Statevertaling – Bybelstigting
Paulus verskyn voor Festus en beroep hom op die keiser.
FESTUS het dan in die 1provinsie gekom en ná drie dae van 2Cesaréa opgegaan na 3Jerusalem.
En die hoëpriester en 4die vernaamstes 5van die Jode het Paulus by hom aangeklaag
en by hom aangedring en gevra, as ’n guns teen Paulus, dat hy hom na Jerusalem moes laat haal; terwyl hulle intussen ’n hinderlaag voorberei het om hom op die weg om te bring.
Maar Festus het geantwoord dat Paulus in Cesaréa bewaak word en dat hy self spoedig 6daarheen sou reis.
Laat dan dié onder julle, sê hy, wat bevoeg is, 7saamgaan, en as daar iets verkeerds in hierdie man is, hom beskuldig.
En nadat hy 8nie meer as tien dae onder hulle deurgebring het nie, het hy na Cesaréa afgegaan en die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee dat Paulus voorgebring moes word.
En toe hy verskyn, het die Jode wat van Jerusalem afgekom het, rondom hom gestaan en 9baie en swaar beskuldiginge teen Paulus ingebring wat hulle nie kon bewys nie,
terwyl hy tot sy verdediging gesê het: aEk het niks teen die wet van die Jode of teen die tempel of teen die keiser gesondig nie.
Maar omdat Festus aan die Jode ’n 10guns wou bewys, het hy geantwoord en vir Paulus gesê: Wil jy na Jerusalem opgaan en daar 11voor my oor hierdie dinge teregstaan?
Toe sê Paulus: Ek staan voor die regterstoel 12van die keiser waar ek geoordeel 13moet word. Aan die Jode het ek geen onreg gedoen nie, 14soos u ook baie goed weet.
bWant as ek oortree het of iets gedoen het wat die dood verdien, weier ek nie om te sterwe nie. Maar as daar niks is in die dinge waarvan hulle my beskuldig nie, dan kan niemand my aan hulle by wyse van guns oorlewer nie. 15Ek beroep my op die keiser!
Toe antwoord Festus, nadat hy 16met die Raad gespreek het: Op die keiser het jy jou beroep — na die keiser sal jy gaan!
Paulus voor Agríppa.
EN ná verloop van enkele dae het koning 17Agríppa en 18Berníce in Cesaréa aangekom om Festus 19te begroet.
En toe hulle daar verskeie dae deurgebring het, het Festus die saak van Paulus aan die koning voorgelê en gesê: cHier is ’n man deur Felix as gevangene agtergelaat,
teen wie die owerpriesters en die ouderlinge van die Jode, toe ek in Jerusalem was, ’n klag ingedien en 20vonnis teen hom gevra het.
En ek het hulle geantwoord dat dit nie by die Romeine gewoonte is om denige mens 21by wyse van guns 22aan die dood prys te gee voordat die beskuldigde die beskuldigers 23voor hom gehad het en geleentheid tot verdediging in verband met die beskuldiging gekry het nie.
Toe hulle dan hier vergader het, het ek sonder enige uitstel die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee om die man voor te bring.
Die beskuldigers het teen hom opgetree en geen beskuldiging ingebring van dinge soos ek verwag het nie,
maar hulle het met hom sekere 24twisvrae oor hulle eie 25godsdiens gehad en oor ’n sekere Jesus wat dood is, van wie Paulus verklaar het dat Hy lewe.
En omdat ek met die ondersoek hiervan 26verleë was, het ek gevra of hy na Jerusalem wou gaan en daar oor hierdie dinge teregstaan;
maar toe Paulus in beroep gegaan het om in bewaring te bly vir die beslissing 27van die keiser, het ek bevel gegee dat hy in bewaring moes bly totdat ek hom na die keiser kon stuur.
En Agríppa sê vir Festus: Ek sou self ook graag die man wil hoor. Toe antwoord hy: Môre sal u hom hoor.
Op die volgende dag het Agríppa en Berníce toe met 28prag en praal gekom en die 29gehoorsaal binnegetree saam met die owerstes oor duisend en die aansienlikste manne van die stad; en op bevel van Festus is Paulus voorgebring.
Toe sê Festus: Koning Agríppa en manne wat almal hier saam met ons is, u sien hierdie man oor wie die hele menigte van die Jode my aangespreek het in Jerusalem en ook hier, en uitgeroep het dat hy nie langer behoort te lewe nie.
Maar omdat ek gevind het edat hy niks gedoen het wat die dood verdien nie, en hy self ook hom op die keiser beroep het, het ek besluit om hom te stuur.
Maar ek kan niks sekers oor hom aan my 30heer skrywe nie; daarom het ek hom voor u gebring en veral voor u, koning Agríppa, sodat ek ná die ondersoek iets kan skrywe.
Want dit lyk vir my onredelik om ’n gevangene te stuur en nie die beskuldiginge teen hom aan te dui nie.
| 1 Só het die Romeine ’n streek genoem wat hulle deur oorlog gewen en onder hulle gebied gebring het, en deur ’n paar afgevaardigde goewerneurs namens die Romeinse Ryk laat regeer het; Judéa was ook so ’n streek. Sien ook Hand. 23:34.
2 Hierdie stad was in daardie tyd die setel van die Romeinse goewerneurs, vanweë sy sterkte en ligging. Sien Hand. 23:23 se kanttekening. 3 Dit was die hoofstad van die hele provinsie, waar die geestelike en wêreldlike regering van die Jode was, egter onder die beheer van die goewerneurs. |
| 4 Gr. die eerstes.
5 Dit is, uit die Joodse Raad, Hand. 24:1. |
| 6 Naamlik na Cesaréa, soos hy ook gedoen het, vers 6. |
| 7 Gr. saam afgaan, naamlik na Cesaréa; hy spreek so omdat Jerusalem hoër in die land, op berge geleë was. Sien ook vers 7. |
| 8 Ander manuskripte lees: meer as tien dae. |
| 9 Wat hierdie beskuldigings was, blyk uit Paulus se verdediging in die volgende vers. |
| a Hand. 24:12; 28:17. |
| 10 Soos Felix ook tevore gedoen het, Hand. 24:27.
11 Naamlik van die Joodse Raad, in my teenwoordigheid of onder my beheer. |
| 12 Naamlik wie se goewerneur u is.
13 Naamlik as ’n burger van Rome. 14 Naamlik sowel uit die verslag wat Felix aan u oor my gegee het, as uit my eie verdediging, wat u sopas gehoor het. |
| b Hand. 18:14. | 15 Dit is, ek appelleer na die keiser, naamlik as ’n burger van Rome, wat hierdie reg van appèl of beroep op die keiser in so ’n geleentheid toekom, soos blyk uit vers 12. Hand. 26:32. |
| 16 Hiermee word nie die Joodse Raad bedoel nie, maar die adviseurs wat hy as goewerneur byeengeroep het. |
| 17 Hy was die seun van die Herodes wat Jakobus laat doodmaak het, Hand. 12:1, 2.
18 ’n Suster van Agríppa (soos ook Drusílla, Hand. 24:24), ook ’n ontugtige en pronksugtige vrou, wat ’n weduwee was. Sy het by Agríppa, haar broer, gewoon, egter nie sonder agterdog van bloedskande nie, Josephus, Oudhede. 19 Of: te verwelkom, en geluk te wens oor sy koms in hierdie nuwe provinsie en amp. |
| c Hand. 24:27. |
| 20 Naamlik die doodsvonnis, sonder enige vorm van regspraak, soos blyk uit die volgende vers. |
| d Deut. 17:4. | 21 Naamlik vir die beskuldigers, soos hulle versoek het, vers 3.
22 Gr. tot verderf. 23 Gr. voor die aangesig. |
| 24 Of: verskille, kwessies.
25 Of: bygeloof; so noem hierdie heiden die Joodse godsdiens uit veragting, en dít in die teenwoordigheid van Agríppa en sy suster, wat Jode was, maar gewoond was om alles te verdra om nie hierdie Romeinse goewerneurs te mishaag nie. |
| 26 Dit sê hy in teenstelling met die waarheid om sy saak te verontskuldig; want hy het dit van Paulus gevra om sodoende die Jode ’n guns te bewys, vers 9. |
| 27 Gr. sebastou, waarvoor die Latyne die woord augustus gebruik, wat eintlik iemand wat die vernaamste eer toekom beteken; dit kom van die woord sebas, wat dikwels verstaan word as óf goddelike eer wat die heidene aan hul keisers gegee het, óf ook dít waaraan goddelike eer gegee word. Sien Hand. 17:23; 27:1. |
| 28 Gr. fantasia, dit is, luisterryk of glans; nie net deur duursame klere nie, maar ook deur ’n groot gevolg of sleep, wat ons gewoonlik prag of praal noem.
29 Gr. akroaterion, wat eintlik ’n saal of plek beteken waar ’n mens ’n plegtige ontvangs gee of regsake aanhoor en bepleit. |
| e Hand. 23:9; 26:31. |
| 30 Dit is, die keiser. Die eerste keisers wou nie die titel heer aanneem nie, omdat die titel ’n heerskappy oor die onderdane, soos oor slawe, meebring. Keiser Nero, onder wie se gesag dit gebeur het, het egter wel hierdie titel aangeneem, soos ook baie ander keisers ná hom. |