Statevertaling – Bybelstigting

Handelinge 24

Paulus voor die regterstoel van die goewerneur Felix.

1

EN 1vyf dae daarna het adie hoëpriester Ananías met die ouderlinge en ’n sekere 2advokaat Tertúllus afgekom en Paulus by die goewerneur aangeklaag.

2

En toe hy opgeroep is, begin Tertúllus hom beskuldig en sê:

3

Dat ’n groot vrede deur u, hoogedele Felix, ons te beurt val, 3en dat daar hervorminge deur u voorsorg in elke opsig en oral vir hierdie nasie tot stand kom, 4neem ons met alle dankbaarheid aan.

4

Maar om u nie te lank op te hou nie, versoek ek u om ons in u 5vriendelikheid kortliks aan te hoor.

5

Want ons het gevind dat hierdie man ’n pes is en ’n verwekker van oproer onder al die Jode in die wêreld en ’n voorman van 6die sekte 7van die Nasaréners,

6

bwat selfs probeer het om 8die tempel te ontheilig. Ons het hom gevange geneem en wou hom volgens ons wet oordeel;

7

maar Lísias, die owerste oor duisend, het gekom en hom met 9groot geweld uit ons hande weggeneem

8

en bevel gegee dat sy beskuldigers voor u moet kom. 10Van hom sal u self, ná ondersoek, kennis kan verkry van al hierdie dinge waarvan ons hom beskuldig.

9

En 11die Jode het ook 12saamgestem en gesê dat dit so was.

10

En nadat die goewerneur vir hom gewink het om te praat, het Paulus geantwoord: Omdat ek weet dat u oor hierdie volk al 13baie jare lank regter is, verdedig ek 14my saak met goeie moed,

11

aangesien u te wete 15kan kom dat dit nie meer as 16twaalf dae is vandat ek opgegaan het om in Jerusalem te aanbid nie.

12

cEn hulle het my nie in die tempel gevind, besig om 17met iemand te praat of ’n opstand van die volk te verwek nie, en ook nie in die sinagoges of in die stad nie.

13

En hulle kan ook die dinge waarvan hulle my nou beskuldig, nie 18bewys nie.

14

Maar dit erken ek voor u dat ek volgens 19die Weg wat hulle 20sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is,

15

en ’n hoop op God het, ’n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar 21’n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as 22onregverdiges.

16

d23Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense ’n rein gewete te hê.

17

Maar 24ná baie jare het ek gekom eom aan 25my volk aalmoese te bring en 26offers.

18

fEn terwyl ek hiermee besig was, het sekere Jode uit Asië my in die tempel gevind nadat ek geheilig was, nie met ’n skare of met ’n opskudding nie.

19

Hulle behoort hier voor u te wees om beskuldiging in te bring as hulle iets teen my het.

20

Of laat hierdie manne self sê of hulle enige onreg in my gevind het toe ek voor die Raad gestaan het,

21

behalwe oor hierdie een 27woord wat ek 28uitgeroep het terwyl ek onder hulle gestaan het, naamlik: gOor die opstanding van die dode staan ek vandag by u voor die gereg!

22

Toe Felix dit hoor, het hy hulle saak uitgestel, 29alhoewel hy noukeurig genoeg met die dinge 30van die Weg bekend was; en hy het gesê: Wanneer Lísias, die owerste oor duisend, afkom, sal ek julle saak ten volle ondersoek.

23

En hy het die hoofman oor honderd beveel om Paulus te bewaak, maar dat hy 31verligting moes hê, hen dat hy niemand van 32sy eie mense moes verhinder om hom te bedien of te besoek nie.

24

En ’n paar dae daarna het Felix gekom saam met 33Drusílla, sy vrou, wat ’n Jodin was, en het Paulus laat haal en hom aangehoor oor die geloof in Christus.

25

Maar toe hy spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix 34baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek ’n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.

26

En tegelykertyd het hy ook gehoop dat 35geld aan hom deur Paulus sou gegee word om hom los te laat. Daarom het hy hom ook dikwels laat haal en met hom gesprekke gehad.

27

Maar 36twee jaar het verbygegaan, en toe kry Felix vir 37Porcius Festus as opvolger; en omdat Felix iaan die Jode ’n guns wou bewys, het hy Paulus as gevangene agtergelaat.

a Hand. 23:2. 1 Naamlik nadat Paulus van Jerusalem na Cesaréa gebring was; want toe het sy beskuldigers ook daar aangekom, soos hulle deur Lísias beveel was. Sien vers 8. Hand. 23:30, 33.

2 Gr. retor, dit is, redenaar, advokaat, iemand wat in die kuns van welsprekendheid geoefen is, naamlik wat die woord sou voer, hetsy in Grieks of in Latyn.

3 Of: en baie prysenswaardige sake of dade ten gunste van die volk plaasvind. Hierin spreek hy slegs ’n halwe waarheid, om die goewerneur te probeer vlei. Want Felix het wel ’n sekere Eleasarus, ’n berugte bedrieër en rower in die Joodse land, met sy groep uitgeroei, daarenteen het hy egter hul hoëpriester Jónatan, wat hom teen sy onbehoorlike handelinge gestel het, om die lewe gebring, die volk baie uitgemergel en in baie dinge wreed behandel. Sien Josephus, Oudhede.

4 Dit is, erken.

5 Of: billikheid.
6 Of: die kettery.

7 So noem hy veragtelik die dissipels van Christus, of die Christene, omdat hy gemeen het dat Christus te Násaret in Galiléa gebore was, die mense daar is as eenvoudig beskou, Joh. 1:47; 7:41, 52. Hierdie naam is ook daarna aan ’n sekere sekte onder die Christene gegee deur die Christene self, wat die seremoniële wet met die evangelie wou vermeng, Cerinthus was ook ’n leier van hierdie sekte. Sien Hand. 15:1 en die kanttekening.

b Hand. 21:28. 8 Naamlik deur die inbring van heidene of onbesnedenes; hoewel dit nie die waarheid was nie. Sien Hand. 21:28. Hy verswyg dit hier egter, omdat Felix self ’n heiden was, en nie besny was nie.
9 Gr. baie.
10 Naamlik Paulus hier teenwoordig. Dit sê hy onbeskaamd, soos uit die volgende verdediging van Paulus blyk.
11 Naamlik wat daar uit die Raad teenwoordig was om hom te beskuldig. Hulle het saamgestem met dit wat hul advokaat gesê het.

12 Of: daar bygevoeg.

13 Dit sê Paulus, omdat Felix tevore baie jare ’n deel van die Joodse land, naamlik Trachonitis, Gaulanitis en Batanea regeer het. Sien Josephus, Joodse Oorlog.

14 Of: my, wat my aangaan.

15 Naamlik indien u daaroor ondersoek wil doen.

16 Naamlik gelede, waarvan hy slegs sewe in Jerusalem (Hand. 21:27) en die ander vyf nou in Cesaréa (Hand. 24:1) was, sodat hy in dié tyd nie kon doen waarvan hulle hom beskuldig het (sien vers 5, 6), of wat in die geheim beplan kon word nie (sien vers 12).

c Hand. 25:8; 28:17. 17 Of: met iemand te argumenteer.
18 Gr. daarstel, of: staande hou.
19 Dit is, leer of wyse van godsdiens. Hy erken dan hiermee openlik dat hy ’n Christen is; maar ontken dat hy daarom ’n ander god dien as die God van hul voorvaders, of ’n ander geloof het as dit wat in die wet en profete voorgehou is; dat hy ook daarom geen nuwe sekte stig, soos waarvan hulle hom beskuldig nie.

20 Of: kettery.

21 Naamlik op welke dag elkeen geoordeel sal word volgens sy werke, vers 25.

22 Dit is, die goddeloses en ongelowiges. Sien Dan. 12:2. Joh. 5:29.

d Hand. 23:1. 23 Gr. Hierin.
e Hand. 11:29. Rom. 15:25. 24 Naamlik, se afwesigheid van Jerusalem, in ander lande.

25 Naamlik die arm Jode wat tot die Christelike geloof bekeer is.

26 Sien daaroor Hand. 21:26, Paulus het dit gedoen om die swak Christene uit die Jode hierin tegemoet te kom, soos hy ook Timótheüs om dieselfde rede besny het, Hand. 16:3, sien hieroor ook Hand. 18:18 se kanttekening, hoewel beide, die besnydenis en die offers, deur Christus se dood opgehou het. Hierdie tegemoetkoming kon voortduur, totdat die tempel en die stad Jerusalem vernietig was en die ander Jode in hul hardnekkigheid deur God verwerp is, Romeine 11.

f Hand. 21:27.
g Hand. 23:6; 28:20. 27 Gr. stem, dit is, behalwe dat hulle hierdie woord as onreg beskou het, ens.

28 Waaruit wel onrus onder diegene in die Raad ontstaan het, maar sonder rede, omdat hulle self hierdie hoop het, vers 15.

29 Of: en hy het gesê: As ek nadere kennis van hierdie Weg sal hê, ens. In hierdie vertaalopsie gee Felix dan twee redes vir sy uitstel: ten eerste, om intussen noukeuriger ondersoek te kon doen oor die godsdiens van die Christene, waarvan hulle Paulus beskuldig het, en ten tweede, om noukeurig by Lísias te hoor watter oproer Paulus in Jerusalem aangerig het.

30 Dit is, van hierdie godsdiens. Sien vers 14.

h Hand. 27:3; 28:16. 31 Dit is, meer vryheid in die gevangenis.

32 Naamlik vriende of geloofsgenote, omdat daar al lank ’n gemeente in Cesaréa was, soos blyk uit Hand. 10:48; 21:8.

33 Dit was die dogter van die Herodes wat Jakobus laat doodmaak het, Hand. 12:1, en die suster van Agríppa, waarvan in die twee volgende hoofstukke gespreek word. ’n Baie trotse en onkuise vrou, wat haar man Aziz, die koning van die Emeseners, verlaat het om die vrou te word van hierdie Felix, wat haar om haar skoonheid as vrou begeer het. Sien Josephus, Oudhede.
34 Naamlik omdat sy gewete hom oortuig het van baie bose dade wat hy teen die deugde van geregtigheid en selfbeheersing begaan het. Sien Rom. 2:15. 1 Kor. 14:24.
35 Naamlik aangesien hy ’n geldgierige man was, en geweet het dat Paulus baie geliefd was onder die Christene, wat geen geld sou spaar om hom los te kry nie.
i Hand. 25:14. 36 Naamlik van sy regering oor die hele Judéa; of: van die gevangenskap van Paulus.

37 Naamlik wat deur keiser Nero tot ’n goewerneur van Judéa gestuur was in die plek van Felix, weens die wrede handelinge van Felix in die provinsie, en ook weens die doodmaak van baie Jode binne Cesaréa; waaroor die Jode hom deur sekere gesante by die keiser aangekla het. Hieroor is hy deur die keiser van sy regering afgesit en sou hy met die dood gestraf gewees het. Hierdie straf is egter afgeweer deur die voorspraak van sy broer Pallas by die keiser. Sien Josephus, Oudhede, Tacitus, Annales en Historiae.