Statevertaling – Bybelstigting
Petrus en Johannes voor die Joodse Raad.
EN terwyl hulle besig was om met die volk te spreek, het die priesters en 1die hoofman van die tempel en 2die Sadduseërs op hulle afgekom,
baie ontevrede dat hulle die volk leer en 3in Jesus die opstanding uit die dode verkondig.
En hulle het die hande aan hulle geslaan en hulle 4in die gevangenis gesit tot die volgende môre toe, want dit was al aand.
En baie van die wat 5die woord gehoor het, 6het geglo; en die getal van die manne het omtrent 7vyfduisend geword.
Die volgende dag kom toe hulle 8owerstes en ouderlinge en skrifgeleerdes 9in Jerusalem bymekaar,
ook 10Annas, die hoëpriester, en Kájafas en 11Johannes en 12Alexander en almal wat van 13die hoëpriesterlike familie was;
en toe hulle 14hul voorgebring het, vra hulle: aDeur watter mag en 15deur watter naam het julle dit gedoen?
Daarop sê Petrus, 16vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en 17ouderlinge van Israel,
18as ons vandag 19ondervra word oor ’n weldaad aan ’n siek man, waardeur hy 20gesond geword het,
laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat 21deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat 22deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.
23Hy is die steen wat deur julle, 24bdie bouers, 25verag is, wat 26’n hoeksteen geword het.
cEn die saligheid is 27in niemand anders nie, want daar is ook geen ander 28naam 29onder die hemel wat 30onder die mense 31gegee is, 32waardeur ons gered moet word nie.
En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle 33ongeleerde en 34eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.
En omdat hulle die man wat genees was, by hulle sien 35staan, kon hulle niks daarteen sê nie.
Hulle het hul toe gelas om 36buitekant die Raad te gaan, en met mekaar beraadslaag
en gesê: dWat moet ons met hierdie manne doen? Want dat daar 37’n kenlike teken deur hulle plaasgevind het, is duidelik vir al die inwoners van Jerusalem; ons kan dit nie ontken nie.
Maar dat dit nie nog meer onder die volk versprei word nie, laat ons hulle 38dreig om nie meer 39in hierdie Naam met enige mens te spreek nie.
En hulle het hul geroep en 40hulle bevel gegee om in die 41geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie.
Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is 42voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle eself beslis;
want vir ons is dit 43onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.
En nadat hulle nog dreigemente bygevoeg het, aangesien hulle geen rede kon vind 44om hulle te straf nie, het hulle f45ter wille van die volk hulle losgelaat, want almal het God verheerlik oor gwat gebeur het.
Want die man aan wie hierdie teken van genesing plaasgevind het, was 46meer as veertig jaar oud.
En nadat hulle losgelaat was, het hulle 47na hul eie mense hgegaan en alles vertel wat die owerpriesters en die ouderlinge aan hulle gesê het.
En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: 48Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het,
wat deur die mond van 49u kneg Dawid gesê het: iWaarom het die nasies 50gewoed en die volke nietige dinge bedink?
Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde.
kWant 51waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en 52die volke van Israel vergader teen u heilige 53Kind Jesus wat U 54gesalf het,
55om alles te doen wat u 56hand en u raad 57vooruit bepaal het om plaas te vind.
En nou, Here, 58let op hulle dreigemente en gee aan u 59diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek,
ldeurdat U 60u hand uitstrek tot 61genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige 62Kind Jesus plaasvind.
En toe 63hulle gebid het, is die plek m64geskud waar hulle saam was, en hulle is almal 65vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.
Vrywillige gemeenskap van goedere by die eerste Christene. Ananías en Saffíra.
EN die menigte van die wat gelowig geword het, was 66neen van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings 67sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.
En met groot 68krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot 69genade was oor hulle almal.
Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en 70aan die voete van die apostels neergelê.
oEn aan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het.
En 71Joses wie se bynaam onder die apostels Bárnabas was — wat, as dit vertaal word, beteken seun 72van vertroosting — 73’n Leviet, van geboorte uit 74Ciprus,
het ’n stuk grond gehad en dit verkoop en 75die geld gebring en aan die voete van die apostels neergelê.
| 1 Dit is, die owerste oor die Romeinse soldate wat voor die tempel waggehou het om te verhoed dat daar onrus sou ontstaan onder die groot menigte van die volk wat daagliks na die tempel gekom het. Sien Matt. 27:65, Luk. 22:4 en die kanttekeninge; 22:52. Hand. 5:24, 26.
2 Sien oor hulle Matt. 3:7; 22:23. Hand. 23:8. |
| 3 Of: deur Jesus, naamlik dat die opstanding van die dode deur Jesus sou plaasvind; of: dat Jesus uit die dode opgestaan het, soos in vers 33. Hand. 2:24; 3:15; of: in die Naam van Jesus. |
| 4 Of: in bewaring gehou, naamlik deur sommige krygsmanne of ander dienaars, sonder om hulle, so wil dit voorkom, in die gevangenis te sit. |
| 5 Dit is, Petrus se verkondiging van Christus, Hand. 3:12.
6 Naamlik dat Jesus die Nasaréner die ware Messías en hul Saligmaker was. 7 Naamlik óf die drieduisend daarby ingereken, Hand. 2:41, óf bo en behalwe hulle nóg vyfduisend. |
| 8 Dit wil voorkom of hulle die vernaamste hoofde was van die Groot Raad, die Sánhedrin genoem, wat nie net uit priesters bestaan het nie, maar ook uit ander vernaamstes van die volk, hoofsaaklik uit skrifgeleerdes of wetgeleerdes. Sien vers 15.
9 Naamlik hulle was reeds daar, of is vanuit ander plekke na Jerusalem ontbied. |
| 10 Sien oor hierdie Annas, asook oor Kájafas, Luk. 3:2. Joh. 11:49; 18:13.
11 Hy was een van die vyf seuns van Annas, andersins ook Jonatas genoem. Sien Josephus, Joodse Oorlog. 12 Sommige meen dat hy die Alexander was waarvan Josephus melding maak in sy boek genaamd Oudhede, omdat hy ook van Joodse afkoms was; maar omdat hy die goewerneur van Judéa was, was hy nie die hoëpriester nie. 13 Waardeur verstaan kan word dat hulle óf afkomstig was van hoëpriesters, óf van owerpriesters, dit is, van die hoofde van die priesters, wat in afdelings verdeel was, 1 Kron. 24:1. Luk. 1:5 en die kanttekening. |
| a Ex. 2:14. Matt. 21:23. Hand. 7:27. | 14 Naamlik Petrus en Johannes.
15 Dit is, deur wie se gesag of bevel. |
| 16 Naamlik met ’n besondere aansporing en beweging van die Heilige Gees.
17 Sien oor hierdie ouderlinge vers 5 se kanttekening. |
| 18 Gr. indien, of: aangesien.
19 Of: voor die gereg gebring, bereg, geoordeel word. 20 Gr. behou is. |
| 21 Dit is, deur die krag en gesag van Jesus, en deur die geloof in sy Naam, Hand. 3:16.
22 Naamlik Jesus Christus, of: deur hierdie, naamlik Naam van Jesus Christus, Hand. 3:6. |
| b Ps. 118:22. Jes. 28:16. Matt. 21:42. Mark. 12:10. Luk. 20:17. Rom. 9:33. 1 Petr. 2:7. | 23 Naamlik Jesus die Nasaréner.
24 Dit is, deur julle wat aangestel is om die gemeente met die saligmakende leer van die ware Messías te stig. 25 Gr. vernietig, dit is, as niks geag, of: verwerp. 26 Dit is, die vernaamste hoeksteen, waarop die hele gebou gebou is. Sien Jes. 28:16 en die kanttekening. Rom. 9:33. 1 Petr. 2:6. |
| c Matt. 1:21. Hand. 10:43. 1 Tim. 2:5. | 27 Dit is, deur niemand anders nie.
28 Dit is, niemand anders, geen ander persoon nie. 29 Dit is, nêrens in die hele wêreld nie. 30 Gr. in die mense. 31 Naamlik deur God, Joh. 3:16. 32 Gr. deur wie. |
| 33 Gr. ongeletterde, wat nie in skole gestudeer het nie.
34 Gr. idiotai; so word gewone mense genoem, wat slegs hulle moedertaal spreek, wat geen geleerdheid of gesag in die staat of kerk het nie, 1 Kor. 14:16, 23, 24. 2 Kor. 11:6 en die kanttekening. |
| 35 Naamlik op sy voete, regop, wat hy tevore nie kon doen nie. |
| 36 Gr. weg te gaan; waardeur nie verstaan moet word dat hulle ontslaan was om te kon weggaan nie, maar dat hulle uit die Raad gelei was. |
| d Joh. 11:47. | 37 Naamlik die wonderbare genesing van hierdie kreupele. |
| 38 Gr. met dreiging dreig. ’n Hebreeuse spreekwyse.
39 Of: van hierdie Naam, dit is, van hierdie Jesus. |
| 40 Dit is, hulle gebied.
41 Naamlik nie oor Hom preek, óf Hom aanroep, óf in sy Naam wonders doen nie. |
| e Hand. 5:29. | 42 Dit is, voor die aangesig van God; in God se teenwoordigheid, wat alles weet en oordeel. |
| 43 Naamlik omdat ons deur God daartoe geroep is, om te getuig van dit wat ons van Jesus Christus gehoor en gesien het. |
| f Hand. 5:26.
g Hand. 3:7, 8. |
44 Dit is, onder watter voorwendsel of skyn van reg.
45 Dit is, uit vrees dat die volk teen hulle oproerig sou word. |
| 46 En gevolglik ’n geloofwaardige en bekende man; dit was ook moeiliker om hom te genees, omdat hy soveel jare kreupel was. |
| h Hand. 12:12. | 47 Naamlik na die ander apostels, verse 29-31. |
| 48 Gr. Despota. Hierdie Naam word vernaamlik aan God die Vader toegeskryf, soos die woord Kurios aan die Seun Jesus Christus. Sien Luk. 2:29. 2 Petr. 2:1. Jud. vers 4. |
| i Ps. 2:1. | 49 Of: u kind. Sien vers 27.
50 Gr. gerunnik, soos die moedige perde as hulle oorlog toe gaan. |
| k Matt. 26:3. Mark. 14:1. Luk. 22:2. Joh. 11:47. | 51 Dit is, in die openbaar en kennelik.
52 Hoewel die Israeliete slegs een volk was, word hulle nogtans ook volke genoem, in die meervoud, omdat hulle in twaalf stamme verdeel was, Gén. 28:3; 48:4. 53 Of: Kneg, Dienaar. Sien Hand. 3:13, 26. Sien ook Matt. 8:6, vergeleke met Luk. 7:2, en hier vers 25. 54 Naamlik met die Heilige Gees tot die hoogste Priester, Profeet en Koning van die gemeente. |
| 55 Dit moet nie ten opsigte van hulle voorneme verstaan word, asof hulle voorgeneem het om die raad van God uit te voer nie; maar ten opsigte van die uitkoms van die saak, wat so plaasgevind het soos God in sy raad besluit het.
56 Dit is, U self, volgens u mag en wyse beskikking. 57 Of: vooruit beskik, geordineer, besluit. Sien Hand. 2:23. |
| 58 Naamlik vanuit die hemel, van waar U alle dinge regeer.
59 Naamlik die apostels, Ef. 6:19. |
| l Mark. 16:17. | 60 Dit is, u krag.
61 Naamlik wonderbare genesing. 62 Sien vers 27. |
| m Hand. 16:26. | 63 Naamlik die apostels, deur wie hierdie gebed gedoen was.
64 Die Griekse woord beteken eintlik: op en af beweeg word soos die golwe van die see. Met hierdie wonderteken het God getoon dat hul gebed verhoor was. 65 Sien vers 8, om die evangelie vrymoediglik te midde van die vervolging te verkondig. |
| n Hand. 2:44. 1 Petr. 3:8. | 66 Dit is, ’n baie groot eenheid, sowel in die leer en in mening, as in die gemoedere en toegeneentheid tot mekaar in liefde en vrede.
67 Sien hieroor Hand. 2:44 en die kanttekening. Vgl. Hand. 5:4. |
| 68 Naamlik om die harte van die mense te beweeg, Rom. 1:16.
69 Dit is, guns en aangenaamheid by die volk, wat baie van hulle gehou het, soos van heilige en godsalige mense. |
| 70 Naamlik om deur hulle uitgedeel te word aan die armes, volgens elkeen se nood, vers 35. |
| o Jes. 58:7. |
| 71 Anders: Josef.
72 Of: van vermaning; vanweë die besondere gawes wat hy gehad het om mense uit God se Woord te troos en te vermaan. Sien Hand. 11:22-24. 73 Of: ’n Leviet van geboorte, geslag, of afkoms uit Ciprus. 74 Die Jode was in alle dele van die wêreld verstrooi, 1 Petr. 1:1, ook op hierdie eiland, sien daaroor Hand. 11:19; 13:4; 15:39; 21:3; 27:4. |
| 75 Naamlik wat hy ontvang het van die verkoopte stuk grond. |