Statevertaling – Bybelstigting

Handelinge 6

Kiesing van die sewe diakens.

1

EN 1in dié dae toe die dissipels vermeerder het, het daar ’n murmurering ontstaan 2van die Griekssprekende Jode teen die Hebreërs, omdat hulle weduwees in die daaglikse 3versorging 4oor die hoof gesien is.

2

En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: aDit is nie 5reg dat ons die woord van God 6nalaat om die 7tafels te bedien nie.

3

b8Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol 9van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan 10aanstel;

4

maar ons sal 11volhard in die gebed en die bediening van die woord.

5

En 12die woord het byval gevind 13by die hele menigte; en 14hulle het gekies: 15Stéfanus, ’n man cvol 16van geloof en van die Heilige Gees, den 17Filippus en Próchorus en Nikánor en Timon en Pármenas en 18Nikoláüs, 19’n Jodegenoot uit Antiochíë,

6

wat hulle evoor die apostels gestel het; en 20hulle het gebid en hulle f21die hande opgelê.

7

gEn die woord van God het 22toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en ’n groot menigte van 23priesters het gehoorsaam geword aan 24die geloof.

Stéfanus die eerste martelaar vir Christus.

8

EN Stéfanus, vol van 25geloof en 26krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen.

9

En daar het sommige van die sogenaamde 27sinagoge van die 28Libertyne opgestaan, en van die 29Cirenéërs en 30Alexandryne, en van die mense van Cilícië en Asië, en hulle het 31met Stéfanus geredetwis.

10

hMaar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, 32nie weerstaan nie.

11

iToe het hulle manne 33opgestook om te sê: Ons het hom lasterlike dinge hoor praat teen Moses en God.

12

En hulle het die volk en die ouderlinge en die skrifgeleerdes in beweging gebring en op hom afgekom en hom gegryp en voor die Raad gebring.

13

En hulle het valse getuies 34laat optree om te sê: Dié man hou nie op om lasterlike dinge te praat teen 35hierdie heilige plek en die wet nie.

14

Want ons het hom hoor sê: 36Hierdie Jesus, die Nasaréner, sal hierdie plek 37afbreek en 38die sedes wat Moses aan ons oorgelewer het, verander.

15

En terwyl almal wat in die Raad sit, hul oë stip op hom hou, sien hulle dat sy gesig 39soos die gesig van ’n engel was.

1 Naamlik nadat die apostels in die gevangenis gesit was. Vgl. Hand. 5:18.

2 Gr. Hellenistoi. Hulle was Jode van afkoms en godsdiens, maar was Griekssprekend genoem, omdat hulle in die verstrooiing in die Griekse of heidense lande gebore was; en omdat hulle die Griekse taal en vertaling van die Bybel gebruik het en daarna bekeer is tot die Christelike godsdiens. Sien Hand. 9:29; 11:19, 20. Die ander Jode egter, wat die Hebreeuse Bybel gebruik het, was Hebreërs genoem. Sien ook 2 Kor. 11:22.

3 Gr. diakonia; hulle het naamlik gekla, óf dat hul weduwees nie ingesluit was in die versorging van die armes nie; óf dat hulle arm weduwees nie so goed versorg was soos die weduwees van die Hebreërs nie.

4 Gr. oorgesien.

a Ex. 18:17. 5 Gr. behaaglik, dit is, ’n saak wat ons nie kan behaag nie.

6 Naamlik omdat ons deur die versorging van die armes verhinder word, kan ons die verkondiging van die woord van God waartoe ons vernaamlik geroep is, nie so dikwels en deeglik waarneem nie.

7 Naamlik waarheen die geld en voedsel tot onderhoud van die armes gebring en uitgedeel was, of ook die liefdemaaltye ná die nagmaal wat onder die Christene gehou was, Hand. 2:42, 46 en die kanttekeninge.

b Deut. 1:13. Hand. 1:21; 16:2. 1 Tim. 3:7. 8 Dit is, kies sewe manne uit vir die diens.

9 Dit is, van die gawes van die Heilige Gees, nodig om sulke diens met getrouheid en versigtigheid uit te voer.

10 Dit is, instel.

11 Dit is, gedurig en sterk aanhou, Hand. 1:14.
c Hand. 11:24.

d Hand. 21:8.

12 Of: die saak. ’n Hebreeuse spreekwyse.

13 Gr. vir die hele menigte.

14 Die verkiesing het deur die gemeente plaasgevind, en die aanstelling of bevestiging deur die apostels, vers 6.

15 Hierdie naam, asook die ses wat volg, is almal Griekse name; waardeur sommige besluit dat, om die klagtes van die Griekssprekendes des te meer weg te neem, dit goedgevind is om die diakens te verkies uit die Griekse Jode.

16 Of: getrouheid, wat in hierdie amp vernaamlik vereis word.

17 Sien meer oor hom in Handelinge 8; 21.

18 Sommige kerkvaders meen dat dit dieselfde Nikoláüs is waarvan ’n mens lees in Openb. 2:15. Dit is egter onseker.

19 Gr. proselutos, dit is, ’n aankomeling uit die heidene tot die Joodse godsdiens. Sien Matt. 23:15.

e Hand. 1:23.

f Hand. 8:17; 13:3. 1 Tim. 4:14; 5:22. 2 Tim. 1:6.

20 Naamlik die apostels. Sien dergelike in Hand. 8:17.

21 Hierdie manier van handoplegging was by die Jode gebruiklik, as hulle iemand geseën het, Gén. 48:14, as hulle die beeste sou offer om hulle as ’t ware aan God af te sonder, Lev. 1:4, en in die inhuldiging in ampte, Núm. 27:18. Deut. 34:9. Christus het ook dieselfde manier gebruik in die seëning, Matt. 19:13, en die gemeente in die instelling van kerkdienaars, om hulle daarmee aan God tot sy diens af te sonder en die seën van God toe te wens. Sien 1 Tim. 5:22. So ook die apostels in die gee van die buitengewone gawes van die Heilige Gees, Hand. 8:17.

g Hand. 19:20. 22 Naamlik ten opsigte van die veelheid, sowel van die plekke waar dit verkondig is, as die persone wat dit aangeneem het, Hand. 12:24.

23 Naamlik van die algemene priesters, wat baie was onder die Jode, Esra 2:36, waarvan ’n groot deel tot bekering gekom het; want die owerpriesters was en het meestal die heftigste vyande van die leer van die evangelie gebly.

24 Dit is, die leer van die geloof, Gal. 1:23.

25 Hier word die woord geloof anders gebruik as in die voorgaande vers; naamlik sowel vir kennis en toestemming van die leer, as vir ’n vaste vertroue op die evangeliese beloftes.

26 Dit is, die uitnemende gawes van die Heilige Gees, waardeur Hy kragtig onder die mense werk.

27 Binne die groot stad Jerusalem was daar baie sinagoges en skole, wat elkeen deur sy besondere naam onderskei was, soos die wetenskaplike liggame aan universiteite vandag by ons.

28 Dit was, so wil dit voorkom, ’n sinagoge van Italiaanse Jode. Want die Italianers en Latyne noem diegene wat slawe was en vrygelaat is, Libertyne. Toe Pompeius die stad Jerusalem verower het, het hy baie Jode as slawe weggevoer na Rome, wie se nakomelinge, soos Philo getuig, die meeste deur keiser Tibérius vrygelaat is. Hulle is toegelaat om ’n deel van die stad Rome oorkant die Tiber te bewoon en daar sinagoges te bou. Sodat dit wil voorkom of hierdie Jode, synde Libertyne, in Jerusalem ook ’n sinagoge gehad het, wat tot die naam aanleiding gegee het.

29 Dit is, Jode wat in Afrika gewoon het in die stad Ciréne, geleë in Líbië.

30 Dit is, Jode wat in Alexandríë in Egipte gewoon het en toe in Jerusalem was.

31 Dit is, met Stéfanus geredeneer oor die leer van die godsdiens.

h Ex. 4:12. Jes. 54:17. Luk. 21:15. 32 Dit is, nie oorwin nie. Sien Matt. 10:19. Luk. 21:15.
i Matt. 26:59. 33 Gr. werp hulle daaronder. Toe hulle met waarheid niks vermag het nie, het hulle hul gewend tot valsheid. Sien dergelike in Matt. 26:59.
34 Naamlik teen hom in die Raad.

35 Naamlik Jerusalem, of die tempel, of beide.

36 Stéfanus het nie gesê dat Jesus self dit sou doen nie, maar dat dit deur Jesus se oordeel en bestiering deur die heidene gedoen sou word, Luk. 19:43.

37 Dit het ook so gebeur omtrent veertig jaar daarna deur die Romeine. So het hy dus niks anders as die waarheid gepraat nie.

38 Dit is, die seremoniële wet, en die wet wat die burgerlike orde onder die Jode betref.

39 Dit is, dat sy gesig geblink of gestraal het. Want met sodanige gedaantes het die engele gewoonlik verskyn, Matt. 28:3.