Statevertaling – Bybelstigting

Efésiërs 6

1

KINDERSa, julle moet jul ouers gehoorsaam wees 1in die Here, want dit is reg.

2

bEer jou vader en jou moeder — dit is die eerste gebod 2met ’n belofte —

3

sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe 3op die aarde.

4

En vaders, moenie julle kinders 4vertoorn nie, cmaar voed hulle op in 5die tug en 6vermaning van die Here.

5

dDiensknegte, wees gehoorsaam aan julle here 7na die vlees, 8met vrees 9en bewing, in opregtheid van julle hart, 10soos aan Christus;

6

nie 11met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat 12die wil van God van harte doen

7

en met goedwilligheid 13die Here dien en 14nie mense nie,

8

omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, 15loon van die Here 16sal ontvang, of hy ’n slaaf is of ’n vryman.

9

eEn, here, 17doen dieselfde teenoor hulle en laat staan die dreigemente, omdat julle weet dat ook julle eie Here in die hemele is fen by Hom geen 18aanneming van die persoon is nie.

Die wapenrusting van God.

10

EINDELIK, my broeders, 19word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.

11

gTrek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die 20liste van die duiwel.

12

Want ons worstelstryd is 21nie teen 22vlees en bloed nie, maar teen 23die owerhede, hteen die magte, teen die wêreldheersers 24van die duisternis van hierdie eeu, teen 25die bose geeste 26in die lug.

13

Daarom, neem i27die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied 28in die dag van onheil en, nadat julle alles 29volbring het, staande kan bly.

14

k30Staan dan vas, julle lendene met 31die waarheid 32omgord, lmet die borswapen 33van die geregtigheid aan,

15

en as skoene aan julle 34voete die 35bereidheid vir die evangelie 36van vrede.

16

Behalwe dit alles neem 37die skild van die geloof op waarmee julle al 38die vurige pyle van die Bose sal kan 39uitblus.

17

mEn neem aan die helm 40van verlossing nen die swaard 41van die Gees — dit is die woord van God —

18

terwyl julle met alle 42gebed en smeking oby elke geleentheid bid 43in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking 44vir al die heiliges

19

en pvir my, sodat 45’n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak,

20

qwaarvoor ek 46’n gesant is r47in kettings, sodat ek daarin vrymoediglik mag spreek soos ek moet spreek.

Die brief deur Tíchikus gestuur. Groete.

21

sEN dat julle ook 48my omstandighede kan ken, hoe dit met my gaan, alles sal t49Tíchikus, die geliefde broeder en getroue dienaar in die Here, julle bekend maak.

22

Ek het hom juis daarvoor vna julle gestuur, dat julle ons omstandighede kan ken en hy 50julle harte kan troos.

23

51Vrede vir die broeders en 52liefde, met geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus!

24

Die genade sy met almal wat onse Here Jesus Christus 53in onverganklikheid liefhet! Amen.

a Kol. 3:20. 1 Soos in Ef. 5:21 in die vrees van God, dit is, in alles wat nie in stryd is met die Here of sy bevel en vrees nie. Sien Luk. 14:26.
b Ex. 20:12. Deut. 5:16; 27:16. Matt. 15:4. Mark. 7:10. 2 Gr. in belofte, dit is, met ’n besondere belofte van ’n lang lewe en voorspoed. Want andersins het die tweede gebod ook ’n algemene belofte van God se barmhartigheid oor baie duisende.
3 Dit wat die vyfde gebod sê: in die land wat die HERE jou sal gee, wat verwys na die land Kanaän, noem Paulus in die algemeen: op die aarde, omdat die Here onder die Nuwe Testament alle lande van die ganse aarde nou geheilig het, en sy seën belowe aan diegene wat Hom gehoorsaam, in watter land hulle ook is. Want die godsaligheid het die belofte van die teenwoordige en van die toekomende lewe, 1 Tim. 4:8.
c Deut. 6:7, 20. Ps. 78:4. Spr. 19:18; 29:17. 4 Dit is, deur te streng op te tree, wat sulke toorn veroorsaak waaruit mismoedigheid sou ontstaan of ’n weersin van die kinders teen die ouers; andersins beveel God ook soms om behoorlike strengheid te gebruik teen die groot gebreke van kinders. Sien Spr. 13:24; 19:18; 23:13, ens.

5 Of: tugtiging. Sien Hebr. 12:7.

6 Of: onderwysing, wat tot die vrees van die Here kan lei, of uit die Woord van die Here geneem is.

d Kol. 3:22. 1 Tim. 6:1. Tit. 2:9. 1 Petr. 2:18. 7 Dit is, na die liggaam, of na die uiterlike toestand van die mens. Want oor die gewete en in die geestelike is God alleen die Here.

8 Dit is, met eerbied.

9 Dit is, met sorg om hulle nie te vertoorn nie. Want ’n slaafse vrees, wat slegs uit die bedenking van ’n bereide straf voortkom, prys die apostel nie in die Christene nie, soos die volgende woorde verklaar. Sien Rom. 13:5.

10 Naamlik ons Opperheer. Sien Ef. 5:22 en die kanttekening.

11 Dit is, om slegs in die teenwoordigheid en voor die oë van die here hulle goed te dien, soos sommige diensknegte gewoonlik doen, wat hulle here dikwels agter hul rug bespot en besteel.

12 Naamlik om trou en opreg te dien. Want dit is God se wil aangaande die diensknegte. Gr. wat die wil van God uit die siel doen.

13 Naamlik Christus Jesus, in hierdie diens van julle, soos Hy dit julle in hierdie beroep opgelê het. Sien Joh. 15:14.

14 Naamlik alleenlik of vernaamlik.

15 Dit is, die loon daarvan. Hy spreek hier van loon uit genade, soos Paulus om hierdie rede hierdie loon van die diensknegte, wat God sal gee aan diegene wat getrou gedien het, ’n erfenis as vergelding noem, Kol. 3:24.

16 Of: sal behaal, wegdra, naamlik in die laaste oordeel. Sien 2 Kor. 5:10.

e Kol. 4:1.

f Deut. 10:17. 2 Kron. 19:7. Job 34:19. Hand. 10:34. Rom. 2:11. Gal. 2:6. Kol. 3:25. 1 Petr. 1:17.

17 Naamlik wat goed is, en deur die Here beloon word, soos hy in die voorgaande vers van die diensknegte gespreek het. Want hy beveel die here nie om hulle diensknegte te gehoorsaam of te dien nie, maar om hulle in alle billikheid en sagmoedigheid te beveel en te regeer, soos die volgende woorde verklaar.

18 Dit is, die Here sal nie na die uiterlike toestand van die mens kyk in sy oordeel, naamlik of iemand heer of kneg, edel of onedel, ryk of arm is nie, maar of hy die Here se gebooie gehoorsaam het, elkeen in sy beroep. Sien Rom. 2:11.

19 Dit is, wees daagliks meer en meer, deur die krag van die Here, teen jou vyande versterk. Waartoe die middele in vers 13 en verder voorgestel word.
g Kol. 3:12. 1 Thess. 5:8. 20 Dit is, bedrieglike verleidings. Sien Ef. 4:14.
h Ef. 2:2. 21 Dit is, nie alleen, of vernaamlik nie, want ook die wêreld en ons eie vlees veroorsaak vir ons gedurige stryd. Ons vernaamste vyand, wat ook die wêreld en ons vlees daarvoor gebruik, is egter die Satan. Sien 1 Petr. 5:8.

22 Dit is, swakke mense, soos ons ook self is. Sien Matt. 16:17. Gal. 1:16.

23 Die apostel gee aan die Satan en sy engele hierdie titels, nie omdat hulle deur God as ware owerstes en regeerders van die wêreld aangestel is, soos God dikwels die diens van goeie engele gebruik nie, Ef. 1:21; 3:10, maar omdat hulle hierdie mag, wat die goeie engele van God het en dit deur hulle val verloor het, nogtans soos tiranne met lis en geweld steeds teen die verdorwe en bose wêreld gebruik; en dat hulle, tot straf van die kwaad en tot die uitoefening van die goeie, dit deur ’n regverdige oordeel van God vir ’n tyd toegelaat word. Sien 2 Kor. 4:4. 2 Thess. 2:9, 10. Sien ook Ef. 2:2 se kanttekeninge.

24 So word die ryk van die Satan genoem, omdat hy die mense deur onkunde of gebrek aan kennis van God en sy Woord tot allerlei sondes en booshede verlei. Sien Hand. 26:18. Kol. 1:13.

25 Gr. die geestelike van die boosheid, dit is, geeste wat tot alle boosheid geneë is en die mense ook daartoe probeer verlei.

26 Gr. in die hemelse of bo-hemelse plekke; hierdie woorde word hier anders verstaan as in die ander gedeeltes van hierdie brief, omdat die lug soms hemel genoem word, Lev. 26:19. Matt. 6:26, en die apostel noem in Ef. 2:2 die Satan die owerste van die mag van die lug, want dat die Satan geen plek of mag meer in die ware hemel het nie, blyk uit 2 Petr. 2:4. Jud. vers 6. Openb. 12:8, ens.

i 2 Kor. 10:4. 27 Of: die volle wapening, naamlik waarmee God ons in sy Woord wapen teen alle aanvalle van die Satan.

28 Dit is, die tyd van versoeking, soos Christus spreek in Luk. 8:13. Want hoewel ons altyd op ons hoede moet wees, is daar nogtans sommige tye en geleenthede, waarin die Satan ons die allermeeste probeer bestry, om ons tot ’n val te bring.

29 Of: uitgewerk het, naamlik dit wat ons in hierdie stryd te doen staan tot oorwinning van hierdie vyande; wat daarna beskryf word.

k Luk. 12:35. 1 Petr. 1:13.

l Jes. 59:17. 2 Kor. 6:7.

30 Naamlik as goeie krygsmanne, wakker, en in goeie orde, sonder om in die minste toe te gee of af te wyk. Sien 1 Petr. 5:9.

31 Sommige verstaan hierdeur opregtheid, gestel teenoor geveinsdheid; ander die waarheid van die leer, gestel teenoor alle dwalinge en ketterye. Sien 1 Tim. 1:18, 19.

32 Die krygsmanne se gordels was vroeër breed en sterk, gemaak van sterk materiaal, en bedek met yster- of koperplaatjies, waardeur die swakste dele van die liggaam, dit is, die lendene en boonste deel van die maag, omgord, verstewig en beskerm was.

33 Dit is, godsaligheid van die lewe, en ’n goeie gewete, soos Paulus ook tot Timótheüs spreek in 1 Tim. 1:18, 19.

34 Waardeur ook die skene of bene tot by die knieë verstaan word, wat die krygsmanne vroeër in die oorlog ook beskerm het, nie net teen die ongemak van die weer nie, maar ook om ’n pyl of slag te weerstaan.

35 Dit is, om altyd bereid te wees om die geloof te bely en om rekenskap te gee van die hoop wat in julle is, Rom. 10:10. 1 Petr. 3:15. Want diegene wat skaam of vreesagtig is ten opsigte van hierdie saak, word gewoonlik maklik deur die Satan tot swaar sondes verlei.

36 Dit is, waardeur die vrede met God aan ons verkondig word, Rom. 10:15.

37 Dit is, van die ware vertroue op God deur Christus. Want hierdeur word al die onvolmaakthede van die voorgaande wapens bedek, en word ons teen alle aanvalle van die Satan beskerm, Ps. 91:1, ens. 1 Petr. 5:9, ens.

38 Sommige verstaan dit as giftige pyle, wat deur hul gif die liggaam en die wond ontsteek soos met ’n vuur, soos dikwels vroeër in die oorlog gebruik is; ander as pyle wat met die punte in die vuur gelê was, om harder te wees en meer skade aan te rig; of ook om die brandende pyl êrens in te skiet. Dit alles stem goed ooreen met die aard van die versoekings van die Satan, wat soos ’n gif en vuur die siel kwes en deurdring, indien dit nie betyds gestuit en geblus word nie.

39 Dit is, nie net om dit af te weer nie, maar ook om al hul giftige krag van beskadiging te ontneem.

m Jes. 59:17. 1 Thess. 5:8.

n Hebr. 4:12. Openb. 2:16.

40 Dit is, van die hoop van die verlossing of saligheid, soos Paulus in 1 Thess. 5:8 byvoeg, waardeur ons beweeg word om alle verganklike dinge te verag, Rom. 8:18, 24.

41 Dit is, van die Heilige Gees, wat Hy ons as ’t ware in die hand gee, om die Satan op alle voorgestelde versoekings te weerstaan. Sien Hebr. 4:12, en die voorbeeld van Christus teen die Satan, Matt. 4:1, ens.

o Luk. 18:1. Rom. 12:12. Kol. 4:2. 1 Thess. 5:17. 42 Sommige onderskei dit só, dat deur die woord gebed ’n afbid van die kwaad of van die versoeking verstaan word; en deur die woord smeking ’n ernstige gebed om God se hulp en genade, sodat – omdat dit God immers behaag om toe te laat dat ons daarin val – ons in die versoeking kan bly staan, en ’n goeie uitkoms mag verkry, 1 Kor. 10:13. Sien oor hierdie onderskeid ook 1 Tim. 2:1 en die kanttekening.

43 Dit is, met erns en van harte; soos in Joh. 4:24. Of: deur die Gees, dit is, die Heilige Gees, Rom. 8:26, 27.

44 Dit is, gelowiges, wat in hierdie wêreld ook in dergelike stryd is.

p Hand. 4:29. 2 Thess. 3:1. 45 Dit is, die bekwaamheid en vermoë om die Woord van God te spreek met standvastigheid en vrymoedigheid. ’n Hebreeuse spreekwyse, soos die volgende vers verklaar.
q 2 Kor. 5:20.

r Hand. 28:20.

46 Naamlik om God en Christus wil. Sien 2 Kor. 5:19, ens.

47 Sien oor hierdie gevangenskap Hand. 28:16 se kanttekening.

s Kol. 4:7.

t Hand. 20:4. Kol. 4:7. Tit. 3:12.

48 Of: my sake; dit is, hoe my sake hier in Rome tydens my gevangenskap staan, wat Lukas kortliks in Handelinge 28 beskryf vanaf vers 16 tot aan die einde van die hoofstuk.

49 Hierdie Tíchikus het Paulus oral op sy reise deur Asië vergesel, soos te sien is in Hand. 20:4, en hy het hom tydens sy gevangenskap in Rome nie verlaat nie. Paulus het hom ook na Éfese en ander kerke in Asië gestuur om hulle te versterk. Sien oor hom ook Kol. 4:7. Tit. 3:12.

v 2 Tim. 4:12. 50 Naamlik nie net deur ander redevoeringe uit God se Woord as ’n dienaar van Christus nie, maar ook deur die berig wat hy aan julle sal bring van die vryheid wat in hierdie kettings van my deur die keiser aan my gegee word.
51 Hierdeur word, volgens die Hebreërs se spreekwyse, allerlei geluksaligheid na siel en liggaam verstaan.

52 Dit is, toeneming of vermeerdering in die liefde met geloof. Want hy skryf aan diegene wat reeds geglo het, Ef. 1:1.

53 Dit is, tot verkryging van die onverganklike en onverwelklike erfenis in die hemel, soos Petrus in 1 Petr. 1:4 spreek. Ander verstaan deur die woord onverganklikheid die opregtheid van die liefde, waarvan hy hier spreek.

Einde van die brief van PAULUS aan die Efésiërs.