Statevertaling – Bybelstigting
Derde sendingreis van Paulus. Die evangelie word in Éfese gepreek. Demétrius veroorsaak ’n oproer.
EN terwyl aApollos in Korinthe was, het Paulus 1die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind
en hulle gevra: Het julle 2die Heilige Gees ontvang 3toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar 4’n Heilige Gees is nie.
En hy vra hulle: 5Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: 6Met die doop van Johannes.
Daarop sê Paulus: Johannes het met bdie doop 7van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.
En toe 8hulle 9dit hoor, is hulle gedoop 10in die Naam van die Here Jesus.
cEn Paulus het hulle 11die hande opgelê, en 12die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met 13tale gespreek en 14geprofeteer.
En altesaam was hulle omtrent twaalf manne.
En hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge 15wat die koninkryk van God aangaan.
dMaar toe sommige hulle verhard en 16ongehoorsaam was en voor die menigte aanhou kwaadspreek van 17die Weg, het hy van hulle weggegaan en die dissipels afsonderlik geneem en elke dag in die skool van ’n sekere 18Tiránnus samesprekinge gehou.
En dit het twee jaar lank geduur, sodat 19al die inwoners van 20Asië die woord 21van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke.
eEn God het buitengewone 22kragte deur 23die hande van Paulus gedoen,
sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.
En sommige van die 24rondtrekkende Jode, 25duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus 26wat Paulus verkondig!
Dit was sekere sewe seuns van Skeva, ’n Joodse 27owerpriester, wat dit gedoen het.
Maar die bose gees het geantwoord en gesê: 28Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, 29wie is julle?
Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle en 30oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis gevlug het.
En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in Éfese woon, en vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak.
fEn baie van die wat gelowig geword het, het belydenis kom doen en hulle 31dade 32bekend gemaak;
en verskeie van die wat met 33towery omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit 34vyftigduisend 35silwerstukke was.
gSo het die woord van die Here 36met krag 37gegroei en sterk geword.
hEn toe hierdie dinge 38verby was, 39het Paulus hom voorgeneem om deur Macedónië en Acháje 40te gaan en na Jerusalem te reis. Hy het gesê: Nadat ek daar gewees het, 41moet ek Rome ook sien.
Daarop 42stuur hy twee 43van sy helpers, Timótheüs en Erástus, na Macedónië, terwyl hy self nog ’n tyd lank in Asië gebly het.
iEn omtrent hierdie tyd het daar geen klein opskudding met betrekking tot 44die Weg ontstaan nie.
Want iemand met die naam van Demétrius, 45’n silwersmid, maker van 46silwertempeltjies van Diana, khet ’n aansienlike verdienste aan die ambagsmanne verskaf.
En toe hy hulle en 47die werkers in daardie soort bedrywe 48bymekaargeroep het, sê hy: Manne, julle weet dat 49ons welvaart uit hierdie verdienste is,
en julle sien en hoor dat nie alleen in Éfese nie, maar byna in die hele Asië, hierdie Paulus ’n aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sê dat dit geen gode is wat met hande lgemaak word nie.
Nou is daar nie alleen gevaar dat 50hierdie vak van ons 51in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana 52as niks gereken word, en dat haar 53majesteit wat die hele Asië, ja, die wêreld, vereer, ook 54tot niet sal gaan.
En toe hulle dit hoor, is hulle met woede vervul en het geskreeu en gesê: 55Groot is die Diana van die Efésiërs!
Daarop raak die hele stad heeltemal in verwarring, en hulle storm soos een man na die 56skouburg en sleep mGajus en Aristárchus saam, Macedóniërs wat reisgenote van Paulus was.
En toe Paulus onder die volk wou ingaan, het die dissipels 57hom dit nie toegelaat nie.
En sommige 58van die owerstes van Asië wat sy vriende was, het ook na hom gestuur en hom gesmeek dat hy hom nie in die skouburg moes begeef nie.
Hulle het dan aangehou skreeu, sommige dit en ander dat; want 59die vergadering was in die war, en die meeste het nie geweet waarvoor hulle bymekaargekom het nie.
En hulle het 60Alexander uit die skare 61vorentoe laat kom, omdat die Jode hom 62vorentoe gestoot het; en Alexander het 63met die hand gewink en wou hom by die volk 64verdedig.
Maar toe hulle verstaan dat hy ’n Jood is, gaan daar een geroep 65van almal op terwyl hulle omtrent twee uur lank skreeu: Groot is die Diana van die Efésiërs!
Maar die 66stadsklerk het die skare tot bedaring gebring en gesê: Efésiërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Efésiërs die 67tempelbewaarder is van die groot godin Diana en van die beeld 68wat uit die hemel geval het nie?
Terwyl dit dan nie weerspreek kan word nie, behoort julle rustig te wees en niks 69onbedags te doen nie.
Want julle het hierdie manne gebring, wat geen tempelrowers is nie en ook nie julle godin laster nie.
As Demétrius en sy 70ambagsmanne dan 71’n saak teen iemand het, 72die hofsittings word gehou, en daar is 73regters: laat hulle mekaar aanklaag.
Maar as julle nog iets anders verlang, dit sal in die 74wettige vergadering beslis word.
Want ons loop gevaar om oor die oproer van 75vandag 76aangeklaag te word, aangesien daar geen grond is waarop ons sal kan rekenskap gee van hierdie oploop nie. En met hierdie woorde het hy die vergadering ontbind.
| a 1 Kor. 1:12. | 1 Naamlik van Galásië en Frígië. Sien Hand. 18:23. |
| 2 Dit is, die buitengewone sigbare gawes van die Heilige Gees, soos om in allerlei tale te spreek, te profeteer, allerlei siektes te genees, ens. Sien vers 6. Joh. 7:39. Hand. 10:44, 47.
3 Naamlik en gedoop is. 4 Dit is, dat daar sodanige buitengewone gawes van die Heilige Gees gewerk en gegee word. |
| 5 Dit is, watter leer is aan julle verkondig en het julle bely, toe julle gedoop is?
6 Dit is, ons is met die doop van Johannes gedoop volgens die belydenis van die leer wat Johannes aangaande Christus geleer en daarvolgens sy dissipels gedoop het, sien Hand. 18:25, by daardie doop was die buitengewone gawes van die Heilige Gees nie gegee nie, aangesien Christus toe nog nie verheerlik was nie, Joh. 7:39. |
| b Matt. 3:11. Mark. 1:4. Luk. 3:16. Joh. 1:26. Hand. 1:5; 11:16. | 7 Dit is, waarby Johannes bekering gepreek het, en wat die gedooptes tot bekering verplig het. Hiermee, asook met dit wat hierna volg, wys Paulus aan dat die doop van Johannes op sigself, aangaande die wese, dieselfde is as die doop van die apostels; omdat hulle dieselfde teken het, dieselfde saak beteken, en tot dieselfde doel bedien word. Die onderskeid is egter, dat Johannes met sy leer en doop Christus aangewys het, wat ná hom kom en alles nog sal volbring; en die apostels dat Christus deur sy koms alles volkome uitgerig het wat nodig is tot ons verlossing. |
| 8 Of: En die wat hoor, naamlik die dissipels van Johannes.
9 Naamlik die woorde van Johannes die Doper. Hierdie is die woorde van Paulus waarmee hy beskryf hoe Johannes sy dissipels gedoop het. Dit blyk uit die Griekse teks, dat die woordjie men, dit is, wel (Johannes het wel met, ens. in die vierde vers), en de, dit is, en (in die vyfde vers) of maar, aandui dat die dinge wat in hierdie en die vorige vers gesê word, saamgevoeg moet word, en dat daar van een persoon en saak gespreek word. Hieruit kan dus nie bewys word dat hierdie dissipels deur Paulus oorgedoop is nie. 10 Sien Hand. 8:16; 10:48. |
| c Hand. 8:17; 11:15. | 11 Sien Hand. 8:17.
12 Dit is, die buitengewone gawes van die Heilige Gees, wat direk hierna genoem word. 13 Gr. tonge. 14 Dit is, toekomende dinge verkondig, of oor goddelike sake gespreek en die Skrifte van die profete uitgelê. Sien 1 Kor. 14:3. |
| 15 Dit is, wat die ewige saligheid aangaan. |
| d 2 Tim. 1:15. | 16 Of: weerbarstig.
17 Dit is, die leer. Sien Hand. 18:25. 18 Hierdie woord het vroeër by die Grieke gedui op iemand wat sekere mag gehad het; en omdat die mag misbruik was, is later iemand wat óf die mag onwettig bekom het, óf dit met ongeregtigheid en wreedheid misbruik het, so genoem. Hier wil dit egter voorkom of dit die naam is van ’n man wat hierdie skool laat bou het. |
| 19 Dit is, baie, meeste van hulle.
20 Naamlik Klein-Asië. 21 Dit is, aangaande die Here Jesus. |
| e Mark. 16:20. Hand. 14:3. | 22 Dit is, wonderwerke.
23 Dit is, die diens, Hand. 5:12. |
| 24 Gr. rondgaande, dit is, wat deur die land trek om daaruit voordeel te trek.
25 Dit is, wat deur beswering in die Naam van God die onreine geeste uitdryf; wat die onreine geeste toegelaat het om die mense in wangeloof te hou. 26 Omdat hulle gesien het dat Paulus in die Naam van Jesus so kragtig die duiwels uitgedryf het, wou hulle dit navolg, om meer eer of voordeel te kry. |
| 27 Sien oor hierdie owerpriesters Matt. 2:4 en die kanttekening. |
| 28 Naamlik dat Hy mag het om my uit te dryf.
29 Dit is, watter mag het julle om my te gebied? |
| 30 Of: oorheers. |
| f Matt. 3:6. | 31 Dit is, misdade en groot sondes, naamlik deur dit openlik te verfoei, en Paulus se raad en troos daarteen te versoek.
32 Of: berig, dit is, geopenbaar, beskryf. |
| 33 Of: nuttelose, oorbodige, nuuskierige kunste; so word die duiwelse en swart kunste van towery en waarsêery met ’n mooier naam genoem; waartoe die Efésiërs van ouds baie geneë was.
34 Gr. vyf maal tienduisend silwerstukke. 35 Of: dragmes silwer. Matt. 18:28 en die kanttekening. |
| g Jes. 55:11. | 36 Dit is, geweldig baie.
37 Sien Hand. 12:24. |
| h Rom. 15:25. Gal. 2:1. | 38 Gr. vervul.
39 Gr. het Paulus in die gees gestel. Dit is, in sy gemoed. Of: deur die Gees, naamlik deur die Heilige Gees, wat hom ingegee het hoe hy sy reise moes aanpak. 40 Naamlik om die gemeentes in hierdie lande dadelik te besoek. 41 Dit wil ook voorkom of dit in die besonder deur God aan hom geopenbaar is. By watter geleentheid en hoe hy daarna in Rome gekom het, word beskryf in Hand. 25:12; 26:32, en in hfst. 27; 28. |
| 42 Naamlik om die weg vir hom voor te berei, en die aalmoese vir die armes in Jerusalem in te samel, 1 Kor. 4:17.
43 Naamlik in die diens van die Woord; aangesien hy alleen nie alles sou kon uitrig nie. |
| i 2 Kor. 1:8. | 44 Dit is, die Christelike godsdiens. Sien Hand. 18:25. |
| k Hand. 16:16. | 45 Gr. silwerbewerker.
46 Dit is, klein afbeeldings van die groot tempel van Diana van silwer gemaak of in silwer pennings afgedruk, waarin ’n klein beeldjie van Diana gestaan het, wat die heidene wat na Éfese gekom het om Diana te dien, gekoop en saamgeneem het, om tuis daaraan godsdienstige eer te bewys. |
| 47 Naamlik wat vir hulle gewerk het om sodanige tempeltjies te maak.
48 Gr. in ’n groep byeengebring het. 49 Dit is, waarvan ons moet leef en ons moet onderhou. |
| l Ps. 115:4. Jer. 10:3. |
| 50 Dit is, hierdie ambag van ons, waarvan ons moet lewe.
51 Gr. in weerspreking of verwerping sal kom; sodat ons nie baie werk sal hê nie. 52 Gr. tot of vir niks. 53 Of: hoogheid. 54 Gr. weggeneem sal word. |
| 55 Dit is, moet en behoort in groter eer gehou te word. |
| m Hand. 20:4; 27:2. Kol. 4:10. | 56 Dit was groot stadions in sommige van die vernaamste stede van die heidene, waarin die volk saamgekom het om die vertonings te sien wat aangebied is, ter ere van hul afgode, of vir ander doeleindes. |
| 57 Naamlik sodat hy hom nie in gevaar sou stel om deur hierdie woedende skare doodgemaak te word nie. |
| 58 Gr. asiargon, wat nie die regering van Asië behartig het nie, maar sekere priesters, wat aangestel was om die skouspele ter ere van hul afgode te behartig; waaronder sommige, so wil dit voorkom, ook nie onbekend was met die Christelike godsdiens nie. |
| 59 Gr. ekklesia, wat eintlik ’n vergadering deur openbare bevel byeengeroep, beteken. Hierdie vergadering het egter vanself in verwarring bymekaargekom, vers 29. |
| 60 Sommige meen dit was dieselfde Alexander waarvan ’n mens lees in 1 Tim. 1:20. 2 Tim. 4:14, ’n heftige en hardnekkige vyand van Paulus en van die waarheid, dit is egter nie seker nie. Sien 1 Tim. 1:20 se kanttekening.
61 Naamlik om hom te hoor spreek. 62 Naamlik omdat hy ook ’n Jood was, om iets te sê tot beskuldiging van die Christene. 63 Sien Hand. 12:17; 13:16; 21:40. 64 Naamlik aangaande hierdie onordelike byeenkoms, met beskuldiging teen die Christene. |
| 65 Naamlik van die heidene wat daar was. |
| 66 Naamlik wat ons ook stadsekretaris noem.
67 Dit is, wat die tempel van Diana in stand hou, bewaar en versier. 68 Gr. wat van Júpiter geval het. Hierdie beeld van Diana was baie oud, vroeër uit hout gemaak deur ’n kunstenaar Canetia, wat, hoewel die tempel sewe maal vernuwe is, dieselfde gebly het. Sien Plinius. Daarom is die volk wysgemaak dat dit uit die hemel geval het. |
| 69 Of: uit haastigheid te voortvarend te wees, sonder om julle goed te bedink nie. |
| 70 Gr. kunstenaars, naamlik wat sulke silwer tempelbeeldjies maak.
71 Gr. ’n woord. 72 Of: die regters vergader, van wie, of deur wie hulle regspraak kan versoek. 73 Gr. anthupatoi, dit is, wat in die plek van die burgemeesters van Rome regeer. Sien Hand. 13:7 en die kanttekening. |
| 74 Dit is, wat op bevel en opdrag van die magistraat byeengeroep word. |
| 75 Dit is, van dit wat julle vandag gedoen het, deur hierdie oproerige byeenkoms.
76 Naamlik by die regters. |