Statevertaling – Bybelstigting
Die wet is onmagtig om te red, maar dit lei na Christus en die geloof.
o, 1ONVERSTANDIGE Galásiërs, awie het julle 2betower om 3die waarheid nie 4gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus 5afgeskilder is as onder julle 6gekruisig?
7Dit alleen wil ek 8van julle weet: het julle 9die Gees ontvang uit die werke van die wet of 10uit die prediking van die geloof?
Is julle so 11onverstandig? Nadat julle 12met die Gees 13begin het, eindig julle nou 14met die vlees?
Het julle 15verniet 16so baie gely? 17As dit maar verniet was!
Hy wat julle dan 18die Gees verleen en 19kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of 20uit die prediking van die geloof?
bNet soos 21Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
22Julle verstaan dan dat die 23wat uit die geloof is, hulle is 24kinders van Abraham.
En 25die Skrif wat 26vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het 27vooraf aan Abraham 28die evangelie verkondig met die woorde: c29In jou sal al die 30volke 31geseën word.
Sodat die wat uit die geloof is, geseën word 32saam met die gelowige Abraham.
Want almal wat 33uit die werke van die wet is, 34is onder die vloek; want 35daar is geskrywe: dVervloek is 36elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet 37om dit te doen nie.
eEn dat niemand 38deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; fwant 39die regverdige sal uit die geloof lewe.
Maar die wet 40is nie uit die geloof nie, maar gdie mens 41wat hierdie dinge doen, sal 42daardeur 43lewe.
hChristus het ons 44losgekoop 45van die vloek van die wet deur 46vir ons 47’n vloek te word — want 48daar is geskrywe: iVervloek is elkeen wat 49aan ’n hout hang —
sodat 50die seën van Abraham 51na die heidene 52kan kom 53in Christus Jesus, en dat 54ons 55die belofte van die Gees 56deur die geloof kan ontvang.
Broeders, ek spreek 57menslikerwys: kselfs ’n mens se 58testament 59wat bekragtig is, 60maak niemand tot niet of 61voeg daaraan toe nie.
lNou is 62aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy 63saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, 64dit is Christus.
65Maar ek sê dít: 66die wet 67wat mvierhonderd-en-dertig jaar later gekom het, maak 68die verbond wat deur God 69in Christus 70vantevore bekragtig is, nie 71kragteloos om 72die belofte tot niet te maak nie.
nWant as 73die erfenis 74uit die wet is, dan is dit nie meer 75uit die belofte nie. Maar God het dit aan 76Abraham 77deur ’n belofte 78genadiglik geskenk.
79Wat beteken die wet dan? oDit is 80bygevoeg 81weens die oortredinge, totdat 82die saad 83aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en 84dit is p85deur engele 86beskik 87deur tussenkoms q88van ’n middelaar.
En die middelaar is nie net 89vir een nie; maar God 90is een.
91Is die wet dan teen die beloftes van God? 92Nee, stellig nie! Want as daar ’n wet 93gegee was 94wat krag het om lewend te maak, 95dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees.
r96Maar 97die Skrif het alles ingesluit 98onder die sonde, 99sodat die belofte 100uit die geloof in Jesus Christus 101aan die gelowiges 102gegee kon word.
Maar 103voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet 104in bewaring gehou, ingesluit 105met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.
sDie wet was dus 106ons 107tugmeester 108na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word 109uit die geloof.
Maar nou dat 110die geloof gekom het, is ons 111nie meer onder ’n tugmeester nie.
tWant 112julle is almal 113kinders van God 114deur die geloof 115in Christus Jesus;
vwant julle 116almal wat 117in Christus gedoop is, het julle met Christus 118beklee.
119Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; xwant julle is almal 120een 121in Christus Jesus.
yEn as 122julle aan Christus behoort, dan is julle die 123nageslag van Abraham en 124volgens die belofte 125erfgename.
| a Gal. 5:7. | 1 Of: dwase, onwyse. Hy noem hulle so om aan te toon dat hy aanvaar dat hulle dit meer uit onbesonnenheid of onversigtigheid gedoen het as uit boosheid, sien dergelike in Luk. 24:25, waarmee hy dus nie teen die leer van Christus ingaan nie, Matt. 5:22. Sien ook 1 Kor. 15:36.
2 Dit is, die oë van julle verstand só verblind, dat julle die regte waarheid nie kan sien nie, soos die goëlaars die uiterlike oë van die mense betower dat hulle meen om te sien wat hulle nie sien nie. Hy vergelyk dus hierdie valse leraars met goëlaars, en gee hulle, wat soos bedrieërs die eenvoudiges met mooipraat en listighede verlei, die meeste skuld vir hierdie verleiding. 3 Naamlik van die evangelie, dat die mens voor God geregverdig word deur die geloof; waaroor gespreek is in Gal. 2:5, 14. 4 Dit is, aan te neem en te glo. 5 Of: voorgeskilder, dit is, so helder deur my prediking aan julle voorgehou, asof dit in ’n tafereel geskilder of voorgeskryf was. 6 Dit is, oor wie se kruisiging, asook oor die oorsake en vrugte daarvan – dat ons naamlik daardeur van die vloek van die wet en die diensbaarheid van die seremonies verlos is – ek julle so oorvloedig en duidelik geleer het, asof Hy self voor julle oë gekruisig was. |
| 7 Naamlik uit soveel ander sake, wat julle sou kan oortuig van julle dwalings.
8 Dit is, antwoord my slegs op hierdie saak. Nie dat hy dit nie sou geweet het nie, maar hy sê dit om aan te toon dat hy met hulle eie antwoord hierop tevrede sal wees. 9 Dit is, die gawes van die Heilige Gees, soos daar is die Gees van wedergeboorte, van heiligmaking, en van aanneming tot kinders. 10 Gr. uit die gehoor, dit is, uit die prediking van die leer van die evangelie. Sien Jes. 53:1. Joh. 12:38. Rom. 10:16. |
| 11 Of: onwys, dwaas.
12 Dit is, met die genade en leer van die geloof, wat die Heilige Gees werk. 13 Naamlik toe julle eers tot Christus bekeer is, om deur Hom die saligheid te soek. 14 Dit is, met die werke van die wet en met die seremonies, wat uitwendig gedoen en gesien word; wat die valse leraars die Galásiërs geleer het. |
| 15 Dit is, sonder vrug en vergelding, wat sou gebeur as julle weer van die leer sou afwyk.
16 Naamlik vervolging, versmaadheid en onreg vanweë die saak en leer van Christus. 17 Dit is, mag dit ver daarvandaan wees dat so iets sou gebeur, met die hoop dat hulle so iets nie sou wedervaar nie. Of: as dit maar net daarby gebly het, en dat julle nie vanweë julle afwyking nog ander swarighede te wagte sou wees nie. |
| 18 Dit is, die geestelike gawes. Sien vers 2.
19 Dit is, wonderwerke. Sien 1 Kor. 12:10, 28. 20 Sien vers 2. |
| b Gén. 15:6. Rom. 4:3. Jak. 2:23. | 21 Sien oor hierdie voorbeeld Gén. 15:6. Rom. 4:3, ens. |
| 22 Of: Verstaan dan, ens.
23 Dit is, wat hulle geregtigheid soek in Christus deur die geloof. 24 Naamlik geestelike kinders, nie volgens die vlees nie, maar volgens die belofte. Sien vers 29. Joh. 8:39. Rom. 4:11; 9:6-8. Soos die vader geregverdig is, so word ook die kinders geregverdig, omdat daar slegs een manier is om geregverdig te word, naamlik deur die geloof in Christus. Sien Rom. 3:30. |
| c Gén. 12:3; 18:18; 22:18; 26:4; 49:10. Hand. 3:25. | 25 Dit is, die Heilige Gees, wat in die Heilige Skrif spreek.
26 Naamlik in Gén. 12:3. 27 Naamlik ook selfs in die Ou Testament. 28 Gr. vooraf geëvangeliseer. 29 Dit is, in die saad, wat aan jou beloof is en uit jou sal voortkom, naamlik Christus, soos in vers 16 verklaar word. Sien ook Gén. 22:18. 30 Dit is, sowel heidene as Jode. 31 Dit is, geregverdig en salig word. |
| 32 Dit is, op dieselfde manier as wat die gelowige Abraham geseën of geregverdig was. Sien verse 6, 7. |
| d Deut. 27:26. | 33 Dit is, wat hulle regverdigheid en saligheid soek deur die onderhouding van die wet van Moses.
34 Naamlik omdat hulle die wet nie volkome onderhou nie, en daarom nie die seëning of regverdigmaking deur die wet kan verkry nie. Want seën en vloek is in stryd met mekaar. 35 Naamlik in Deut. 27:26. 36 Die apostel volg hier die Griekse vertaling, omdat dit die betekenis van die Hebreeuse grondteks baie goed weergee, hoewel die woorde elkeen en alles nie daar staan nie. 37 Naamlik volmaak in alle dele, en op die wyse wat God beveel. Daaruit blyk dat deur die werke van die wet hier nie net die werke van die seremoniële wet verstaan word nie, maar ook van die sedewet of tien gebooie. |
| e Rom. 3:20. Gal. 2:16.
f Háb. 2:4. Rom. 1:17. Hebr. 10:38. |
38 Gr. in die wet. Die apostel gebruik hierdie manier van spreek deur die wet, uit die wet, uit die werke van die wet, in die wet, in dieselfde betekenis.
39 Of: die regverdige uit die geloof sal lewe. Sien Rom. 1:17. |
| g Lev. 18:5. Eség. 20:11. Rom. 10:5. | 40 Want die wet belowe die lewe nie aan diegene wat uit die geloof geregverdig wil word nie, maar aan die wat die wet volmaak onderhou; wat hy bewys uit die belofte wat by die wet gevoeg word, Lev. 18:5. Eség. 20:11.
41 Of: gedoen sal hê; naamlik volmaak, soos in vers 10. 42 Dit is, deur so ’n volmaakte onderhouding van die wet. 43 Naamlik ewig, en sal gevolglik daardeur geregverdig word, indien hy die wet in alles volkome sou onderhou, wat nogtans niemand doen óf kan doen nie, Rom. 3:9, ens. |
| h Rom. 8:3. 2 Kor. 5:21.
i Deut. 21:23. |
44 Gr. uitgekoop uit die vloek. Want hierdie verlossing het plaasgevind deur betaling van ’n losprys vir ons, Matt. 20:28. 1 Tim. 2:6.
45 Dit is, van die straf – tydelike en ewige – waarmee die wet die oortreders dreig, en wat ons deur ons oortredings verdien het. 46 Dit is, in ons plek, as ons borg, Hebr. 7:22. 47 Dit is, het die toorn van God en die straf vir die sondes op Hom geneem, om dit te dra en daarmee aan God se straffende geregtigheid te voldoen. 48 Naamlik in Deut. 21:23. 49 Dit is, aan ’n kruis opgehang word. Sien Hand. 5:30. 1 Petr. 2:24. Dit moet nie so verstaan word dat almal wat gekruisig word, verdoem sou wees nie (want die teendeel blyk uit die voorbeeld van die bekeerde misdadiger, Luk. 23:43), maar omdat God hierdie manier van straf, wat die wreedste en smadelikste is, as ’n voorbeeld gestel het van die straf wat sy Seun, om ons van die vloek te verlos, sou moes ly. |
| 50 Dit is, die genade van die versoening en van die regverdigmaking, asook die erfenis van die ewige lewe, wat aan Abraham en sy nageslag beloof was, Gén. 12:3; 22:18.
51 Of: na die volke; soos aan hom beloof was dat in hom alle volke geseën sou word, Gén. 12:3. 52 Dit is, sou afvloei, soos uit ’n fontein. 53 Dit is, deur Christus, as die geseënde saad wat aan Abraham beloof was, vers 16. 54 Sowel Jode as heidene. 55 Dit is, die geestelike belofte, nie van tydelike nie, maar van ewige goedere. 56 Dit is, deur Christus, aangeneem met ’n ware geloof. |
| k Hebr. 9:17. | 57 Dit is, ek sal ’n voorbeeld gebruik wat aan menslike sake ontleen is. Sien Rom. 3:5. 1 Kor. 9:8.
58 Die Griekse woord diatheke word soms in die besonder gebruik vir ’n testament, Hebr. 9:17, soms in die algemeen vir enige verbond of kontrak tussen twee partye. Dit kan hier in albei betekenisse gebruik word. 59 Naamlik met onderlinge beloftes, ede, ondertekenings, verseëlings, of dergelike wyse wat by die mense gebruiklik is. 60 Dit is, behoort nie, en kan ook nie tot niet maak nie. 61 Gr. verordineer iets daarbenewens, naamlik deur daaraan af te doen, by te voeg, of te verander. |
| l vers 8. | 62 Dit is, so kan ook niemand die verbond, wat God met Abraham en alle gelowiges gesluit het, tot niet maak of verander nie. Waarin – aangesien die beloftes, wat God daarin van sy kant af gemaak het, nie gegrond is op die onderhouding van die wet nie, maar op Christus, die beloofde saad van Abraham – dit ook altyd vas en onveranderd moet bly, soos in die volgende vers breedvoeriger verklaar word.
63 Sien Gén. 22:18. Die woord saad word soms gebruik vir al die nakomelinge, soos in Gén. 15:18; 22:17, soms vir iemand besonders daaruit, soos in Gén. 4:25; 21:13. Dat dit hier in die tweede betekenis verstaan moet word, bewys die apostel hier, en hy leer dat die saad Christus is. Sien ook Gén. 13:15; 17:10. 64 Sien hiervan die bewys in die geslagsregisters van Christus, Matt. 1:1-16. Luk. 3:23-34, soos ook Isak ’n voorbeeld van Christus was, Gén. 21:12. Rom. 9:7. Hebr. 11:18. |
| m Gén. 15:13. Ex. 12:40. Hand. 7:6. | 65 Dit is, dit wil ek sê met die voorgaande voorbeeld van menslike verbonde of testamente.
66 As iemand hierteen sou kon beswaar maak en sê: “Voordat die wet gegee was, was dit met die saak van God se verbond so gesteld, maar dat die verbond van God verander is toe die wet gegee is”, dan bewys die apostel hier dat so iets ook onwaar is. 67 Dit is, terwyl die wet soveel jaar daarna op die berg Sinai gegee is. Die begin van hierdie vierhonderd-en-dertig jaar moet gereken word vanaf die tyd toe God vir Abraham beveel het om uit sy land te trek, Gén. 12:1. Sien breedvoeriger hieroor Ex. 12:40. Hand. 7:6. 68 Dit is, dat die verbond van God dan veel meer vas bly, sonder verandering. 69 Naamlik omdat dit deur die dood van Christus as die Testamentmaker bekragtig sou word, Hebr. 9:15, dat Christus ook hierdie geestelike seëninge vir ons moes verdien deur ’n volkome voldoening vir ons sondes, waarvan die seremonies van die wet voorbeelde was; en dat ons dit nie anders deelagtig kan word, as deur die geloof in Christus nie. 70 Naamlik met eedswering, Gén. 12:2; 15:18; 17:4; 22:17. Hebr. 6:14, 15, ens., en met ander uiterlike tekens en seëls. 71 Of: onvas. Gr. die wet, ens., maak die verbond, ens., nie kragteloos nie. 72 Sien vers 16. |
| n Rom. 4:14. | 73 Naamlik van die ewige lewe, waarvan die erfenis van die land Kanaän ’n voorbeeld was.
74 Dit is, deur die volkome onderhouding van die wet verkrygbaar is. 75 Dit is, uit die geloof, waarmee die genade en seëning, in Christus beloof, aangeneem word. Want hierdie twee is teenstrydig met mekaar, en kan nie saam bestaan nie. Sien Rom. 11:6. 76 Dit is tevore bewys in vers 6, ens., en sodoende sal dan ook al Abraham se kinders die erfenis ontvang; omdat daar slegs een weg tot saligheid is. 77 Naamlik met ’n ware geloof aangeneem. 78 Dit is, sonder enige verdienste van sy kant, Rom. 4:13, 16. |
| o Joh. 15:22. Rom. 4:15; 5:20; 7:8.
p Hand. 7:38, 53. q Deut. 5:5. Joh. 1:17. Hand. 7:38. |
79 Dit was ’n teëwerping van die valse leraars, naamlik indien die wet die mens nie regverdig nie, dat dit dan geen gebruik het nie, en tevergeefs gegee is.
80 Of: verordineer. 81 Naamlik om dit bekend te maak, Rom. 3:20; 5:20; 7:7, en daarvan te oortuig. 82 Naamlik daardie beloofde saad van Abraham, wat Christus is, sien vers 16; Hy is die einde van die wet, Rom. 10:4. 83 Naamlik van die erfdeel, dit is, dat Hy die Hoof van almal is wat erfgename sal wees, want dit is uit Hom, in Hom, en deur Hom dat ons almal die erfenis verkry en mede-erfgename met Hom word, Rom. 8:17. 84 Naamlik die wet. 85 Dit is, deur die diens van die engele; hoewel dit in die geskiedenis van die wetgewing nie vermeld word nie, kan dit nogtans uit ander plekke afgelei word, en was dit in die gemeente geglo. Sien Hand. 7:38, 53. Hebr. 2:2. 86 Of: verordineer. 87 Dit is, deur die diens. ’n Hebreeuse spreekwyse. Mal. 1:1. 88 Waardeur sommige Moses verstaan, wat God in die gee van die wet as ’n boodskapper en tussenganger tussen Hom en die volk gebruik het, Ex. 19:21. Ander verstaan Christus, deur wie God die volk Israel uit Egipte deur die woestyn gelei het, en tot Moses gespreek het op die berg Sinai, Hand. 7:38. 1 Tim. 2:5. |
| 89 Dit is, vir een party nie, maar is altyd vir twee verskillende partye, om hulle te verenig.
90 Dit is, bly altyd dieselfde, sonder dat Hy verander word, nie net in sy wese nie, maar ook in sy wil, voorneme en besluite. Of: is een van twee partye. |
| 91 Dit is ’n tweede teëwerping wat die valse apostels kan voorhou teen dit wat die apostel sopas gesê het, naamlik dat as die wet die oortredings oopvlek en verdoem, en die belofte dit bedek en vergewe, dit wil voorkom of hierdie twee teenstrydig is met mekaar.
92 Dit is, dit volg geensins daaruit nie. 93 Naamlik vir die doel dat die mens daardeur geregverdig sou word. Of: wat sodanig was dat die mens dit volkome sou kan onderhou. 94 Dit is, die mense regverdig verklaar, en die ewige lewe gee. 95 Dit is, as dit so was, sou die wet teenstrydig wees met die belofte. Maar dit is nie so nie, en daarom is hier geen teenstrydigheid nie. Sien Rom. 8:3. |
| r Rom. 3:9; 11:32. | 96 Naamlik, dit is ’n bewys dat die wet nie lewend of regverdig kan maak nie, omdat niemand die wet volmaak onderhou nie, maar alle mense daardeur oortuig word van sonde.
97 Dit is, die geskrewe wet, en die profete as verklaarders daarvan. 98 ’n Beeld geneem van misdadigers wat in die kerker toegesluit word om bewaar te word vir die straf. Sien dergelike in Rom. 11:32. 99 Dit is, die beloofde seëning en erfenis. 100 Dit is, deur die geloof in Christus, as deur ’n instrument waarmee die beloofde seëning aangeneem word. 101 Gr. aan hulle wat glo, naamlik in Christus; en nie aan die wat werk nie, dit is, wat deur die werke van die wet die geregtigheid soek, Joh. 3:16. Rom. 3:22; 4:4, 5. 102 Naamlik deur God, uit genade, verniet. |
| 103 Dit is, voordat Christus, wat die fondament van die geloof is, waar die geloof op sien en steun, in die vlees gekom het. Sien vers 19.
104 Die Griekse woord beteken so ’n bewaring wat met soldate en wagte in ’n plek van sekerheid plaasvind. Die apostel gebruik hier weer dieselfde beeld as in die vorige vers, soos uit die volgende woorde blyk. Dit wil egter voorkom of die apostel hier ook na hierdie gebruik van die wet verwys, dat dit gedien het om die Jode daarmee van die ander volke as ’t ware af te skei en te bewaar. Sien Deut. 4:7. Ps. 147:19. Ef. 2:14. 105 Dit is, met die oog op Christus, wat geopenbaar sou word, soos tevore. |
| s Matt. 5:17. Hand. 13:38. Rom. 10:4. | 106 Naamlik van die Jode, wat onder die wet was.
107 Gr. paedagogos, dit beteken iemand wat die kinders in die skool lei, onderrig en tugtig. So vergelyk hy dan die Jode onder die wet met kinders, en die gelowige Christene met volwassenes, wat geen tugmeester meer nodig het nie. 108 Dit is, om ons na Christus toe te lei. Die sedewet doen dit as dit ons van sonde oortuig en die vloek verkondig, en daarom vir ons wys dat ons dan, om gered te word, ons toevlug tot Christus moet neem, wat ons van die sonde en die vloek verlos het. En die seremoniële wet, omdat dit die mense nie net van hul sondes oortuig nie, maar ook voorbeelde en afbeeldinge van Christus en sy weldade was, 1 Kor. 5:7. Kol. 2:17, en geleer het dat dit wat daarin afgebeeld was, in Christus alleen te vinde is, Hebr. 9:10, 11, ens. 109 Dit is, deur die verdienste van Christus met ’n ware geloof deur ons aangeneem, en deur God uit genade aan ons toegereken. |
| 110 Dit is, Christus, op wie die geloof sien, soos in vers 23.
111 Omdat dit nou sy diens volbring het, en ons tot volwasse ouderdom gekom het, Ef. 4:13. |
| t Jes. 56:5. Joh. 1:12. Rom. 8:15. Gal. 4:5. | 112 Naamlik wat die evangelie aangeneem het, sowel heidene as Jode.
113 Gr. seuns, naamlik volwassenes, wat nie meer onder ’n tugmeester staan nie. Want hoewel die gelowiges van die Ou Testament onder die wet ook God se kinders was, was hulle nogtans as klein kindertjies onder ’n tugmeester gehou, en het daarom nie van diensknegte verskil nie, Gal. 4:1. 114 Sien Joh. 1:12. 115 Dit is, deur Christus, wat, omdat Hy die eie en eniggebore Seun van God is, vir ons verdien het dat ons om sy ontwil uit genade tot kinders aangeneem word, Ef. 1:5. |
| v Rom. 6:3. | 116 Dit moet verstaan word as almal wat nie net die uitwendige doop van water ontvang nie, maar ook die inwendige doop van die Gees, 1 Petr. 3:21, soos blyk in Simon die towenaar, Hand. 8:13, 21, wat wel die uitwendige, maar nie die inwendige doop ontvang het nie.
117 Dit is, in die Naam van Christus en in die geloof in Christus. 118 Naamlik soos ’n geestelike kleed, waarmee ons geestelike naaktheid en skaamte bedek word, en ons as ’t ware met ’n bruilofskleed versier word, Rom. 13:14. |
| x Joh. 17:21. | 119 Wat hy in die algemeen van alle gelowiges gesê het, verklaar hy nou breedvoeriger, en betuig dat daar onder hulle geen onderskeid meer is nie, van watter nasie, staat, of geslag hulle ook is.
120 Dit is, soos een mens, die een sowel as die ander, deur Christus erfgenaam gemaak van die ewige lewe. 121 Nie in die burgerlike orde of huishouding, waar wel ongelykheid is nie, maar aangaande die weldade van Christus. |
| y Gén. 21:12. Rom. 9:7. Hebr. 11:18. | 122 Naamlik Galásiërs, wat tevore heidene was en nou in Christus glo.
123 Dit is, Abraham se kinders, soos gesê word in vers 7, van wie almal Christus die Hoof is, as die beloofde saad van Abraham, verse 16, 19. 124 Naamlik wat aan Abraham en sy nageslag gemaak is, en daarom nie uit die werke van die wet nie. Sien vers 18. 125 Naamlik van die ewige lewe, waarvan die land Kanaän ’n voorbeeld was, Hebr. 11:9. |