Statevertaling – Bybelstigting
Die insameling vir die arm Christene van Judéa.
EN ons maak julle bekend, broeders, 1die genade van God wat 2aan die gemeentes van Macedónië geskenk is,
dat onder baie beproewing deur verdrukking hulle 3oorvloedige blydskap by 4hulle diepe armoede oorvloedig was in hulle 5ryke 6milddadigheid.
Want hulle was na vermoë — ek betuig dit — ja, bo vermoë gewillig,
aen het ons met groot 7aandrang gesmeek dat ons hulle 8gawe en 9hulle deel in die diensbetoning aan 10die heiliges moet 11ontvang;
en het 12nie alleen gedoen soos ons verwag het nie, maar 13het hulself eers aan die Here gegee, en toe aan ons deur die wil van God,
sodat ons Titus versoek het dat hy, net soos hy tevore 14begin het, so ook by julle nog 15hierdie liefdedaad 16moet volbring.
Maar soos julle in alles oorvloedig is — in geloof en woord en kennis en alle ywer en in julle liefde vir ons — sorg dat julle ook in hierdie liefdedaad oorvloedig is.
Ek sê dit nie 17as ’n bevel nie, maar om 18deur die ywer van ander ook die egtheid van julle liefde op die proef te stel.
Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, bdat Hy, 19alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle 20arm geword het, sodat julle deur sy armoede 21ryk kan word.
En ek gee in hierdie saak my oordeel, want dit is voordelig vir julle, omdat julle alreeds ’n jaar gelede begin het, nie alleen om te doen nie, maar ook 22om te wil.
Maar voltooi nou die daad ook, sodat, net soos die bereidheid om te wil daar was, so ook die voltooiing kan wees 23uit wat julle besit.
cWant as die bereidwilligheid daar is, dis dit 24welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie.
Want ek bedoel nie dat daar vir ander verligting moet wees en vir julle 25verdrukking nie,
maar dat volgens gelykheid julle oorvloed in hierdie tyd hulle gebrek kan aanvul, 26sodat ook hulle oorvloed julle gebrek kan aanvul en 27daar gelykheid kan wees.
Soos 28geskrywe is: eHy wat baie gehad het, het nie te veel gehad nie; en hy wat weinig gehad het, het nie te min gehad nie.
Maar God sy dank, wat 29dieselfde ywer vir julle in die hart van Titus gegee het;
want hy het my aansporing wel ontvang, maar omdat hy baie ywerig was, het hy uit eie beweging na julle toe 30vertrek.
En ons het ook met hom 31die broeder saamgestuur wat lof het in die evangelie deur al die gemeentes.
En dit nie alleen nie, maar hy is ook 32deur die gemeentes gekies as ons reisgenoot in verband met 33hierdie liefdewerk wat deur ons berei word, tot die heerlikheid van die Here self en 34as bewys van julle bereidwilligheid,
35om te voorkom dat iemand ons sou 36belaster in verband met hierdie groot bydrae wat deur ons berei word.
fWant ons bedink wat goed is nie alleen voor die Here nie, maar ook voor die mense.
En ons het met hulle saamgestuur 37ons broeder wat ons dikwels in baie dinge beproef gevind het, dat hy ywerig is en nou baie yweriger deur 38sy groot vertroue in julle.
Wat nou 39Titus betref, hy is my metgesel en medewerker by julle; of 40ons broeders, hulle is 41afgesante van die gemeentes, 42’n eer vir Christus.
Gee dan aan hulle die bewys van julle liefde en van ons roem oor julle, ook 43voor die gemeentes.
| 1 Dit is, die weldadigheid deur die genade van God, wat hulle harte beweeg het om die armes in Jerusalem so ’n milde hand toe te reik, soos die volgende vers verklaar.
2 Of: deur. |
| 3 Naamlik wat spruit uit die geloof in Christus, nieteenstaande alle verdrukking. Sien Rom. 5:3.
4 Dit is, hoewel hulle skynbaar deur die groot verdrukkinge tot die uiterste armoede gekom het, was hulle nogtans oorvloedig in die gee van gawes. 5 Dit is, oorvloedige vrygewigheid, soos die volgende vers uitwys. 6 Of: eenvoudigheid, opregtheid, naamlik in die gee van gawes. |
| a Hand. 11:29. Rom. 15:26. 1 Kor. 16:2. 2 Kor. 9:1. | 7 Of: vermaning, vertroosting.
8 Gr. die genade, dit is, die goedwillige gawe. 9 Dit is, die sorg om die kollekte goed af te lewer en in die regte hande te laat kom, as ’n teken van hulle gemeenskap met hulle. 10 Naamlik in Jerusalem. Sien Rom. 15:26. 1 Kor. 16:3, 4. 11 Dit is, op ons neem. |
| 12 Dit is, meer gedoen as wat ons gehoop of verwag het.
13 Naamlik nog vlytiger en oorvloediger. |
| 14 Naamlik deur julle aan te spoor tot alle geestelike deugde, soos in die volgende vers verklaar word.
15 Gr. genade, dit is, hierdie geskenk van weldadigheid, soos in verse 1, 7, 19. 16 Dit is, tot ’n goeie uiteinde moet bring. |
| 17 Gr. volgens bevel.
18 Dit is, deur die voorbeeld van ywerigheid en milddadigheid van die gemeentes in Macedónië. |
| b Luk. 9:58. | 19 Naamlik die Here van alle dinge. Sien Hebr. 1:2.
20 Naamlik toe Hy Homself ontledig het, deur die gedaante van ’n dienskneg aan te neem, Filip. 2:5, ens. 21 Dit is, al sy geestelike en hemelse goedere deelagtig kan word, 1 Kor. 1:30. |
| 22 Dit is, om te doen met ywer en gewilligheid. Want dit is meer as net om te wil, of net om te doen. |
| 23 Dit is, volgens die mate van dit wat julle besit. |
| c Mark. 12:43. Luk. 21:3.
d Spr. 3:28. 1 Petr. 4:10. |
24 Naamlik vir God, in die uitdeel van sy gawes. Sien Mark. 12:43. 2 Kor. 9:7. |
| 25 Dit is, dat ander oorvloed deur julle gawes moet verkry, en julle gebrek moet hê, of julle te erg te kort doen. |
| 26 Naamlik wanneer julle in die tyd van vervolging, of andersins, ook hulle hulp sou nodig hê. Ander verstaan dit as die oorvloed van die geestelike gawes, wat diegene in Jerusalem die heidene nog yweriger en bekwamer sou meedeel, wanneer hulle hul nie oor die tydelike lewensbehoeftes hoef te bekommer nie.
27 Naamlik in die gee of ontvang volgens die nood en oorvloed van elkeen. Of: sodat die een lid nie te veel oorvloed, en die ander nie te veel gebrek het nie; wat baie goed met die volgende vers ooreenkom. |
| e Ex. 16:18. | 28 Naamlik in Ex. 16:18, in die versamel van die manna. Want die een wat baie versamel het, het slegs ’n gomer daaruit tot sy lewensonderhoud geneem, die een wat min versamel het, het dieselfde gomer aangevul uit dit wat deur ander versamel was; as iemand meer as dit huis toe gebring het, het dit bederf en verlore gegaan. |
| 29 Dit is, hierdie sorgvuldigheid om julle ook daartoe te vermaan en te beweeg, soos die volgende vers verklaar. |
| 30 Gr. uitgegaan. |
| 31 Talle kerkvaders meen dat dit Lukas kon wees, wat die evangelie van Christus beskryf het; maar aangesien hier nie van die skryf van die evangelie nie, maar van die verkondiging daarvan gespreek word, is dit onseker. Dit is net so onseker dat dit Barnabas kon wees. |
| 32 Die Griekse woord beteken eintlik ’n verkiesing wat met die opsteek of uitstrek van die hande gebeur; sodat nie alleen Paulus hierdie persoon hiervoor gekies het nie, maar ook die gemeentes van Macedónië. Sien oor hierdie woord ook Hand. 14:23.
33 Dit is, weldaad, geskenk, weldadige handreiking, soos meermale tevore. 34 Dit is, as bewys van julle goedwilligheid en milddadigheid. |
| 35 Naamlik deur die toevoeging van ander, wat hierdie opdrag saam met ons aangeneem het, soos die volgende verklaar.
36 Of: berispe, met slegte agterdog bejeën, indien ons sodanige oorvloedige aalmoes alleen oorgebring het, wat deur die valse apostels en ander vyande van die evangelie maklik kon gebeur het. |
| f Rom. 12:17. |
| 37 Sommige meen dat dit Apollos kon wees. Dit is egter onseker.
38 Of: ons. |
| 39 Gr. van Titus, dit is, as iemand wil weet wie Titus is.
40 Naamlik wat van die gemeentes in Macedónië saam met Titus hiertoe verkies is, waarvan hy gespreek het in verse 18, 22. 41 Gr. apostels, soos hierdie woord ook soms vir allerlei leraars en gestuurdes gebruik word. Sien Rom. 16:7. 42 Gr. ’n heerlikheid van Christus, dit is, sulke persone waardeur die eer van Christus in die besonder bevorder word. |
| 43 Dit is, julle sal dan tot getuies van hierdie liefde en weldadigheid van julle hê al die gemeentes, wat daarvan kennis sal kry. |