Statevertaling – Bybelstigting

2 Timótheüs 4

1

EKa 1besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat 2die lewende en 3die dode 4sal oordeel 5by sy verskyning en 6sy koninkryk:

2

7verkondig 8die woord; 9hou aan 10tydig en 11ontydig; 12weerlê, 13bestraf, 14vermaan 15in alle lankmoedigheid en 16lering;

3

want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle 17die gesonde leer nie sal 18verdra nie, maar, 19omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal 20versamel 21volgens hulle eie begeerlikhede,

4

en die 22oor sal afkeer 23van die waarheid en hulle sal wend tot 24fabels.

5

Maar wees jy in alles 25nugter; 26ly verdrukking; doen die werk 27van ’n evangelis; 28vervul jou bediening.

Paulus wys op sy einde en vra Timótheüs om na hom te kom. Mededeling aangaande verskillende persone.

6

bWANT ek 29word alreeds 30as ’n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my 31heengaan is naby.

7

Ek het 32die goeie stryd gestry; ek het die wedloop 33voleindig; ek het 34die geloof behou.

8

cVerder is vir my weggelê 35die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in 36dié dag sal 37gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat 38sy verskyning 39liefgehad het.

9

Beywer jou om 40gou na my te kom.

10

Want dDemas 41het my verlaat, omdat hy die teenwoordige 42wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek, Crescens na Galásië, Titus na 43Dalmásië.

11

e44Lukas is alleen by my. f45Markus moet jy gaan haal en saam met jou bring, want hy kan my baie 46tot diens wees.

12

g47Tíchikus het ek 48na Éfese gestuur.

13

As jy kom, moet jy 49die reismantel bring wat ek by Carpus in Troas laat bly het, en 50die boeke, veral 51die perkamente.

14

h52Alexander, die kopersmid, het my 53baie kwaad aangedoen. Mag 54die Here hom vergeld na sy werke!

15

Jy moet ook 55vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan.

16

In my 56eerste verdediging het 57niemand 58my bygestaan nie, maar almal het my 59verlaat. 60Mag dit hulle nie toegereken word nie!

17

Maar die Here het my 61bygestaan en my 62krag gegee, 63sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en 64al die heidene dit kan hoor; en ek is 65uit die bek van die leeu verlos.

18

En die Here 66sal my verlos 67van elke bose werk en my red om 68in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot 69in alle ewigheid! Amen.

19

Groet i70Prisca en Áquila en die huis van 71Onesíforus.

20

72Erástus het in Korinthe gebly. 73Trófimus het ek siek 74in Miléte agtergelaat.

21

Beywer jou om voor die winter te kom. Eubúlus en Pudens en Linus en Claudia en al die broeders groet jou.

22

Mag die Here Jesus Christus 75met jou gees wees! Die genade sy met 76julle! Amen.

a Rom. 1:9; 9:1. 2 Kor. 1:23; 11:31. Gal. 1:20. Filip. 1:8. 1 Thess. 2:5. 1 Tim. 5:21; 6:13. 1 Dit is, neem God as getuie dat ek jou ernstig vermaan. Sien dergelike in 1 Tim. 5:21. Of: betuig, vermaan jou om Gods wil.

2 Dat is, wat dan nog sal lewe wanneer Christus sal kom om te oordeel. Sien 1 Kor. 15:51. 1 Thess. 4:16, 17.

3 Dit is, wat tevore gesterf het en weer opgewek is, Joh. 5:28, 29. Openb. 20:12.

4 Hy stel aan hom die laaste oordeel voor, sodat hy en ons almal daardeur opgewek mag word tot getrouheid in ons bediening, omdat ons dan daarvan rekenskap moet gee. Sien 2 Kor. 5:10, 11.

5 Naamlik op die wolke, met sy engele en met die heerlikheid van sy Vader om te oordeel.

6 Naamlik van die heerlikheid.

7 Hierdie woord beteken eintlik: met ’n luide stem, soos die aankondigers, iets verkondig. Sien Jes. 40:9.

8 Naamlik van die evangelie.

9 Gr. dring aan, naamlik met aanhoudende lering en vermaning.

10 Dit is, wanneer daar ’n goeie geleentheid voor is, sonder om dit te versuim, Spr. 25:11.

11 Daarmee wil Paulus nie sê dat Timótheüs en ander predikers onbeleefdheid moes gebruik nie, maar dat hulle gedurig en ywerig moet aanhou, sonder om enige tyd of geleentheid te versuim, ook al kom dit óf hulle self nie goed te pas nie, óf soms ook die toehoorders sou voel dat dit hulle nie geleë is om die vermanings aan te hoor nie.

12 Naamlik die dwalinge van diegene wat die waarheid nog nie ken nie of nie toestem nie.

13 Naamlik diegene wat boos is en ’n verkeerde lewe lei.

14 Naamlik tot oefening van alle Christelike deugde. Of: vertroos, naamlik alle swak en bedroefde mense.

15 Dit is, sonder hewigheid of bitterheid, terwyl jy die mense se onkunde en onoordeelkundigheid geduldig verdra. Sien Gal. 6:1. 2 Tim. 2:24.

16 Dit is, só dat die hoofsake van die leer altyd helder en duidelik voorgehou word.

17 Naamlik van die heilige evangelie. Sien 2 Tim. 1:13.

18 Dit is, nie net nie aanneem nie, maar ook nie wil duld dat dit aan hulle voorgehou word nie.

19 Dit is, omdat hulle ’n hart en ore het wat jeuk om iets nuuts en vreemds te hoor.

20 Of: ophoop; dit is, die een ná die ander na vore bring en verkies, wat vir hulle iets nuuts leer.

21 Dit is, wat ’n leer voorhou wat met hulle bose luste ooreenkom.

22 Dit is, nie wil hoor nie.

23 Dit is, van die suiwer en waaragtige leer van die evangelie.

24 Sien oor hierdie fabels 1 Tim. 1:4; 4:7. Tit. 1:14. 2 Petr. 1:16.

25 Of: wakker, naamlik nie net na die liggaam nie, maar vernaamlik na die siel.

26 Gr. ly kwaad, soos in 2 Tim. 2:3, 9.

27 Dit is, van ’n getroue leraar van die heilige evangelie. Sien oor die amp van ’n evangelis Hand. 21:8. Ef. 4:11.

28 Of: maak dat hulle ten volle verseker is van jou bediening. Dit is, gedra jou in jou diens met sodanige naarstigheid en getrouheid, dat elkeen mag sien en verseker wees dat jy ’n opregte leraar is, wat alle dele van sy amp goed bedien en uitvoer, en daardeur in die waarheid meer en meer versterk word. Sien vers 17.

b 2 Petr. 1:14. 29 Dit is, sal nou spoedig geoffer of gedood word. Die apostel het dit geweet óf uit ’n besondere openbaring, óf deur waarneming van die toestand en omstandighede van sy sake. Sien dergelik in 2 Petr. 1:14.

30 Sien hieroor Filip. 2:17 se kanttekening.

31 Of: loslating, verhuising. So noem hy sy dood, soos ook in Filip. 1:23. Sien die kanttekening daar.

32 Die apostel vergelyk die loop van sy diens en lewe met ’n stryd of wedstryd, wat vroeër gehou is met hardloop, stoei en andersins, om daardeur ’n prys of kroon te behaal. Sien oor dieselfde beeld 1 Kor. 9:24, 25. 2 Tim. 2:5.

33 Naamlik omdat ek nou by die uiterste en die einde van my lewe gekom het.

34 Daardeur word die saligmakende geloof verstaan, en die trou wat hy Christus in die bediening van die apostelskap belowe het.

c 1 Kor. 9:25. 1 Petr. 5:4. 35 Dit is, die ewige lewe, waarmee die regverdiges, of geregverdigdes, soos met ’n prys volgens God se genadige belofte, gekroon word. ’n Beeld geneem van die stryders of kampvegters, wat ’n kroon as prys ontvang het, as hulle wettiglik gestry het. Sien 1 Kor. 9:25. 2 Tim. 2:5. Jak. 1:12. Openb. 2:10; 3:11.

36 Naamlik van my heengaan, en ten volle in die dag van die laaste oordeel, soos in 1 Kor. 1:8. 2 Kor. 1:14. 2 Tim. 1:12, 18.

37 Gr. teruggee, naamlik as ’n genadige vergelding.

38 Sien vers 1.

39 Dit is, terwyl hulle bewus is van hulle opregtheid, daarna verlang het, met versekering en vertroue, dat hulle dán nie veroordeel sal word nie, maar die kroon van die lewe sal ontvang.

40 Dit is, nog voor die winter, vers 21.
d Kol. 4:14. Fil. vers 24. 41 Dit is, het van hier vertrek, deur afskeid te neem van die diens wat hy hier saam met my verrig het in die prediking. Sien Fil. vers 24.

42 Gr. eeu, dit is, om die gerief van hierdie lewe te soek, om aan die arbeid en gevaar te ontkom, of om na sy tydelike sake om te sien; waaruit dan nie volg dat hy heeltemal van die geloof afvallig sou geword het nie.

43 Hierdie streek is ’n deel van Illírikum, wat ooswaarts aan Macedónië grens, en wes- en suidwaarts aan die Adriatiese See.

e Kol. 4:14.

f Hand. 15:37. Kol. 4:10. Fil. vers 24.

44 Sien oor hom Kol. 4:14. Fil. vers 24.

45 Hy was ’n neef van Bárnabas, Kol. 4:10, met die naam Johannes, en die bynaam Markus, Hand. 12:12, 25; 15:39. Sien ook oor hom Fil. vers 24. 1 Petr. 5:13.

46 Naamlik van die evangelie, en nie soseer om my in die besonder te dien nie.

g Hand. 20:4. Kol. 4:7. 47 Sien oor hom Hand. 20:4. Ef. 6:21. Kol. 4:7. Tit. 3:12.

48 Naamlik om die kerk in jou plek te versorg.

49 Gr. felonen. Lat. penulam, wat ’n mantel was om tydens reise te gebruik teen reën en koue. Sommige verstaan daardeur ’n tassie om boeke in te sit.

50 Naamlik van die Heilige Skrif, of ander, wat handel oor God se Woord.

51 Gr. membranas, ’n Latynse woord, wat ’n paar dun velle van diere beteken, wat voorberei is om op te skryf. Dit word by ons perkamente genoem, omdat dit eerste in die stad Pergamus gevind en berei is.

h 1 Tim. 1:20. 52 Sien oor hom 1 Tim. 1:20.

53 Naamlik deur te laster en die gesonde leer teen te staan, soos verklaar word in vers 15.

54 Dit is geen vervloeking wat uit ’n wraakgierige hart voortgekom het nie, wat teen die leer van Christus, Matt. 5:44, en ook van Paulus self is, Rom. 12:14, maar dit is ’n profetiese dreigement uit ’n goddelike ywer tot God se eer en deur ingewing van die Heilige Gees, oor die straf wat op hom gewag het, omdat hy hom as totaal onbekeerlik en verhard getoon het. Sien dergelike in Neh. 4:4, ens. Ps. 5:11.

55 Naamlik dat hy jou nie ook dergelike kwaad aandoen nie, of die gemeente geen skade berokken nie.
56 Naamlik gedoen voor keiser Nero.

57 Naamlik van my medehelpers in die diens van die woord; of: wat my gewoonlik gevolg en my geselskap gehou het. Dit wil voorkom of hy Lukas uitsonder, vers 11. Indien Petrus toe in Rome was, soos voorgegee word, sou dit ’n groot skande vir hom gewees het, wat nie geloofwaardig is nie.

58 Naamlik om my met raad, voorspraak, getuienis of andersins te help.

59 Dit is, alleen gelaat; nie geselskap gehou nie.

60 Omdat hulle dit uit swakheid en vrees vir gevaar gedoen het, bid hy God vir hulle, waar hy tevore teen die moedswillige en verstokte Alexander gebid het, vers 14. Sien dergelike in Luk. 23:34. Hand. 7:60.

61 Naamlik met die genade van sy Gees, soos Hy belowe het in Luk. 21:14, 15. Of: het gestaan by my, soos in Hand. 27:23, en my vertroos en versterk.

62 Dit is, bekragtig met wysheid, versigtigheid en dapperheid.

63 Of: sodat mense deur my ten volle verseker sou wees van die prediking. Sien vers 5.

64 Dit is, sodat ek nog tyd en geleentheid sou hê om die evangelie onder die heidene, wie se apostel ek is, Rom. 11:13, verder te verbrei.

65 Dit is, uit ’n groot en teenwoordige gevaar van die dood, soos waarin diegene is wat reeds in die bek en die kake van ’n wrede leeu geval het, Ps. 22:22; 58:7. Ander verstaan deur die leeu keiser Nero, wat vanweë sy wreedheid so genoem word, soos deurgaans die tiranne en vyande van die kerk, Ps. 35:17; 91:13. Spr. 28:15. Jer. 2:15; 4:7. So noem Christus koning Herodes vanweë sy sluheid ’n jakkals, Luk. 13:32.

66 Dit is, ek is daarvan verseker uit sy beloftes, Ps. 34:20; 41:3; 55:23.

67 Dit is, van versaking of krenking van die waarheid en vertwyfeling aan sy hulp.

68 Dit is, wanneer Hy dit eindelik sal gee.

69 Gr. in ewighede van ewighede.

i Hand. 18:2. Rom. 16:3. 70 Sien oor hulle Hand. 18:2. Rom. 16:3.

71 Sien oor hom 2 Tim. 1:16.

72 Sien oor hom Hand. 19:22. Rom. 16:23.

73 Sien oor hom Hand. 20:4; 21:29.

74 Sien oor hierdie stad Hand. 20:15, 17.

75 Dit is, mag Hy vir jou sy genade gee, vernaamlik wat die siel betref.

76 Dit is, nie net met jou nie, Timótheüs, maar ook met alle gelowiges in Éfese.

Einde van die tweede brief van PAULUS aan Timótheüs.