Statevertaling – Bybelstigting
Vraag oor die onderhouding van die besnydenis en die wet van Moses. Vergadering in Jerusalem en besluit daaromtrent.
EN 1sekere persone wat 2van Judéa afgekom het, het die broeders geleer: aAs 3julle nie besny word bvolgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie.
Toe daar nou geen klein 4stryd en 5woordewisseling van die kant van 6Paulus en Bárnabas teen hulle ontstaan het nie, het 7hulle besluit cdat Paulus en Bárnabas en nog ’n paar ander van hulle sou opgaan 8na die apostels en ouderlinge in Jerusalem in verband met hierdie 9vraagstuk.
En hulle is 10deur die gemeente uitgelei en het Fenícië en Samaría deurgegaan en vertel van 11die bekering van die heidene, en aan al die broeders groot blydskap 12verskaf.
En by hulle aankoms in Jerusalem is hulle ontvang deur die gemeente en die apostels en die ouderlinge; en hulle het verslag gedoen van al die dinge wat God 13met hulle gedoen het.
14Maar sommige 15gelowiges uit die 16party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat 17hulle besny word en bevel ontvang om 18die wet van Moses te onderhou.
En die apostels en die ouderlinge het 19vergader 20om hierdie saak te ondersoek.
En toe daar ’n groot 21woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: dBroeders, julle weet dat God 22lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.
En God ewat die harte ken, het vir hulle 23getuienis gegee deur aan hulle 24die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.
fEn Hy het 25geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.
Nou dan, waarom versoek julle God gdeur op die nek van die dissipels 26’n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was 27om te dra nie?
hMaar ons glo dat ons 28deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as 29hulle ook.
En 30die hele menigte het 31geswyg en na Bárnabas en Paulus geluister, terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die heidene gedoen het.
En nadat 32hulle geswyg het, 33antwoord 34Jakobus en sê: Broeders, luister na my!
35Símeon het vertel hoe God 36in die begin 37uitgesien het om ’n volk uit die heidene 38vir sy Naam aan te neem.
En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is:
iDaarna sal Ek terugkom en die vervalle 39hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan 40verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,
sodat die 41oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam 42uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.
Aan God is al sy werke 43van ewigheid af bekend.
Daarom 44oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet 45bemoeilik nie,
maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou kvan 46die dinge wat deur die afgode besoedel is len 47van hoerery en van wat 48verwurg is men van 49bloed.
Want van die ou 50tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl 51hy elke sabbat in die sinagoges gelees word.
Toe het die apostels en die ouderlinge saam met 52die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antiochíë te stuur saam met Paulus en Bárnabas, naamlik Judas, met die bynaam van Bársabas, en 53Silas, manne wat 54voorgangers onder die broeders was.
En hulle het 55deur hul bemiddeling dít geskrywe: Die apostels en die ouderlinge en 56die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë en Sírië en Cilícië: 57Groete!
Aangesien ons gehoor het ndat sommige 58wat van ons uitgegaan het, aan wie ons 59geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere 60verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die 61wet moet onderhou,
het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus —
manne owat hulle lewe 62oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus.
Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook 63mondeling dieselfde berig te bring.
Want die Heilige Gees en 64ons het besluit om 65verder geen las op julle te lê nie as hierdie 66noodsaaklike dinge:
pdat julle jul onthou van 67afgodsoffers en qvan bloed en van wat verwurg is en van rhoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle 68goed doen. 69Vaarwel!
So is hulle dan weggestuur en het in Antiochíë gekom, en hulle het 70die menigte bymekaargeroep en die brief afgelewer.
En toe hulle dit gelees het, was hulle bly oor die 71bemoediging.
En Judas en Silas, wat self ook 72profete was, het die broeders met baie woorde 73bemoedig 74en versterk.
En nadat hulle 75’n tyd daar 76deurgebring het, het die broeders hulle 77met vrede 78na die apostels laat gaan.
Maar Silas het besluit om daar te bly.
Paulus en Bárnabas skei van mekaar.
EN Paulus en Bárnabas het in Antiochíë 79gebly en, saam met nog baie ander, onderrig gegee en die blye boodskap van die woord van die Here 80verkondig.
En ’n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoek in al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, 81om te sien hoe dit met hulle gaan.
En Bárnabas 82wou Johannes, wat sMarkus genoem word, saamneem.
Maar Paulus het dit nie 83reg geag om hóm saam te neem wat van Pamfílië af 84hulle verlaat het en nie saam met hulle 85na die werk gegaan het nie.
Daar het toe ’n 86verbittering ontstaan, sodat hulle van mekaar geskei het; en Bárnabas het Markus saamgeneem en na Ciprus uitgeseil.
Tweede sendingreis van Paulus saam met Silas en Timótheüs.
MAAR Paulus het Silas 87gekies en afgereis nadat hy deur die broeders aan die genade van God 88opgedra was.
En hy het Sírië en Cilícië deurgegaan en 89die gemeentes versterk.
| a Gal. 5:2.
b Gén. 17:10. Lev. 12:3. |
1 Naamlik van die Jode wat hulle tot die Christelike godsdiens begewe het, vers 5. Die kerkvaders meen dat die ketter Cerinthus ook onder hulle was, Epiphanius, Haereses.
2 Naamlik na Antiochíë. 3 Naamlik wat uit die heidendom tot die Christelike godsdiens bekeer is, indien julle nie daarboonop julle laat besny en die seremoniële wet onderhou nie. |
| c Gal. 2:1. | 4 Of: Toe daar nou ’n oproer ontstaan het, en geen klein woordewisseling van, ens.
5 Gr. onderlinge ondervraging, dit is, dispuut, vers 7. 6 Wat hulle teen hierdie valse leer gestel het. 7 Naamlik die voorgangers van die gemeente in Antiochíë. 8 Naamlik Petrus, Jakobus en Johannes, Gal. 2:9. 9 Of: kwessie, geskil. Sien Hand. 18:15. |
| 10 Die gemeente het dit gedoen om te toon dat hierdie saak nie net Paulus en Bárnabas nie, maar die hele gemeente aangegaan het.
11 Naamlik tot die Christelike godsdiens. 12 Gr. veroorsaak. |
| 13 Dit is, deur hulle. Sien Hand. 14:27. |
| 14 Paulus vervolg hier sy verslag.
15 Dit is, wat die Christelike godsdiens aangeneem het, maar, soos dit blyk, die ou suurdeeg van die Fariseërs nie ten ene male afgelê het nie. 16 Gr. hairesis. Sien oor hierdie woord Hand. 5:17 se kanttekening, en oor die Fariseërs Matt. 3:7 se kanttekening. 17 Naamlik wat hulle uit die heidendom tot die Christelike godsdiens begewe, Hand. 14:27. 18 Naamlik die seremoniële wet, vers 24. Hoewel hier ook die sedelike wet verstaan kan word, om daardeur geregverdig te word. |
| 19 Dit is die eerste vergadering, konsilie of sinode, wat oor godsdienskwessies in die Nuwe Testament gehou is.
20 Gr. om oor hierdie woord te sien. ’n Hebreeuse spreekwyse. |
| d Hand. 10:20; 11:12. | 21 Gr. onderlinge ondervraging, dit is, dispuut, naamlik tussen beide partye, wat albei aangehoor moet word.
22 Gr. vanaf die ou dae; sommige verstaan hiermee die begin van die prediking van die apostels ná die hemelvaart van Christus; ander verstaan die tyd van die bekering van Cornelius, Handelinge 10. |
| e 1 Kron. 28:9; 29:17. Ps. 7:10. Jer. 11:20; 17:10; 20:12. | 23 Naamlik dat hulle vir Hom ook aangenaam was, Hand. 10:28.
24 Dit is, die gawes van die Heilige Gees, sowel gewone as buitengewone. |
| f Hand. 10:43, 44, ens. | 25 Naamlik aangaande die weldade en gawes wat eie is aan diegene wat in Christus glo. |
| g Matt. 23:4. | 26 Naamlik die seremoniële wet, vers 5.
27 Dit is, om volkome te onderhou, óf om daardeur geregverdig te word. Sien Hand. 13:39 se kanttekening. |
| h Ef. 2:8. Tit. 3:4. | 28 Dit is, deur die lyding en die geregtigheid van Jesus Christus, waarmee Hy vir ons die genade van God verdien het, waarvan die seremonies van die wet ’n voorbeeld was, Joh. 1:17.
29 Naamlik ons vaders wat deur dieselfde genade gered is. |
| 30 Naamlik nie van die gemeente nie, maar van die apostels en ouderlinge.
31 Naamlik om daarmee hul goedkeuring te betoon met dit wat deur Petrus gesê was. |
| 32 Naamlik Paulus en Bárnabas.
33 Dit is, begin om te spreek. ’n Hebreeuse spreekwyse. 34 Naamlik Alféüs se seun, Jakobus die kleine. Sien oor hom Hand. 12:17 se kanttekening. |
| 35 Naamlik Petrus, wat homself ook so noem in 2 Petr. 1:1. Anders ook Simon, Matt. 10:2.
36 Lank gelede. Sien vers 7. 37 Of: die heidene besoek of aangesien het, ens. 38 Dit is, vir Homself. Of: in sy Naam. Dit is, wat sy volk genoem sou word, vers 17. |
| i Amos 9:11, 12. | 39 Dit is, die gemeente, in wie Christus, die Seun van Dawid, woon.
40 Gr. ondergrawe, naamlik in die ongelowige Jode, in wie se plek die heidene as lewende stene gebou is. |
| 41 Dit is, nie net van die Jode nie, maar ook van die ander volke, wat Amos Edom noem. Sien Amos 9:11, 12.
42 Gr. oor hulle uitgeroep of genoem is. Sien Hand. 11:26. |
| 43 Dit is, alles wat God in die tyd doen, het Hy van ewigheid af besluit om so te doen. |
| 44 Naamlik, dit is my gevoel en mening in hierdie saak.
45 Of: ongerus maak, of: dat ’n mens hulle nie ongerus moet maak nie. |
| k Ex. 20:3. 1 Kor. 8:1; 10:20.
l 1 Thess. 4:3. m Gén. 9:4. |
46 Gr. besmettinge van die afgode, dit is, van spys of drank aan die afgode geoffer, en wat daardeur besoedel is, soos in vers 29 verklaar word.
47 Sommige verstaan dit as liggaamlike hoerery, wat wel op sigself nie middelmatig is nie, Ex. 20:14, maar deur die heidene as geen sonde nie en as middelmatig beskou is, 1 Kor. 6:13-15. Ander verstaan dit as geestelike hoerery, dit is, afgodery, wat deurgaans deur die profete hoerery genoem word, Ex. 34:16. Lev. 20:5. Rig. 2:17. Ps. 106:39. Jes. 23:17. Jer. 3:6, 8. Eség. 16:15, 16, en naamlik as die soort afgodery, wat sommige wat uit die heidene bekeer is, bedryf het, deur in die tempels van die afgode te eet van dit wat aan die afgode geoffer was; waarvan die apostel spreek in 1 Kor. 8:9, 10; 10:14, 21. Hulle het gemeen dat dit deur die Christelike vryheid geoorloof is, en hulle het dit dikwels gedoen tot groot aanstoot van die swakkes. 48 Dit is, van diere wat doodgemaak is sonder om hulle te laat uitbloei, wat vir die Jode ’n gruwel was. Sien Gén. 9:4. Lev. 3:17. Deut. 12:23. 49 Naamlik van die dier verwyder, hetsy gestol geëet, of ongestol gedrink. God het dit verbied, om die mense van alle wreedheid en bloedstorting af te skrik, Gén. 9:4 en die kanttekening. |
| 50 Gr. geslagte.
51 Dit is, sy Skrifte, Neh. 8:1, ens. Luk. 16:29. |
| 52 Naamlik wat die besluit van die apostels en ouderlinge goedgekeur het.
53 Dit is dieselfde persoon wat Silvánus genoem word, 1 Thess. 1:1. 2 Thess. 1:1. 54 Dit is, wat onder die kerkdienaars daar, die vernaamstes was in aansien, kennis en beleid. |
| 55 Gr. deur hul hand, dit is, diens. ’n Hebreeuse spreekwyse. Hand. 7:25. Naamlik om deur hulle oorgedra te word aan die gemeente in Antiochíë.
56 Naamlik die ander gewone broeders van die gemeente van Jerusalem, wat dit ook goedgevind het. 57 Gr. om bly te wees; dit was ’n algemene groetvorm, by die Grieke gebruiklik in die begin van briewe. Sien Hand. 23:26. |
| n Gal. 2:4. | 58 Sien vers 1. 1 Joh. 2:19.
59 Dit is, geen bevel gegee het om dit wat in hierdie vers volg, te leer nie, hoewel hulle ons naam misbruik. 60 Of: wankelend gemaak. Dit is, deur die vastigheid van julle geloof en die gerustheid van julle gemoed as ’t ware los en onvas te maak. 61 Sien vers 5 se kanttekening. |
| o Hand. 13:50; 14:19. | 62 Dit is, wat in groot lewensgevaar die evangelie vrymoediglik verkondig het. |
| 63 Gr. met of deur die woord. |
| 64 Dit is, ons, deur die ingewing van die Heilige Gees.
65 Sien hieroor vers 10 se kanttekening. 66 Naamlik vir die huidige; want hoewel dit nie in wese vir die saligheid nodig is nie (uitgesonder die wegvlug van hoerery en afgodery), is dit nogtans nodig om onderhou te word tot noodsaaklike vrede en stigting van die gemeente, om die swakgelowige Jode se ontwil. |
| p Ex. 20:3. 1 Kor. 8:1.
q Gén. 9:4. Lev. 17:14. r 1 Thess. 4:3. |
67 Sien hieroor 1 Korinthiërs 8, deur die hele hoofstuk.
68 Of: voorspoedig wees. 69 Gr. Wees of word versterk. ’n Spreekwyse wat by die Grieke gebruiklik was in die slot van briewe. Sien Hand. 23:30. |
| 70 Dit is, die hele gemeente. |
| 71 Of: vermaning, vertroosting. |
| 72 Dit is, leraars van die Woord, begiftig met die gawe om die Heilige Skrif bekwaam uit te lê, wat gestuur was om hul vermaninge en vertroostinge daarby te voeg, vers 27.
73 Of: vertroos. 74 Naamlik in die Christengeloof. |
| 75 Dit is, ’n sekere en geruime tyd, Hand. 18:23.
76 Gr. gemaak het, dit is, gebly het. Sien Jak. 4:13. 77 Dit is, met toestemming van die broeders, en met toewensing van alle seën en geluk. ’n Hebreeuse spreekwyse. 78 Naamlik na Jerusalem, waar nog enkele apostels was. |
| 79 Gr. verslyt, naamlik die tyd.
80 Gr. geëvangeliseer. |
| 81 Dit is, om te verneem hoe dit met hulle gaan, aangaande die geloof. |
| s Hand. 12:12, 25. Kol. 4:10. 2 Tim. 4:11. Fil. vers 24. | 82 Of: het aangeraai om. |
| 83 Of: begeer.
84 Gr. van hulle afgeskei. Sien Hand. 13:13. 85 Naamlik om die evangelie aan die heidene te verkondig, waartoe die Heilige Gees hulle geroep het, om dit te volbring, Hand. 13:2. |
| 86 Of: hewigheid, wat hierdie heilige manne oorkom het deur menslike swakheid, en daarmee het hulle getoon dat dit wat hulle van hulself gesê het, waar is, Hand. 14:15. God het dit egter ten goede laat meewerk, omdat, terwyl hulle so van mekaar geskei was, hulle die evangelie op meer plekke gelyktydig verkondig het. |
| 87 Of: saam met hom geneem.
88 Gr. oorgegee was. |
| 89 Naamlik wat in daardie lande vergader was. |