Statevertaling – Bybelstigting

Handelinge 10

Die hoofman Cornelius.

1

EN daar was in 1Cesaréa ’n man met die naam van Cornelius, ’n hoofman oor honderd van die sogenaamde 2Italiaanse 3leërafdeling.

2

Hy met sy hele huis was 4vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.

3

Hy het duidelik 5in ’n gesig omtrent 6die negende uur van die dag ’n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius!

4

En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: 7Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God 8in gedagtenis gekom.

5

Stuur dan nou manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word.

6

Hy is tuis by ’n sekere Simon, ’n leerlooier, wie se huis by die see is. Hy sal jou sê wat jy moet doen.

7

En toe die engel wat met Cornelius gespreek het, weg was, roep hy twee van sy huisbediendes en ’n vroom soldaat van die wat altyd by hom was,

8

en vertel hulle alles en stuur hulle na Joppe.

9

En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent 9die sesde uur 10op die dak ageklim om te bid;

10

en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar 11’n verrukking van sinne oor hom gekom:

11

hy sien die hemel geopend en ’n voorwerp soos ’n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier 12hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word.

12

Daarin was 13al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel.

13

Toe kom daar ’n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet!

14

En Petrus sê: Nooit nie, Here, want bek het nooit iets 14onheiligs of onreins geëet nie.

15

En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: cWat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig 15ag nie.

16

En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem.

17

En terwyl Petrus by homself daaroor verleë was wat die gesig tog kon beteken wat hy gesien het, staan die manne wat deur Cornelius gestuur was, daar by die poort en verneem na die huis van Simon.

18

En hulle roep en vra of Simon, wat ook Petrus genoem word, daar tuis is.

19

En terwyl Petrus nadink oor die gesig, 16sê die Gees vir hom: Daar is drie manne wat jou soek.

20

dStaan 17dan op, klim af en gaan saam met hulle 18sonder om te twyfel, want Ek het hulle gestuur.

21

En Petrus het afgeklim na die manne wat deur Cornelius na hom gestuur was, en gesê: Kyk, dit is ek wat julle soek. Wat is die rede waarom julle hier is?

22

En hulle sê: Cornelius, ’n hoofman oor honderd, ’n regverdige en godvresende man, wat ’n goeie naam het by die hele 19Joodse nasie, het ’n goddelike openbaring ontvang deur ’n heilige engel, om u te laat haal na sy huis om te hoor 20wat u sal sê.

23

En hy het hulle binnegenooi en 21geherberg. En die volgende dag het Petrus saam met hulle afgereis, en 22enkele van die broeders uit Joppe het met hom saamgegaan.

24

Die dag daarop het hulle in Cesaréa aangekom. En Cornelius was hulle te wagte, en hy het alreeds sy familie en 23besondere vriende bymekaargeroep.

25

Toe Petrus dan binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan en aan sy voete neergeval en 24hom hulde bewys.

26

Maar Petrus het hom opgerig en gesê: eStaan op, ek is self ook maar ’n mens.

27

En onderwyl hy met hom spreek, gaan hy binne en vind baie wat vergader het;

28

en hy sê vir hulle: fJulle weet dat dit 25ongeoorloof is vir ’n Joodse man om met iemand van ’n 26ander volk omgang te hê of hom te besoek; gmaar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag 27noem nie.

29

Daarom het ek, toe ek 28gehaal is, gekom sonder om teë te spreek. Ek vra dan om watter rede julle my laat haal het.

30

En Cornelius sê: Vier dae gelede was ek besig om te vas 29tot op hierdie uur, en die negende uur het ek in my huis gebid,

31

en meteens staan daar 30’n man voor my hin ’n blink kleed en sê: Cornelius, jou gebed is verhoor en jou aalmoese is voor God 31in herinnering gebring.

32

Stuur dan na Joppe en laat Simon haal wat ook Petrus genoem word. Hy vertoef in die huis van Simon, ’n leerlooier, by die see; as hy kom, sal hy met jou spreek.

33

Ek het toe op die daad na u gestuur, en u het goed gedoen om te kom. Ons is dan nou almal voor die aangesig van God aanwesig om alles te hoor wat deur God aan u opgedra is.

34

En Petrus 32het sy mond geopen en gesê: Ek 33sien waarlik idat God 34geen aannemer van die persoon is nie,

35

kmaar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.

36

35Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van 36vrede l37verkondig het deur Jesus Christus — Hy is die Here van almal.

37

Julle 38weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het en van Galiléa af mbegin het, ná die doop wat Johannes gepreek het,

38

met betrekking tot Jesus van Násaret, nhoe God Hom 39gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat 40God met Hom was.

39

En ons is getuies van alles wat Hy gedoen het in die Joodse land en in Jerusalem. En hulle het Hom omgebring deur Hom aan ’n kruishout op te hang.

40

oHom het God op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou verskyn

41

nie aan die hele volk nie, maar aan getuies wat deur God 41vantevore verkies was, aan ons wat met Hom saam geëet en gedrink het nadat Hy uit die dode opgestaan het.

42

pEn Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat qdeur God bestem is as Regter van 42lewende en dode.

43

rAangaande Hom getuig al die profete sdat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes 43deur sy Naam ontvang.

44

tEn toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal 44geval wat die woord gehoor het.

45

En die gelowiges 45uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, 46was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.

46

vWant hulle het gehoor hoe hulle 47in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek:

47

xNiemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?

48

En 48hy het beveel 49dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here. Toe het hulle hom gevra om nog ’n paar dae te bly.

1 Daar was in daardie tyd meer stede met hierdie naam; maar hier word gespreek van Cesaréa Palestinae, tevore die Toring van Strato genoem, en deur Herodes, ter ere van keiser Augustus, Cesaréa genoem; geleë aan die Middellandse See, omtrent ’n halwe dagreis van Joppe af; wat een van die vernaamste en sterkste stede van Palestina was, waar die Romeine gewoonlik ’n garnisoen gehad het. Sien Josephus, Joodse Oorlog.

2 Elke afdeling het sy eie naam gehad; hierdie is die Italiaanse genoem omdat dit bestaan het uit Italiaanse soldate.

3 Gr. speira, dit is, owerste, of regiment, waaruit hierdie afdeling tot bewaring van die stad deur die Romeinse keiser gestel was.

4 Hy was dus reeds gelowig en wedergebore, en het die regte kennis van die ware God van Israel en van die Messías wat die Jode verwag het, gehad, waarsonder hierdie deugde in niemand kan wees nie. Sien verse 15, 22, 43.
5 Dit is, in ’n verskyning voor sy liggaamlike oë, soos blyk uit die volgende vers en vers 31. Want die engele het meermale ’n liggaamlike gedaante aangeneem en daarin aan mense verskyn.

6 Dit is, die derde ná die middag, wat vir die Jode ’n gebruiklike uur van gebed was, Hand. 3:1, wanneer daagliks begin is om die aandoffer in die tempel in Jerusalem te offer, Ex. 29:39.

7 Naamlik wat u van my begeer.

8 Of: tot gedagtenis, of: tot ’n gedagtenis. ’n Beeld, geneem van die offers van die Ou Testament, en in die besonder van die reukoffer; waardeur die aangenaamheid van sy gebede en aalmoese te kenne gegee word, omdat dit vrugte is van die ware geloof, waarsonder nie ons of ons werke God kan behaag nie, Rom. 10:14. Hebr. 11:6. 1 Petr. 2:5.

a 2 Kon. 4:33. Matt. 6:6. 9 Dit is, omtrent die middag, wat ook by die Jode ’n gebruiklike uur van gebed was. Sien Ps. 55:18. Dan. 6:11.

10 Naamlik van die huis, omdat die Joodse huise bo-op plat was; naamlik om daardeur alleen te wees en in meer vryheid te bid.

11 Gr. ekstasis, dit is, uitsinnigheid, wanneer die mens buite homself is; en dit was ’n geestelike gesig, sonder medewerking van die uitwendige sinne, wat dan stil was en geen gebruik gehad het nie. Die profete het dikwels sulke gesigte gehad. Sien Jes. 6:1. Eség. 1:1, en deurlopend in die Openbaring van Johannes.
12 Gr. beginpunte.
13 Dit is, allerlei, of van alle soorte.
b Lev. 11:4. Deut. 14:7. 14 Dit is, iets wat God in die Ou Testament verbied het om as voedsel te gebruik. Sien Lev. 11:4. Deut. 14:7.
c Matt. 15:11. Rom. 14:17, 20. 1 Tim. 4:4. Tit. 1:15. 15 Dit is, maak, of noem.
16 Naamlik deur ’n inwendige inspraak, soos die gesig ook inwendig was. Sien Hand. 11:12.
d Hand. 15:7. 17 Gr. maar.

18 Naamlik of jy so iets mag doen of nie, omdat hulle heidene is.

19 Naamlik waarmee hy te doen gekry het, en in wie se wet hy onderrig was, soos uit vers 43 blyk dat hy die profete geglo het.

20 Of: woorde, dinge, sake, naamlik aangaande die saligheid, soos deur Petrus verklaar word, Hand. 11:14.

21 Of: ontvang, laat loseer.

22 Naamlik ses in getal, soos daar staan in Hand. 11:12.

23 Gr. noodsaaklike.
24 Naamlik deur hom burgerlike eerbied te bewys. Want omdat Cornelius die ware God van Israel geken en gevrees het, is dit nie geloofwaardig dat hy Petrus as God geëer het nie; maar omdat die eer wat hy hom bewys het, die normale eer te buite gegaan en ’n skyn van goddelike eer gehad het, het Petrus hom tereg daaroor berispe, soos ook die engel Johannes in ’n soortgelyke geval bestraf, Openb. 22:9.
e Hand. 14:15. Openb. 19:10; 22:9.
f Ex. 23:32; 34:15. Deut. 7:2. Joh. 4:9; 18:28. Hand. 11:3.

g Hand. 15:8. Ef. 3:6.

25 Hoewel ons geen duidelike verbod hiervan vind in die Ou Testament nie, was dit nogtans ’n verordening en gebruik onder die Jode, gegrond op goeie redes, dat hulle nie met heidene en ander onheilige mense in noue gemeenskap mog leef nie, om nie deur hulle verlei te word tot afgodery of hul ander sondes nie. Sien Ex. 23:32. Jos. 23:7, 12. 2 Kor. 6:14. 2 Joh. vers 10. Openb. 18:4, ens.

26 Gr. allofulos, dit is, iemand wat van ’n ander volk of geslag is, naamlik vreemd van die geslag van die Jode, en gevolglik vreemd van die beloftes van God, Ef. 2:12.

27 Gr. . Sien oor hierdie saak verse 34, 35.

28 Gr. laat haal.
29 Naamlik van daardie dag. Sien vers 3.
h Matt. 28:3. Mark. 16:5. Luk. 24:4. 30 Dit is, ’n engel in die gedaante van ’n man, vers 3.

31 Sien vers 4 se kanttekening.

i Deut. 10:17. 2 Kron. 19:7. Job 34:19. Rom. 2:11. Gal. 2:6. Ef. 6:9. Kol. 3:25. 1 Petr. 1:17. 32 Sien oor hierdie manier van spreek Matt. 5:2 se kanttekening.

33 Dit is, bevind, begryp.

34 Dat God nie let op die uiterlike omstandighede van mense nie, dat iemand vir Hom welgevallig sou wees omdat hy ’n Jood of Griek, arm of ryk, edel of onedel is, Gal. 5:6; 6:15. Kol. 3:11. En hier word in die besonder verwys na die tyd van die Nuwe Testament, waartydens die onderskeid van Jode en heidene, en gevolglik ook van die werking van die Heilige Gees in die een volk meer as in die ander, deur die koms van Christus weggeneem is, soos blyk uit die volgende vers.

k Jes. 56:6.
l Jes. 9:5; 52:7. Joh. 16:33. Rom. 5:1. Kol. 1:20. 35 Of: Volgens die woord; of: Aangaande die woord.

36 Naamlik met God, en alle ander volke met mekaar. Sien Ef. 2:13.

37 Gr. geëvangeliseer.

m Jes. 8:23; 9:1. Matt. 4:12. Mark. 1:14, 38, 39. Luk. 4:14. 38 Naamlik deur die gerugte en getuienisse van diegene wat dit gehoor en gesien het, Matt. 4:24.
n Ps. 45:8. Jes. 61:1. Luk. 4:18. 39 Dit is, oorvloediglik begiftig, Joh. 3:34.

40 Naamlik die Vader met Christus; nie net met sy gawes na die menslike natuur nie, maar ook met dieselfde wese en dieselfde krag na sy goddelike natuur, waardeur Hy al hierdie wonders verrig het. Sien Joh. 10:30, 38; 14:9, 10.

o Mark. 16:14. Luk. 24:34. Joh. 20:19. Hand. 2:24. 1 Kor. 15:5.
41 Die Griekse woord geirotonein, wat hier gebruik word, beteken eintlik: deur die opsteek van hande verkies of vasstel; en word hierna, Hand. 14:23, vir die verkiesing van gewone dienaars met die medestemming van die gemeente gebruik, waarteenoor die buitengewone verkiesing van die apostels hier gestel word as gedoen deur die ophef of opsteek van God se hand alleen.
p Matt. 28:19. Mark. 16:15. Joh. 15:16.

q Hand. 17:31.

42 Dit is, diegene wat op die laaste dag nog sal lewe, 1 Kor. 15:51. 1 Thess. 4:15, 17.
r Gén. 3:15; 22:18; 26:4; 49:10. Deut. 18:15. Ps. 132:11. Jes. 4:2; 7:14; 9:5; 40:10. Jer. 23:5; 33:14. Eség. 34:23; 37:24. Dan. 9:25. Miga 7:20.

s Hand. 15:9.

43 Dit is, deur Hom, of: om sy ontwil, omdat Hy ’n offer vir ons sondes geword het, en daardeur ’n ewige versoening vir almal wat in Hom glo teweeggebring het, Hebr. 5:9; 9:12.
t Hand. 8:17. 44 Dit is, oor hulle gekom, deur sy buitengewone gawes en werkinge. Sien vers 46.
45 Dit is, uit die Jode, Rom. 4:12.

46 Naamlik omdat hulle gemeen het dat hierdie belofte slegs die huis van Israel toegekom het, uit sommige van die spreuke van die profete wat hulle verkeerd verstaan het; wat Paulus verklaar in Romeine 9-11.

v Mark. 16:17. Hand. 2:4. 47 Gr. in tonge.
x Hand. 8:36; 11:17.
48 Naamlik óf dat alles gereedgemaak sou word, sodat hy hulle self kon doop; óf hy het ander beveel, wat saam met hom gekom het en ook leraars was, soos die apostels meestal sommige by hulle gehad het, om hierdie diens te verrig. Sien 1 Kor. 1:17.

49 Naamlik tot verseëling en versterking van hulle geloof en van die gawes wat hulle reeds ontvang het, soos Paulus spreek van die besnydenis aan Abraham verrig, Rom. 4:11.