Statevertaling – Bybelstigting
Opskrif en seëngroet.
PAULUS, ’n 1apostel 2nie vanweë mense of deur ’n mens nie, maar adeur Jesus Christus en God die Vader 3wat Hom uit die dode opgewek het,
en 4al die broeders wat by my is — aan die gemeentes van 5Galásië:
bGenade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus,
cwat 6Homself 7gegee het 8vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose 9wêreld, 10volgens die wil van onse God en Vader,
aan wie die heerlikheid toekom 11in alle ewigheid! Amen.
Onstandvastigheid van die Galásiërs. Paulus verdedig die goddelike gesag van sy apostelskap en van sy leer.
12EK verwonder my dat julle 13so gou 14afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, 15na ’n ander evangelie toe,
16terwyl daar geen ander is nie; 17behalwe dat daar sommige mense is dwat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil 18verdraai.
eMaar al sou 19ons of 20’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig 21in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ’n 22vervloeking wees!
Soos ons 23vantevore gesê het, sê ek nou ook 24weer: As iemand julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat julle 25ontvang het, laat hom ’n vervloeking wees!
f26Soek ek dan nou die guns van mense, 27of van God? 28gOf probeer ek om mense te behaag? As ek 29nog 30mense 31behaag, dan sou ek nie ’n 32dienskneg van Christus wees nie.
hMaar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, 33nie na die mens is nie.
iWant ek het dit ook 34nie van ’n mens ontvang of geleer nie, maar deur ’n openbaring van Jesus Christus.
kWant julle het gehoor van my lewenswandel 35vroeër in die Jodedom, dat ek die gemeente van God 36uitermate vervolg en dit 37verwoes het;
en dat ek in die Jodedom vooruitgegaan het bo baie 38van my leeftyd 39onder my stamgenote, terwyl ek 40veral ’n yweraar was 41vir die 42oorleweringe van my voorvaders.
lMaar toe dit God behaag het, wat my 43afgesonder het 44van die skoot van my moeder af en 45deur sy genade geroep het,
om 46sy Seun 47in my te openbaar, msodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek 48dadelik nie n49vlees en bloed 50geraadpleeg nie,
en ook 51nie na Jerusalem opgegaan na 52die wat voor my apostels was nie, maar na 53Arabië vertrek en weer teruggekom na 54Damaskus.
Vervolgens, 55drie jaar daarna, het ek na Jerusalem opgegaan om met Petrus 56kennis te maak en vyftien dae by hom gebly;
en ek het niemand anders van die apostels gesien nie, behalwe 57Jakobus, 58die broer van die Here.
En 59wat ek julle skryf — o60voor die aangesig van God, ek lieg nie!
Daarna het ek gekom in die streke van 61Sírië en Cilícië;
en ek was persoonlik onbekend by die 62Christelike gemeentes 63van Judéa;
hulle het net gehoor: 64hy wat 65ons vroeër vervolg het, verkondig nou 66die geloof wat hy vroeër besig was om 67uit te roei.
En hulle het God verheerlik 68in my.
| a Tit. 1:3. | 1 Sien oor hierdie woord Luk. 6:13 se kanttekening.
2 Naamlik wat eenvoudige mense, of niks anders as mense is nie. Die apostel voeg hierdie beskrywing daarby om sy apostoliese roeping en gesag staande te hou teen die lasteringe van die valse apostels, wat gesê het dat hy nie op wettige wyse tot die apostelskap beroep was nie. Want daar is tweërlei wettige beroeping tot die diens van die Woord: een wat gewoon is, wat wel deur God geskied, maar deur diens van mense, wat die orde van God daarin volg; sodanig is die beroeping van die gewone dienaars van die Woord. Daar is ook ’n beroeping wat sonder die diens van mense deur God self, of deur die Here Christus geskied; sodanig was die beroeping van die profete in die Ou Testament, en van die apostels in die Nuwe Testament. Hierdie beroeping is buitengewoon, en gaan altyd gepaard met die gawe om nie te kan dwaal in die onderrig nie, Joh. 16:13. 2 Petr. 1:21. Dat die apostel Paulus deur so ’n buitengewone beroeping beroep is, word duidelik beskryf in Handelinge 9; 22. 3 En daarmee openlik betoon het dat Hy die eie en ware Seun van God was. Sien Hand. 13:32. Rom. 1:4. |
| 4 Naamlik nie net my medebroeders in die bediening nie, maar ook al die ander gelowiges. Die apostel voeg dit daarby, nie soseer om daarmee aansien aan sy skrywe te verleen nie, maar om deur die gemeente se eenstemmigheid met hom, ook die gemeentes van Galásië des te beter te beweeg tot aflegging van hul dwalings.
5 Galásië was een van die grootste provinsies in Klein-Asië, wat grens aan Frígië, Bithínië, Pontus, Kappadócië en Pamfílië; dit was so genoem na ’n volk wat uit Gallië, vandag Frankryk genoem, gekom het, dié provinsie ingeneem en lank bewoon het. Sien Hand. 16:6. 1 Kor. 16:1. 2 Tim. 4:10. 1 Petr. 1:1. |
| b Rom. 1:7. 1 Kor. 1:3. Ef. 1:2. 1 Petr. 1:2. |
| c Matt. 20:28. Gal. 2:20. Ef. 5:2. Tit. 2:14. Hebr. 9:14. | 6 Naamlik vrywilliglik, Filip. 2:8.
7 Naamlik in die dood. Die apostel voeg dit in die begin daarby, omdat hierdie argument alleen genoegsaam is om die leer van die valse apostels te weerlê. Want Hy sou dit tevergeefs gedoen het, indien die mens deur die werke van die wet geregverdig kon word. Sien Gal. 2:21. 8 Naamlik om dit te versoen deur sy dood, 1 Joh. 1:7; 2:2. Sodat die versoening en vergewing van die sondes slegs daarin gesoek moet word, en nie in die werke van die wet nie. 9 Gr. eeu, dit is, uit die sondige en ellendige staat waarin die hele wêreld lê, 1 Joh. 5:19. 10 Dit is, volgens die ewige besluit en welbehae, Hand. 2:23; 4:28. Hebr. 10:7, 10. So is die Vader dan tevrede met hierdie losprys van sy Seun. |
| 11 Gr. tot eeue van eeue, of: tot ewighede van ewighede. ’n Hebreeuse spreekwyse. |
| 12 Hierdie verwondering het ook gepaardgegaan met ’n groot mishae en droefheid.
13 Dit is, in so ’n kort tydjie, nadat julle die evangelie van ons ontvang het; of: nadat die verleiers julle anders geleer het. Daarmee bestraf hy hulle onnadenkendheid. 14 Of: afvallig word van Hom, naamlik van God, wat julle deur ons prediking geroep het, om julle deur die genade van Christus, en nie deur die werke van die wet nie, salig te maak. Of: afvallig word van Christus, wat julle deur die genade geroep het. 15 Dit is, na ’n ander leer om salig te word, wat die verleiers – vir wie hy die meeste skuld gee, in die hoop om die afvalliges weer op die regte pad te bring, Gal. 5:10 – wel die evangelie noem, maar wat nie die ware evangelie is nie, en baie verskil van dit wat ons aan julle verkondig het. |
| d Hand. 15:1. | 16 Gr. wat geen ander is nie, naamlik as dit wat ons aan julle verkondig het. Sien Hand. 4:12.
17 Naamlik wat hulle uit die sekte van die Fariseërs tot die Christelike godsdiens begewe het, wat die wet en die evangelie, en die geregtigheid deur die werke met die geregtigheid van die geloof probeer vermeng het. Sien Hand. 15:5. 18 Dit is, vervals, ydel of tot niet maak. |
| e 2 Kor. 11:4. | 19 Naamlik ek en die broeders wat by my is. Of: ons apostels.
20 Dit is wel op sigself nie moontlik nie, maar die apostel wil met die stel van hierdie onmoontlike voorwaarde des te kragtiger die sekerheid van die vloek aantoon wat sal kom oor diegene wat ’n ander evangelie verkondig. Sien dergelike in Joh. 8:55. 1 Kor. 13:2. 21 Dit is, nie net wat in stryd daarmee is nie, maar ook iets daarby voeg, in stryd met dit wat ons verkondig het; wat die valse apostels gedoen het, deur te leer dat ’n mens nie net deur die geloof nie, maar ook deur die werke van die wet geregverdig word. 22 Gr. anathema, dit is, vervloeking. Sien oor hierdie woord Rom. 9:3. 1 Kor. 16:22. |
| 23 Naamlik in die voorgaande vers.
24 Naamlik om te wys dat ek dit nie uit haastigheid gesê het nie. 25 Naamlik deur ons prediking gehoor en aangeneem het. |
| f 1 Thess. 2:4.
g Jak. 4:4. |
26 Dit is, probeer ek in my prediking om julle te beweeg dat julle my of enige mens sou aanhang? Hy wil sê: Dit doen ek geensins nie. Gr. Oorreed ek dan nou die mense of God? Naamlik om te hoor of te glo. Want die Griekse woord wat die apostel hier gebruik, asook in Hand. 28:23. 2 Kor. 5:11, beteken eintlik: iemand met redevoerings beweeg of oorreed.
27 Dit is, deur te preek dat julle jul vertroue sou stel op God in Christus; wat, wil hy sê, ek in al my preke doen. 28 Dit is, soek ek in my prediking die guns van enige mense? Geensins nie, wil hy sê. En dit wil voorkom of die valse apostels probeer het om die Galásiërs dit wys te maak, om die leer van die apostel verdag te maak. 29 Naamlik noudat ek tot Christus bekeer is, soos ek gedoen het in die Jodedom, toe ek, om die hoëpriesters en Jode te behaag, die gemeente vervolg het. 30 Naamlik wat vreemdelinge van Christus is, of wat wil hê dat daar volgens hulle gesindheid gepredik word, 2 Tim. 4:3. Andersins mag en moet ook die vrome leraars hulle in leer en lewe só gedra, dat hulle die vrome en die godsalige mense in Christus mag behaag, 1 Kor. 10:33. 31 Dit is, slegs hulle guns soek in die prediking. 32 Dit is, ’n ware, opregte en getroue dienskneg. Want niemand kan twee here dien nie, Matt. 6:24. |
| h 1 Kor. 15:1. | 33 Dit is, nie deur mense aan my gegee of geleer, of deur myself bedink nie; dit steun ook nie op die gesag van enige mense nie, soos in die volgende vers verklaar word. |
| i Ef. 3:3. | 34 Die apostel wil daarmee nie die onderwysing in die leer van die evangelie, wat gewoonlik deur mense geskied, verwerp nie, 2 Tim. 3:15, maar wil sê dat hy as ’n apostel hierdie leer nie op so ’n gewone manier ontvang het nie, maar deur ’n buitengewone openbaring en onderwysing van Christus self. Sien Hand. 9:3. 1 Kor. 15:8. 2 Korinthiërs 12. |
| k Hand. 8:3; 9:1; 22:4; 26:9. Filip. 3:6. 1 Tim. 1:13. | 35 Naamlik voordat ek tot die Christelike godsdiens bekeer was.
36 Hierdie vervolging van Paulus word beskryf in Hand. 7:58; 9:1, ens.; 22:4, 5. 37 Dit is, probeer het om dit, vir sover dit in my vermoë was, heeltemal uit te roei en te verdelg. |
| 38 Dit is, jongmanne. Sien Hand. 7:58. Hy sê dit nadruklik, sodat dit nie sou voorkom of hy hom uit verwaandheid bo die ou leraars van die Jode sou stel nie.
39 Dit is, onder die Jode. 40 Gr. oorvloediger ’n yweraar, naamlik met ’n ywer wat nie met kennis gepaardgegaan het nie, Rom. 10:2. Filip. 3:5, 6. 1 Tim. 1:13. Hiermee bestraf hy die verkeerde ywer van die Jode, wat hy ook in homself vind. 41 Naamlik, ek het meer gehou van die oorleweringe van my voorvaders, as van die leer van die profete. Watter oorleweringe dit was, kan ’n mens sien in Matt. 5:21, ens.; 15:2; 23:3, ens. Mark. 7:5, ens. 1 Petr. 1:18. 42 Naamlik nie net die wat in die Skrif gebied en beskryf is nie, maar ook die wat deur mense ingestel, en deur die ouers aan die kinders as ’t ware van hand tot hand oorgelewer was. |
| l Hand. 9:15; 13:2. | 43 Dit is, wat voorgeneem en besluit het om my af te sonder van die algemene massa van die ander mense, om my op die regte tyd tot ’n apostel te beroep.
44 Gr. uit, dit is, voordat ek deur my moeder gebaar was. Sien dergelike in Jer. 1:5. 45 Naamlik as die enigste oorsaak waarom Hy dit gedoen het; en derhalwe sonder enige waardigheid van my kant of verdienste vooruit in my gesien; soos ook tevore God se welbehae as die oorsaak daarvan gestel word. Sien Ef. 1:5, 6, 9, 11. |
| m Hand. 9:15; 13:2; 22:21. Gal. 2:8. Ef. 3:8.
n Matt. 16:17. |
46 Naamlik Jesus Christus, die ware Messías.
47 Dit is, aan my, in my siel. Of: deur my te openbaar, dit is, bekend te maak, dat ek Hom as die Seun van God en die ware Messías erken het, en in Hom glo, Matt. 16:17. 48 Naamlik sodra ek tot Christus bekeer was. 49 Dit is, enige mense, wat uit vlees en bloed bestaan. Sien dergelike spreekwyse in Matt. 16:17. Ef. 6:12. Ook selfs nie my eie natuurlike vernuf nie. 50 Dit is, oor die leer van die evangelie met iemand gespreek en gehandel, om daarin beter of breedvoeriger onderrig te word. |
| 51 Dit wil voorkom of dit teenstrydig is met dit wat Lukas sê in Hand. 9:26. Dit wat Lukas egter daar sê, moet verstaan word dat dit plaasgevind het nadat Paulus drie jaar in Arabië was, en van daar weer in Damaskus gekom het. Want Lukas maak daar geen melding van Paulus se reis na Arabië nie, soos hy ook baie ander dade en reise van Paulus nie vermeld nie, wat Paulus self beskryf in 2 Korinthiërs 11; 12.
52 Naamlik enige een van die twaalf, wat lank voor my tot die apostelskap beroep was. 53 ’n Streek geleë ten suide van die Joodse land, waarin die berg Sinai was, Gal. 4:25, tussen die Rooi See en die Golf van Persië. 54 Sien oor hierdie stad Hand. 9:2 se kanttekening. |
| 55 Naamlik wat ek sowel in Arabië, as in Damaskus was.
56 Die Griekse woord beteken om iemand te gaan sien of te besoek om hom te hoor en met hom te spreek en te handel. |
| 57 Daar was twee apostels met hierdie naam. Sien oor beide Matt. 10:2, 3. Hand. 12:2, 17, en oor hierdie een Hand. 12:17; 15:13.
58 Dit is, neef. ’n Hebreeuse spreekwyse. Sien Gén. 14:14. Matt. 12:46, 47. 1 Kor. 9:5. Sien oor hom Matt. 10:3. Mark. 15:40. |
| o Rom. 1:9; 9:1. 2 Kor. 1:23; 11:31. 1 Thess. 2:5. 1 Tim. 5:21. 2 Tim. 4:1. | 59 Naamlik dat ek die evangelie van Christus self ontvang het, sonder enige beroeping of onderwysing van mense.
60 ’n Wyse van eedswering, waarmee die apostel nodig geag het om dit te bevestig vanweë die gewigtigheid van die saak. Sien Rom. 9:1. |
| 61 Dit is streke geleë in Asië. Sien daaroor Matt. 4:24. Hand. 15:23, 41; 27:5. |
| 62 Dit is, wat die Christelike leer aangeneem het en bely.
63 Naamlik omdat ek, volgens my beroeping, die evangelie nie onder die Jode daar verkondig het nie, maar onder die heidene. Sien vers 16. |
| 64 Naamlik Paulus. Dit is die woorde van die genoemde gemeentes, wat Paulus aanhaal.
65 Naamlik Christene. 66 Dit is, die leer van die evangelie, wat ’n mens moet glo om salig te word. Sien dergelike spreekwyse in 1 Tim. 1:19, vergeleke met 2 Tim. 2:18. 67 Sien vers 13. |
| 68 Dit is, om my ontwil; om die genade wat God aan my bewys het. |