Statevertaling – Bybelstigting

Handelinge 13

Bárnabas en Paulus word deur die gemeente van Antiochíë na die heidene gestuur. Hulle prediking op Ciprus. Élimas die towenaar.

1

EN daar was in die plaaslike gemeente ain Antiochíë sekere 1profete en leraars, naamlik Bárnabas en Símeon wat Niger genoem word, en Lúcius, die Cirenéër, en Manáen, wat saam met 2Herodes, die viervors, grootgeword het, en Saulus.

2

En terwyl hulle besig was om die Here 3te dien en te vas, het die Heilige Gees 4gesê: b5Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle cgeroep het.

3

dEn toe hulle gevas en gebid het en hulle edie hande 6opgelê het, laat hulle hul gaan.

4

So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na 7Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.

5

En toe hulle in 8Sálamis kom, het hulle die woord van God in die sinagoges van die Jode verkondig; en hulle het ook fJohannes as helper gehad.

6

En hulle het die eiland deurgegaan tot by 9Pafos en g’n towenaar gevind, ’n valse profeet, ’n Jood met die naam van 10Bar-Jesus.

7

Hy was by die 11goewerneur Sérgius Paulus, ’n verstandige man. Dié het Bárnabas en Saulus laat roep en het versoek om die woord van God te hoor.

8

hMaar Élimas die towenaar — want so word sy naam vertaal — het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof.

9

Maar Saulus, 12dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:

10

13Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here 14te verdraai nie?

11

En nou, kyk, 15die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son ’n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar 16donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei.

12

Toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy verslae oor die leer van die Here en het geglo.

Rede van Paulus in die sinagoge van Antiochíë in Pisídië. Teëstand van die Jode.

13

EN 17Paulus en sy metgeselle het afgevaar van Pafos en by Perge in 18Pamfílië gekom. iEn 19Johannes het hulle verlaat en na Jerusalem 20teruggekeer.

14

Maar hulle het van Perge af verder gegaan en in Antiochíë 21in Pisídië aangekom, en hulle het op die sabbatdag in die sinagoge gegaan en gaan sit.

15

En ná 22die lesing van die wet en die profete het 23die hoofde van die sinagoge na hulle gestuur en gesê: Broeders, as julle ’n woord van 24opwekking vir die volk het, spreek dan!

16

Toe staan Paulus op, kwink met die hand en sê: Israeliete en julle wat God vrees, luister!

17

Die God van hierdie volk Israel het ons vaders luitverkies en die volk 25verhoog toe hulle bywoners in Egipteland was, en 26met ’n hoë arm hulle daaruit gelei.

18

mEn omtrent veertig jaar lank het Hy 27hulle in die woestyn verdra.

19

En sewe nasies het Hy in die land Kanaän uitgeroei en hulle land n28deur die lot aan hulle uitgedeel.

20

En daarna omtrent 29vierhonderd-en-vyftig jaar lank het Hy origters gegee tot op Samuel, die profeet.

21

pEn van toe af het hulle ’n koning begeer, en God het aan hulle gegee qSaul, die seun van Kis, ’n man uit die stam van Benjamin, 30veertig jaar lank.

22

En nadat Hy hom afgesit het, het Hy rDawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: sEk het Dawid, die seun van Ísai, gevind, ’n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.

23

Uit die nageslag van hierdie man het God vir Israel, 31volgens die belofte, Jesus as Verlosser verwek,

24

tnadat Johannes 32voor sy koms eers die doop van bekering aan die hele volk van Israel verkondig het.

25

En toe Johannes aan die einde van sy loopbaan 33gekom het, het hy gesê: vWie dink julle is ek? Ek is dit nie; maar kyk, Hy kom ná my, xwie se skoen ek nie waardig is om van sy voete los te maak nie.

26

Broeders, 34kinders van die geslag van Abraham, en die onder julle wat God vrees, y35vir julle is hierdie woord van verlossing gestuur.

27

Want die inwoners van Jerusalem en hulle owerstes het zHom nie geken nie, en deur Hom te veroordeel, het hulle 36die woorde van die profete vervul wat elke sabbat gelees word.

28

aEn al het hulle 37niks gevind wat die dood verdien nie, tog het hulle van Pilatus gevra dat Hy omgebring moes word.

29

En toe hulle alles volbring het wat oor Hom geskrywe is, het hulle Hom van die 38kruishout afgehaal en in ’n graf neergelê.

30

bMaar God het Hom uit die dode opgewek.

31

cEn gedurende 39baie dae het Hy verskyn aan 40die wat saam met Hom opgegaan het van Galiléa na Jerusalem, en hulle is sy getuies by die volk.

32

En ons 41bring julle die goeie tyding dvan die belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus 42op te wek,

33

soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, 43vandag het Ek U gegenereer.

34

En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer 44tot verderwing sou terugkeer nie, het Hy só gespreek: eEk sal aan julle gee die heilige weldade van 45Dawid wat 46betroubaar is.

35

Daarom sê Hy ook op ’n ander plek: fU sal 47u Heilige nie oorgee om verderwing te sien nie.

36

gWant Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens 48die raad van God gedien het, en is by sy vaders weggelê en het verderwing gesien,

37

maar 49Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie.

38

Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, hdat deur 50Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,

39

ien dat elkeen wat glo, k51deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle 52deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.

40

Pas dan op dat daar nie oor julle kom wat 53deur die profete gesê is nie:

41

lKyk dan, julle veragters, en wees verwonderd en verdwyn! Want Ek gaan iets in julle dae doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie.

42

54En toe die Jode uit die sinagoge gaan, het 55die heidene versoek dat daardie woorde 56op die volgende sabbat tot hulle gespreek sou word.

43

En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote Paulus en Bárnabas gevolg. Dié het hulle toegespreek men hulle probeer beweeg om 57in die genade van God te bly.

44

En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor.

45

Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is.

46

Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: nDit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. oAangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe 58nie waardig ag nie — kyk, ons wend ons tot die heidene.

47

Want so het die Here aan ons bevel gegee: pEk het U 59’n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.

48

En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat 60verordineer was tot die ewige lewe.

49

En die woord van die Here is deur die hele land verbrei.

50

Maar die Jode het die 61godsdienstige en aansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en Bárnabas q’n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf.

51

Toe het hulle 62die stof van hul voete teen hulle afgeskud en na 63Ikónium gegaan.

52

En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.

a Hand. 14:26. 1 Sommige verstaan hierdie twee woorde as een saak, ander onderskei dit só, dat profete diegene was wat deur die ingewing van die Heilige Gees buitengewone gawes gehad het om toekomende dinge vooruit aan te kondig en die Heilige Skrif te verklaar; maar leraars diegene wat gewone roeping en gawes gehad het, om die gemeente in die hele godsdiens te onderrig en te regeer. Sien 1 Kor. 14:1. Ef. 4:11.

2 Naamlik Herodes Antípas, wat Johannes die Doper doodgemaak het, Matt. 14:1. Mark. 6:14. Luk. 3:19, en Christus bespot en weer na Pilatus gestuur het, Luk. 23:11. Waaruit blyk dat hierdie Manáen ’n man van aansien was, ook in die oë van die wêreld.

b Hand. 9:15; 22:21. Rom. 1:1. Gal. 1:15; 2:8. Ef. 3:8. 1 Tim. 2:7. 2 Tim. 1:11.

c Matt. 9:38. Rom. 10:15. Hebr. 5:4.

3 Die Griekse woord leitourgein, wat hier gebruik word, beteken meestal om allerlei openbare diens te verrig, en word toegeskryf aan die owerhede, Rom. 13:6, en aan die engele, Hebr. 1:14. Hier word daaronder verstaan die openbare diens van verkondiging of profetering, met die openbare gebede, en die bediening van die sakramente, met dit wat daaraan verbonde is.

4 Naamlik deur die voorheen genoemde profete.

5 Naamlik van die diens van hierdie gemeente, waar genoeg ander leraars is, om hulle te stuur na die heidene, waartoe Ek hulle van die begin af bestem het, Hand. 26:16, ens.

d Hand. 6:6; 8:15; 19:6.

e Hand. 14:26.

6 Nie om hulle daarmee tot apostels te verkies nie, waartoe hulle reeds tevore deur God verkies was, vers 1. Hand. 9:15, maar om hulle te versterk vir hierdie sending na die heidene met gebede en handoplegging.
7 Dit was ’n stad in Sírië, naby Antiochíë, gebou deur koning Seleucus, van waar ’n mens maklik na Ciprus kon oorvaar.
f Hand. 12:25. 8 Dit was ’n stad in Ciprus, aan die ooste van die eiland teenoor Sírië, nou Famagusta genoem.
g Hand. 8:9; 19:13. 9 Dit was ook ’n stad in Ciprus, aan die weste van die eiland.

10 Die naam beteken letterlik: seun van Jesus, wat in daardie tyd ’n algemene naam was onder die Jode. Vgl. Matt. 16:17 se kanttekening.

11 Gr. anthupatos, dit is, wat daar aangestel was om as prokonsul die eiland in naam van die Romeinse Ryk te regeer.
h Ex. 7:11. 2 Tim. 3:8.
12 Tot nog toe is hy Saulus genoem, en voortaan word hy, sowel deur Lukas, as deur homself in die opskrif van sy briewe, Paulus genoem. Diegene wat by die Hebreërs en Síriërs Saulus genoem was, was deur die Romeine en Grieke Paulus genoem. Hy was dus Saulus genoem solank hy onder die Jode, Síriërs en Arabiere verkeer het, maar daarna, toe hy deur God se besondere roeping vernaamlik na die heidene, dit is, na die Romeine en Grieke, gestuur is, het hy van daardie tyd af altyd die naam Paulus behou, om by hulle aanvaarbaarder te wees. Dit wil voorkom of hierdie naam die eerste keer aan hom gegee is deur die huisgesin van Sergius Paulus, aangesien dit by hulle gebruiklik was.
13 Gr. Seun; dit is, wat die duiwel volg en gehoorsaam, soos ’n kind sy vader, Joh. 8:44.

14 Of: om te keer, en as ’t ware op te grawe en te verhinder dat ’n mens daarop kan gaan. Of: krom te maak.

15 Dit is, die straffende hand of krag van die Here.

16 Dit is, blindheid; want vir die blinde is alles donker en duister.

i Hand. 15:38. 17 Gr. die wat rondom Paulus was, deur hierdie manier van spreek word óf die persoon self verstaan, Joh. 11:19, óf sy geselskap, Luk. 22:49, óf beide, Hand. 21:8 se kanttekening, soos dit hier ook gebruik word, soos blyk uit verse 15, 16.

18 Dit was ’n streek in die vasteland van Klein-Asië, grensend aan Cilícië.

19 Ook Markus genoem, Hand. 12:12, 25.

20 Dit wil voorkom of hy dit gedoen het uit menslike swakheid, reisvermoeienis, of uit die begeerte om sy moeder en vriende, Hand. 12:12, in Jerusalem te besoek; wat ewenwel deur Paulus kwalik geneem is, Hand. 15:38.

21 Dit was ’n deel van Pamfílië, waarin hierdie Antiochíë geleë was, so genoem om dit te onderskei van die ander Antiochíë in Sírië, waarvandaan hulle weggevaar het, verse 1, 4.
22 Naamlik volgens die lofwaardige gewoonte van die Jode, gebruiklik in alle sinagoges op alle sabbatte. Sien vers 27. Hand. 15:21.

23 Dit was sommige priesters en ouderlinge van die volk, wat die kerkraad gevorm het in al die sinagoges. Sien Mark. 5:22.

24 Of: vermaning, bemoediging, vertroosting.

k Hand. 12:17; 19:33; 21:40.
l Ex. 1:1. 25 Naamlik in die besonder toe Hy al die wonders gedoen het in Egipte, en al die plae oor Farao en sy volk gestuur het, om Israel te verlos.

26 Dit is, met uitnemende krag, Ex. 13:16. Jes. 63:12.

m Ex. 16:35. Núm. 14:34. Ps. 95:10. 27 Dit is, hulle weerspannigheid, versoekinge en murmureringe, Ps. 95:8, 9. Hebr. 3:8, 9.
n Jos. 14:2. 28 Of: as ’n erfdeel gegee.
o Rig. 2:16; 3:9. 29 Sommige tel hierdie vierhonderd-en-vyftig jaar vanaf die geboorte van Isak tot by die rigters, tussen hierdie tyd meen hulle het vierhonderd-sewe-en-veertig jaar verloop; en hulle voeg die woord daarna by die begin van vers 17, asof hy sê: Ná die uitverkiesing van ons vaders, ens. Ander reken dat die woord daarna gevoeg moet word by die einde van vers 17, dit is, dat dit begin vanaf die uittog van die kinders van Israel uit Egipte tot by die dood van Samuel, wat byna vierhonderd-en-veertig jaar was, soos te sien is in 1 Kon. 6:1 se kanttekening, en dat Paulus, om ’n ronde getal te noem, daarom omtrent vierhonderd-en-vyftig jaar gesê het, soos dit in alle tale gebruiklik is, wanneer dit ’n bietjie minder of meer is.
p 1 Sam. 8:5. Hos. 13:11.

q 1 Sam. 9:15; 10:1.

30 Naamlik, hier word ook die jare wat Samuel vóór en saam met Saul geregeer het, ingereken.
r 1 Sam. 16:12.

s 1 Sam. 13:14. Ps. 89:21. Hand. 7:45.

31 Naamlik aan Dawid gemaak, 2 Sam. 7:12, 13. Ps. 89:21; 132:11. Jes. 11:1. Hand. 2:30. Rom. 1:3. 2 Tim. 2:8.
t Matt. 3:1. Mark. 1:2. Luk. 3:2. Joh. 3:23. 32 Gr. voor die aangesig van sy koms, dit is, voor die aangesig van Jesus, wat nou gekom het.
v Joh. 1:20.

x Matt. 3:11.

33 Dit is, besig was om sy loopbaan te voltooi, Joh. 1:19.
y vers 46. Matt. 10:6. Hand. 3:26. 34 Gr. seuns.

35 Naamlik eerste en veral, vers 46.

z Joh. 16:3. Hand. 3:17. 1 Kor. 2:8. 1 Tim. 1:13. 36 Dit is, die voorsegging van die profete dat Hy moes ly en so in sy heerlikheid ingaan, Luk. 24:25, 26.
a Matt. 27:20. Mark. 15:11. Luk. 23:18. Joh. 19:6. 37 Of: geen skuld.
38 Sien Hand. 5:30; 10:39. 1 Petr. 2:24.
b Matt. 28:6. Mark. 16:6. Luk. 24:6.
c Mark. 16:14. Joh. 20:19; 21:1. Hand. 1:3. 1 Kor. 15:5. 39 Naamlik veertig dae ná sy opstanding tot sy hemelvaart toe.

40 Naamlik aan sy apostels en ander dissipels, minstens vyfhonderd. Sien 1 Kor. 15:5, 6.

d Gén. 3:15; 22:18; 26:4; 49:10. Deut. 18:15. 2 Sam. 7:12. Ps. 132:11. Jes. 4:2; 7:14; 9:5; 40:10. Jer. 23:5; 33:14. Eség. 34:23; 37:24. Dan. 9:24, 25. 41 Gr. evangeliseer.

42 Of: te verwek. Dit is, in die wêreld te stuur, om die werk van die verlossing te volbring, Hand. 3:22.

43 Dit word verstaan as die ewige geboorte van die Seun uit die Vader, en van sy openbaring in die volheid van die tyd. Sien ’n nadere verklaring daarvan in Hebr. 1:5 en 5:5 se kanttekeninge.
e Jes. 55:3. 44 Dit is, tot die graf, waar die liggame verderf en verrot.

45 Dit is, wat aan Dawid belowe is aangaande die ewige koninkryk, wat God deur Hom, sy Seun, sou oprig, waarvoor sy opstanding uit die dode nodig was, Luk. 1:31, 32.

46 Dit is, vas en onbeweeglik.

f Ps. 16:10. Hand. 2:27. 47 Dit is, die liggaam van u Heilige, wat U geheilig het om die Verlosser van u volk te wees. Sien Hand. 2:27.
g 1 Kon. 2:10. Hand. 2:29. 48 Dit is, die voorsienigheid van God in die regering van sy volk as profeet en koning.
49 Naamlik die Heilige, of Geheiligde, van wie hy profeteer.
h Luk. 24:47. 1 Joh. 2:12. 50 Naamlik Jesus, wat Hy verwek het tot Saligmaker, en uit die dode opgewek het.
i Rom. 3:28; 8:3. Gal. 2:16. Hebr. 7:19.

k Rom. 10:4.

51 Gr. in; soos ook in dit wat volg.

52 Dit is, nóg deur die wet van die sedes, wat wel die sonde en vervloeking aanwys, maar nie hoe dit weggeneem word nie, Rom. 8:3; nóg deur die seremoniële wet wat wel ’n skaduwee van die reiniging van sondes voorgestel het, maar nie op sigself die krag van reiniging gehad het nie, maar ons slegs gewys het na Hom wat die liggaam was van al hierdie skaduwees, Jesus Christus. Sien Hebr. 10:1, ens.

53 Dit is, in die boek van die klein profete, naamlik Háb. 1:5. Sien Hand. 7:42. Hoewel sommige ook meen dat nie net hierdie teks nie, maar ook Jes. 28:14 hier tesame aangehaal sou word, waar die woord veragters gebruik word.
l Jes. 28:14. Háb. 1:5.
54 Of: En toe hulle (naamlik Paulus en Bárnabas) uit die sinagoge van die Jode gaan.

55 Naamlik Jodegenote, of ander godsdienstige heidene, wat daar in die sinagoge was om die wet te hoor. Sien vers 43.

56 Of: op die tussensabbat, dit is, op die dae tussen die sabbatte; omdat dit wil voorkom of Paulus en Bárnabas tussen beide sabbatte ook met baie heidene gehandel het, waaruit hierdie toeloop van die volk plaasgevind het teen die volgende sabbat, vers 44.

m Hand. 11:23; 14:22. 57 Dit is, in die leer van die genade deur Jesus Christus verwerf, waarvan Paulus gespreek het in verse 38, 39, en dit teenoor die leer van die Farisese Jode, wat die regverdigheid uit die wet gedryf het.
n vers 26. Matt. 10:6. Hand. 3:26.

o Ex. 32:10. Jes. 55:5. Matt. 8:12; 21:43. Rom. 10:19.

58 Dit is, om onwaardig en hardnekkig verklaar en betoon te wees.
p Jes. 42:6; 49:6. Luk. 2:32. 59 Hierdie woorde word in Jes. 49:6 van Christus gesê, en word deur die apostels baie goed op hulle diens toegepas; want omdat die Jode Christus, wat aan hulle deur die apostels verkondig was, verwerp het, het dus gevolg dat hulle Christus voortaan aan die nasies, dit is die heidene, moes verkondig, vir wie Hy ook deur die Vader tot ’n lig gemaak was.
60 Dit is, deur God uitverkies en deur Hom tot die ewige lewe beskik, soos hierdie woord oral in die Heilige Skrif gebruik word. Dit word hier nie net van hierdie een preek van Paulus gesê nie, maar van die gedurige voortgang en die aanhoudende vrug van die evangelie, soos blyk uit vers 49. Sien Rom. 8:29, 30; 9:23; 11:5-7, en elders.
q 2 Tim. 3:11. 61 Dit is, wat die Jode en hulle godsdiens goedgesind was; waardeur hulle die vernaamste regeerders van die stad deur ’n verkeerde ywer teen die apostels opgehits het.
62 Naamlik volgens die bevel van Christus, Matt. 10:14. Mark. 6:11. Luk. 9:5. Vgl. ook Hand. 18:6.

63 Dit was ’n stad in Likaónië, by die berg Taurus, sien daaroor Hand. 14:6, 11.