Statevertaling – Bybelstigting

Galásiërs 6

Laaste vermaninge. Groete.

1

BROEDERS,a as iemand ewenwel 1deur 2een of ander misdaad 3oorval word, moet julle 4wat geestelik is, so een 5reghelp 6met die gees van sagmoedigheid, 7terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie 8versoek word nie.

2

b9Dra mekaar se 10laste en 11vervul so 12die wet van Christus.

3

Want as iemand 13meen dat hy iets is, 14terwyl hy niks is nie, 15mislei hy homself.

4

Maar laat elkeen 16sy eie werk 17op die proef stel; en 18dan sal hy grond vir 19roem hê 20alleen wat homself betref en 21nie wat die ander betref nie.

5

cWant elkeen sal 22sy eie pak dra.

6

dMaar laat hom wat 23in die Woord 24onderwys ontvang, 25meedeel 26van alle goeie dinge aan hom wat 27onderwys gee.

7

e28Moenie dwaal nie; God laat Hom nie 29bespot nie; fwant net wat die mens 30saai, dit sal hy ook maai.

8

Hy wat 31in sy vlees saai, sal 32uit die vlees 33verderf 34maai; maar hy wat 35in die Gees saai, sal 36uit die Gees 37die ewige lewe maai.

9

gEn laat ons 38nie moeg word 39om goed te doen nie, want 40op die regte tyd sal ons 41maai as ons nie 42verslap nie.

10

Laat ons dan, 43terwyl ons geleentheid het, aan 44almal 45goed doen, maar hdie meeste aan die 46huisgenote van die geloof.

11

47Kyk 48met watter groot letters ek 49met my eie hand aan julle skrywe.

12

Almal 50wat ’n mooi vertoning 51in die vlees wil maak, dié dwing julle om julle te laat besny net om nie 52ter wille van die kruis van Christus 53vervolg te word nie.

13

Want ook hulle 54wat besny word, 55hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle 56in julle vlees kan roem.

14

Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, 57behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, 58deur wie 59die wêreld 60vir my gekruisig is en 61ek vir die wêreld.

15

iWant 62in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid 63enige krag, maar ’n 64nuwe skepsel.

16

kEn mag daar 65vrede en 66barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel 67volgens hierdie reël, en 68oor die Israel van God!

17

Verder moet 69niemand my moeite aandoen nie, lwant ek dra 70die littekens van die Here Jesus in my liggaam.

18

71Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle 72gees, broeders! Amen.

a Rom. 14:1; 15:1. 1 Kor. 9:22. 1 Gr. in.

2 Naamlik waardeur hy julle of ander geërger het.

3 Of: oorkom, verras, naamlik uit onversigtigheid of swakheid, nie uit moedswillige opset nie.

4 Dit is, wat deur God se Gees verlig is, en begenadig met die vermoë om ander te vermaan. Sien 1 Kor. 3:1.

5 Naamlik met goeie onderwysing en vermaning. Die Griekse woord beteken eintlik: heelmaak, volmaak, die gebrek vervul of iets herstel. Sien Matt. 4:21.

6 Gr. in die gees.

7 Dit is, terwyl hy aan sy eie swakhede dink, dat hy ook daardeur maklik met dergelike sondes oorval kan word.

8 Dit is, deur versoekings van die duiwel en van die vlees tot dergelike sondes gebring word.

b Matt. 11:29. Joh. 13:14. Rom. 15:1. 1 Thess. 5:14. 9 Dit is, help dra, om dit te verdra, te verbeter, en weg te neem met Christelike beskeidenheid en medelye.

10 Dit is, swakhede en gebreke, wat soos ’n swaar las op die mense lê.

11 Dit is, voldoen, volbring, onderhou.

12 Naamlik om mekaar lief te hê, Joh. 13:34, 35. Hoewel dit ook deur Moses beskryf is, Lev. 19:18, word dit hier in die besonder Christus se wet genoem, omdat Hy dit sy dissipels uitdruklik beveel het, sowel met vermaning as met sy voorbeeld, Joh. 15:12. 1 Joh. 3:16.

13 Dit is, meen dat hy iets groots, heiligs of besonders is, baie van homself hou, en reken dat hy beter is as sy naaste. Daaruit spruit gewoonlik dat ’n mens die gebreke van sy naaste so hard bestraf.

14 Dit is, omdat hy uit homself niks goeds het nie, en alles wat hy het van God ontvang het, 1 Kor. 4:7. 2 Kor. 3:5.

15 Dit is, maak homself dwaaslik wys wat nie waar is nie.

16 Dit is, sy eie optrede en handelinge; nie soseer die optrede van ander nie.

17 Dit is, ondersoek en toets, nie na sy eie goeddunke nie, maar volgens die reël en toetssteen van die wet van God.

18 Naamlik as hy bevind dat sy optrede met die wet van God ooreenkom.

19 Dit is, met ’n goeie gewete sal mag roem, nie vanweë sy waardigheid of verdienste nie, Rom. 3:27. 1 Kor. 1:29, 31, maar omdat hy opreg voor God wandel volgens God se wet, 1 Kor. 9:15. 2 Kor. 1:12.

20 Dit is, uit sy eie goeie lewenswandel, en in sy eie gewete.

21 Dit is, deur hom nie met ander te vergelyk, wat na sy mening nie so goed soos hy is nie, soos die Fariseër gedoen het, Luk. 18:11.

c Ps. 62:13. Jer. 17:10; 32:19. Matt. 16:27. Rom. 2:6; 14:12. 1 Kor. 3:8. 2 Kor. 5:10. Openb. 2:23; 22:12. 22 Dit is, aan God rekenskap gee oor sy eie werke, en volgens sy eie optrede geoordeel word.
d Rom. 15:27. 1 Kor. 9:11. 23 Naamlik van God.

24 Die Griekse woord kategoumenos beteken wel iemand wat in die eerste beginsels van die godsdiens onderwys ontvang, maar hier word dit breedvoeriger gebruik vir allerlei toehoorders, van watter stand hulle ook is, wat deur die prediking van die goddelike Woord in die Christelike godsdiens onderwys ontvang.

25 Dit is, ook sy deel tot onderhoud van die leraars gee.

26 Gr. in alle goedere, dit is, mildelik, sodat die leraars des te beter, sonder verhindering, al hul tyd aan die bediening van hul amp kan bestee.

27 Gr. katkiseer, soos tevore.

e 1 Kor. 6:10.

f Luk. 16:25.

28 Dit is, moenie jou ydellik inbeeld of laat wysmaak nie.

29 Gr. God word nie bespot nie, naamlik met ydele ontwykings, wat baie gebruik om die bevele van God nie te gehoorsaam nie; aangesien Hy die ontwykings nie aanneem nie, en ook nie sonder straf laat verbygaan nie.

30 Dit is, meegedeel het, sowel aan die leraars, waarvan tevore gespreek is, as aan die armes, waarvan hy hierna spreek. ’n Beeld waarmee die oorvloedige vrug van die mededeelsaamheid aangewys word. Soos uit een koringkorrel wat gesaai word, dikwels honderdvoudig weer opgroei en gemaai word, Gén. 26:12. Sien hieroor ook 2 Kor. 9:6.

31 Wat sy goedere slegs bestee om wellustig daarvan te lewe, of skatte vir hom te vergader, en nie dink aan die onderhouding van die kerkdienaars, óf van die armes nie.

32 Dit is, uit hierdie misbruik van die goedere, wat slegs aan sy vlees bestee word.

33 Naamlik tydelik en ewig.

34 Dit is, hy sal daarvan vergelding en vrug ontvang.

35 Dit is, wat sy goedere aan geestelike sake bestee, om God se eer en die saligheid van die mense daardeur te bevorder, en aan die armes goed te doen.

36 Dit is, omdat hy sy goedere aan geestelike sake bestee het.

37 Dit is, nie net hier in hierdie lewe tydelike seën ontvang nie, maar ook hiernamaals die ewige geluksaligheid, as ’n vrug van weldadigheid, nie uit verdienste nie, maar uit genade. Sien Matt. 25:34, 35, ens.

g 2 Thess. 3:13. 38 Die Griekse woord beteken om deur enige kwaad in die goeie te verslap; soos dikwels gebeur in hierdie saak, omdat daar ’n groot hoeveelheid armes is, en daar onder hulle dikwels baie onwaardiges en baie ondankbares is; en omdat die tyd van vergelding nie dadelik kom nie.

39 Dit is, om weldadigheid te betoon.

40 Dit is, hoewel die tyd van vergelding uitgestel word, soos daar tyd is tussen saai en maai, sal dit nogtans sekerlik kom.

41 Sien vers 8.

42 Gr. ontbind of losgemaak wees.

h 1 Tim. 5:8. 43 Naamlik om te saai, dit is, om aan die armes goed te doen; wat in die tyd van hierdie lewe, wat kort en onseker is, moet gebeur.

44 Naamlik armes, of ander wat ons hulp en bystand nodig het. Sien Luk. 10:36, 37.

45 Gr. die goeie werk, dit is, weldadigheid betoon.

46 Dit is, die gelowige Christene, wat saam met ons lidmate van die gemeente is, wat die huis van die lewende God is, 1 Tim. 3:15. Ons is aan húlle meer verbonde; en dit sou onbehoorlik wees, dat diegene wat aan een huis behoort, mekaar honger en gebrek sou laat ly.

47 Of: Julle kyk.

48 Of: met hoeveel woorde of skrifte.

49 Naamlik sonder om dit deur die hand van ’n ander te laat skryf, soos hy soms wel gedoen het, Rom. 16:22, en waar hy slegs sy naam met die groet daaronder geskryf het, 1 Kor. 16:21. Kol. 4:18. Hier wys hy dan hoe hoog hy die Galásiërs ag; en hy het dit gedoen sodat die valse apostels nie sou sê dat dit nie Paulus se brief was nie, of ’n ander brief in die plek daarvan sou voortbring, asof dit deur hom geskryf was nie, soos hulle gewoonlik wel gedoen het, 2 Thess. 2:2.

50 Of: wat wel aangesien of aansienlik wil wees. Hy bedoel hier die valse apostels.

51 Dit is, deur die onderhouding van die uiterlike en liggaamlike seremonies.

52 Dit is, ter wille van die leer van Christus, wat so genoem word, omdat dit die samevatting en inhoud daarvan is, dat die lewe vir ons deur die kruis van Christus verkry is, 1 Kor. 2:2.

53 Naamlik deur die Jode, soos ons daagliks deur hulle die meeste vervolg word, omdat ons leer dat die wet van Moses deur Christus vervul is en tot ’n einde gekom het.

54 Naamlik, en die besnydenis so sterk dryf asof dit nog vir die saligheid noodsaaklik is.

55 Naamlik in die ander dele, wat ook in die wet gebied word nie, maar hulle lei ’n onreëlmatige of huigelagtige lewe.

56 Dit is, hulle onder julle baie aanhangers kan kry, en daardeur ydellik roem by die Jode.

57 Dit is, in die regsinnige leer van Christus, wat vir ons gekruisig is, 1 Kor. 2:2.

58 Naamlik die kruis van Christus; of: Christus die Gekruisigde. Die betekenis kom op dieselfde neer.

59 Dit is, die eer, die guns en die aansien by die mense.

60 Dit is, deur my verag en verwerp word.

61 Naamlik omdat ek oor die leer van Christus deur die wêreld verag, vervolg en verstoot word, 1 Kor. 4:12, 13.

i Matt. 12:50. Joh. 15:14. 2 Kor. 5:16. Gal. 5:6. Kol. 3:11. 62 Dit is, in die ryk en die gemeente van Christus, of: volgens die leer van Christus. Sien Gal. 5:6.

63 Naamlik om deur die besnydenis die ewige lewe te verkry, of deur die voorhuid verhinder te word om dit te verkry.

64 Of: nuwe kreatuur of skepping, waardeur die wedergeboorte en vernuwing van die mens deur die Heilige Gees verstaan word. Sien 2 Kor. 5:17.

k Ps. 125:5. 65 Dit is, allerlei geestelike seëninge, en vernaamlik versoening met God en versekering daarvan deur die Heilige Gees in hulle gemoed, Rom. 5:1.

66 Naamlik van God, wat die Fontein is waaruit die versoening en saligheid van die mens vloei.

67 Dit is, volgens hierdie leer, wat ek in hierdie brief oor die regverdigmaking van die mens voor God, oor die Christelike vryheid, en oor die Christelike wandel voorgestel en verklaar het.

68 Dit is, oor alle ware gelowiges, wat ware Israeliete is, en deur God as sodanig geken word; hy voeg dit daarby om hulle van die Israeliete na die vlees te onderskei. Sien Rom. 2:28, 29; 9:6, ens.

l 2 Kor. 4:10. 69 Naamlik van hierdie valse apostels. Hy spreek dit met apostoliese gesag om hul verdere moedswil te bedwing.

70 Naamlik deur die slae, boeie en wonde, wat ek ter wille van Christus en sy leer ontvang het. Hiermee wil hy toon dat hy geen vervolging ontsien het nie, soos die valse apostels wel gedoen het. Sien 2 Kor. 11:23, ens.

71 Dit is ’n groet en wens, waarmee die apostel sy briewe afsluit, soos hy self getuig in 2 Thess. 3:17. Sien ook Rom. 16:24. 1 Kor. 16:23. 2 Kor. 13:13.

72 Dit is, siel, gemoed.

Einde van die brief van PAULUS aan die Galásiërs.