Statevertaling – Bybelstigting
Paulus op die eiland Melíte.
EN eers toe ons gered was, het ons te wete gekom dat adie eiland 1Melíte genoem word.
En 2die inboorlinge het ons buitengewone mensliewendheid bewys, want hulle het 3’n groot vuur aangesteek en ons almal daarby gebring weens die reën wat gedreig het en weens die koue.
En Paulus het ’n klomp 4droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit, en 5’n adder het weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt.
En toe die inboorlinge die 6dier aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: Hierdie man is beslis ’n moordenaar wat 7die goddelike wraak nie laat lewe nie, al is hy uit die see gered.
Maar hy het die dier in die vuur afgeskud ben geen kwaad gely nie.
En hulle het verwag dat hy sou 8opswel of skielik dood neerval; maar toe hulle lank gewag en gesien het dat 9niks besonders met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander cen gesê dat hy 10’n god was.
Nou het 11die hoof van die eiland, wie se naam 12Públius was, in die omgewing van daardie plek ’n stuk grond gehad, en hy het ons ontvang en drie dae lank vriendelik geherberg.
En die vader van Públius het siek gelê aan dkoors en buikloop. En Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hy gebid het, hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.
En hierna het ook die ander wat siektes gehad het op die eiland, na hom gekom en is genees.
En hulle het ons ook baie eerbewyse betoon, en toe ons sou afvaar, ons 13van die nodige voorsien.
Paulus kom in Rome aan en bly twee jaar as gevangene in sy eie woning.
EN 14ná drie maande het ons afgevaar in ’n skip van Alexandríë met 15die skeepsmerk 16Castor en Pollux, wat op die eiland oorwinter het.
En ons het by 17Sirakúse gekom en daar drie dae gebly.
Daarvandaan het ons 18omgeseil en by 19Régium aangekom; en een dag later het die suidewind opgekom, en op die tweede het ons 20Putéoli bereik,
waar ons 21broeders gevind het wat ons gevra het om sewe dae by hulle te bly; en so het ons na 22Rome gegaan.
En die 23broeders wat van ons lotgevalle gehoor het, het ons 24daarvandaan tegemoetgekom tot by die 25Áppius-mark en die 26Drie Herberge; en toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en 27moed gevat.
En nadat ons in Rome gekom het, het die hoofman oor honderd die gevangenes oorgelewer aan die 28bevelhebber van die leër. eMaar aan Paulus is dit vergun om 29op sy eie te woon 30met die soldaat wat hom moes oppas.
En 31ná drie dae het Paulus die vernaamste Jode 32saamgeroep en, nadat hulle vergader het, vir hulle gesê: Broeders, falhoewel ek niks gedoen het teen die volk of die voorvaderlike sedes nie, is ek uit Jerusalem as gevangene oorgelewer in die hande van die Romeine.
Hulle het my ondersoek en wou my loslaat, omdat daar in my niks was wat die dood verdien nie.
Maar toe die Jode daarteen opkom, was ek verplig om my op die keiser te beroep, nie asof ek 33iets het om my volk van te beskuldig nie.
Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, gwant dit is oor 34die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is.
En hulle het vir hom gesê: Ons het geen briewe oor u van Judéa ontvang nie; ook het niemand van die broeders hier aangekom en iets slegs van u 35berig of gepraat nie.
Maar ons verlang om van u te hoor wat u dink; want wat 36hierdie sekte betref, is dit ons bekend dat 37oral daarteen gespreek word.
En hulle het vir hom ’n dag bepaal, en baie het na hom in sy 38verblyfplek gekom. En in ’n kragtige 39getuienis het hy vir hulle 40die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy huit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig 41aangaande Jesus.
iEn sommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly.
En toe hulle onder mekaar onenig was, 42het hulle uiteengegaan nadat Paulus 43hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het 44die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek
en gesê: kGaan na hierdie volk en sê: Met 45die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.
Want die hart van hierdie volk het 46stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
Laat dit dan aan julle bekend wees dat 47die heil van God aan die 48heidene gestuur is, en hulle sal luister.
En toe hy dit gesê het, het die Jode, onder groot 49woordestryd met mekaar, weggegaan.
En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het,
terwyl hy die koninkryk van God gepreek en 50onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, 51met volle vrymoedigheid 52sonder enige verhindering.
Einde van die Handelinge van die heilige apostels.
| a Hand. 27:26. | 1 ’n Eiland tussen Afrika en Sisilië, nou Malta genoem. |
| 2 Gr. die barbare. So het die Grieke en Romeine alle ander nasies genoem, wat nie van hul eie nasie was nie, vanweë hul vreemde sedes en die onbekende tale wat hulle gespreek het. Sien Rom. 1:14. 1 Kor. 14:11. Daarom wil dit voorkom of daardie deel van Afrika, wat teenoor Sisilië en Malta geleë is, Barbarye genoem is.
3 Gr. pura, wat ’n hoop hout of ander materiaal beteken, geskik om te brand. |
| 4 Die Griekse woord beteken eintlik droë druiweranke en soortgelyke takke wat maklik brand.
5 ’n Baie giftige slang, wat nie net deur te byt of te pik nie, maar soms ook slegs deur te spoeg mense doodmaak. Sien hieroor Matt. 3:7. |
| 6 Gr. therion, waardeur allerlei wilde diere verstaan word, maar in die besonder die diere wat deur te byt of te pik hul gif uitskiet en die mense doodmaak, soos hierdie slang. Daar word gemeen dat die teengif, theriaka genoem, sy naam hiervan het: óf omdat dit ook van die vleis van hierdie slange gemaak word, óf omdat dit die gif van hierdie en dergelike giftige diere teëwerk.
7 Of: die gereg, dit is, die goddelike regverdigheid. |
| b Mark. 16:18. Luk. 10:19. |
| c Hand. 14:11. | 8 Of: ontsteek, koors ontwikkel, naamlik deur die gif.
9 Gr. niks buitengewoon of ongepas. 10 Wat naamlik in menslike gedaante tot hulle gekom het. Sien soortgelyke veranderlike oordeel van die heidene oor Paulus en Bárnabas in Hand. 14:11, 19. |
| 11 Gr. die eerste.
12 Dit is ’n Romeinse naam, waaruit sommige aflei dat hy ’n goewerneur van die Romeine oor hierdie eiland was. Dit blyk altans dat hy ’n magtige man was, wat tweehonderd-ses-en-sewentig manne drie dae lank voedsel en huisvesting kon gee. |
| d Matt. 8:14. |
| 13 Naamlik vir ons verdere reis na Italië. |
| 14 Wat Paulus hierdie drie maande in Melíte verder gedoen het, word nie hier beskryf nie; maar dit is seker dat hy daar ’n gemeente opgerig het, wat altyd een van die standvastigste Christelike gemeentes was, soos die kerklike geskiedenis getuig.
15 Naamlik op die voorste of agterste dele van die skip, waarna dit vernoem was, soos groot skepe vandag nog hul name kry van stede, lande of persone wat hulle uitstuur of waarvandaan hulle uitvaar, om dit van die ander skepe te onderskei. 16 Gr. Dioskourois, dit is, Júpiter se seuns. Dit was twee heidense afgode, of sterre, wat so genoem is; van watter teken hierdie skip sy naam gehad het, omdat dit deur hierdie afgode beter bewaar sou word, soos hulle gemeen het. Vandag nog word die name van afgestorwe heiliges steeds met dieselfde doel deur sommige aan skepe gegee. |
| 17 Die hoofstad van Sisilië, teen die see geleë. |
| 18 Naamlik om die punt van die eiland Sisilië na Italië.
19 ’n Baie bekende stad en hawe in Italië, teenoor Sisilië. So genoem, soos baie destyds gemeen het, omdat Sisilië vroeër met hierdie punt aan Italië verbind was, en deur groot storms en watervloede in hierdie noute van mekaar afgeskeur was. 20 ’n Stad in Kampanië, teen die see geleë, nie ver van Napels af nie, waar hulle seilende langs die kus van Italië aangekom het. Waarvandaan ’n goeie en gebaande pad was om oor land na Rome te reis. |
| 21 Dit is, Christene.
22 Hierdie stad is welbekend. Sien Rom. 1:7. Openb. 17:18 en die kanttekening. |
| 23 Dit is, sommige uit die Christelike gemeente, wat reeds daar was voordat Paulus daar gekom het, soos ook blyk uit die brief wat hy tevore aan die Romeine geskryf het. Deur wie die gemeente opgerig was, sê die Skrif nêrens nie, behalwe dat daar op die pinksterdag in Jerusalem ook Romeine was wat daar vertoef het, Hand. 2:10 en die kanttekening.
24 Naamlik van Rome. 25 ’n Plek in Setinerveld, omtrent sestien uur se reis van Rome af. So vernoem na ’n Áppius Claudius, wat van Rome af tot daar ’n geplaveide pad tydens sy leeftyd laat bou het. 26 ’n Klein stad, omtrent vyf of ses uur nader aan Rome, op dieselfde pad geleë; sodat sommige van die broeders Paulus daar ingewag het, terwyl ander nog verder tot in die Áppius-mark hom tegemoetgegaan het. 27 Naamlik omdat hy die goeie ywer van soveel Christene gesien het, by wie hy hulp en troos tydens sy gevangenskap sou vind. |
| e Hand. 24:23; 27:3. | 28 Dit wil voorkom of dit die bevelhebber van die keiserlike wag was, wat nie net in die paleis van die keiser die wag gehou het nie, maar ook aan die een kant van die stad met enkele duisende in ’n versterkte deel gestel was, om die keiser in alle moeilike situasies wat kon plaasvind tot diens te wees. Die Latyne noem hom praefectum praetorio.
29 Naamlik in sy eie gehuurde huis. Sien vers 30. Dit wil voorkom of hy hierdie vryheid van hierdie hoofman ontvang het, op grond van die goeie verslag wat Julius aan hom gegee het. Dit was egter sonder twyfel deur die besondere voorsienigheid van God, sodat Paulus die evangelie sodoende des te beter kon versprei, en elkeen toegang tot hom kon hê. Sien verse 30, 31. 30 Vir daardie doel het Paulus ’n ysterketting aan sy regterhand gedra, wat hy om hom vasgemaak het as hy in die huis was, om vryer te kan beweeg; maar as hy uitgegaan het, was hy met die ketting aan die linkerhand van die soldaat vasgemaak. Sien vers 20. Hand. 12:6. Ef. 6:20. |
| f Hand. 24:12; 25:8. | 31 Naamlik nadat hy, vermoeid van die reis, ’n tydjie gerus het.
32 Naamlik omdat hy as gevangene nie in hulle sinagoge kon ingaan nie. |
| 33 Naamlik voorgeneem of besluit het. Want hoewel Paulus genoeg rede gehad het om die Jode van hul geweld en onregverdigheid te beskuldig, toon hy nogtans hiermee aan die Jode dat hy nie so ’n voorneme gehad het nie, maar slegs om hom behoorlik te verdedig. |
| g Hand. 23:6; 24:21. | 34 Dit is, die hoop op die ewige saligheid, deur die Messías aan die volk Israel beloof. |
| 35 Wat ’n teken is dat die owerstes van die Jode in Jerusalem nie groot sorg gehad het oor hoe dit met die Jode gegaan het wat buite die Joodse land gewoon het nie, solank hulle net hul rus en aansien in hul eie land kon behou. |
| 36 So noem hulle die Christelike godsdiens. Sien Hand. 24:5, 14.
37 Naamlik sowel by die Jode as by die heidene, Luk. 2:34. |
| h Gén. 3:15; 22:18; 26:4; 49:10. Deut. 18:15. 2 Sam. 7:12. Ps. 132:11. Jes. 4:2; 7:14; 9:5; 40:10. Jer. 23:5; 33:14. Eség. 34:23; 37:24. Dan. 9:24. Miga 7:20. | 38 Naamlik die huis wat hy gehuur het, verse 16, 30.
39 Dit is, hy het probeer om hulle met getuienisse uit die Heilige Skrif te oortuig. Sien Hand. 2:40; 20:21. 40 Dit is, die oprigting van die koninkryk van God deur die beloofde Messías. 41 Gr. aangaande die sake van Jesus. |
| i Hand. 17:4. |
| 42 Of: is hulle deur hom gelaat, naamlik met ’n voorneme om die hardnekkiges nie meer tot hom te roep nie, tensy hulle tot beter insig gekom het.
43 Dit is, rede, of waarskuwing; want hy het hulle met die volgende waarskuwing laat gaan, om hulle met hierdie aansporing in hul hart te laat, sodat hulle hul kon bedink en bekeer. 44 Dit is die Here van heerlikheid wat in Jes. 6:9 hierdie woorde spreek, terwyl Hy op sy troon sit, omring deur sy engele. Waaruit dan blyk dat die Heilige Gees hierdie selfde Here van heerlikheid is; soos dit ook van die Seun van God getuig word, Joh. 12:41. So is dan die Vader, die Seun en die Heilige Gees, soveel dit die wese aangaan, een enige God, hoewel in persone onderskei. |
| k Jes. 6:9. Eség. 12:2. Matt. 13:14. Mark. 4:12. Luk. 8:10. Joh. 12:40. Rom. 11:8. | 45 Sien vir die verklaring van hierdie gedeelte Matt. 13:14 se kanttekening. |
| 46 Of: vet. |
| 47 Dit is, die heil wat volgens God se belofte deur Jesus Christus vir ons verwerf en aan ons verkondig is; of: Jesus Christus, wat die bewerker van ons heil is, Luk. 2:30.
48 Naamlik volgens die bevel van Christus, Luk. 24:47, aangesien julle Jode dit verwerp, Hand. 13:46. |
| 49 Of: geskil, naamlik diegene wat Paulus geglo het, teenoor diegene wat nie geglo het nie, vers 24. |
| 50 Gr. onderrig gegee het van die sake van die Here Jesus Christus. Want die leer van die vestiging van die koninkryk van God is die leer van Christus; daarom word dit ook die woord en die evangelie van die koninkryk genoem, Matt. 4:23; 13:19.
51 Naamlik nieteenstaande sy gevangenskap en die gevaar wat vir hom daardeur by die keiser kon ontstaan. 52 Naamlik, God het die sake só bestuur dat daar vir hom hierin geen beletsel van die keiser se kant af gekom het gedurende hierdie twee jaar nie. Hy is egter daarna deur keiser Nero hieroor in Rome ter dood veroordeel, soos die ou kerklike geskiedenisse getuig, Eusebius, en soos Paulus self vooruit aankondig in 2 Tim. 4:6. Sien hieroor ook Filip. 1:25 se kanttekening. |