Statevertaling – Bybelstigting
Petrus verantwoord hom voor die gemeente waarom hy Cornelius gedoop het.
EN die apostels en die 1broeders wat in Judéa was, het gehoor dat die heidene ook die woord van God aangeneem het.
En toe Petrus opgaan na Jerusalem, het 2die wat uit die besnydenis was, met hom getwis
en gesê: aBy 3onbesnede manne het jy in die huis gegaan en saam met hulle geëet.
4En Petrus het begin en vir hulle die 5loop van die saak uiteengesit en gesê:
bEk was in die stad Joppe in die gebed, en in ’n verrukking van sinne het ek ’n gesig gesien: ’n voorwerp het uit die hemel neergedaal soos ’n groot laken wat aan die vier hoeke uit die hemel neergelaat word, en dit het tot by my gekom.
En toe ek die oë daarop hou en dit waarneem, sien ek die viervoetige diere van die aarde en die wilde en die kruipende diere en die voëls van die hemel.
En ek hoor ’n stem vir my sê: Staan op, Petrus, slag en eet!
Maar ek antwoord: Nooit nie, Here, want cniks onheiligs of onreins het ooit in my mond ingegaan nie.
En die stem het die tweede keer my uit die hemel geantwoord: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
En dit het drie maal gebeur en alles is weer opgetrek in die hemel.
En dadelik staan daar drie manne voor die huis waar ek in was, wat van Cesaréa na my gestuur was.
dEn die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan sonder om te twyfel. En saam met my het ook hierdie ses broeders gegaan, en ons het in die huis van die man ingegaan.
En hy het ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het en vir hom sê: Stuur manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word;
hy sal 6woorde tot jou spreek 7waardeur jy en jou hele huis gered sal word.
En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons 8in die begin.
En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: eJohannes het met water gedoop, maar fjulle sal 9met die Heilige Gees gedoop word.
gAs God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, 10dat ek God kon verhinder?
En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe 11geskenk.
Die evangelie word in Antiochíë verkondig.
hDIE wat dan verstrooi was deur die verdrukking wat 12oor Stéfanus ontstaan het, het die land deurgegaan tot by 13Fenícië en 14Ciprus en 15Antiochíë sonder om tot iemand die woord te spreek, 16behalwe tot die Jode alleen.
En daar was sommige 17van hulle, Cipriese en Cirenése manne, wat in Antiochíë gekom het en met die 18Griekssprekende Jode gepraat en die evangelie 19van die Here Jesus verkondig het.
iEn 20die hand van die Here was met hulle, en ’n groot getal het gelowig geword en hulle tot die Here bekeer.
En 21die berig hiervan het die gemeente wat in Jerusalem was, 22ter ore gekom en hulle het 23Bárnabas afgestuur om die land deur te gaan tot by Antiochíë.
Toe hy daar kom en 24die genade van God sien, was hy bly ken het almal vermaan om met 25hartlike voorneme aan die Here getrou te bly;
want hy was ’n goeie man en lvol van die Heilige Gees en geloof; en ’n aansienlike skare is aan die Here toegebring.
mToe vertrek Bárnabas na 26Tarsus om Saulus te soek, en toe hy hom kry, het hy hom na Antiochíë gebring.
En hulle het ’n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan ’n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die eerste keer 27Christene genoem.
En in dié dae het daar 28profete van Jerusalem na Antiochíë afgekom.
En een van hulle met die naam van nÁgabus het opgestaan en deur die Heilige Gees 29te kenne gegee dat daar ’n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het 30onder keiser Claudius.
En die 31dissipels het besluit dat iedereen van hulle na sy vermoë iets sou stuur tot 32versorging van die broeders wat in Judéa woon.
En dit het hulle ook gedoen en odit deur Bárnabas en Saulus aan die ouderlinge gestuur.
| 1 Onder die broeders word hier ook die ouderlinge verstaan, wat van ander broeders of gelowiges in die algemeen onderskei word, Hand. 15:23. |
| 2 Naamlik sommige gelowige Jode, wat nie apostels was nie. |
| a Ex. 23:32; 34:15. Deut. 7:2. Joh. 18:28. | 3 Dit is, wat onbesny is en bly; waaruit blyk, dat diegene wat voor hierdie tyd uit die heidene bekeer is, Jodegenote was, of ten minste besny was, omdat niemand daaroor aanstoot geneem het dat Petrus en Johannes by hulle in die huis gegaan het nie. Sien Hand. 2:10; 8:14; 15:7, 14. |
| 4 Wat in hierdie verantwoording van Petrus, tot en met vers 14, verklaring nodig mag hê, is aangeteken by die voorgaande hoofstuk.
5 Of: het dit een ná die ander uitgelê. |
| b Hand. 10:9. |
| c Lev. 11:4. Deut. 14:7. |
| d Hand. 10:19; 15:7. |
| 6 Of: dinge, sake.
7 Gr. waarin, naamlik indien jy dit met ’n ware geloof aanneem, soos daar staan in Hand. 10:43. Sien vir ’n breedvoeriger verklaring van hierdie vers Luk. 19:9 en die kanttekening. |
| 8 Naamlik ná die hemelvaart van Christus, op die pinksterdag, Hand. 2:4. Vgl. ook Hand. 19:6. |
| e Matt. 3:11. Mark. 1:8. Luk. 3:16. Joh. 1:26. Hand. 1:5; 2:4; 19:4.
f Jes. 44:3. Joël 2:28. |
9 Sien hieroor Matt. 3:11 en Hand. 1:5 se kanttekeninge. |
| g Hand. 15:9. | 10 Gr. magtig om God te verhinder, dit is, omdat God hulle die saak wat deur die doop aangedui word, deelagtig gemaak het, hoe sou ek hulle die uiterlike teken kan weerhou of weier? Sien ’n dergelike redevoering van Petrus in Hand. 2:38, 39. |
| 11 Dit is, deur sy Heilige Gees in hulle gewerk. Sien Filip. 2:13. Hebr. 8:10 en die kanttekening. |
| h Hand. 8:1, 4. | 12 Of: in Stéfanus, ter wille van Stéfanus, as gevolg van Stéfanus, dit is, uit haat oor sy ywer en vrymoedigheid, wat hy teen die Jode en hul owerstes gehad het, Handelinge 6 en 7.
13 Dit was ’n streek in Sírië, wat gegrens het aan die Joodse land, geleë teen die Middellandse See, waarvan Tirus die hoofstad was. Sien Hand. 12:20. 14 Dit is ’n eiland in die Middellandse See, waarheen ’n mens maklik van Tirus en Sidon kon vaar. Sien Hand. 27:3, 4. 15 Dit was toe die hoofstad van Sírië, ook naby die Middellandse See teen die Orontesrivier geleë; die magtigste stad van die hele Asië, soos Alexandrië van Afrika en Rome van Europa. 16 Naamlik omdat hulle die leer aangaande die roeping van die heidene nog nie genoeg verstaan het nie. |
| 17 Naamlik Jode of Jodegenote, in Ciprus en Ciréne gebore, wat ook in Jerusalem woonagtig was, en as gevolg van die voorgaande vervolging moes vlug, omdat hulle die Christelike godsdiens aangeneem het.
18 Dit is, met die Jode wat die Griekse taal en vertaling in hulle sinagoges gebruik het. Sien Hand. 6:1; 9:29. 19 Dit is, van sy lyding, sterwe, opstanding, hemelvaart, en verder alles wat van Hom tot saligheid geglo moes word. Sien 1 Kor. 2:2. |
| i Hand. 2:47; 5:14. | 20 Dit is, die bystand en kragtige werking van God, waardeur hulle harte beweeg geword het. Sien Hand. 16:14. 1 Kor. 3:6. |
| 21 Gr. die woord.
22 Gr. is gehoor in die ore. 23 Wat ’n Leviet en ook self uit Ciprus was, om by sy landgenote en bekendes des te beter toegang en vryheid te hê. Daaruit wil voorkom of hierdie manne, waarvan in vers 20 gespreek is, deur ’n besondere ywer gedryf, buitengewoon daar die leer van Christus gepreek het, wat daarna deur Bárnabas en Paulus bevestig en meer versprei is, en deur hulle is alles onder die gelowiges aldaar tot behoorlike orde gebring. Sien ook Hand. 8:1 se kanttekeninge. |
| k Hand. 13:43; 14:22. | 24 Naamlik oor hulle in die aanneem van die leer van die evangelie.
25 Dit is, met ’n opregte en standvastige voorneme. |
| l Hand. 4:36; 6:5. |
| m Hand. 9:27. | 26 Dit was ’n vername stad in Cilícië, die vaderland van Paulus, Hand. 9:11, waarheen hy gestuur was, Hand. 9:30. |
| 27 Gr. Christianoi, dit is, dissipels van Christus, omdat hulle sy leer aangeneem en bely het; wat ook met reg hierdie naam genoem word, omdat indien hulle in Hom glo, hulle lede van sy liggaam en sy salwing deelagtig word. Sien ook Hand. 26:28. 1 Petr. 4:16. |
| 28 Dit is, persone begiftig met die gees om toekomende dinge vooruit aan te kondig. |
| n Hand. 21:10. | 29 Gr. beteken, of: aangedui.
30 Oor hierdie hongersnood word ook melding gemaak deur die geskiedskrywers Suetonius in Die lewe van Claudius, en Josephus in Oudhede. |
| 31 Dit is, gelowiges.
32 Gr. diakonian, dit is, bediening van die arm broeders in hulle nood. |
| o Hand. 12:25. |