Statevertaling – Bybelstigting

Handelinge 1

Inleiding. Hemelvaart van Jesus.

(Matt. 28:19, 20; Mark. 15:15 vv.; Luk. 24:51 vv.)

1

DIE1 eerste verhaal, 2Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het

2

atot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy 3uitverkies het, 4deur die Heilige Gees b5bevele gegee het;

3

caan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend 6vertoon het deur baie 7kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het.

4

dEn 8toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op 9die belofte van die Vader, ewat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.

5

fWant Johannes het wel met water gedoop, gmaar julle sal 10met die Heilige Gees gedoop word 11nie lank ná hierdie dae nie.

6

Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: hHere, gaan U in hierdie tyd 12die koninkryk 13vir Israel weer oprig?

7

En Hy antwoord hulle: iDit kom julle nie toe om die tye of 14geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;

8

k15maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, len julle sal 16my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

9

mEn nadat Hy dit gesê het, is Hy 17opgeneem terwyl hulle dit sien; en ’n wolk het Hom voor hulle oë 18weggeneem.

10

En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar 19twee manne in n20wit klere by hulle,

11

wat sê: 21Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, osal 22net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.

12

Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word 23Olyfberg, wat naby Jerusalem is, 24’n sabbatsreis ver.

13

En toe hulle 25daar kom, gaan hulle na die bovertrek waar hulle gewoond was om te vertoef, naamlik: 26Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas, Filippus en Thomas, Bartholoméüs en Matthéüs, Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon, die Yweraar, en 27Judas, die seun van Jakobus.

14

Hulle almal het eendragtig 28volhard in gebed en smeking, saam met ’n aantal 29vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met psy 30broers.

Matthías as apostel gekies in die plek van Judas.

15

EN 31in dié dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan — die skare van 32persone daar bymekaar was omtrent honderd-en-twintig — en gesê:

16

Broeders, hierdie Skrif moes vervul word qwat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas rwat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;

17

swant hy is saam met ons getal 33gereken en het 34die lot van hierdie bediening verkry.

18

Hy het dan 35’n stuk grond 36gekoop 37met die loon 38van ongeregtigheid ten 39het vooroor 40geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgestort;

19

en dit het 41bekend geword aan al die inwoners van Jerusalem, sodat daardie stuk grond 42in hulle eie taal vAkeldáma genoem is, dit is 43Bloedgrond.

20

Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: xLaat sy 44woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! y45En: 46Laat ’n ander een 47sy opsienersamp neem.

21

zVan die manne dan wat saam met ons 48rondgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons 49in- en uitgegaan het,

22

50van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy avan ons opgeneem is — van hulle moet daar een saam met ons getuie word 51van sy opstanding.

23

bEn hulle het twee voorgestel: 52Josef wat genoem is Bársabas, met die bynaam van Justus, en Matthías.

24

En hulle het gebid en gesê: 53U, Here, cwat die 54harte van almal ken, 55wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het

25

om 56die lot van hierdie bediening en apostelskap te verkry, waarvan Judas 57afgewyk het om heen te gaan 58na sy eie plek.

26

Toe 59werp hulle die lot, en die 60lot het op Matthías geval; en hy is gekies 61om saam met die elf apostels te wees.

1 Gr. Die eerste rede, waarmee hy sy Evangelie bedoel. Sodat daaruit, asook uit die volgende, blyk dat die heilige evangelis Lukas ook hierdie boek geskryf het.

2 Sien oor hierdie Theófilus Luk. 1:3 se kanttekening.

a Mark. 16:19. Luk. 9:51. 1 Tim. 3:16.

b Joh. 20:21.

3 Naamlik tot die apostelamp. Sien Matt. 10:1, ens.

4 Dit kan in die Griekse teks gevoeg word, óf by die woorde bevele gegee het, óf by die woorde uitverkies het.

5 Naamlik hoe hulle die evangelie moes verkondig deur die hele wêreld, Matt. 28:19. Mark. 16:15, en in Jerusalem wag op die sending van die Heilige Gees, Luk. 24:49.

c Mark. 16:14. Joh. 20:19; 21:1. 1 Kor. 15:5. 6 Gr. voorgestel, of: teenwoordig gestel het in baie, ens.

7 Naamlik waaruit duidelik geblyk het, dat Hy waarlik met dieselfde liggaam uit die dode opgestaan het; soos dat Hy dikwels aan hulle verskyn het, dikwels met hulle gespreek en geëet het, en dat hulle sy littekens gesien en aangeraak het, Lukas 24. Johannes 20; 21.

d Luk. 24:48, 49.

e Joh. 14:26; 15:26; 16:7.

8 Of: toe Hy hulle byeengebring het.

9 Dit is, die Heilige Gees, wat die Vader deur Hom beloof het om aan hulle te stuur, Luk. 24:49. Joh. 14:26.

f Matt. 3:11. Mark. 1:8. Luk. 3:16. Joh. 1:26. Hand. 11:16; 19:4.

g Jes. 44:3. Joël 2:28. Hand. 2:4; 11:15.

10 Gr. in die Heilige Gees, naamlik wat Ek op die pinksterdag soos water oor julle sal uitstort. Dieselfde word ook deur Johannes die Doper vooruit aangekondig, Matt. 3:11.

11 Gr. nie ná baie van hierdie dae nie, naamlik tien dae daarna.

h Matt. 24:3. 12 Naamlik waaroor die profete tevore gesê het dat dit deur die Messías opgerig sal word, en hulle het nog gemeen, volgens die algemene dwaling, dat dit ’n aardse koninkryk sal wees.

13 Dit is, vir die volk of die nakomelinge van Israel.

i Matt. 24:36. 14 Naamlik van die tye, waarop God dit wat Hy verordineer en beloof het, sal wil uitvoer.
k Hand. 2:4.

l Jes. 2:3. Luk. 24:48. Joh. 15:27. Hand. 2:32.

15 Of: maar julle sal krag van die Heilige Gees ontvang, wat oor julle sal kom.

16 Gr. vir My getuies wees, naamlik dat Ek die beloofde Messías en Saligmaker van die wêreld is.

m Mark. 16:19. Luk. 24:51. 17 Dit is, liggaamlik en sigbaar van die aarde opgehef na die hemel, Mark. 16:19. Hebr. 1:3; 8:1, wat deur Paulus die derde hemel en die paradys genoem word, 2 Kor. 12:2, 4.

18 Of: opgeneem, en dus weg voor hulle oë.

n Matt. 28:3. 19 Dit is, twee engele in die gedaante van manne. Sien Gén. 18:2 en die kanttekening.

20 So het die engele gewoonlik verskyn, om daarmee die reinheid van hul natuur te toon en dat hulle gekom het om blye tydings te verkondig. Sien Matt. 28:3. Mark. 16:5. Joh. 20:12.

o Dan. 7:13. Matt. 24:30. Mark. 13:26. Luk. 21:27. 1 Thess. 1:10. 2 Thess. 1:10. Openb. 1:7. 21 Sien Hand. 2:7.

22 Dit is, op so ’n wyse, sigbaar en in ’n wolk, Mark. 13:26. Luk. 21:27. Openb. 1:7.

23 Gr. olyfboord. Sien oor hierdie berg Matt. 21:1.

24 Dit is, so ver as die Jode mog reis op ’n sabbatdag, waarop dit verbode was om ver te reis, Ex. 16:29, wat, na sommige se mening, omtrent sewe stadia was. Sodat [aangesien ’n stadion ongeveer eenhonderd-vyf-en-tagtig meter is] dit omtrent ’n kwartier se stap sou wees. En omdat gesê word in Joh. 11:18, dat Betánië, van waar Christus na die hemel opgevaar het volgens Luk. 24:50, vyftien stadia van Jerusalem af was, so moet dit verstaan word as die begin van die Olyfberg, terwyl Betánië verder op die berg geleë was.

25 Naamlik nie net in die stad nie, maar ook in ’n huis, wat sommige meen die huis van Maria was, die moeder van Johannes Markus, waarvan ’n mens lees in Hand. 12:12 en die kanttekening.

26 Sien oor hierdie apostels Matt. 10:2, ens.

27 Hierdie Judas is so genoem om onderskei te word van Judas Iskáriot, die verraaier. Hy is soms ook Lebbéüs genoem, Matt. 10:3.

p Matt. 13:55. 28 Dit is, kragtig, standvastig en met lydsaamheid volhard.

29 Naamlik wat Christus van Galiléa af gevolg en Hom gedien het, Matt. 27:55, 56. Mark. 15:40. Luk. 23:55. Joh. 19:25, en ook die apostels se vroue, wat ook versterking nodig gehad het, aangesien hulle saam met hul manne sou reis, 1 Kor. 9:5.

30 Sommige meen dit is neefs en bloedverwante, sien Matt. 12:46 se kanttekening, soos Jakobus, Joses, Simon en Judas, wat deur sommige as seuns van die suster van Maria, Christus se moeder, gesien word, Matt. 13:55 se kanttekening.

31 Dit is, op één van daardie dae.

32 Gr. name, dit is, hoofde, of mense wat by hul name getel word. Sien Openb. 3:4; 11:13.

q Ps. 41:10. Matt. 26:23. Joh. 13:18.

r Matt. 26:47. Mark. 14:43. Joh. 18:3.

s Matt. 10:4. Mark. 3:19. Luk. 6:16. 33 Of: getel.

34 So word die diens van die apostelskap genoem, omdat dit deur God, nie uit verdienste of waardigheid nie, maar na sy welbehae gegee word, Hand. 8:21.

t 2 Sam. 17:23. Matt. 27:5. 35 Naamlik Bloedgrond, vers 19.

36 Naamlik omdat hy die Jode geleentheid gegee het, om die grond te koop met die geld wat hulle aan hom vir sy verraad gegee het, Matt. 27:6, 7. Sodat dit nie verstaan moet word as die voorneme van Judas nie, maar as die uitkoms wat daarop gevolg het.

37 Gr. uit die loon.

38 Dit is, van die onregverdige daad van verraad.

39 Omdat gesê word, Matt. 27:5, dat hy homself opgehang het, is die algemene mening dat hy homself met ’n tou opgehang het, en dat hy vervolgens óf vooroor in die tou ingeval het, óf dat die tou gebreek het, sodat hy vooroor geval en oopgebars het, en dat hy só sy ingewande deur ’n regverdige oordeel van God uitgestort het. Sien ’n dergelike voorbeeld in Agitófel, 2 Sam. 17:23.

40 Gr. geword.

v Matt. 27:8. 41 Naamlik dat God die verraaier Judas met so ’n dood gestraf het.

42 Naamlik in die Siriese of Aramese taal, wat die Jode ná die Babiloniese ballingskap gebruik het.

43 Naamlik omdat dit gekoop is met die geld waarvoor die bloed van Christus verkoop was.

x Ps. 69:26.

y Ps. 109:8.

44 Dawid, as ’n voorbeeld van Christus in Psalm 69, spreek wel in die algemeen van sy vyande; maar omdat daar ook in dieselfde psalm van die lyding van Christus geprofeteer word, pas die apostel Petrus dit in die besonder toe op Judas, wat ’n verraaier van Christus was.

45 Dit wat volg word op ’n ander plek in die boek van die Psalms gesê.

46 Dit wil voorkom of Dawid hierdie woorde in Psalm 109 spreek oor Doëg, wat een van die opsieners van koning Saul was en hom saam met die priesters van Nob verraai het; maar aangesien Dawid ’n voorbeeld van Christus was, word dit ook deur Petrus toegepas op Judas, wat die Here Christus verraai het.

47 Hoewel die Griekse woord soms allerlei opsienersampte beteken, word dit hier nogtans in die besonder gebruik vir die apostelamp van Judas, en dit word so genoem, omdat die dienaars van die evangelie sorg het oor die gemeente, Hand. 20:28.

z Hand. 6:3. 48 Of: vergader was, naamlik toe ons Christus gevolg het. Onder wie sonder twyfel ook die sewentig dissipels sou wees.

49 Dit is, gemeensaam met ons verkeer het, met ons heen en weer gegaan het, en sy amp as ons Here en Meester onder ons bedien het. ’n Hebreeuse spreekwyse. Sien Deut. 31:2. Ps. 121:8. Joh. 10:9.

a vers 9. 50 Dit is, van die tyd af dat Johannes begin het om te preek en te doop; want toe het die bediening van die evangelie begin, en kort daarna het Christus self ook begin om sy amp te bedien.

51 Asook van alle ander leringe en dade van Christus. Hier word egter slegs melding gemaak van sy opstanding, omdat daardeur kragtig bewys is dat Hy die Seun van God en die ware Messías is, Hand. 2:32. Rom. 1:4.

b Hand. 6:6. 52 Hy word in sommige boeke Joses genoem en word beskou as ’n broer van Jakobus die kleine.
c 1 Sam. 16:7. 1 Kron. 28:9; 29:17. Ps. 7:10. Jer. 11:20; 17:10; 20:12. Hand. 15:8. Openb. 2:23. 53 Sien die rede hiervoor in Gal. 1:1 se kanttekening.

54 Dit is, U wat weet wat die inwendige gesindheid van die hart is.

55 Naamlik deur die lot, wat deur U bestier word, Spr. 16:33.

56 Sien vers 17.

57 Of: afgestap het, dit is, waaruit Judas vanweë sy boosheid geval het.

58 Naamlik wat vir hom en diegene soos hy, deur God na sy regverdige oordeel verordineer is, en die plek van pyniging genoem word, Luk. 16:28.

59 Gr. gee, naamlik van Josef en Matthías, uit wie een deur die lot verkies sou word, sodat sy roeping tot die apostelskap as ’t ware van God self sou kom.

60 Sien dergelike in die verkiesing van Saul tot die koningsamp, 1 Sam. 10:20.

61 Dit is, hulle het almal hierdie goddelike verkiesing goedgekeur en aangeneem.