Statevertaling – Bybelstigting
Paulus in Thessaloníka en Beréa.
TOE het hulle deur 1Amfípolis en 2Apollónië gereis en in 3Thessaloníka gekom, waar ’n sinagoge van die Jode was.
En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek 4uit die Skrifte
en dit 5uitgelê en aangetoon adat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en gesê: Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is 6die Christus.
bEn sommige van hulle is 7oortuig en het hulle by Paulus en Silas 8aangesluit, ook ’n groot menigte van die 9godsdienstige Grieke en 10’n groot aantal van die aansienlikste vroue.
Maar die 11ongelowige Jode was 12afgunstig en het slegte manne van 13die leeglopers saamgeneem en die stad in opskudding gebring deur ’n volksoploop te bewerk. En hulle het die huis van 14Jason 15aangeval en probeer om hulle 16voor die volk te bring.
Maar toe hulle hul nie kry nie, het hulle Jason en ’n paar broeders na die stadsowerhede gesleep en geskreeu: cDie mense wat die wêreld 17in opstand bring, hulle het hier ook gekom,
en Jason het hulle ontvang. En hulle almal handel teen die 18bevele van die keiser en dsê dat daar 19’n ander koning is, naamlik Jesus.
En hulle het die skare in opskudding gebring en ook die stadsowerhede wat dit gehoor het.
Maar toe hulle van Jason en die ander 20genoegsame waarborg ontvang het, het hulle hul losgelaat.
Daarop het die broeders dadelik ein die nag Paulus en Silas 21na Beréa weggestuur. En toe hulle 22daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan.
En hierdie mense was 23edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het 24die woord met alle 25welwillendheid ontvang en felke dag 26die Skrifte 27ondersoek of hierdie dinge so was.
Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke ’n groot aantal, vroue en manne.
Maar toe die Jode van Thessaloníka verneem het dat die woord van God ook in Beréa deur Paulus verkondig was, het hulle gekom gen 28die skare ook daar opgesweep.
Die broeders het Paulus toe dadelik weggestuur om 29in die rigting van die see te gaan, maar Silas en Timótheüs het daar gebly.
Paulus in Athéne. Sy rede op die Areópagus.
EN die wat Paulus 30begelei het, het hom tot by Athéne gebring, en hnadat hulle opdrag ontvang het aan Silas en Timótheüs om so gou moontlik na hom te kom, het hulle vertrek.
En terwyl Paulus in Athéne vir hulle wag, het 31sy gees in hom 32opstandig geword toe hy sien dat die stad 33vol afgodsbeelde was.
Hy het toe in die sinagoge met die Jode 34gespreek en met die 35godsdienstige mense, en elke dag op die mark met die 36wat hom teëkom.
En sommige van die 37Epikuréïese en die 38Stoïsynse wysgere het met hom gestry, en sommige het gesê: Wat sou hierdie 39praatjiesmaker tog wil sê? Ander weer: Dit lyk of hy ’n verkondiger is van vreemde gode — omdat hy aan hulle die evangelie van Jesus en die opstanding 40verkondig het.
En hulle het hom geneem en op die 41Areópagus gebring en gesê: Kan ons verneem wat hierdie nuwe leer is wat deur u verkondig word?
Want u bring sekere vreemde dinge in ons ore. Ons wil dan weet wat dit tog kan wees.
Nou het al die Atheners en die 42uitlanders wat by hulle gewoon het, vir niks anders tyd gehad as om 43iets nuuts te sê en te hoor nie.
Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê: Atheners, ek 44sien dat julle in elke opsig baie 45godsdienstig is.
Want terwyl ek rondgegaan en julle 46heiligdomme aanskou het, het ek ook ’n altaar gevind waarop 47geskrywe is: Aan ’n 48onbekende God. Hom dan wat julle vereer 49sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.
iDie God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, kwoon nie in tempels met hande gemaak nie.
Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan 50iets behoefte het nie, lomdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.
En Hy het uit 51een bloed al die 52nasies van die mensdom gemaak om 53oor die hele aarde te woon, mterwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,
sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom 54miskien kon 55aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;
want 56in Hom lewe ons, beweeg ons en 57is ons, soos 58sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook 59sy geslag.
nAs ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat 60die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike 61kuns en uitvinding, gelyk is nie.
God het dan die 62tye van onkunde 63oorgesien en overkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,
omdat Hy ’n dag bepaal het waarop Hy 64die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 65’n Man pwat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal 66sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.
Maar toe hulle van die opstanding van die dode hoor, het sommige begin spot, en ander het gesê: Ons sal u weer hieromtrent hoor.
En so het Paulus van hulle weggegaan.
Maar sommige manne het by hom aangesluit en gelowig geword, onder wie ook Dionísius, die 67Areopagiet, was, en ’n vrou met die naam van Dámaris en ander saam met hulle.
| 1 ’n Stad in Macedónië, nie ver van Filíppi af nie, so genoem omdat dit van beide kante deur die see omring was.
2 ’n Stad, ook in Macedónië, naby Thessaloníka. 3 Een van die vernaamste stede van Macedónië, teen ’n lang inham van die Egeïese See geleë, so genoem omdat koning Filíppus die Thessaliërs daar oorwin het. |
| 4 Gr. van die Skrifte. |
| a Ps. 22:7. Matt. 16:21. Luk. 24:46. | 5 Dit is, dit stellig met duidelike getuienisse uit die Skrifte bewys. Sien Ps. 119:130. Luk. 24:32.
6 Die ware beloofde Messías, Joh. 1:42. |
| b Hand. 28:24. | 7 Gr. het hulle laat oortuig of oorreed.
8 Gr. toegewys, Hand. 13:48 en die kanttekening. 9 Dit is, Jodegenote, soos uitgedruk word in Hand. 13:43. Of ander wat die Joodse godsdiens toegedaan was. 10 Gr. nie min nie. So ook in vers 12. |
| 11 Gr. wat hulle nie wou laat oortuig of oorreed nie, dit is, wat ongehoorsaam gebly het, Joh. 3:36.
12 Of: naywerig. 13 Dit is, sommige onnutte mense, wat gewoonlik by die mark ledig staan. 14 Sommige meen dat hierdie Jason dieselfde een is waarvan ’n mens lees in Rom. 16:21. 15 Of: aan of teen die huis gestaan. 16 Naamlik om hulle te stenig. |
| c Hand. 16:20. | 17 Of: in oproer bring, of: maak dat deur die hele wêreld die een teen die ander in opstand kom. |
| d Luk. 23:2. Joh. 19:12. | 18 Of: verordeninge.
19 Naamlik as die keiser van Rome. |
| 20 Gr. genoeg, dit is, genoegsame verontskuldiging, of borg dat hulle hul, wanneer hulle geroep word, voor die gereg sou stel. |
| e Hand. 9:25. | 21 Naamlik om die gevaar te ontvlug, Matt. 10:23.
22 Naamlik in Beréa. |
| f Jes. 34:16. Luk. 16:29. Joh. 5:39. | 23 Want dit is ’n ware edel gemoed, wat sy geloof nie op die woorde van mense nie, maar slegs op God se woord bou, Ef. 2:20. Waaruit hierdie edelheid voortkom, sien Matt. 13:23.
24 Naamlik van God, die evangelie wat aan hulle verkondig is. 25 Of: bereidheid van die hart. 26 Naamlik van die profete. 27 Gr. met noukeurigheid beoordeel; of: die een met die ander vergelyk; naamlik die verkondiging deur die apostel met die Heilige Skrif. |
| g 1 Thess. 2:14. | 28 Dit is, hulle in beroering gebring teen die apostels. |
| 29 Dit is, asof hy van daar met ’n skip wou wegvaar. |
| h Hand. 18:5. | 30 Dit is, onderneem het om Paulus na ’n veilige plek te bring. |
| 31 Dit is, sy gemoed.
32 Naamlik opgewerk of vervul met ywer teen die groot afgodery wat daar gepleeg is. 33 Of: vol afgodery of totaal afgodies. Die heidense skrywers getuig dit self ook van hierdie stad. |
| 34 Dit is, geredeneer. Sien vers 2.
35 Dit is, Jodegenote. Sien vers 4. 36 Dit is, wat hom ontmoet het, of wat hy hier en daar aangetref het, en hom graag wou hoor spreek. |
| 37 So genoem na Epikurus, ’n dissipel van Xenokrates, wat die hoogste geluksaligheid in die wellus gestel het, en die voorsienigheid van God ontken het.
38 So genoem omdat Zeno, hul eerste meester, in ’n stoa, dit is, gallery, geleer het. Hulle het die voorsienigheid van God aan die middele gebind, en geleer dat ’n wyse man hoegenaamd nie aan die beweging van die gemoed onderworpe moes wees nie. 39 Of: beuselaar. Dit wil voorkom of die Griekse woord spermologos geneem is van die beeld, óf van sekere voëls wat die saad van die landerye oppik en baie geraas maak; óf van veragte mense, wat in Athéne op die mark die saad wat uit die sakke geval het, opgetel het. 40 Gr. geëvangeliseer. |
| 41 Dit was ’n raadsaal in Athéne, op ’n hoogte van die stad geleë, so genoem na hul afgod Ares, dit is, Mars, waar die hoogste geregshof was, en waar slegs baie moeilike en belangrike sake verhoor was. |
| 42 Gr. wat as vreemdelinge gewoon het, dit is, wat elders gebore was, en daar kom woon het.
43 Dit word ook aangaande die Atheners getuig deur die heidense skrywers Theophrastus, Characteres, Demosthenes, Olintiese redevoeringe, en Plutarchus, De garrulitate. |
| 44 Of: merk op.
45 Of: meer superstisieus, bygelowiger as ander, of: die godsdienstigste, naamlik van alle heidene. |
| 46 Gr. sebasmata, waardeur alle dinge verstaan word waaraan of waardeur enige vorm van godsdiens beoefen word, soos tempels, altare, beelde en dergelike.
47 Gr. inskripsie. Daar word ook van hierdie opskrif melding gemaak deur sommige heidense skrywers, Pausanius, Laërtios, en ander. 48 Naamlik, tot wie se eer hierdie altaar opgerig is. Die Atheners was so geneë om allerlei gode te dien, dat hulle nie net al die gode wat die ander heidene gehad het, gedien het nie; maar omdat hulle gevrees het dat daar nog êrens ’n onbekende god sou kon wees wat hulle nie gedien het nie, daarom wou hulle ook vir hierdie god ’n altaar oprig. 49 Of: onwetende vereer. |
| i Gén. 1:1. 2 Kron. 6:30. Ps. 33:6; 124:8; 146:6. Jes. 66:1. Hand. 14:15. Openb. 14:7.
k Hand. 7:48. |
| l Gén. 2:7. | 50 Of: iemand. |
| m Deut. 32:8. | 51 Naamlik van Adam en Eva.
52 Gr. volk. 53 Gr. oor die hele aangesig van die aarde. Hier word deur die apostel in die volgende woorde baie duidelik aangewys dat God deur sy voorsienigheid vir alle mense en volke op die aarde hulle tyd en plek verordineer het, hoe lank en waar hulle op die aarde sal woon. Sodat dienaangaande niks per toeval nie, maar alles volgens die voorsienigheid van God plaasvind. Sien ook Deut. 30:20. Job 14:5, 6. Matt. 10:29. |
| 54 Of: enigsins, moontlik.
55 Of: rondtas vir. God, wat ’n geestelike, onliggaamlike en onsienlike wese is, kan nie in wese aangeraak word nie, maar hier word aanraak gesê, omdat sy eienskappe so duidelik uit die geskape wesens en uit die onderhouding en regering daarvan gesien kan word, asof ’n mens Hom kan aanraak, Rom. 1:19, 20. |
| 56 Dit is, deur Hom of deur sy krag, soos in Rom. 11:36. Sien 1 Kor. 12:6.
57 Dit is, besit ons alles, wat ons na siel en liggaam is, en word ook in hierdie wese onderhou. 58 Naamlik Aratus, wat in Grieks geskrywe het oor die gang van die hemel. 59 Dit is, ons is van God afkomstig deur die skepping. |
| n Jes. 40:18. | 60 Of: die goddelike wese.
61 Gr. snyding of gravering van die kuns, dit is, wat deur die kuns van mense gesny of gegraveer is, soos die beelde en afgode van die heidene was. |
| o Luk. 24:47. | 62 Naamlik toe hulle die ware God nie geken het nie.
63 Naamlik as ’t ware oogluikend. |
| p Hand. 10:42. | 64 Dit is, alle mense wat op die aarde geleef het, leef, en nog sal leef.
65 Naamlik Jesus Christus. 66 Gr. geloof. |
| 67 Naamlik ’n regter of raadslid in die raad van Areópagus, waarvan gespreek is in vers 19. |