

6 Of: verderf. Naamlik deur valse leringe of slegte voorbeelde.

7 Naamlik deur vleiery, om uit julle voordeel te trek. Sien oor die eienskap van hierdie woord 2 Kor. 2:10 en die kanttekening. Dit is die drie foute waarmee hy tegelykertyd die valse apostels beskryf.

a 2 Kor. 6:11-13. 8 Naamlik asof julle ondankbaar of ontrou teenoor my was nie; of asof ek my teenoor julle bekla nie; maar (wil hy sê) om die valse apostels, wat my by julle verdag probeer maak, se mond te snoer, en om my sorg oor julle te bewys, soos in vers 12 verklaar word.

9 ’n Manier van spreek waardeur die hoogste liefde en guns teenoor iemand uitgedruk word, naamlik dat hy bereid is om saam met hom te sterwe en te lewe.

b Matt. 5:12. Hand. 5:41. Filip. 2:17. Kol. 1:24.
c Hand. 16:19, 23. 10 Dit is, ons liggaam. Nie dat die siel nie saam deel het aan die verdrukkinge nie, maar omdat die vervolginge meestal die uitwendige mens aangedoen word, en God intussen die gees dikwels verkwik en vertroos.

11 Naamlik wat ons aangedoen was deur die heidene en Jode, wat buite die gemeente was.

12 Naamlik deur die sorg wat ons gehad het vanweë die swarighede wat binne die gemeente ontstaan het, 2 Kor. 11:28, 29. Sien dergelike spreekwyse in 1 Kor. 5:12.

d 2 Kor. 1:4. 13 Naamlik wat ons teen die vervolging van buite deur sy teenwoordigheid versterk het, en oor die toestand van julle gemeente van binne en oor julle geneentheid tot ons beter onderrig het, soos die volgende vers verklaar.
14 Naamlik van my koms na julle.

15 Naamlik oor my verdrukkinge en verdriet.

16 Naamlik teen die ongehoorsames; en ook in die aanneem van die bestraffinge en vermaninge, wat ek in die voorgaande brief aan julle gedoen het; waaroor hy in die volgende verse breedvoeriger handel.

17 Naamlik deur my ernstige skrywe en bestraffing aangaande die verdraagsaamheid van die een wat bloedskande gepleeg het en ander tekortkominge onder julle. Sien 1 Korinthiërs 5, en verder.

18 Dit is, met smart gevul, dat ek so streng moes skryf; soos dit ’n vader smart aandoen wanneer hy sy kinders swaar moet straf, hoewel hy dit met reg en tot hul voordeel doen.

19 Of: met die bedoeling dat julle deur ons in niks skade sou ly nie.
e 2 Sam. 12:13. Matt. 26:75. Luk. 18:13. 20 Dit is, wat van God af kom, wat vir God aangenaam is, en die sondaar na God toe bring; wanneer naamlik die hart van die sondaar opreg bedroef is dat hy God sy Vader deur sy sonde vertoorn het, met ’n vertroue op die vergewing daarvan deur Christus Jesus, gepaardgaande met ’n vaste voorneme om van die sonde af weg te vlug; soos die voorbeelde van Dawid, die verlore seun, die sondares, Petrus en ander uitwys.

21 Dit is, wat in wêreldse mense is, oor die verlies van wêreldse dinge, of wat slegs uit vrees vir God se straf veroorsaak word, waarop verharding in die sonde, wanhoop en eindelik die verdoemenis self volg, soos in Kain, Agitófel, Agab, Judas en dergelike te sien is.

22 Of: sorgvuldigheid en bekommering oor die sonde wat begaan is, om dit reg te stel.

23 Of: verontskuldiging; naamlik dat sulke dinge nie gebeur het uit moedswil of toestemming van die sonde wat begaan was nie.

24 Of: beswaardheid oor hierdie sonde, hartseer, verkwaliking.

25 Naamlik vir die goddelike en kerklike straf oor die sonde, indien dit nie reggestel word nie.

26 Dit is, gewilligheid en besondere begeerte om dit reg te stel.

27 Naamlik in die volbringing van dit wat die apostel hulle beveel het tot wegneming van hierdie ergernis.

28 Dit kan verstaan word as die kerklike straf oor hierdie sonde, of ook as die berou wat hulle hieroor bewys het, wat soos ’n bestraffing oor hulle was, dat hulle tevore so nalatig hierin was.

29 Of: optrede, daad.

30 Naamlik nie van alle foute nie, want nalatigheid is ook ’n fout, maar van enige vreugde daarin te hê of moedswillig daarin te gehandel het.

31 Naamlik soseer of vernaamlik. ’n Spreekwyse soos in 1 Kor. 9:9, 10.

32 Dit is, van die persoon wat die bloedskande gepleeg het. Of: van diegene wat hulle broeders voor ongelowige regters gesleep of onreg aangedoen het.

33 Hierdeur verstaan sommige die vader van die persoon wat die bloedskande gepleeg het. Ander verstaan dit as die persone wat onreg aangedoen was voor die regbank van die ongelowige owerhede, waarvan hy geskryf het, 1 Kor. 6:1, ens.

34 Dit is, ons sorg vir die welstand en goeie naam van die hele gemeente. Ander lees: julle ywer vir ons.

35 Of: aan julle, dit is, wat tot julle diens aangewend is.

36 Naamlik siende hoe gewillig julle was om my vermaninge en sy persoon aan te neem en hom alle guns te bewys.
37 Dit is, waaragtig bevind.
38 Gr. ingewande, dit is, geneentheid en liefde. ’n Hebreeuse spreekwyse.
39 Gr. vertrou.