Statevertaling – Bybelstigting
EN Agríppa sê vir Paulus: Dit is jou vergun om vir jouself te spreek. Toe steek Paulus 1sy hand uit en verdedig homself:
Ek ag my gelukkig, koning Agríppa, dat ek my voor u vandag gaan verdedig in verband met alles waarvan ek deur die Jode beskuldig word,
veral omdat u 2bekend is met al die sedes en 3vraagstukke onder die Jode. Daarom versoek ek u om my geduldig aan te hoor.
4My lewe dan van my jeug af, wat van die begin af deurgebring is onder my nasie in Jerusalem, ken al die Jode,
omdat hulle my 5van dié tyd af geken het, as hulle dit wil betuig, hoe ek volgens die 6strengste party van ons godsdiens as Fariseër geleef het.
En nou staan ek tereg oor adie hoop op 7die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is,
8waartoe 9ons twaalf stamme wat God 10aanhoudend dag en nag dien, 11hoop om te kom; 12oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig.
13Wat? Word dit by u as ongelooflik beskou dat God die dode opwek?
bWat my betref, 14ek het gemeen dat ek baie vyandige dinge teen die Naam van Jesus die Nasaréner moes doen.
Dit het ek ook in Jerusalem gedoen; en ek het baie van 15die heiliges in gevangenisse opgesluit, nadat ek van die owerpriesters volmag verkry het; en so dikwels as hulle omgebring is, 16het ek my toestemming gegee.
En in al die sinagoges het ek 17hulle dikwels gestraf en 18gedwing om te laster; en ek het uitermate teen hulle gewoed en hulle vervolg, selfs tot in die buitelandse stede.
19Toe ek dan daarvoor na Damaskus op reis was, met volmag en opdrag van die owerpriesters,
het ek, o koning, in die middel van die dag op die pad c’n lig uit die hemel gesien, sterker as die glans van die son, wat my en my reisgenote omstraal het.
En toe 20ons almal op die grond val, hoor ek ’n stem met my spreek en in die 21Hebreeuse taal sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
Toe sê ek: Wie is U, Here? En Hy sê: Ek is Jesus wat jy vervolg.
Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou 22verskyn om jou te bestem tot ’n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn,
terwyl Ek jou verlos 23uit die volk en die heidene na wie Ek jou nou stuur,
dom hulle 24oë te open, dat hulle hul 25van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en 26’n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.
Daarom, koning Agríppa, was ek aan die hemelse gesig nie ongehoorsaam nie,
emaar ek het eers aan die mense in Damaskus en in Jerusalem en in die hele land van Judéa en aan die heidene verkondig dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God bekeer deur werke te doen wat by die bekering 27pas.
Om hierdie rede het die Jode my fin die tempel gevang en my probeer ombring.
Maar omdat ek hulp van God verkry het, 28staan ek tot vandag toe en getuig aan 29klein en groot, en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie:
dat die Christus moes ly en 30die eerste wees uit die opstanding van die dode, en 31’n lig aan die volk en die heidene sou verkondig.
Maar terwyl hy hom so verdedig, sê Festus met ’n groot stem: 32Jy is kranksinnig, Paulus; 33die groot geleerdheid 34bring jou tot kranksinnigheid.
Maar hy sê: Ek is nie kranksinnig nie, hoogedele Festus, maar ek spreek woorde van waarheid en 35gesonde verstand.
Want die koning, met wie ek ook vrymoediglik spreek, weet van 36hierdie dinge; want ek glo nie dat aan hom iets van hierdie dinge onbekend is nie, gwant dit het nie in ’n hoek gebeur nie.
Glo u die profete, koning Agríppa? Ek weet dat u 37glo.
En Agríppa sê vir Paulus: Jy 38beweeg my byna om ’n Christen te word.
En Paulus sê: hEk sou wel God wil bid 39dat sowel byna as heeltemal nie alleen u nie, maar ook almal wat my vandag aanhoor, so mag word soos ek is, buiten 40hierdie boeie.
En nadat Paulus dit gesê het, staan die koning op en die goewerneur en Berníce en die wat saam met hulle gesit het.
En toe hulle weggaan, praat hulle met mekaar en sê: iHierdie man doen niks wat die dood of die boeie verdien nie.
En Agríppa sê vir Festus: Hierdie man kon losgelaat gewees het 41as hy hom nie op die keiser beroep het nie.
| 1 Naamlik om stilte en aandag te bewerkstellig. |
| 2 Gr. ’n kenner is, naamlik as ’n Jood, en wat in die Joodse godsdiens onderrig is. Dit sê hy nie om Agríppa te vlei nie, maar om hom tot groter aandag en leergierigheid te beweeg.
3 Of: kwessies, geskille. |
| 4 Dit is, hoe ek geleef of my gedra het. |
| 5 Gr. van bo af, dit is, van verlede tye af.
6 Of: skerpste, mees volkome. Sien Hand. 22:3 se kanttekening; 23:8. |
| a Gén. 3:15; 22:18; 26:4; 49:10. Deut. 18:15. 2 Sam. 7:12. Ps. 132:11. Jes. 4:2; 7:14; 9:5; 40:10. Jer. 23:5; 33:14. Eség. 34:23; 37:24. Dan. 9:24. Miga 7:20. | 7 Dit is, die vervulling van die belofte, om die geregtigheid en saligheid deur die Messías te verkry, verse 22, 23. |
| 8 Naamlik tot watter hoop, dit is, saak waarop gehoop word, of: belofte, dit is, beloofde saak.
9 Naamlik die godvrugtige Jode uit die twaalf stamme van Israel, nie net in Judéa woonagtig nie, maar ook deur die hele wêreld verstrooi, Jak. 1:1 en die kanttekening. 10 Of: in vurigheid. 11 Welke hoop op sigself wel goed is, maar hierin gebrekkig, omdat hulle nog hoop of verwag wat in Christus Jesus reeds vervul is. 12 Dit is, oor die vervulling van hierdie hoop, ens. Waarin ook die hoop van die opstanding van die dode en veral van die Messías begrepe is; wat hy sonder twyfel uit die Skrifte van die profete bewys het, soos hy doen in Hand. 13:33 en verder; soos Paulus hierna verklaar. |
| 13 Dit wil voorkom of hy hom hier tot Festus en die ander heidene rig; want Agríppa het die profete geglo, vers 27, en daarom ook die opstanding van die dode, vers 7. |
| b Hand. 8:3; 9:1; 22:4. 1 Kor. 15:9. Gal. 1:13. 1 Tim. 1:13. | 14 Naamlik soos die ander nou doen, met ’n blinde ywer, sonder ware kennis. |
| 15 Dit is, diegene wat in Christus geglo het.
16 Gr. het ek my stem daarby gevoeg. Sien oor die Griekse manier van stem met behulp van psefos (steen) Openb. 2:17 se kanttekening. |
| 17 Naamlik wat volhard het in hulle geloof.
18 Dit is, met pyniging en dreigemente gedwing om Christus te verloën, ja, selfs te vloek, soos dit ook die wyse van die heidene was in die vervolging van die Christene. Sien Plinius Junior in Brief aan Trajanus. |
| 19 Wat in hierdie verhaal verklaring nodig het, sien daaroor Handelinge 9 se kanttekeninge. |
| c Hand. 9:3. |
| 20 Dit is, ek sowel as my medereisigers, hoewel ek bly lê het en hulle almal onmiddellik sprakeloos opgestaan het, Hand. 9:7.
21 Hieruit wil dit voorkom of Paulus Agríppa en Festus nie in Hebreeus aangespreek het nie, maar in Grieks of in Latyn, waarmee hulle beter bekend was. |
| 22 Of: deur jou gesien. Sien oor die manier van hierdie verskyning Hand. 9:17 se kanttekening. |
| 23 Naamlik van die Jode, wat jou sal vervolg. |
| d Jes. 60:1. | 24 Dit is, hulle verstand, naamlik deur die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus.
25 Dit is, van die natuurlike blindheid en wêreldse onkunde, tot die regte en ware kennis van God tot ewige saligheid. 26 Gr. ’n lot, omdat die erfdele baie keer deur die lot uitgedeel word. |
| e Hand. 9:19, 28; 22:17, 21. | 27 Sien hieroor Matt. 3:8 se kanttekening. |
| f Hand. 21:30. |
| 28 Dit is, is my lewe nog gespaar, en het ek daarom nie traer geword om die evangelie te verkondig nie.
29 Dit is, elkeen, van watter staat of toestand hy ook is. |
| 30 Naamlik om ewig te lewe; want elkeen wat tevore opgestaan het, het weer gesterwe. Paulus verwys hier egter nie net na die orde nie, maar in die besonder na die krag van Christus as die Hoof, waardeur die gelowiges as sy lede op die regte tyd ook tot die ewige lewe sal opstaan. Sien 1 Kor. 15:22, 23. Kol. 1:18.
31 Sien vers 18. |
| 32 Naamlik soos mense wie se denke verward word van te veel studeer. So oordeel die natuurlike mens oor die wysheid van God, 1 Kor. 1:23; 2:14.
33 Gr. die baie letters. 34 Gr. keer hom om. |
| 35 Of: gematigde, nugter en beheerste verstand. |
| g Joh. 18:20. | 36 Naamlik wat ek van Christus Jesus en dit wat met Hom gebeur het, vertel het, omdat dit openlik in Jerusalem gebeur het en deur die hele Sírië bekend is. |
| 37 Dit is, die profete as waar en as God se Woord beskou. |
| 38 Gr. oorreed. |
| h 1 Kor. 7:7. | 39 Gr. dat, én in min én in baie.
40 Dit is, hierdie ketting, waarin sy hand geboei was. Sien Hand. 12:6; 28:16. |
| i Hand. 23:9; 25:25. |
| 41 Dit is slegs ’n uitvlug; want Paulus se beroep op die keiser kon nie sy loslating belet nie, omdat hulle hom as onskuldig beskou het, maar hulle sê dit om Paulus nie los te laat nie, en om die Jode nie kwaad te maak nie. |