Statevertaling – Bybelstigting

Handelinge 22

Paulus lewer sy verdediging voor die volk.

1

BROEDERS1 en vaders, luister nou na my verdediging teenoor julle!

2

En toe hulle hoor dat hy hulle in die 2Hebreeuse taal toespreek, was hulle nog stiller. En hy sê:

3

aEk is ’n Jood, gebore in Tarsus in Cilícië, maar opgevoed in hierdie stad 3aan die voete van bGamáliël, 4streng ooreenkomstig die voorvaderlike wet, 5’n yweraar vir God soos julle almal vandag is.

4

cHierdie 6Weg het ek vervolg 7tot die dood toe, en manne en ook vroue geboei en in gevangenisse oorgegee,

5

soos ook die hoëpriester en die hele raad van ouderlinge my getuies is. Van hulle het ek ook briewe ontvang en na 8die broeders in Damaskus gegaan om ook die wat daar was, geboeid na Jerusalem te bring, sodat hulle gestraf kon word.

6

dMaar 9terwyl ek op reis was en naby Damaskus kom, het daar op die middag eskielik ’n groot lig uit die hemel my omstraal,

7

en ek het op die grond geval en ’n stem vir my hoor sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?

8

En ek het geantwoord: Wie is U, Here? En Hy het vir my gesê: Ek is Jesus, die Nasaréner, wat jy vervolg.

9

En die wat saam met my was, het wel die lig gesien fen bang geword, maar die stem van Hom wat met my gespreek het, 10nie gehoor nie.

10

En ek het gesê: Wat moet ek doen, Here? En die Here het vir my gesê: Staan op en gaan na Damaskus, en daar sal jou vertel word alles wat aan jou opgedra is om te doen.

11

Toe ek dan 11weens die glans van daardie lig nie kon sien nie, is ek deur my metgeselle by die hand gelei en het in Damaskus gekom.

12

gEn ’n sekere Ananías, ’n vroom man volgens die wet, wat ’n goeie naam gehad het by al die Jode wat daar woon,

13

12het na my gekom en by my gaan staan en vir my gesê: Saul, broeder, 13word siende! En op dieselfde oomblik 14het ek hom aangekyk.

14

En hy het gesê: Die God van ons vaders het jou 15voorbeskik om sy wil te ken en 16die Regverdige te sien en die stem uit sy mond te hoor;

15

want jy sal vir Hom by al die mense ’n getuie wees van wat jy gesien en gehoor het.

16

En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop 17en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.

17

hEn toe ek in Jerusalem teruggekom het en besig was om in die tempel te bid, het ek 18in ’n verrukking van sinne gekom

18

en Hom gesien, en Hy het vir my gesê: iMaak gou en 19gaan haastig uit Jerusalem uit, want hulle sal jou getuienis aangaande My nie aanneem nie.

19

En ek het gesê: Here, hulle weet self dat ek besig was om die wat in U glo, kin die gevangenis te werp en in die sinagoges te slaan;

20

len toe die bloed van Stéfanus, u 20getuie, vergiet is, het ek ook self daarby gestaan en sy vermoording goedgekeur en die klere opgepas van die wat hom doodgemaak het.

21

En Hy het vir my gesê: Gaan heen, mwant Ek sal jou ver wegstuur na die heidene.

22

21Tot by hierdie woord het hulle na hom geluister; toe verhef hulle hul stem en sê: nWeg van die aarde met so ’n mens, want hy behoort nie te lewe nie!

23

En terwyl hulle so skreeu en hulle 22klere afgooi en 23stof in die lug werp,

24

het 24die owerste oor duisend bevel gegee dat hy in die 25kamp gebring moes word, en gesê dat hulle hom met géselslae moes ondersoek, sodat hy kon weet om watter rede hulle so teen hom uitroep.

25

En onderwyl hulle hom 26met die rieme uitrek, sê Paulus vir die hoofman oor honderd wat daar staan: Is dit u geoorloof om 27’n Romeinse burger, en dit 28onveroordeeld, te gésel?

26

Toe die hoofman oor honderd dit hoor, gaan hy dit aan die owerste oor duisend vertel en sê: Pas op wat u gaan doen, want hierdie man is ’n Romein.

27

En die owerste oor duisend het gekom en hom gevra: Sê vir my of jy ’n Romein is? En hy antwoord: Ja.

28

Toe sê die owerste oor duisend: Ek het hierdie burgerreg vir ’n groot som verkry! En Paulus sê vir hom: Maar ek het dit deur 29geboorte.

29

Daarop het die wat hom sou ondersoek, hom dadelik laat staan; en die owerste oor duisend het ook gevrees, omdat hy nou wis dat hy ’n Romein was en hy hom geboei het.

Paulus voor die Joodse Raad.

30

EN die volgende dag wou hy met sekerheid weet waarvan hy deur die Jode beskuldig was; en hy het hom van sy boeie losgemaak en bevel gegee dat die owerpriesters en hulle hele Raad moes vergader; en hy het Paulus 30afgebring en voor hulle laat staan.

1 Hy noem die gewone volk wat ongeveer sy ouderdom was broeders, en hulle oudstes en owerstes vaders, om hulle so met hierdie aanspreekvorm gunstig te stem om te luister. Sien dergelike voorbeeld in Stéfanus, Hand. 7:2.
2 Dit is, Aramese taal, wat baie ooreengekom het met die Hebreeuse taal en daarom as een taal gereken was. Want die Joodse volk het ná die Babiloniese ballingskap, vanweë die gedurige omgang met die Arameërs en die Assiriërs, die suiwerheid van die Hebreeuse taal baie met hierdie tale vermeng.
a Hand. 9:11; 21:39. 2 Kor. 11:22.

b Hand. 5:34.

3 Dit is, onder die onderwysing en toesig van die bekende wetgeleerde Gamáliël, van wie se aansien onder die volk getuig word in Hand. 5:34. Die spreekwyse is hiervan geneem, dat die leraars hoër op verhewe stoele of sitplekke gesit het, en die dissipels op laer banke voor hulle voete, soos ook van Maria gesê word in Luk. 10:39.

4 Gr. onderrig ooreenkomstig die presiesheid, dit is, volgens die strengheid van die Farisese wyse, wat deur die Jode as die beste en strengste onderhouer van die wet gereken was. Sien Hand. 26:5. Filip. 3:5.

5 Dit is, ’n yweraar vir die wet van God, maar sonder kennis, soos Paulus daarby voeg in Rom. 10:2.

c Hand. 8:3; 9:1; 26:9. 1 Kor. 15:9. Gal. 1:13. 1 Tim. 1:13. 6 Dit is, hierdie leer of godsdiens. Sien Hand. 9:2; 19:9, 23.

7 Dit is, om hulle dood te maak, soos met Stéfanus gebeur het, Hand. 7:60.

8 Dit is, die Jode en hul owerstes, Hand. 9:2, wat hy broeders noem, omdat hulle van dieselfde volk was, hoewel bittere vyande van die Christene.
d Hand. 9:3.

e 1 Kor. 15:8. 2 Kor. 12:2.

9 Sien oor hierdie geskiedenis Hand. 9:3 en verder, en die kanttekeninge daaroor.
f Dan. 10:7. 10 Naamlik die woorde nie verstaan nie, want hulle het wel die geluid gehoor. Sien Hand. 9:7 se kanttekening.
11 Dit is, die uitnemende helderheid van hierdie lig het my oë so gebrand, dat daar iets soos skille daarop gekom het, Hand. 9:18.
g Hand. 9:17.
12 Naamlik deur Christus in ’n gesig gestuur, Hand. 9:10.

13 Of: kyk op.

14 Of: het ek na hom opgekyk.

15 Of: tevore verordineer. Die Griekse woord beteken soveel as by die hand geneem.

16 Dit is, Jesus Christus, wat geen sonde geken het nie, hoewel Hy as ’n onregverdige veroordeel is, Jes. 53:11. Hand. 3:14. 1 Joh. 2:1.

17 Dit is, tot ’n teken en verseëling dat jou sondes deur die bloed en die Gees van Christus afgewas is; ’n spreekwyse wat dikwels aangaande die sakramente gebruik word. Sien Mark. 1:4. Ef. 5:26. Dit word nader verklaar in Matt. 3:11. 1 Petr. 3:21. 1 Joh. 1:7.
h Hand. 9:28. 18 Gr. uitsinnig, sien daaroor Hand. 10:10. Dit wil voorkom of dit gebeur het nadat hy uit Arabië na Jerusalem teruggekeer het, drie jaar ná sy bekering, Gal. 1:18.
i Matt. 10:14. 19 Hierdie hele beskrywing van Paulus, soos ook die vorige, dien daartoe om aan die Jode te bewys dat hy nie uit onwetendheid van die beloftes wat aan die Jode gemaak is, óf uit enige partydigheid teenoor hulle nie, maar slegs deur die stem en die wil van God gedring, na die heidene gegaan het, om die evangelie aan hulle te verkondig.
k vers 4.
l Hand. 7:58; 8:1. 20 Gr. marturos, waarvan die woord martelaar kom, omdat hulle met hul bloed getuienis gee van die waarheid van die evangelie, van wie Stéfanus ná die opstanding van Christus die eerste was.
m Hand. 9:15; 13:2. Gal. 1:15; 2:8. Ef. 3:8. 1 Tim. 2:7. 2 Tim. 1:11.
n Hand. 21:36. 21 Naamlik omdat hulle nie kon verdra dat die heidene met hulle gelykgestel of bo hulle verhef is nie, het hulle daaroor so ontsteld geword.
22 Of: mantels, bo-klere.

23 Naamlik uit onstuimigheid soos rasende mense. Ander meen dat hulle dit gedoen het om te toon dat hy volgens hulle wet as ’n lasteraar gestenig moes word; waartoe die afgooi van die klere gedien het, Hand. 7:58, en die werp van stof in die plek van stene, wat hulle nie daar gehad het nie.

24 Naamlik die bevelvoerder van die vesting Antonia, genaamd Claudius Lísias, Hand. 23:26.

25 Sien daaroor Hand. 21:34 en die kanttekening.

26 Dit is, so vasbind dat sy ledemate uitgerek word teen ’n paal of pilaar om gegésel te word.

27 Dit is, een wat die burgerreg van die stad Rome het. Sien vers 28.

28 Dit is, sonder dat ’n behoorlike ondersoek gedoen is.

29 Naamlik nie dat hy in die stad Rome gebore was nie, maar in die stad Tarsus in Cilícië, waarvan die burgers deur keiser Augustus die burgerreg van die stad Rome verkry het, omdat hulle in sy oorlog teen Brutus en Cassius, aan sy kant was en baie gely het, en daardeur van hulle goedere beroof is. Sien Dio Chrysostomos, in Oratio 33 (Tarsica 2), en Dio Cassius. Plinius noem dit ook ’n vrye stad, Historia naturalis. Sien ook Hand. 9:11 se kanttekening.
30 Naamlik uit die vesting Antonia (wat op ’n hoogte geleë was) na onder, êrens in ’n plek in die voorste deel van die vesting of daar naby waarheen hy die Raad van die Jode ontbied het. Want dit is nie waarskynlik dat hy Paulus in die tempel self gebring het nie; omdat Lísias en dié saam met hom heidene was, en daarom nie in die tempel mog kom nie. Nogtans blyk uit Hand. 23:10, dat hy en sy soldate by die vergadering teenwoordig was.