Statevertaling – Bybelstigting
Paulus word na Rome gestuur. Die skipbreuk.
EN toe daar 1besluit is dat 2ons moes wegvaar na Italië, het hulle Paulus en sommige ander gevangenes oorgegee aan ’n hoofman oor honderd van die 3keiserlike 4leërafdeling, met die naam van Július.
aEn nadat ons in ’n skip van 5Adramíttium gegaan het met die doel om by die aanlegplekke in 6Asië 7aan te gaan, het ons afgevaar, en 8Aristárchus van Macedónië, ’n man van 9Thessaloníka, was saam met ons.
En die volgende dag het ons by 10Sidon aangekom. En Július het Paulus bmensliewend behandel en hom toegelaat om 11vriende te besoek en 12versorging te ontvang.
En daarvandaan het ons afgevaar en 13onderkant Ciprus verbygeseil, omdat die winde teen ons was.
Ons het daarop die see langs 14Cilícië en 15Pamfílië deurgevaar en by 16Mira in Licië aangekom.
En daar het die hoofman oor honderd ’n skip van 17Alexandríë gevind wat na Italië vaar, en ons daarop laat oorklim.
En verskeie dae het ons langsaam gevaar en met moeite teenoor 18Cnidus gekom; en omdat die wind ons nie toegelaat het nie, onderkant 19Kreta langs gevaar, teenoor 20Salmóne.
En toe ons met moeite dit verbygeseil het, kom ons by ’n plek wat genoem word 21Mooi Hawens, in die 22nabyheid waarvan die stad Laséa is.
En omdat ’n geruime tyd verloop en die skeepvaart al gevaarlik geword het en 23die vastyd ook al verby was, het Paulus hulle gewaarsku
en gesê: Manne, ek 24sien dat die reis met ramp en groot skade verbonde sal wees, nie alleen vir die vrag en die skip nie, maar ook 25vir ons lewe.
Maar die hoofman oor honderd het meer aan die stuurman en die eienaar van die skip 26geglo as aan die woorde van Paulus;
en omdat die hawe nie geskik was om daar te oorwinter nie, het die meerderheid aangeraai om ook daarvandaan af te vaar en indien moontlik Fenix te bereik om te oorwinter, 27’n hawe in Kreta wat 28ooplê 29na die suidweste en na die noordweste.
En toe die suidewind saggies waai, het hulle gedink dat hulle hul voorneme kon uitvoer en die ankers gelig en langs Kreta verbygeseil.
Maar nie lank daarna nie het ’n 30stormwind wat 31Euroklídon genoem word, 32daarvandaan neergeslaan.
En toe die skip meegesleep is en nie 33teen die wind op kon seil nie, het ons dit 34opgegee en weggedrywe.
En toe ons onderkant ’n eilandjie kom wat 35Clauda genoem word, kon ons met moeite die sleepbootjie onder beheer hou.
En nadat hulle dit opgetrek het, het hulle gebruik gemaak van hulpmiddels deur die skip 36onderom te gord; en omdat hulle bang was om op 37die Sirtis te lande te kom, het hulle 38die seile neergehaal; en so het hulle dan weggedrywe.
En terwyl ons geweldig deur die storm geteister is, het hulle op die volgende dag van die vrag 39uitgegooi;
en op die derde dag het ons met ons eie hande die 40skeepsgereedskap uitgegooi.
En omdat die son en ook die sterre baie dae lank nie geskyn het nie, en ’n hewige storm 41ons gedruk het, is eindelik alle hoop om gered te word, ons ontneem.
En nadat hulle 42lank 43sonder ete was, het Paulus in hul midde opgestaan en gesê: Manne, julle moes na my geluister en nie van Kreta afgevaar het nie en julle so hierdie ramp en skade 44bespaar het.
Maar nou vermaan ek julle om moed te hou, want daar sal hoegenaamd geen verlies van 45lewe onder julle wees nie, maar alleen van die skip.
Want daar het in hierdie nag by my gestaan ’n engel van die God 46aan wie ek behoort, wat ek ook dien.
En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus; jy moet 47voor die keiser staan, en kyk, 48God het aan jou geskenk almal wat saam met jou vaar.
Daarom, hou moed, manne; want ek glo God dat dit so sal wees soos aan my gesê is.
Maar ons moet op ’n sekere ceiland strand.
En toe die veertiende nag kom, 49terwyl ons nog in die 50Adriatiese See ronddrywe, het die matrose omtrent middernag vermoed dat hulle naby land kom.
Daarop gooi hulle die dieplood uit en kry 51twintig vaam; en nadat hulle ’n bietjie verder gegaan het, gooi hulle die dieplood uit en kry vyftien vaam.
En omdat hulle bang was dat hulle miskien op 52rotsagtige plekke kon strand, het hulle van die agterskip vier ankers uitgegooi en gewens dat dit dag word.
Maar die matrose het probeer om uit die skip te vlug en die sleepbootjie in die see 53laat sak onder die voorwendsel dat hulle ankers van 54die voorskip af wou 55uitgooi.
Toe sê Paulus vir die hoofman oor honderd en die soldate: As hierdie manne nie in die skip bly nie, 56kan julle nie gered word nie.
Daarop het die soldate die toue van die sleepbootjie afgekap en hom laat afval.
En teen die tyd dat dit dag sou word, het Paulus almal aangemoedig om voedsel te gebruik en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle in afwagting bly vas sonder om 57iets te gebruik.
Daarom raai ek julle aan om voedsel te neem, want dit dien 58tot julle behoud; want van niemand onder julle d59sal ’n haar van sy hoof val nie.
Toe hy dit gesê het, neem hy brood, e60dank God in die teenwoordigheid van almal, breek dit en begin eet.
En hulle het almal moed geskep en self ook voedsel geneem.
En ons was in die skip altesaam tweehonderd-ses-en-sewentig 61siele.
En nadat hulle met voedsel versadig was, het hulle die skip ligter gemaak deur die koring in die see te gooi.
En toe dit dag word, het hulle die land nie herken nie; maar hulle het 62’n inham met ’n strand bemerk, waarop hulle van plan was om die skip te laat loop as hulle kon.
En hulle het 63die ankers afgekap en in die see laat lê en tegelykertyd die 64roertoue losgemaak. En hulle het die voorseil teen die wind opgetrek en op die strand aangestuur.
fEn hulle het op 65’n plek verval met die see aan weerskante en die skip laat strand; en die voorskip het vasgeraak en onbeweeglik bly sit, maar die agterskip is deur die geweld van 66die branders uitmekaar geslaan.
Nou was dit die 67plan van die soldate om die gevangenes dood te maak, sodat niemand kon uitswem en ontsnap nie.
Maar die hoofman oor honderd wou Paulus red en het hulle verhinder in hulle voorneme en bevel gegee dat die wat kon swem, eerste in die see moes spring om aan land te kom,
en 68die ander, sommige op planke en sommige op stukke van die skip. En so het almal behoue aan land gekom.
| 1 Naamlik deur Festus en sy Raad, Hand. 25:12.
2 Hieruit, en uit die volgende beskrywing, blyk dit dat Lukas, wat Handelinge geskryf het, ook in Paulus se geselskap was op hierdie hele reis. 3 Gr. sebastes, dit is, augustiese leërafdeling. Sebaste is ’n Griekse vorm van Augusta, die naam wat aan Cesaréa gegee is ter ere van keiser Augustus. 4 Sien oor hierdie woord Hand. 10:1 se kanttekening. Daar word gesê dat hierdie Július, wat bevel gehad het oor ’n afdeling van die keiserlike wag, skynbaar ook hiervoor gekies was, sodat die gevangenes onder sy toesig beter bewaar en in die hande van die keiser oorgelewer sou word. |
| a 2 Kor. 11:25. | 5 Adramíttium was ’n stad in Mísië teenoor Mitiléne.
6 Naamlik Klein-Asië, waarin Mísië ook geleë was. 7 Naamlik soos hulle voorgeneem het; hoewel hulle weens die teenwinde ’n ander koers moes neem, soos uit die vervolg blyk. 8 Hy was ’n vername man, wat Paulus van Macedónië af gevolg het, wat ook in baie reise saam met Paulus groot swarighede deurstaan het, soos te sien is in Hand. 19:29; 20:4, wat Paulus ook in hierdie gevangenskap tot in Rome geselskap gehou het, skynbaar as medegevangene, of wat, toe hy in Rome gekom het, gevange geneem is, saam met Paulus aangehou is, soos blyk uit Kol. 4:10. 9 Sien oor hierdie stad Hand. 17:1. |
| b Hand. 24:23; 28:16. | 10 ’n Stad in Fenícië; sien daaroor Matt. 11:21. Hand. 12:20.
11 Dit is, die dissipels of sommige van hulle. 12 Dit is, alles ontvang om hom gemaklik te maak en te verkwik, of andersins van dinge te voorsien wat sy reis kon vergemaklik. |
| 13 Of: aan die beskutte kant van Ciprus. Sien oor hierdie eiland Hand. 11:19; 13:4. |
| 14 Dit was ’n streek in Klein-Asië, geleë aan die Middellandse See, tussen Sírië en Pamfílië, Hand. 6:9; 15:23, 41.
15 Sien oor hierdie streek Hand. 2:10; 13:13; 14:24. 16 ’n Stad in die land Licië, wat aan Pamfílië gegrens het, dit wil voorkom of hierdie eerste skip sy reis daar voltooi het. |
| 17 Die hoofstad van Egipte en Libië, hierdie skip het uit Egipte in Mira aangekom, om van daar verder te vaar na Italië. |
| 18 ’n Eiland in die Middellandse See, teenoor Karië; ander verstaan dit as ’n uitstekende hoek van Karië, teenoor Kreta.
19 ’n Eiland in dieselfde see, in die verlede bekend as Candia. Sien oor hierdie eiland Tit. 1:5. 20 ’n Uitstekende hoek van Kreta teen die ooste. |
| 21 Of: Goeie Hawens, was ook bekend as Boniporto, ’n stad in Kreta, so genoem oor die geskiktheid van die hawe.
22 Egter meer in die binneland, soos Plinius getuig, maar hy noem dit Lasos. |
| 23 Naamlik die jaarlikse vastyd van die Jode, waarop die versoening vir die hele volk deur die hoëpriester in die Allerheiligste geskied het, soos te sien is in Lev. 16:29; 23:27. Hierdie dag was die tiende van die sewende maand, wat gedeeltelik met ons September en gedeeltelik met ons Oktober ooreengekom het; sodat die tiende dag omtrent in die begin van Oktober was. Die mense van daardie tyd het van dié maand tot die begin van Maart nie op die see gevaar nie, weens die kort dae en die storms wat baie voorgekom het gedurende daardie tyd. Sien Vegetius, De re militari. Dit hou geen verband met die vastye wat sommige vandag hou nie, wat lank ná die apostels se tyd nie in die vroeë kerk bekend was nie. |
| 24 Naamlik nie net uit die tydsomstandighede nie, maar in die besonder deur ingewing van die Gees van God.
25 Gr. vir ons siele. |
| 26 Naamlik wat skynbaar gemeen het dat daar nog ’n paar dae oor was, om betyds ’n ander hawe te kon bereik; in die besonder omdat die wind aan hulle kant was. |
| 27 Dit word hier bygevoeg, sodat ’n mens nie sou meen dat hy van Fenícië in Sírië gespreek het nie.
28 Gr. kyk. 29 Dit is, krom geleë soos ’n halfmaan, en daarom vry van alle winde. |
| 30 Of: draaiwind, dwarrelwind.
31 Dit is, ’n oostewind, wat geweldige golwe laat ontstaan. 32 Naamlik die eiland Kreta; die skip is deur die stormwind daarvandaan weggedrywe. |
| 33 Gr. teenoog, dit is, die wind in die gesig staar.
34 Dit is, ons het dit laat dryf op God se genade, waar die wind dit ook al heengedryf het. |
| 35 ’n Eilandjie aan die einde van Kreta teen die weste, nou Gozo genoem. |
| 36 Naamlik met kabels en toue, wat hulle onder die kiel deurgevat het, om die sye van die skip stewiger aan mekaar vas te bind, teen die geweld van die golwe.
37 ’n Gevaarlike sandbank vol draaie, geleë aan die noordkus van Afrika in die Middellandse See. 38 Gr. die voorwerp, soos in Hand. 10:11. Hier word verstaan die seile met die boegspriet en die toue wat daaraan hang. |
| 39 Naamlik om die skip ligter te maak. |
| 40 Naamlik die ballas, toue, kabels, rieme, kiste, ens., wat oortollig in die skip was. Dat hulle die noodsaaklike nog behou het, blyk uit verse 28-30, ens. |
| 41 Gr. op ons gelê het. |
| 42 Naamlik omtrent veertien dae, vers 33.
43 Dit is, sonder ’n gewone maaltyd, vanweë doodsbenoudheid en die geslinger van die skip. 44 Gr. gewen het, dit is, voorkom het. |
| 45 Gr. siel. |
| 46 Naamlik wie se apostel of dienskneg ek is. |
| 47 Of: jou voor die keiser stel.
48 Dit is, het hulle die lewe gegee ter wille van jou. Sien dergelike in Gén. 18:32; 19:21. |
| c Hand. 28:1. |
| 49 Of: dat ons.
50 Gr. Adria, wat eintlik die see is wat ook die Golfo di Venezia genoem word; maar was destyds dikwels, soos ook hier, breër gebruik, as dié deel van die Middellandse See wat spesifiek die see van Sisilië en Jonië insluit. Sien Strabo. |
| 51 Naamlik die diepte tot op die bodem, twintig vaam is ongeveer sewe-en-dertig meter. |
| 52 Of: skerp, klipperige. |
| 53 Naamlik wat hulle tevore in die skip opgetrek het, vers 17.
54 Dit is, die voorste deel van die skip. 55 Gr. uitstrek. |
| 56 Want hoewel God aan Paulus deur sy engel belowe het dat niemand op die skip sou vergaan nie, vers 24, word die middele waardeur God hierdie belofte wou uitvoer nogtans nie daarmee weggeneem nie. Die wat daarin nalatig is, glo God nie, maar versoek Hom. |
| 57 Dit is, as ’t ware niks, baie min; of: geen maaltyd gehou het nie, soos in vers 21; want anders kan ’n gesonde mens nie meer as sewe dae voluit vas sonder om te sterwe nie. |
| d Matt. 10:30. | 58 Naamlik om krag te hê om die skip te beheer, en om in staat te wees om julleself te help, as ons verplig word om onsself te red.
59 Dit is, sal skade ly aan sy lewe of gesondheid nie. ’n Hebreeuse spreekwyse. Sien 1 Kon. 1:52. |
| e 1 Sam. 9:13. Joh. 6:11. 1 Tim. 4:3. | 60 Naamlik vir die weldaad wat hulle nog van God ontvang het om voedsel te hê, en dit te kan geniet tot versterking van hul kragte, soos ook Christus gewoond was om te doen, Matt. 14:19. Joh. 6:11, en waartoe Paulus alle Christene aanspoor, 1 Tim. 4:4, 5. |
| 61 Dit is, mense, persone, Hand. 2:41; 7:14. Rom. 13:1. |
| 62 Gr. ’n skoot of boesem. |
| 63 Of: die ankers opgetrek.
64 Naamlik waarmee hulle tevore die roer vasgemaak het, toe die skip op God se genade gedryf het, teen die geslinger van die see. |
| f 2 Kor. 11:25. | 65 Dit is, ’n punt wat uitsteek, waarvan die voorkant nogtans onder die water gelê het, waarop hulle die skip afgestuur het.
66 Naamlik wat met geweld teen die agterskip aangeslaan het. |
| 67 Dit is, raad, advies, voorneme. So gou het hulle vergeet dat hulle deur Paulus hul lewe behou het. Dit was ’n groot ondankbaarheid, wat die hoofman met reg teëgestaan het. |
| 68 Naamlik het hy ook beveel om aan land te kom. |