Statevertaling – Bybelstigting

Handelinge 20

Paulus besoek opnuut Macedónië en Griekeland en gaan dan na Klein-Asië.

1

EN nadat die oproer verby was, het Paulus die dissipels na hom geroep en 1gegroet en het vertrek aom na Macedónië te reis.

2

En hy het daardie streke deurgegaan, en nadat hy hulle met baie woorde bemoedig het, in 2Griekeland gekom.

3

En daar het hy drie maande 3gebly; maar toe die Jode teen hom saamgespan het, terwyl hy juis na Sírië sou 4afvaar, het hy 5besluit om deur Macedónië terug te gaan.

4

En 6tot in Asië het 7Sópater 8van Beréa hom vergesel, en van die Thessalonicense, bAristárchus en Secúndus, en cGajus van Derbe en dTimótheüs, en 9uit Asië eTíchikus en fTrófimus.

5

Hulle het vooruitgegaan en in Troas op ons gewag.

6

Maar ná die dae 10van die ongesuurde brode het ons van Filíppi uitgeseil en 11binne vyf dae by hulle in Troas gekom, waar 12ons sewe dae 13deurgebring het.

7

En op die 14eerste dag 15van die week, toe die dissipels vergader het 16om brood te breek, het Paulus hulle 17toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek, en hy het sy rede gerek tot middernag toe.

8

En daar was 18baie lampe in die bovertrek waar 19hulle vergader het.

9

En ’n sekere jongman met die naam van Eútichus het in die venster gesit en 20weggesink in ’n diepe slaap; en toe Paulus 21nog lank gespreek het, is hy 22oorweldig deur die slaap en het van die derde verdieping afgeval en is dood opgetel.

10

Toe gaan Paulus ondertoe en gval op hom en slaan sy arms om hom en sê: Moenie so te kere gaan nie, want 23sy lewe is in hom.

11

En hy het boontoe gegaan en 24brood gebreek en 25geëet; en nadat hy nog ’n geruime tyd gespreek het tot dagbreek toe, het hy vertrek.

12

En hulle het die seun lewendig huis toe weggebring en was uitermate 26getroos.

13

Maar ons het vooruit op die skip gegaan en afgevaar na 27Assus, waar ons van plan was om Paulus aan boord te neem; want so het hy dit 28bestel, omdat hy self 29te voet wou gaan.

14

Toe hy ons dan in Assus ontmoet, het ons hom aan boord geneem en by 30Mitiléne gekom.

15

En daarvandaan het ons weggevaar en die volgende dag teenoor 31Chios gekom, en die ander dag na 32Samos oorgevaar en in 33Trogíllion oorgebly en die dag daarop by 34Miléte gekom.

16

Want Paulus het 35besluit om by Éfese verby te vaar, sodat hy nie in Asië tyd sou verloor nie; hwant hy het hom gehaas om, as dit vir hom moontlik was, op die 36pinksterdag in Jerusalem te wees.

Paulus spreek die ouderlinge van Éfese toe.

17

EN van Miléte het hy gestuur na Éfese en die ouderlinge van die gemeente laat roep.

18

En toe hulle by hom kom, sê hy vir hulle: Julle weet hoe ek, ivan die eerste dag af dat ek in 37Asië aangekom het, die hele tyd by julle gewees het

19

en die Here gedien het met alle 38nederigheid en baie 39trane en 40beproewinge wat oor my gekom het deur die komplotte van die Jode;

20

hoe ek niks 41agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en 42in julle huise,

21

terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke 43aangedring het op kdie bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus.

22

En kyk, ek gaan nou 44gebind 45deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, 46weet ek nie,

23

behalwe dat die Heilige Gees in 47elke stad kragtig 48getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.

24

lMaar 49ek bekommer my glad nie en ek ag ook 50my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap 51my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek mvan die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie 52van die genade van God.

25

En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.

26

Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag dat ek 53rein is van die bloed van almal.

27

Want ek het nie 54nagelaat om aan julle 55die hele raad van God te verkondig nie.

28

nGee dan ag 56op julleself en op die hele kudde 57waaroor die 58Heilige Gees julle as 59opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God 60te versorg, wat 61Hy 62odeur sy eie bloed 63verkry het.

29

Want ek weet dit, dat ná my 64vertrek p65wrede 66wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.

30

qJa, 67uit julle self sal daar manne opstaan wat 68verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek 69agter hulle aan.

31

Daarom moet julle waak en onthou dat ek 70drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie.

32

En nou, broeders, dra ek julle op aan God en aan 71die woord van sy genade, 72wat magtig is om julle op te 73bou en julle 74’n erfdeel te gee onder al die 75geheiligdes.

33

rNiemand se silwer of goud of klere het ek begeer nie;

34

maar julle weet self dat shierdie hande voorsien het in die behoeftes van my en die wat by my was.

35

Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei 76die swakkes moet 77help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, 78dat Hy gesê het: Dit is 79saliger 80om te gee as om te ontvang.

36

En ná hierdie woorde het hy tneergekniel en met hulle almal saam gebid.

37

En daar het ’n groot 81geween ontstaan van almal, en hulle het Paulus om die hals geval en hom gesoen,

38

veral bedroef oor die woord wat hy gesê het, dat hulle sy aangesig nie meer sou sien nie. En hulle het hom na die skip begelei.

a 1 Tim. 1:3. 1 Naamlik met omhelsing en soene, ooreenkomstig die gewoonte van dié lande, Gén. 31:55. 1 Thess. 5:26.
2 Naamlik in dié deel van Griekeland wat Attika genoem was.
3 Gr. gemaak. Sien Hand. 15:33; 18:23.

4 Gr. in die hoogte of diepte, naamlik van die see, gedryf sou word.

5 Of: voorgeneem, gemeen.

b Hand. 19:29; 27:2. Kol. 4:10.

c Hand. 19:29. 1 Kor. 1:14.

d Hand. 16:1.

e Ef. 6:21. Kol. 4:7. 2 Tim. 4:12. Tit. 3:12.

f Hand. 21:29. 2 Tim. 4:20.

6 Dit wil voorkom of Paulus nie wou hê dat hulle hom verder sou vergesel nie, behalwe Trófimus, Hand. 21:29.

7 Anders: Sósipater, sommige voeg by Pyrrhus se seun. Sien oor hom Rom. 16:21.

8 Gr. ’n Beréër.

9 Waaruit blyk dat dit wat die apostel sê in 2 Tim. 1:15, nie van almal nie, maar van die meeste van hulle verstaan moet word.

10 Dit is, van die pasga, Matt. 26:17.

11 Of: aan die einde van vyf dae.

12 Naamlik Paulus en sy geselskap, onder wie Lukas homself hier ook inreken.

13 Gr. vertoef, naamlik die tyd.

14 Gr. een. Sien Gén. 1:5. Matt. 28:1, en vergelyk daarmee 1 Kor. 16:2, welke dag die dag van die Here genoem word, Openb. 1:10.

15 Gr. van die sabbatte. Sien Matt. 28:1. Luk. 18:12.

16 Dit is, om saam met mekaar te eet en die nagmaal van die Here te hou. Sien Hand. 2:42, 46. 1 Kor. 11:20-22.

17 Naamlik oor die leer van die evangelie.

18 Die gelowiges het toe dikwels in die nag vergader om aan die gevaar van vervolging te ontkom; en hulle het in hul vergaderings lampe gehad, om nie beskuldig te word (soos die goddeloses nogtans gedoen het) dat hulle iets onbehoorliks daarbinne bedryf nie.

19 Anders: ons.

20 Of: in ’n diepe slaap geval; of: is hiervandaan weggeneem, weggevoer.

21 Gr. nog baie.

22 Of: oorval.

g 1 Kon. 17:21. 2 Kon. 4:34. 23 Gr. sy siel. Die lewe het hom inderdaad verlaat, vers 9, maar Paulus sê dit omdat hy ten volle verseker was, dat die lewe weer in hom sou kom, soos in Matt. 9:24. Of omdat dit weer op daardie oomblik in hom gekom het.
24 Sien vers 7.

25 Gr. iets geproe, naamlik die voedsel, wat gewoonlik saam met  die nagmaal genuttig was.

26 Dit is, verbly en verkwik.
27 ’n Stad in Mísië, naby Troas, anders ook Apollonía genoem.

28 Gr. verordineer.

29 Dit is, oor land wou reis, om onderweg die evangelie hier en daar te verkondig.

30 ’n Eiland met ’n stad met dieselfde naam, nie ver van Assus nie, geleë in die Egeïese See.
31 ’n Eiland tussen Samos en Lesbos, ook in die Egeïese See.

32 ’n Eiland daar naby, wat ’n stad het met dieselfde naam.

33 ’n Hoek van die berg Mykale, wat in die see uitsteek, veertig stadia van Samos geleë.

34 ’n Stad teen die see op die vasteland van Jonië, nie ver van Éfese af nie.

h Hand. 21:4, 12. 35 Gr. geoordeel, dit is, goedgevind.

36 Sien oor hierdie feesdag Hand. 2:1 en die kanttekening. Die apostel het dit nie gedoen omdat hy gemeen het dat hierdie Joodse fees nog steeds gehou moes word nie, Gal. 4:10. Kol. 2:16, maar sodat hy weens die menigte van die volk wat na die fees gekom het, geleentheid sou hê om die evangelie des te beter te versprei.

i Hand. 19:10. 37 Naamlik, eintlik so genoem, aangesien dit ’n deel van Klein-Asië was, met Éfese as hoofstad.
38 Of: ootmoedigheid, van gemoed, of van toestand, soos in Luk. 1:48.

39 Naamlik uit medelye oor die arme mense wat onwetend of verlei was.

40 Dit is, versoekinge. Sien Jak. 1:2, 1 Petr. 1:6 en die kanttekeninge.

41 Gr. ontneem, dit is, verswyg het, óf deur vrees vir mense, óf ter wille van gewin, 1 Thess. 2:3, 4.

42 Dit is, veral.

k Matt. 3:2. Mark. 1:15. Luk. 24:47. 43 Naamlik oral en baie sterk, met vaste gronde en getuienisse van die Heilige Skrif.
44 Dit is, asof met toue getrek.

45 Deur sterk aandrywing en bevel van die Heilige Gees; of: deur my gemoed deur ingewing van die Heilige Gees. Sien Hand. 19:21 se kanttekening.

46 Naamlik in die besonder.

47 Dit is, oral in alle stede waardeur ek reis. Vgl. Luk. 8:4.

48 Naamlik deur die profete, aan wie die Heilige Gees hierdie dinge geopenbaar het, soos uit Hand. 21:4, 11 blyk.

l Hand. 21:13.

m Gal. 1:1. Tit. 1:3.

49 Gr. ek heg nie waarde aan enige iets nie.

50 Gr. my siel.

51 Naamlik van die Christelike lewe, en in die besonder van my diens, 1 Kor. 9:24. 2 Tim. 4:7.

52 Dit is, waarin die genade van God aan ons verkondig word.

53 Dit is, onskuldig aan julle verderf, omdat ek julle getrou die weg tot die saligheid aangewys het. Sien Eség. 3:18, 19. Hand. 18:6.
54 Of: agtergehou. Sien vers 20 se kanttekening.

55 Dit is, alles wat God besluit en geopenbaar het aangaande die saligheid van die mense, deur wie en hoe dit verkry word, Luk. 7:30. Ef. 1:11.

n 1 Petr. 5:2.

o Ef. 1:7. Kol. 1:14. 1 Petr. 1:19. Openb. 5:9.

56 Dit is, op julle leer, lewe en amp.

57 Gr. waarin.

58 Die Heilige Gees is die hoofoorsaak van die wettige beroeping van die dienaars van die Woord, hoewel Hy dit deur die diens van mense doen. Hand. 13:2, 3.

59 Gr. episkopous, waarvan die woord biskop afkomstig is. Hulle word in vers 17 ouderlinge van die gemeente genoem. Waaruit blyk dat in die Heilige Skrif geen onderskeid tussen ouderlinge en biskoppe gemaak word nie. Sien Filip. 1:1.

60 Naamlik met die gesonde leer van die goddelike Woord. Die amp van die dienaars van die Woord word hier baie gepas met die beeld van ’n herder vergelyk, Jer. 23:4. Joh. 21:15. Ef. 4:11. 1 Petr. 5:2.

61 Naamlik God, dit is, die Seun van God, wat ons menslike natuur aangeneem het in eenheid van sy persoon.

62 Naamlik waardeur Hy ons verlos het, en nie deur die bloed van enige diere nie, Hebr. 9:12. Hierdie bloed word God se eie bloed genoem, omdat die Seun van God, terwyl Hy waaragtig God is en bly, menslike vlees en bloed aangeneem het in eenheid van sy persoon. ’n Spreekwyse, waardeur die persoon van Christus, genoem na die een natuur, toegeskryf word aan dit wat eie is aan Hom na die ander natuur. Sien Joh. 3:13.

63 Of: verwerf, gekoop, sy eie gemaak het.

p 2 Petr. 2:1. 64 Naamlik van hier uit hierdie lande, of ook uit hierdie lewe.

65 Dit is, gruwelike, moeilike, lastige.

66 Dit is, valse leraars, wat die skape met hul valse leer verniel, Matt. 7:15.

q Ps. 41:10. Matt. 26:21. Hand. 1:16, 17. 1 Joh. 2:19. 67 Dit is, uit die leraars en opsieners self.

68 Of: verdraaide; soos die Satan alles verdraai om die waarheid te verduister.

69 Naamlik om hulle en hulle leer te volg.

70 Vgl. Hand. 19:10.
71 Dit is, die evangelie, om daarmee julle geloof te versterk en daarin julle troos te soek. Sien Hand. 14:26.

72 Naamlik God.

73 Naamlik om die gemeente te vermeerder met gawes en in aantal.

74 Naamlik van die hemelse vaderland.

75 Naamlik deur die Gees van die wedergeboorte; of: afgesonderdes van die wêreld deur die geloof.

r 1 Kor. 9:12. 2 Kor. 11:9; 12:13.
s Hand. 18:3. 1 Kor. 4:12. 1 Thess. 2:9. 2 Thess. 3:8.
76 Naamlik in die geloof en die kennis van die Christelike leer.

77 Dit is, óf ondersteun dat hulle nie val nie, óf die wat geval het, die hand bied om hulle op te help, Luk. 1:54.

78 Hierdie woorde staan nie in die evangeliese geskiedenis beskryf nie, omdat nie alle woorde en dade van Christus beskryf is nie, Joh. 20:30; 21:25, maar dit kan nogtans afgelei word uit sommige spreuke van Christus, Luk. 6:38; 16:9.

79 Want wie aan die armes gee, gee daarmee tot sy voordeel aan die Here, Spr. 19:17.

80 Naamlik die tydelike goedere tot onderhoud van die kerkdiens of van die armes.

t Hand. 21:5.
81 ’n Teken van hartlike liefde vir hul leraar.