Statevertaling – Bybelstigting

Handelinge 12

Herodes vervolg die gemeente, maak Jakobus dood, sit Petrus in die gevangenis. Petrus word uit die gevangenis verlos. Dood van Herodes.

1

EN omtrent daardie tyd het koning 1Herodes sy hande geslaan 2aan sommige uit die gemeente om hulle kwaad aan te doen.

2

En hy het 3Jakobus, adie broer van Johannes, met die swaard omgebring.

3

En toe hy sien dat dit die Jode welgevallig was, het hy verder ook Petrus in hegtenis geneem. En dit was die dae van 4die ongesuurde brode.

4

bToe hy hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan 5vier wagte, elkeen van vier soldate, om hom te bewaak, met die bedoeling om hom ná die paasfees voor die volk te bring.

5

So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het ’n 6aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.

6

En toe Herodes hom wou 7voorbring, het Petrus in daardie nag tussen twee soldate geslaap, 8met twee kettings geboei, en wagte voor die deur het die gevangenis bewaak.

7

cEn meteens staan daar ’n engel van die Here by hom, en 9’n lig skyn in die 10gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en sê: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval.

8

En die engel sê vir hom: 11Omgord jou en trek jou skoene aan! En hy het dit gedoen. Verder sê hy vir hom: Gooi jou bo-kleed om en volg my!

9

En hy het uitgegaan en hom gevolg; en hy het nie geweet dat wat deur die engel plaasgevind het, werklikheid was nie, maar hy het gemeen dat hy 12’n gesig sien.

10

En toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by 13die ysterpoort wat na die stad lei, en dit het dvanself vir hulle oopgegaan. En hulle het buitekant gekom en een straat ver gegaan, en dadelik het die engel hom verlaat.

11

Toe kom Petrus 14tot homself en sê: Nou weet ek waarlik edat die Here sy engel gestuur en my gered het uit die hand van Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk.

12

En nadat dit vir hom duidelik geword het, fkom hy by die huis van Maria, die moeder van Johannes wat ook 15Markus genoem word, waar baie in die gebed bymekaar was.

13

En toe Petrus aan die deur 16van die poort klop, het 17’n diensmeisie met die naam van Rhodé gegaan om te 18hoor wie daar was.

14

En sy het die stem van Petrus herken en van blydskap die poort nie oopgemaak nie, maar na binne gehardloop en vertel dat Petrus voor die poort staan.

15

Maar hulle sê vir haar: 19Jy is van jou verstand af. Maar 20sy het volgehou dat dit so is. Daarop sê hulle: 21Dit is sy engel.

16

En Petrus het aangehou met klop; en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was 22verbaas.

17

Maar hy het hulle gmet die hand gewink om stil te bly en aan hulle vertel hoe die Here hom uit die gevangenis uitgelei het. En hy sê: Vertel dit aan 23Jakobus en die broeders. En hy het uitgegaan en 24na ’n ander plek vertrek.

18

En toe dit dag geword het, was daar onder die soldate geen kleine opskudding oor wat van Petrus geword het nie.

19

Daarop het Herodes hom gesoek en nie gekry nie, en die wagte 25onder verhoor geneem en bevel gegee dat hulle 26tereggestel moes word. En hy het van Judéa weggegaan na Cesaréa en 27daar gebly.

20

En Herodes 28was verbitterd teen die Tiriërs en Sidoniërs. En hulle het eenparig na hom gekom, en nadat hulle Blastus, 29die koning se hofdienaar, omgepraat het, vrede gevra, omdat hulle land 30onderhoud uit die koning s’n ontvang het.

21

En 31op ’n bepaalde dag het Herodes 32’n koninklike kleed aangetrek en op die 33troon gaan sit en hulle toegespreek.

22

Daarop het die volk hom toegeroep: ’n Stem van ’n god en nie van ’n mens nie!

23

En onmiddellik het ’n engel van die Here hom getref, 34omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.

24

hMaar die woord van God het 35gegroei en toegeneem.

25

En Bárnabas en Saulus het van Jerusalem 36teruggekeer, nadat hulle 37hul diens 38vervul het, en hulle het Johannes saamgeneem, wat ook 39Markus genoem word.

1 Naamlik Agríppa, ’n seun van Aristobúlus, wat ’n seun was van Herodes die Grote, en hierdie Herodes Agríppa was die vader van Agríppa oor wie daar meer in Handelinge 25 en 26 gespreek word.

2 Gr. om sommige van dié uit die gemeente kwaad aan te doen.

a Matt. 4:21. 3 Naamlik die seun van Sebedéüs en die broer van Johannes, soos hier staan en in Matt. 10:2, een van die vernaamste apostels van Christus, wat Christus dikwels saam met Petrus en Johannes by Hom geneem het. Die ander Jakobus, waarvan ’n mens lees in vers 17. Hand. 15:13. Gal. 1:19; 2:9, en wat die brief van Jakobus nagelaat het, wat ook ’n broer van Christus genoem word, Mark. 6:3; en Jakobus die kleine, Mark. 15:40, was ’n ander apostel, die seun van Alféüs en van Maria se suster, soos sommige meen, en ’n broer van Joses, soos blyk uit vergelyking van Matt. 13:55; 27:56. Sien ook Matt. 10:3. Mark. 3:18.
4 Dit is, die feesdae van die pasga, soos ook uit die volgende vers te sien is.
b Joh. 21:18. 5 Gr. vier vierlinge van soldate; dit is, sestien soldate; want by die Romeine het elke pos of wag bestaan uit vier soldate van ’n afdeling, waarvan daar vier tot bewaking van die apostel aangewys is, om op die vier nagwake om die beurt wag te hou.
6 Of: ernstige, ywerige, vurige.
7 Naamlik om hom openlik te laat doodmaak of teregstel.

8 Naamlik aan die hande, vers 7, waarvan die een ketting aan die regterhand van Petrus vas was en aan die linkerhand van die een soldaat, en die ander ketting aan Petrus se linkerhand en aan die regterhand van die ander soldaat, tussen wie hy geslaap het; ’n manier van doen, gebruiklik by die Romeine in streng gevangenisse, soos ook Paulus so gevange was in Rome, hoewel slegs gebonde aan een soldaat, en in meer vryheid. Sien Hand. 28:16 en die kanttekening, vergeleke met Ef. 6:20. 2 Tim. 1:16, en Seneca, Brief 5.

c Hand. 5:19; 16:26. 9 Naamlik van die blinkende gestalte van die engel, soos in Matt. 28:3. Luk. 2:9.

10 Of: woning, kerker. Sommige verstaan dit as die hele gebou van die gevangenis, ander slegs as die binneste deel, waar die gevangenes toegesluit was.

11 Naamlik om gemakliker te kan beweeg; aangesien die Jode lang klere gedra het, wat hulle met gordels vasgebind en opgetrek het wanneer hulle geloop het. Sien oor die skoene Mark. 6:9 en die kanttekening.
12 Dit is, dat dit in ’n gesig met hom gebeur het, en nie werklik nie.
d Hand. 16:26. 13 Dit was die laaste poort van die gevangenis, waardeur gegaan word om in die strate van die stad te kom.
e Dan. 6:23. 14 Dit is, toe verstaan hy dat dit nie ’n gesig was nie, maar ’n daadwerklike gebeurtenis en verlossing.
f Hand. 4:23. 15 Dit is ook hy wat daarna saam met die apostel Saulus en Bárnabas vertrek het, vers 25, en wat die Evangelie geskryf het, soos sommige meen.
16 Of: van die voorhuis.

17 Gr. paidiske. Wat ook ’n meisie of maagd beteken wat nie ’n diensmeisie is nie.

18 Naamlik wie dit was wat in die nag geklop het, om diegene wat in die huis vergader was, betyds te waarsku, indien daar onraad was.

19 Of: Jy is buite jou sinne en weet nie wat jy sê nie.

20 Of: sy het dit bevestig.

21 Of: Dit is sy boodskapper. So word die Griekse woord engel soms vertaal, soos in Luk. 7:24. Omdat met hierdie woord egter meestal die engele van die hemel bedoel word, word dit deur baie verstaan as ’n engel wat deur God aan Petrus as ’n bewaarder toegewys is in hierdie swarigheid; soos ook in Matt. 18:10 van die kleinste gelowiges gesê word dat hulle engele altyd die aangesig sien van die Vader wat in die hemele is. Waaruit volg dat God wel die engele stuur tot diens en beskerming van die gelowiges, Ps. 91:11. Hebr. 1:14, maar daaruit volg nogtans nie dat, soos sommige meen, elke mens altyd ’n persoonlike goeie en slegte engel as geselskap sou hê nie.

22 Naamlik oor hierdie onverwagte teenwoordigheid van Petrus, aangesien hulle nie kon begryp hoe dit gebeur het nie.
g Hand. 13:16; 19:33; 21:40. 23 Naamlik die kleine; want die ander Jakobus was reeds omgebring. Sien oor hom vers 2 se kanttekening.

24 Naamlik buite Jerusalem, om die evangelie te versprei; omdat hy hom nie sonder noodsaak in dieselfde gevaar wou stel waaruit die Here hom verlos het nie; volgens die vermaning van Christus, Matt. 10:23.

25 Gr. anakrinas, hierdie woord beteken om iemand regtens te ondersoek met pyniging of andersins.

26 Of: weggelei, naamlik na die gevangenis, in watter betekenis hierdie woord ook soms gebruik word.

27 Naamlik ’n sekere tyd, om daar ter ere van keiser Claudius enkele skouspele te hou, waarvoor ’n groot menigte van die vernaamste Jode byeengekom het, Josephus, Oudhede. Sien oor hierdie Cesaréa Hand. 10:1.

28 Of: was briesend kwaad vir die Tiriërs en Sidoniërs.

29 Gr. die een wat oor die koning se slaapkamer was.

30 Want hoewel Tirus en Sidon magtige stede was, het hulle nogtans min land gehad, omdat hulle teen die see geleë was, sodat hulle hulself nie van lewensmiddele kon voorsien nie. Sien oor hulle ligging Jesaja 23.

31 Dit was die tweede dag van die skouspele, soos Josephus in Oudhede getuig, wat in dié boek ook die ellendige dood van hierdie Herodes Agríppa beskryf.

32 Blinkende van silwer, waarop die son geskyn het, soos Josephus hierdie geskiedenis breedvoerig in Oudhede beskryf.

33 Of: regterstoel.

34 Dit is, omdat hy sulke goddelike eer aangeneem het, sonder om dit van hom af na God te keer, aan wie alleen hierdie eer toegekom het; soos die apostels in sulke gevalle wel gedoen het in Hand. 10:26; 14:14, en die engel in Openb. 19:10; 22:9.
h Jes. 55:11. Hand. 6:7. 35 Naamlik omdat hierdie tiran en vervolger van die gemeente nou deur God se oordeel weggeneem is.
36 Naamlik na Antiochíë.

37 Naamlik om die hulp of aalmoes van die gelowiges van Antiochíë na die armes in Jerusalem te bring, waarvoor hulle gestuur was, Hand. 11:30.

38 Of: voltooi.

39 Sien oor hom vers 12.