Statevertaling – Bybelstigting

Efésiërs 3

Die verborgenheid van die roeping van die heidene. Die apostelskap van Paulus.

1

OM hierdie rede is ek, Paulus, adie gevangene 1van Christus Jesus 2vir julle wat heidene is —

2

as julle ten minste gehoor het van 3die bediening b4van die genade van God cwat aan my verleen is 5vir julle,

3

dat Hy aan my ddeur ’n openbaring bekend gemaak het e6die verborgenheid, soos ek 7tevore kortliks geskryf het;

4

waardeur julle, as julle dit lees, 8my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,

5

9wat in ander 10tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie f11soos dit nou aan sy heilige apostels 12en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik

6

dat die heidene 13mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie

7

waarvan ek ’n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is g14ooreenkomstig die werking van sy krag.

8

Aan my, h15die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om ionder die heidene die evangelie van 16die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,

9

en vir almal aan die 17lig te bring wat die gemeenskap is kvan die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was 18in God wat 19alles lgeskape het deur Jesus Christus,

10

msodat nou 20deur die gemeente 21aan die owerhede en magte 22in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,

11

23volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here,

12

n24in wie ons 25die vrymoedigheid en die 26toegang het 27met vertroue deur die geloof 28in Hom.

13

oDaarom bid ek dat julle nie 29moedeloos word by my verdrukkinge p30ter wille van julle nie. 31Dit is julle eer.

Gebed van Paulus vir die Efésiërs.

14

OM hierdie rede buig ek my knieë voor 32die Vader van onse Here Jesus Christus,

15

33van wie elke 34geslag 35in die hemele en op die aarde sy 36naam ontvang,

16

dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag qversterk te word deur sy Gees in die 37innerlike mens,

17

sodat Christus deur die geloof 38in julle harte kan woon, julle wat in 39die liefde r40gewortel en gegrond is,

18

en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat 41die breedte en lengte en diepte en hoogte is,

19

en die liefde van Christus te ken wat 42die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die 43volheid van God.

20

sEn aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag 44wat in ons werk,

21

aan Hom die heerlikheid 45in die gemeente in Christus Jesus 46deur alle geslagte 47tot in ewigheid! Amen.

a Hand. 21:33. Ef. 4:1. Filip. 1:7, 13, 14, 16. Kol. 4:3. 2 Tim. 1:8. Fil. vers 1. 1 Dit is, ter wille van die saak van Christus; of: om Christus wil, soos hy homself hierdie titel ook gee in 2 Tim. 1:8. Fil. vers 1.

2 Dit is, omdat ek Christus tot nou toe aan julle heidene verkondig het, en nog selfs in hierdie boeie van my verkondig, nieteenstaande die feit dat die Jode daaroor so verbitterd is teenoor my, en my in die hande van die ongelowiges oorgegee het, Handelinge 21. Of ook: om julle deur my voorbeeld en lydsaamheid in die waarheid van hierdie leer te versterk, soos in vers 13.

b Rom. 1:5.

c vers 8. Hand. 13:2.

3 Gr. bedeling. Sien oor die krag van hierdie woord Ef. 1:10 se kanttekening.

4 Dit is, my roeping uit genade tot apostel. Sien daaroor Hand. 9:15; 22:21, ens.

5 Of: onder julle, naamlik heidene, Hand. 26:17, 18.

d Hand. 22:17, 21; 26:16, 17. Gal. 1:11, 12.

e Rom. 16:25.

6 Naamlik van die evangelie van Christus, en vernaamlik van die roeping van die heidene, soos hierna beskryf word. Sien in Ef. 1:9 se kanttekening waarom dit ’n verborgenheid genoem word.

7 Naamlik in die twee voorgaande hoofstukke, waarin die hoofpunte van die leer van die evangelie kortliks deur hom voorgestel is.

8 Dit is, hoe volkome die Here hierdie dinge aan my geopenbaar het.
f Hand. 10:28. 9 Naamlik die verborgenheid, waarvan in vers 3 gespreek is.

10 Of: geslagte, eeue, naamlik voor die koms van Jesus Christus in die vlees en sy verheerliking.

11 Hierdie woord toon aan dat daar wel sommige openbarings in die Ou Testament aan die profete gemaak is aangaande die roeping van die heidene tot die gemeenskap van die Messías, soos Paulus dit ook in die brief aan die Romeine, hfst. 9-11, uit die wet en die profete bewys. Dit is egter nog nooit so duidelik en in die besonder geopenbaar as nou nie – vernaamlik die deel dat die heidene tot die gemeenskap van Christus geroep sou word sonder om aan die besnydenis en ander seremoniële wette gebonde te wees – aangesien omtrent al die voorgaande voorseggings van die profete figuurlik uitgespreek is, en skynbaar beteken het dat die heidene ook tot die gemeenskap van dieselfde seremoniële wette gebring sou word. Hierdie voorseggings is nou nader en deegliker deur die apostels verklaar, en betuig dat dit nie as die uiterlike seremonies nie, maar as die geestelike gemeenskap aan die godsdiens van die Jode verstaan moet word; soos Petrus in ’n verrukking van sinne nader deur Christus onderrig is, Hand. 10:14, 15, en soos die apostels dit ook gesamentlik in hulle sinode verklaar het, Handelinge 15.

12 Naamlik van die Nuwe Testament, wat op buitengewone wyse die Gees van die verklaring van God se Woord ontvang het, sien hieroor 1 Kor. 12:28. Ef. 4:11.

13 Die woord mede verwys hier na die Jode wat in Christus geglo het, met wie die gelowige heidene, sonder om verplig te word om uiterlike gemeenskap met die Jode in hul seremonies te hou, erfgename van die saligheid is, van dieselfde liggaam van die gemeente van Christus, en deelgenote van dieselfde beloftes van die vergewing van sondes, van die Gees van die wedergeboorte en aanneming tot kinders, ens., waarvan hulle andersins tevore vervreemd was, soos voorheen in Ef. 2:12 betuig is.
g Ef. 1:19. Kol. 2:12. 14 Dit is, ooreenkomstig God se kragtige werking, nie net waarmee ek geroep is nie, maar ook in my diens versterk en geseën is.
h 1 Kor. 15:9. 1 Tim. 1:15.

i Hand. 9:15; 13:2; 22:21. Gal. 1:16; 2:8. 1 Tim. 2:7. 2 Tim. 1:11.

15 Dit sê die apostel ten opsigte van sy toestand voor sy bekering, toe hy ’n vervolger was van Christus se gemeente. Sien 1 Kor. 15:9, 10. 1 Tim. 1:13.

16 Dit is, die ondeurgrondelike oorvloed van die genade van Christus. ’n Beeld geneem van die wilde diere, wie se spore ’n mens dikwels nie kan sien om dit te volg en te vind nie, soos in Rom. 11:33.

k Rom. 16:25. Ef. 1:9. Kol. 1:26. 2 Tim. 1:10. Tit. 1:2. 1 Petr. 1:20.

l Gén. 1:3. Ps. 33:6. Joh. 1:3. Kol. 1:16. Hebr. 1:2.

17 Dit is, deur die verkondiging van die evangelie hul oë te open, soos Christus tot Paulus spreek, Hand. 26:18.

18 Dit is, in God se raad en voorneme, soos hierna in vers 11 verklaar word.

19 Dit is, alle volke, sowel heidene as Jode. Waaruit die apostel wil aflei dat dit dan gepas was dat nie net die Jode nie, maar ook die heidene deur Christus versoen en verenig sou word. Sien Kol. 1:16-18. Ander verstaan dit as die tweede skepping, maar die apostel het egter tevore daarvan gespreek, sien Ef. 2:10 en die kanttekening.

m 1 Petr. 1:12. 20 Dit is, deur die onderskeie stande van die gemeente onder die Ou en Nuwe Testament.

21 Dit is, aan die engele, soos voorheen in Ef. 1:21 en Kol. 1:16. So genoem, omdat God dikwels hierdie diens gebruik in die regering van lande en koninkryke, Dan. 4:13; 10:13. Want ook die engele self is begerig om hierdie menigvuldige wysheid van God in die verskeidenheid van die regering van die gemeente, en van die weldade wat Hy aan die gelowiges deur Christus bewys, te aanskou, 1 Petr. 1:12.

22 Gr. hemelse, of bo-hemelse, naamlik plekke.

23 Gr. volgens die voorneme van die eeue, dit is, volgens sy ewige raad en besluit. Sien Ef. 1:4, ens.
n Joh. 10:9; 14:6. Rom. 5:2. Ef. 2:18. Hebr. 10:19. 24 Naamlik in Christus Jesus.

25 Naamlik om as kinders, God as ons Vader aan te spreek, soos die Griekse woord parresia meebring; en om te roem op die hoop van die heerlikheid van God, Rom. 5:2; 8:15, ens.

26 Of: leiding, naamlik deur dieselfde Gees, wat ons as ’t ware met die hand tot God lei, Rom. 8:26.

27 Naamlik van die geloof op God.

28 Naamlik Christus. Want deur die geloof in Christus as ons Middelaar glo en vertrou ons op God, en het ons vrymoedige toegang tot God, 1 Petr. 1:21. Gr. van Hom.

o Filip. 1:14. 1 Thess. 3:3.

p Kol. 1:24.

29 Die Griekse woord beteken eintlik: om aanstoot te neem, of deur sommige struikelblokke ontmoedig te word, sien Gal. 6:9, en is ’n beeld geneem van diegene wat met ywer ’n wedloop begin, en wanneer hulle sommige struikelblokke voor hulle sien, afwyk of verslap, uit vrees om daaroor te val.

30 Dit is, om julle ontwil; of: om vir julle ’n voorbeeld van standvastigheid in die geloof te wees. Sien vers 1 se kanttekening.

31 Dit is, hierin bestaan julle eer, naamlik dat julle nie moedeloos word nie, wanneer julle van hierdie verdrukkinge van my hoor nie.

32 Hierdie titel gee die apostel hier aan God die Vader, omdat ons geen toegang tot Hom het nie, behalwe deur Christus. Sien Joh. 14:6.
33 Dit kan as God die Vader of ook as Christus verstaan word.

34 Of: familie, soos in Luk. 2:4. Dit is, wat van een Vader afkomstig is, en onder een Hoof staan; soos die gemeente van Christus, en deur Christus, onder God as haar Vader gestel is, alle geestelike lewe en voorspoed van Hom ontvang, en een geestelike familie is.

35 Dit is, van die gelowiges, nie net wat nog hier op aarde leef nie, maar ook hulle wie se siele in die hemel die aanneming tot kinders reeds deur Christus en met Christus geniet. Sien 2 Kor. 5:8. Filip. 1:23. Hoewel sommige hier ook die engele inreken. Sien Ef. 1:10 en die kanttekening.

36 Dit is, nie net met woorde genoem word nie, maar dit ook inderdaad is, soos hierdie woord ook elders gebruik word. Sien Luk. 1:32. Rom. 9:26, ens.

q Ef. 6:10. 37 Sommige verstaan hierdie woord as die wedergebore deel van die mens, soos in Rom. 7:22, waarin die apostel wens dat hulle meer en meer versterk mag word. Ander as die inwendige deel van die mens, naamlik die siel van die gelowige met al haar bewegings, waarin hy begeer dat hulle met krag en moed begiftig word om al die verdrukkinge, wat hulle van buite af aangedoen word, te kan weerstaan. Sien 2 Kor. 4:16.
r Kol. 2:7. 38 Dit is, geduriglik met sy werking bly, soos in Joh. 6:56; 14:23.

39 Naamlik teenoor God en julle naaste, wat ’n onlosmaaklike vrug en metgesel van die geloof is, 1 Kor. 13:1. Gal. 5:6. Ander verstaan dit as die liefde waarmee God ons liefhet.

40 Dit is, bevestig is, versterk is.

41 Dit is, die uitnemende waardigheid en ondeurgrondelikheid van die werk van ons verlossing deur Christus. ’n Beeld geneem van landmeters, wat, om ’n werk of gebou heeltemal te ken, gewoonlik hierdie dinge afmeet en oorweeg.
42 Naamlik van alle natuurlike mense, wat ons hier slegs deur die Gees van Christus, volgens die mate van die gawe van Christus, kan ken, soveel as vir ons nodig is tot saligheid, maar hiernamaals eers ten volle verstaan sal word. Sien 1 Kor. 2:9, ens.; 13:9, ens.

43 Dit is, van die kennis en van die werking van God, nie waarmee God vervul is nie, maar wat Hy ons hier wil meedeel. Sien Ef. 4:12, 13.

s Rom. 16:25. 44 Hiermee toon die apostel dat hy in hierdie danksegging nie verwys na die mag van God wat in Hom verborge is nie, maar van die mag waarvan Hy self ’n bewys in ons bekering getoon het, en nog daagliks in ons toon in die volvoering van hierdie genade.
45 Naamlik waarin hierdie krag en heerlikheid van God deur Jesus Christus alleen bekend word, behoorlik geprys moet word, en in alle eeue geprys sal word, hoeseer die wêreld ook daarteen opstaan en woel.

46 Of: tot alle tye.

47 Gr. tot in die eeu van die eeue.