Statevertaling – Bybelstigting
EN hy het in 1Derbe en Listre aangekom; en daar was ’n dissipel met die naam van 2Timótheüs, seun van ’n 3gelowige Joodse 4vrou, maar 5van ’n Griekse vader.
aHy het goeie 6getuienis gehad van die broeders in Listre en Ikónium.
Paulus wou hê dat hy saam met hom 7op reis sou gaan, en hy het hom geneem en besny b8ter wille van die Jode wat in daardie streke was; want hulle het almal geweet 9dat sy vader ’n Griek was.
En op hulle reis deur die stede het hulle 10die verordeninge wat deur cdie apostels en die ouderlinge in Jerusalem 11vasgestel was, aan hulle oorgegee om te onderhou.
En die gemeentes is versterk in die 12geloof en het elke dag vermeerder in getal.
En hulle het deur die land 13Frígië en 14Galásië gegaan, omdat 15die Heilige Gees hulle 16verhinder het om in 17Asië die woord te verkondig.
En toe hulle by 18Mísië kom, het hulle probeer om na 19Bithínië te gaan, maar 20die Gees het hulle 21dit nie toegelaat nie.
So het hulle dan Mísië verbygegaan en dna 22Troas afgekom.
Die gesig in Troas. Paulus seil na Macedónië en preek in Filíppi. Lídia, die purperverkoopster. Die tronkbewaarder van Filíppi.
EN Paulus het ’n gesig in die nag gesien — daar staan ’n Macedóniër wat hom smeek en sê: Kom oor na 23Macedónië en 24help ons!
En toe hy die gesig gesien het, het 25ons dadelik probeer om na Macedónië te gaan, omdat ons 26versekerd was dat die Here ons geroep het om die evangelie aan hulle te verkondig.
Ons het dan afgevaar van Troas en reguit koers gehou na 27Samothráce, en die volgende dag na 28Neápolis,
en daarvandaan na 29Filíppi, wat 30die eerste stad is van daardie deel van Macedónië, 31’n kolonie. En ons het in hierdie stad ’n paar dae deurgebring.
En op die sabbatdag het ons uitgegaan buitekant die stad langs ’n rivier waar die 32gebruiklike bidplek was, en ons het gaan sit en met die 33vroue gespreek wat daar bymekaargekom het.
En ’n vrou met die naam van Lídia, ’n purperverkoopster 34van die stad Thiatíre, ’n godsdienstige vrou, het geluister; 35die Here het haar hart geopen om 36ag te gee op wat deur Paulus gesê is.
En toe sy en haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: As u oordeel dat ek 37in die Here glo, kom dan in my huis en 38bly daar. eEn sy het ons 39gedwing.
En terwyl ons op pad was 40na die bidplek, kom ’n 41slavin fmet 42’n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery ggroot wins ingebring het.
Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: 43Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan 44julle die weg van verlossing.
En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie 45ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om 46uit haar uit te gaan. hEn hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.
En toe haar eienaars sien dat die hoop van hulle wins 47weg was, ihet hulle Paulus en Silas gegryp en hulle na die 48mark voor 49die owerheid gesleep
en hulle voor 50die regters gebring en gesê: kHierdie manne bring ons stad in opskudding, omdat hulle 51Jode is,
en hulle verkondig 52sedes wat vir ons nie geoorloof is om aan te neem of na te volg nie, omdat ons Romeine is.
En die skare het saam teen hulle opgestaan, en die regters het 53hulle klere laat afskeur en lbevel gegee om hulle 54met stokke te slaan.
En toe hulle hul baie slae 55gegee het, het hulle hul in die gevangenis gewerp en die 56tronkbewaarder bevel gegee om hulle 57sorgvuldig te bewaak.
Hy het toe, omdat hy so ’n bevel ontvang het, hulle in die binneste gevangenis gewerp en hulle voete 58in die blok vasgemaak.
En omtrent middernag het Paulus en Silas mgebid en lofliedere tot eer van God 59gesing; en die 60gevangenes het na hulle geluister.
En skielik kom daar ’n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis 61geskud het. nEn onmiddellik het al die deure 62oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.
En die tronkbewaarder het wakker geword; en toe hy sien dat die deure van die gevangenis oop was, het hy ’n swaard getrek en wou homself 63om die lewe bring, in die mening dat die gevangenes ontvlug het.
Maar Paulus het met ’n 64groot stem geroep en gesê: Moenie jouself kwaad aandoen nie, want ons is almal hier.
En toe hy lig gevra het, spring hy na binne en val bewende voor Paulus en Silas neer.
En hy het hulle 65na buite gebring en gesê: oMenere, wat moet ek doen om gered te word?
Toe sê hulle: pGlo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en 66jou huisgesin.
En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was.
En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en 67hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.
Toe bring hy hulle in sy huis qen sit hulle ’n maaltyd voor; en 68hy het hom 69verheug met sy hele huisgesin dat hy 70tot geloof in God gekom het.
En toe dit dag word, stuur die regters die 71geregsdienaars en sê: Laat daardie manne los.
En die tronkbewaarder het hierdie woorde aan Paulus oorgebring: Die regters het laat weet dat julle losgelaat moet word; gaan dan nou uit en reis in vrede!
Maar Paulus sê 72vir hulle: Hulle het ons in die openbaar 73onveroordeeld geslaan, ons wat 74Romeinse burgers is, en ons in die gevangenis gewerp, en wil hulle ons nou in die geheim uitwerp? 75Volstrek nie! Laat hulle self kom en ons uitlei.
En die geregsdienaars het hierdie woorde aan die regters oorgebring, en dié het bang geword 76toe hulle hoor dat hulle 77Romeine was.
Daarop het hulle gekom en hulle gesmeek en uitgelei met die rversoek om 78uit die stad te vertrek.
En nadat hulle die gevangenis verlaat het, het hulle 79na die huis van Lídia gegaan; en 80hulle het die broeders gesien, hulle 81bemoedig en weggegaan.
| 1 Sien oor hierdie stede Hand. 14:6.
2 Sien meer oor hierdie Timótheüs in Hand. 17:14; 19:22; 20:4. Rom. 16:21. 1 Kor. 4:17. Filip. 2:19. 1 Thess. 3:2, en vernaamlik in 1 Tim. 1:2. 3 Dit is, wat bekeer was tot die Christengeloof. 4 Naamlik Eunice genoem. Sien oor haar, asook oor sy grootmoeder Loïs, 2 Tim. 1:5. 5 Gr. van ’n vader ’n Griek, dit is, van Griekse en heidense afkoms en godsdiens; wat die oorsaak was dat Timótheüs nie besny was nie. |
| a Hand. 6:3. | 6 Naamlik van godsaligheid en ervaring in die Heilige Skrif, 2 Tim. 3:15. |
| b 1 Kor. 9:20. Gal. 2:3. | 7 Gr. uitgaan.
8 Naamlik sodat die swakgelowige Jode nie sy diens sou verwerp omdat hy nie besny was nie. Want hulle het nog nie verstaan dat die besnydenis nou afgelê was en dat dit sy einde bereik het nie. En so gebruik Paulus die besnydenis hier as ’n middelmatige saak; wat altyd tot stigting van die swakkes en sonder aanstoot gebruik moet word, 1 Kor. 9:19. Toe hy egter nie met swakgelowige Jode te doen gehad het nie, maar met hardnekkige Jode, wat op die besnydenis aangedring het as steeds noodsaaklik tot die saligheid, wou hy ter wille van hulle Titus nie laat besny nie. Sien Gal. 2:3. 9 En dat daarom Timótheüs, sy seun, nie besny was nie. |
| c Hand. 15:20. | 10 Gr. dogmata, dit is, besluite, dit wat hulle goedgeag het; sien daaroor Hand. 15:20.
11 Gr. geoordeel, of: besluit. |
| 12 Naamlik sowel in die besonder van die Christelike vryheid en die gebruik daarvan, as in die algemeen van alle ander aspekte van die geloof. |
| 13 ’n Streek in Klein-Asië, tussen Mísië, Galásië en Likaónië.
14 ’n Streek in Klein-Asië, sien daaroor Gal. 1:2 se kanttekening. 15 Dit is, deur ’n inspraak van God deur sy Gees. 16 Naamlik vir daardie tyd; want Paulus het later die evangeliewoord omtrent twee jaar lank daar verkondig. Sien Hand. 19:10. So het die Heilige Gees die apostels voorgeskryf watter orde hulle moes volg in hul reise en in die woordverkondiging, eers aan die een volk en dan aan die ander. 17 Dit was die derde deel van die bewoonde en toentertyd bekende wêreld, waarvan Europa en Afrika die ander twee dele was. Hoewel dit voorkom of dit hier verstaan word as Klein-Asië. |
| 18 ’n Streek in Klein-Asië, tussen Troas en Frígië.
19 ’n Streek geleë naby Troas teenoor Thracië, geleë aan Pontus Euxinus of die Swart See. 20 Naamlik van Jesus, wat in baie antieke manuskripte daarby gevoeg is. 21 Sien vers 6 se kanttekening. |
| d 2 Kor. 2:12. | 22 Met hierdie naam word ’n hele landstreek bedoel, waar vroeër ou Troje gestaan het, ook Klein-Frígië genoem, asook ’n stad in dieselfde landstreek, wat ook Antigonië en Alexandrië genoem was, waarvan hier gespreek word. Sien Hand. 20:6. 2 Kor. 2:12. 2 Tim. 4:13. |
| 23 Dit was ’n groot streek in Europa, tussen Epirus en Thracië, wat aan die een kant geleë was aan die Egeïese See, toe ook Archipelago genoem.
24 Naamlik na die siel deur die verkondiging van die evangelie. |
| 25 Daaruit blyk dat Lukas toe in die geselskap van die apostel was. Sien ook Kol. 4:14. Fil. vers 24.
26 Sien oor die betekenisse van hierdie woord Hand. 9:22 se kanttekening. |
| 27 ’n Eiland in die Egeïese See, naby die vasteland van Thracië, so genoem omdat dit bewoon was deur inwoners deels afkomstig uit Thracië en deels uit Samos.
28 ’n Stad geleë op die grense van Thracië en Macedónië, nie ver van Filíppi af nie, teenoor die eiland Thasos. |
| 29 Hierdie stad was vroeër Dathos genoem, en daarna Filíppi genoem deur Filippus, koning van Macedónië, wat hierdie vervalle stad weer opgebou het. Sien Filip. 1:1.
30 Naamlik as ’n mens van Samothráce na Macedónië oorvaar. 31 So was die stede in Latyn genoem wat óf deur die Romeine gebou, óf deur Romeinse inwoners gevul en beset was, om die grond daarrondom te verbou en die grense van die Romeinse Ryk te beveilig. Sien vers 21. Daarvan het die stad Keulen (Cologne) ook steeds sy naam. |
| 32 Naamlik waar die gemeenskaplike gebed van die Jode gewoonlik beoefen is. Of: waar ’n bedehuis of sinagoge van die Jode was; en daaruit wil dit voorkom of die heidene aldaar die Jode nie wou toelaat om dit in hul stad te doen nie.
33 Naamlik Joodse vroue, van wie dit wil voorkom of hulle by die bidplek die meeste in getal was. |
| 34 Naamlik van geboorte. Hierdie stad was geleë aan die grense van die streke van Lidië en Mísië. Sien hieroor Openb. 2:18 se kanttekening.
35 Naamlik om deur die krag van sy Heilige Gees haar verstand te verlig en haar wil te neig tot geloofsgehoorsaamheid. 36 Of: haar te hou aan wat, ens. |
| e Gén. 19:3; 33:11. Rig. 19:21. Luk. 24:29. Hebr. 13:2. | 37 Of: aan die Here, naamlik Christus, getrou is.
38 Dit is, gaan daar tuis, vir solank julle hier gaan wees. 39 Naamlik deur vriendelik te smeek en aan te hou. |
| f 1 Sam. 28:7.
g Hand. 19:24. |
40 Gr. na die gebed.
41 Gr. paidiske, wat in die algemeen ’n meisie beteken, Hand. 12:13 se kanttekening, maar hier ’n diensmeisie of slavin, want hier en in vers 19 word daar van haar eienaars gespreek. 42 Gr. ’n gees van Piton, die naam wat die waarsêende gees Apollo deur die heidene genoem was, van die stad Pito, wat daarna Delphi genoem is, en waar hy ’n tempel gehad het waar hy meestal sy waarseggings gedoen het. So is ook allerlei waarsêende bose geeste genoem, wat gewoonlik die mense wat hul geraadpleeg het, antwoord gegee het, 1 Sam. 28:7. |
| 43 Hoewel hierdie onreine gees daarmee die waarheid gespreek het, was dit nogtans sy bedoeling om daarmee die leer van die apostels verdag te maak. Sien dergelike in Mark. 1:24. Luk. 4:41.
44 Anders: ons. |
| h Mark. 16:17. | 45 Of: gegrief; sowel oor die ellende van hierdie meisie, as oor die bedrieëry van die Satan, waardeur die arme mense verlei was. Sien Mark. 1:25 se kanttekening.
46 Naamlik uit hierdie slavin. |
| i 2 Kor. 6:5. | 47 Gr. uitgegaan het, as ’t ware saam met hierdie onreine gees.
48 Of: plek van die vonnis. 49 Hulle was in die kolonies van die Romeine decuriones genoem. |
| k 1 Kon. 18:17. Hand. 17:6. | 50 Gr. strategoi, wat deur die Romeine duumviri genoem was en in die kolonies die hoogste gesag gehad het.
51 Die naam Jode was baie gehaat onder die heidene. |
| 52 Dit is, maniere om God te dien, ander maniere as wat die Romeine en heidene gehad het. |
| l 2 Kor. 11:25. 1 Thess. 2:2. | 53 Naamlik van die apostel en Silas.
54 Of: te gésel. |
| 55 Gr. opgelê.
56 Gr. bewaarder van die gevangenes, sipier. 57 Dit is, met goeie sekuriteit, noukeurig. |
| 58 Gr. in die hout, naamlik ’n houtblok of instrument, waarin die voete toegesluit was. |
| m Hand. 4:31. | 59 Naamlik verheug omdat hulle vir Christus se Naam gely het, Hand. 5:41.
60 Naamlik die ander gevangenes. |
| n Hand. 5:19; 12:7. | 61 Gr. op en af geskud het; as ’n teken dat God die gebed van sy dienaars verhoor het, Hand. 4:31.
62 Naamlik vanself, deur die krag van God. |
| 63 Naamlik om ’n wreder dood te ontkom, wat hy gevrees het hom aangedoen sou word, indien die gevangenes ontvlug het. |
| 64 Dit is, luide. |
| o Luk. 3:10. Hand. 2:37; 9:6. | 65 Naamlik uit die binneste kerker. |
| p Joh. 3:16, 36; 6:47. 1 Joh. 5:10. | 66 Dit is, jou vrou en kinders, as kinders van die verbond. Sien Hand. 2:39 se kanttekeninge. |
| 67 Naamlik van die gestolde bloed, deur die géseling veroorsaak, om die wonde te versag. |
| q Luk. 5:29; 19:6. | 68 Of: hy het hom verheug dat hy met sy hele huisgesin tot geloof in God gekom het.
69 Sien dergelike in Hand. 8:39. 70 Gr. geglo het. |
| 71 Gr. roededraers; so was die dienaars of boodskappers van die stede genoem, omdat hulle geloop het met stokke, roedes of latte. |
| 72 Naamlik vir die geregsdienaars.
73 Dit is, nie net sonder skuld nie, maar ook sonder enige vorm van regsproses. 74 Dit is, wat die reg van die burgers van Rome het, wie ’n mens nie mog gésel nie. Sien Hand. 22:25 en Valerius Maximus. 75 Naamlik, dit sal nie so gebeur nie! |
| 76 Of: omdat hulle gehoor het.
77 Naamlik wat hulle, teen die reg van die burgers van Rome, laat gésel het, vers 37. |
| r Matt. 8:34. | 78 Naamlik sodat geen nuwe oproer teen hulle verwek sou word nie. |
| 79 Gr. na Lídia, verse 14, 15.
80 Naamlik Paulus en Silas. 81 Naamlik teen die ergernis wat deur hierdie smaadheid hulle aangedoen is. |