Statevertaling – Bybelstigting
MAAR ’n sekere man met die naam van Ananías het saam met sy vrou Saffíra 1’n eiendom verkoop,
en ook met die medewete van sy vrou van die prys 2agtergehou en ’n sekere deel gebring en 3aan die voete van die apostels neergelê.
Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart 4vervul om vir die Heilige Gees 5te lieg en van die prys van die grond agter te hou?
As dit 6nie verkoop was nie, 7het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, 8was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart 9voorgeneem het? Jy het nie vir mense 10gelieg nie, maar 11vir God.
En toe Ananías hierdie woorde hoor, het hy neergeval en 12gesterwe; en ’n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het.
Daarna het 13die jongmanne opgestaan en 14hom toegedraai en uitgedra en begrawe.
En ná 15verloop van omtrent drie uur 16kom sy vrou in sonder om te weet 17wat voorgeval het.
En Petrus het haar aangespreek: Sê vir my of julle die grond vir 18soveel verkoop het? En sy sê: Ja, vir soveel.
En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here 19te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou 20uitdra.
Toe val sy onmiddellik aan sy voete neer en het gesterwe. En die jongmanne het ingekom en haar dood gevind en haar uitgedra en by haar man begrawe.
En ’n groot vrees het oor die hele gemeente gekom en oor almal wat dit gehoor het.
aEn 21deur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind; en hulle was almal eendragtig saam in die 22pilaargang van Salomo.
En daar was niemand van 23die ander wat dit gewaag het om hom by hulle te voeg nie, maar die volk 24het hulle baie geëer.
En daar is 25meer en meer gelowiges in die Here bygevoeg, menigtes van manne sowel as vroue,
sodat hulle die siekes 26op die strate uitgedra en op bedde en draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus 27kom, al was dit net sy 28skaduwee op iemand van hulle sou val.
En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring ben mense wat deur onreine geeste 29gekwel was; en hulle is almal genees.
Die apostels word uit die gevangenis verlos en weer deur die Raad ondervra.
EN die hoëpriester het opgestaan en almal wat saam met hom was — dit is 30die party 31van die Sadduseërs — en hulle was met 32nydigheid vervul,
en hulle het die hande aan die apostels geslaan en hulle in die openbare gevangenis gesit.
cMaar ’n engel van die Here het in die nag die deure van die gevangenis 33oopgemaak en hulle uitgelei en gesê:
Gaan heen, 34staan en vertel in die tempel aan die volk 35al die woorde van hierdie lewe.
En hulle het geluister en vroeg in die môre in die tempel gegaan en begin leer. Maar die hoëpriester en die wat saam met hom was, het gekom en 36die Raad en al die 37oudstes van die kinders van Israel bymekaargeroep; en hulle het na die gevangenis gestuur om hulle te laat haal.
Maar toe die dienaars daar kom, het hulle hul nie in die gevangenis gekry nie; en hulle het omgedraai en berig gebring en gesê:
Die gevangenis het ons in alle sekerheid toegesluit gevind, en die wagte het buite gestaan voor die deure; maar toe ons oopmaak, kry ons niemand daarbinne nie.
En toe 38die hoëpriester en die hoofman van die tempel en die owerpriesters hierdie woorde hoor, was hulle daarmee verleë wat nou hiervan sou word.
En daar kom een en bring aan hulle berig en sê: Kyk, die manne wat julle in die gevangenis gesit het, staan in die tempel en leer die volk.
Daarop gaan die hoofman met die dienaars en bring hulle, maar nie met geweld nie, duit vrees vir die volk dat hulle gestenig sou word.
Hulle het hul dan gebring en 39voor die Raad gestel; en die hoëpriester het hulle gevra en gesê:
eHet ons julle nie 40uitdruklik verbied om 41in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil 42die bloed van hierdie Man op ons bring.
En Petrus en die apostels antwoord en sê: fOns moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.
gDie God van ons vaders het Jesus 43opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ’n kruishout te hhang.
Hom het God as 44Leidsman en Verlosser deur sy regterhand iverhoog om aan 45Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.
En ons is ksy getuies 46van hierdie dinge, en ook 47die Heilige Gees wat God lgegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.
Toe hulle dit hoor, was hulle 48woedend en wou hulle om die lewe bring.
Maar ’n Fariseër met die naam van 49Gamáliël, ’n leraar van die wet wat by die hele volk hoog in aansien was, het in die Raad opgestaan en bevel gegee dat hulle die apostels 50’n bietjie buitentoe moes bring.
Toe sê hy vir hulle: Israeliete, pas op wat julle gaan doen met hierdie manne;
mwant 51nie lank gelede nie het 52Theudas opgestaan en gesê dat hy 53iets besonders was. By hom het ’n aantal mense — omtrent vierhonderd — 54aangesluit. Hy is gedood, en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niet geword.
En 55ná hom het 56Judas, die Galiléër, opgestaan, 57in die dae 58van die inskrywing, en ’n aansienlike getal mense afvallig gemaak agter hom aan. Hy het ook omgekom, en almal wat na hom geluister het, is verstrooi.
En nou sê ek vir julle, 59bly af van hierdie manne en laat hulle staan; nwant as 60hierdie voorneme of hierdie werk 61uit mense is, sal dit 62vernietig word;
maar as dit 63uit God is, kan julle dit nie 64vernietig nie — dat dit nie 65miskien bevind word dat julle selfs oteen God stry nie.
En hulle het na hom 66geluister. En nadat hulle die apostels ingeroep het, het hulle hul 67laat slaan en hulle bevel gegee om nie 68in die Naam van Jesus te spreek nie en hulle laat gaan.
Hulle het toe van die Raad af weggegaan, pbly dat hulle 69waardig geag was om 70vir sy Naam oneer te ly.
En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en 71van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.
| 1 Gr. ’n besitting; word in vers 3 grond genoem. |
| 2 Dit is, uit listigheid die prys verminder, dit versteek en nie te voorskyn gebring nie.
3 Sien Hand. 4:34. |
| 4 Dit is, heeltemal beset met gierigheid en geveinsdheid. Of: waarom het jy die Satan plek gegee in jou hart?
5 Dit is, teen jou gemoed en oortuiging van die Heilige Gees onwaarhede te spreek, dat die verkoopte grond nie ’n hoër prys gerealiseer het nie. Of: te bedrieg, dit is, durf waag om te bedrieg, omdat jy dink dat die Heilige Gees nie so iets sou geweet het en dit aan ons sou openbaar nie. |
| 6 Gr. blywende, naamlik onverkoop.
7 Dit is, was jy nie vry om dit te behou, sonder dat jy genoodsaak was om dit te verkoop nie? 8 Naamlik om met die geld te doen wat jy goedgedink het: om dit vir jou te hou, of hierheen te bring. Waaruit blyk dat hierdie gemeenskap van goedere nie ten opsigte van eienaarskap was nie, maar ten opsigte van die gebruik daarvan, in tyd van nood. Sien Hand. 2:42, 44. 9 Gr. gestel, of: gesit. 10 Dit is, nie soseer, of nie net, soos jy gemeen het nie. 11 Naamlik omdat jy vir die Heilige Gees gelieg het, vers 3, wat saam met die Vader en die Seun waaragtig God is. Sien oor die godheid van die Heilige Gees 1 Kor. 3:16, vergeleke met 1 Kor. 6:19. |
| 12 Gr. die asem uitgeblaas. Petrus het die geveinsdheid van hierdie mens, tot waarskuwing vir alle ander geveinsdes, só met ’n skielike dood gestraf, deur ’n besondere ingewing van God en deur ’n buitengewone krag, waarmee die apostels voorsien was. Sien dergelike in Hand. 13:11. Wat nie deur diegene wat nie so ’n ingewing en krag het nie, moet of mag nagevolg word nie. |
| 13 Naamlik wat daar in die vergadering was.
14 Naamlik deur sy klere uit te trek, hom toe te draai in grafdoeke om hom te begrawe. Of: het hom weggeneem. |
| 15 Gr. ’n tussenpose van omtrent drie ure.
16 Naamlik in die plek waar die apostels saam met die gemeente vergader was, Hand. 2:46. 17 Naamlik wat met haar man gebeur het. |
| 18 Petrus het sonder twyfel die prys genoem wat hy van haar man verneem het. |
| 19 Dit is, teen jou gewete dinge te doen wat God verbied het, asof jy wil beproef of God se Gees ook regverdig en alwetend is.
20 Naamlik nadat jy ook terstond dood sal neerval. |
| a Mark. 16:17. Hand. 2:43. | 21 Dit is, deur die diens van die apostels. Want hulle was slegs dienaars en instrumente; die krag het van die Here gekom, Hand. 3:12; 4:30; 7:35.
22 Sien oor hierdie pilaargang of voorportaal 1 Kon. 6:3. Joh. 10:23. Hand. 3:11. |
| 23 Naamlik wat enige aansien gehad het en hulle nog nie by die gemeente gevoeg het nie.
24 Gr. het hulle grootgemaak, Luk. 1:46. 2 Kor. 10:15. |
| 25 Of: des te meer, naamlik nieteenstaande hierdie straf wat oor Ananías en sy vrou gekom het. Of: bo en behalwe die voorgaande menigte, sien Hand. 2:47; 4:4. |
| 26 Of: van straat tot straat, dit is, voortdurend op die strate.
27 Dit is, daar verbygaan. 28 Naamlik om daardeur genees te word, Joh. 14:12. |
| b Mark. 16:17. Hand. 8:7; 16:18; 19:12. | 29 Sien dergelike in Luk. 6:17, 18. |
| 30 Gr. hairesis; hierdie woord beteken ’n manier van godsdiens wat iemand vir homself gekies het en navolg, Hand. 26:5; 28:22. Dit wil voorkom of hierdie woord in die begin sowel ten goede as ten kwade gebruik is; maar daarna is dit altyd ten kwade gebruik, vir ’n valse godsdiens, waarvan die woorde heresie en heretiek kom, dit is, kettery en ketter.
31 Sien oor hulle Matt. 3:7; 22:23. Hand. 23:8. 32 Of: ywer, naamlik ’n verkeerde ywer vir die wet, Rom. 10:2 en die kanttekening. |
| c Hand. 12:7; 16:26. | 33 Verstaan: en dit daarna weer toegesluit, vers 23. |
| 34 Dit is, vertoon julle daar openlik en vrymoediglik.
35 Of: al hierdie woorde van die lewe, dit is, hierdie evangeliese leer, waardeur die mense die regte weg aangewys word om tot die ewige lewe te kom, Joh. 6:68. |
| 36 Gr. sunedrion. Sien daaroor Matt. 5:22. Joh 11:47 se kanttekening.
37 Of: vergadering van die oudstes van die kinders van Israel. |
| 38 Gr. die priester, waardeur die hoëpriester bedoel word, omdat hy die hoof was van hierdie Raad, vers 27. Sien dergelike in 2 Kron. 24:2. |
| d Matt. 21:26. Hand. 4:21. |
| 39 Gr. in. |
| e Hand. 4:18. | 40 Gr. met vermaning vermaan. ’n Hebreeuse spreekwyse.
41 Dit is, van hierdie Jesus. Sien Hand. 4:18. 42 Dit is, die straf van die bloed wat ons vergiet het, toe ons hierdie Jesus gedood het, asof ons sy bloed onskuldig sou vergiet het. Sien Matt. 27:24, 25. |
| f Hand. 4:19. |
| g Hand. 3:15.
h Deut. 21:23. Hand. 10:39; 13:29. 1 Petr. 2:24. |
43 Naamlik uit die dode. Of: aangestel en gestuur as Verlosser, Hand. 13:23. |
| i Hand. 2:33; 3:15. Filip. 2:9. | 44 Of: tot Leidsman en Verlosser.
45 Dit is, die ware Israeliete, Rom. 9:6. Gal. 6:16 en die kanttekening. |
| k Joh. 15:27.
l Hand. 2:4. |
46 Dit is, van hierdie sake. ’n Hebreeuse spreekwyse. Luk. 1:37. Hand. 10:37.
47 Dit is, die kragtige werking van die Heilige Gees in die harte van die mense tot hul bekering, asook hierdie sigbare gawes van Hom. |
| 48 Gr. in twee gesny of gesaag; naamlik in die hart, van boosheid en toorn. Sien Hand. 7:54. |
| 49 Daar word gemeen dat dit dieselfde man was aan wie se voete die apostel Paulus in die wet onderrig was, Hand. 22:3.
50 Gr. ’n korte, naamlik tyd. |
| m Hand. 21:38. | 51 Dit is, voor hierdie tyd. Want dit was al enkele jare gelede.
52 Die geskiedskrywer Josephus maak in sy boek Oudhede melding van ’n oproerige Theudas, wat in opstand gekom het teen Cuspius Fadus, wat die goewerneur oor Judéa was onder keiser Claudius, maar dit het ná hierdie tyd gebeur en ná die dood van Herodes Agríppa. Sodat Gamáliël dus hier spreek van ’n ander Theudas, wat ten tyde van keiser Augustus of Tibérius geleef het. 53 Vgl. Hand. 8:9. 54 Gr. aangekleef. |
| 55 Dit is, ná hierdie Theudas.
56 Hy word ook Judas Gaulonites genoem, wat die volk oproerig gemaak het, omdat, toe Archeláüs ontslaan en geban is, die Romeine die land van Judéa ’n provinsie gemaak, voortaan deur hul goewerneurs laat regeer en vir dié doel die mense laat inskryf het. Josephus maak ook melding van ’n ander oproerige Judas, die seun van die moordenaar Esegías, wat voor die voormelde gebeurtenis oproer veroorsaak het toe Archeláüs na Rome gereis het, om in die plek van sy vader Herodes aangestel te word, Oudhede en Joodse Oorlog. 57 Dit is, ten tyde van. 58 Hierdie inskrywing is nie die een waarvan gespreek word in Luk. 2:1, 2 nie, want daardie een het sonder oproer plaasgevind, en word die eerste genoem ten opsigte van hierdie tweede inskrywing, wat daarna gedoen is oor Judéa en met oproer gepaardgegaan het, wat hierdie Judas veroorsaak het, Josephus, Oudhede. |
| n Spr. 21:30. Jes. 8:10. Matt. 15:13. | 59 Naamlik dat julle hulle geen kwaad meer aandoen nie.
60 Dit is, hierdie onderneming of optrede van die apostels. 61 Dit is, van mense en uit menslike gesag begin is, Matt. 21:25. 62 Gr. ontbind. |
| o Hand. 9:5; 23:9. | 63 Dit is, uit goddelike gesag en bevel aangestel.
64 Gr. ontbind. 65 Of: te eniger tyd. |
| 66 Dit is, hulle het hul laat oortuig en oorreed sodat hulle sy raad gevolg het.
67 Gr. geslaan, naamlik met stokke of gésels. Christus het dit aan hulle vooruit aangekondig, Matt. 10:17; 23:34. Dieselfde is ook aan Paulus gedoen, 2 Kor. 11:24. 68 Sien Hand. 4:18. |
| p Matt. 5:12. | 69 Naamlik deur God, wat hulle uit genade hierdie eer en waardigheid gegee het, Filip. 1:29.
70 Dit is, vir die saak en leer van Christus. |
| 71 Sien Hand. 2:46; 20:20. |