Statevertaling – Bybelstigting
TOE sê die hoëpriester: Is 1hierdie dinge dan so?
En hy sê: 2Broeders en vaders, luister! Die God van die heerlikheid het verskyn aan 3ons vader Abraham toe hy in 4Mesopotámië was, 5voordat hy in 6Haran gewoon het,
en vir hom gesê: aTrek uit jou land en uit jou familie, en kom 7na die land wat Ek jou sal wys.
Toe het hy getrek uit die land van die Chaldeërs en in Haran gaan woon; en ná die dood van sy vader het Hy hom daarvandaan laat verhuis na hierdie land waarin julle nou woon.
En Hy het hom geen erfdeel daarin gegee nie, selfs 8nie ’n voetbreed nie, b9maar Hy het belowe om dit aan hom en sy 10nageslag ná hom as eiendom te gee, toe hy nog geen kind gehad het nie.
En God het aan hom dít gesê, cdat sy nageslag 11bywoners 12in ’n vreemde land sou wees en 13die mense hulle 14tot slawe sou maak en mishandel, d15vierhonderd jaar lank.
16En die nasie aan wie hulle diensbaar sal wees, sal Ek 17oordeel, het God gesê; en edaarna sal hulle uittrek en fMy in hierdie plek dien.
En Hy het 18hom 19die verbond gvan die besnydenis gegee, 20en so het hy die hvader van Isak geword en hom op die agtste dag besny; en Isak ihet die vader van Jakob geword, en Jakob kvan die twaalf aartsvaders.
En die aartsvaders lwas jaloers op Josef en het hom mverkoop na Egipte toe; maar God 21was met hom
en het hom uit al sy verdrukkinge verlos en hom 22guns en wysheid geskenk voor Farao, die koning van Egipte; en dié nhet hom 23goewerneur gemaak oor Egipte en oor sy hele huis.
oEn ’n hongersnood en groot benoudheid het oor die hele Egipteland en Kanaän gekom, en ons vaders kon 24geen voedsel kry nie.
pEn toe Jakob hoor dat daar koring in Egipte was, het hy 25ons vaders die eerste keer uitgestuur.
qEn die tweede 26keer is Josef deur sy broers herken, en die afkoms van Josef het aan Farao bekend geword.
Toe het Josef gestuur en sy vader Jakob laat roep en sy hele 27familie, 28vyf-en-sewentig siele.
rEn Jakob het afgetrek na Egipte en daar sgesterwe, hy en ons vaders.
tEn 29hulle is oorgebring na 30Sigem en weggelê in die graf vwat 31Abraham vir 32’n som geld gekoop het van die seuns van Hemor, 33die vader van Sigem.
En namate die tyd van 34die belofte wat God aan Abraham met ’n eed beloof het, nader kom, xhet die volk toegeneem en vermeerder in Egipte,
totdat daar ’n ander koning opgestaan het 35wat nie vir Josef geken het nie.
Hy 36het listig met ons geslag te werk gegaan en ons vaders mishandel deur hulle te verplig om hul kindertjies weg te gooi, sodat hulle nie 37in die lewe behou kon word nie.
yIn dié tyd is Moses gebore, en hy was 38wonderlik mooi. Drie maande lank is hy in die huis van sy vader versorg;
en toe hy weggegooi is, het Farao se dogter hom opgeneem en hom 39as haar seun grootgemaak.
En Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en was magtig in woorde en dade.
zEn nadat hy die ouderdom van 40veertig jaar bereik het, het dit in sy hart opgekom om 41sy broers, die kinders van Israel, te besoek;
aen toe hy sien dat 42iemand onreg aangedoen word, het hy hom verdedig en die man wat mishandel was, gewreek deur die Egiptenaar te verslaan.
En hy het gedink dat sy broers sou 43verstaan dat God hulle 44deur sy hand 45redding sou gee; maar hulle het dit 46nie verstaan nie.
bEn die volgende dag het hy by hulle verskyn terwyl hulle besig was om te veg, en hy het by hulle 47aangedring om vrede te maak en gesê: Manne, julle is broers; waarom doen julle mekaar onreg aan?
Maar hy wat sy naaste onreg aangedoen het, het hom afgestoot en gesê: cWie het jou as ’n owerste en regter oor ons aangestel?
Jy wil my tog nie doodmaak soos jy gister die Egiptenaar doodgemaak het nie?
En Moses het 48op hierdie woord gevlug en ’n bywoner geword in die land Mídian, waar hy die vader van twee seuns geword het.
dEn toe 49veertig jaar verby was, het 50’n Engel van die Here aan hom verskyn in die woestyn van die berg Sinai, 51in die vuurvlam van ’n doringbos.
En Moses het dit gesien en hom oor die gesig verwonder; en toe hy daarheen gaan om dit 52te besien, het die stem van die Here tot hom gekom:
eEk is die God van jou vaders, die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob. En Moses het begin bewe en nie gewaag om 53dit te 54bekyk nie.
Toe sê die Here vir hom: fTrek 55die skoene van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is 56heilige grond.
Ek het 57duidelik gesien die mishandeling van my volk wat in Egipte is, en hulle gesug gehoor en 58neergedaal om hulle te verlos. En nou, kom hier, Ek wil jou na Egipte stuur.
Hierdie Moses wat hulle verloën het deur te sê: Wie het jou aangestel as ’n owerste en regter? — hom het God as owerste en verlosser gestuur 59deur die hand van die Engel wat aan hom verskyn het in die doringbos.
gHy het hulle uitgelei en wonders en tekens in Egipteland en in die Rooi See en hdie woestyn gedoen, veertig jaar lank.
Dit is dié Moses wat aan die kinders van Israel gesê het: iDie Here julle God sal vir julle 60’n Profeet verwek uit julle broers net soos ek is; kna Hom moet julle luister.
lDit is hy wat in die 61vergadering in die woestyn was saam mmet 62die Engel wat met hom op die berg Sinai gespreek het, en saam met ons vaders; hy het die 63lewende 64woorde ontvang om aan ons te gee.
Na hom wou ons vaders nie luister nie, maar hulle het 65hom verstoot en met hulle harte 66na Egipte teruggekeer
toe hulle vir Aäron gesê het: nMaak vir ons gode wat voor ons uit sal trek; want hierdie Moses wat ons uit Egipteland uitgelei het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
En hulle het in daardie dae ’n kalf gemaak en aan die afgodsbeeld ’n offer gebring en hulle in die 67werke van hulle hande 68verbly.
Maar God het 69Hom afgewend en 70hulle oorgegee om 71die leër van die hemel te dien, soos geskrywe is 72in die boek van die profete: 73oJulle het tog nie aan My slagoffers en offers gebring gedurende veertig jaar in die woestyn nie, o huis van Israel?
pJa, julle het die tent van 74Molog 75opgeneem en 76die ster van julle god 77Remfan, die 78beelde wat julle gemaak het om hulle te aanbid. En Ek sal julle anderkant 79Babilon wegvoer.
Die tent 80van die Getuienis was onder ons vaders in die woestyn, soos Hy wat met Moses gespreek het, hom bevel gegee het om dit te maak qvolgens die afbeelding wat hy gesien het.
rEn ons vaders het dit 81ontvang en met 82Josua ingebring 83in die besitting van die nasies wat God 84voor ons vaders uitgedryf het, tot op die dae van Dawid
swat 85genade gevind het voor God en tgevra het om ’n woonplek vir die God van Jakob 86te verkry.
vEn Salomo het 87’n huis vir Hom gebou.
xMaar die Allerhoogste 88woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie, soos die profeet sê:
yDie hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Watter soort huis sal julle vir My bou, sê die Here, of hoedanig is die plek van my rus?
zHet my hand nie al hierdie dinge gemaak nie?
aJulle hardnekkiges en 89onbesnedenes van hart en ore, julle 90weerstaan altyd die Heilige Gees; 91net soos julle vaders, so ook julle.
Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het 92van die Regverdige, van wie julle nou 93verraaiers en 94moordenaars geword het;
bjulle wat die wet deur die 95beskikkinge van engele ontvang het en tog nie 96onderhou het nie!
En toe hulle dit hoor, was hulle 97woedend in hul harte en het teen hom op die tande gekners.
Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en 98die heerlikheid van God gesien en Jesus 99wat staan 100aan die regterhand van God.
En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele 101geopend en 102die Seun van die mens aan die regterhand van God staan.
Maar hulle het met ’n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm.
103cEn hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; den die 104getuies het hulle 105klere neergelê by die voete van ’n jongman met die naam van 106Saulus.
En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: eHere Jesus, ontvang my 107gees!
En hy het op sy knieë neergeval en 108met ’n groot stem uitgeroep: fHere, 109reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde 110het hy ontslaap.
| 1 Naamlik waarvan jy beskuldig word. |
| 2 Hy noem hulle so omdat hulle van dieselfde geslag was; diegene wat onder hulle van dieselfde ouderdom was, is broeders genoem, en diegene wat ouer of in enige amp was, vaders.
3 Dit is, van wie ons Jode afkomstig is, en waaroor ons altyd roem, Joh. 8:39. 4 So word die land wat tussen die riviere Tigris en Eufraat lê, in Grieks genoem; in Hebreeus Aram Naharaïm, dit is, Sírië tussen die riviere, Gén. 24:10. Die land Babilonië was ook daarby ingereken, waarvan Chaldéa ’n deel was, Gén. 11:31. Sien ook Plinius. 5 Naamlik toe hy nog in Ur gewoon het, ’n stad van Chaldéa, Gén. 11:31; 15:7. 6 Dit was ’n stad van Mesopotámië, oorkant die Eufraatrivier, Gén. 11:31; 28:10; 29:4. Jos. 24:2, anders genaamd Karrhae, waar die Romeinse veldowerste M. Crassus vroeër deur die Partiërs verslaan is. |
| a Gén. 12:1. | 7 Dit was die land Kanaän, wat God nie vir Abraham aan die begin genoem het nie, om sy geloof en gehoorsaamheid des te beter te beproef en te voorskyn te bring, Gén. 12:1. |
| b Gén. 12:7; 13:15. | 8 Dit is, nie soveel van sy eie dat hy sy voet daarop kon neersit nie. Sien Deut. 2:5. Daarna het hy daarin ’n stuk grond met ’n spelonk gekoop, nie om daar te woon nie, maar om sy dooies daarin te begrawe, Gén. 23:9.
9 Of: en Hy het belowe. Dit is, hoewel Hy hom belowe het. 10 Dit is, nakomelinge. |
| c Gén. 15:13.
d Gén. 15:16. Ex. 12:40. Gal. 3:17. |
11 Gr. paroikos, dit is, ’n inwoner of bywoner, wat nie in sy eie nie, maar in ’n ander se huis of land woon.
12 Naamlik die land Egipte. 13 Naamlik die Egiptenaars. 14 Deur hierdie slawerny word ook hul hele ballingskap en vreemdelingskap verstaan, en nie net die harde slawerny waaraan die Israeliete in Egipte eers onderworpe was ná die dood van Josef nie, Ex. 1:6, 10, 11, want die harde slawerny het nie vierhonderd jaar geduur nie. 15 Wat bereken moet word van die tyd af toe Abraham volgens hierdie belofte ’n nageslag gekry het en Isak vir hom gebore is, of toe Isak gespeen was, Gén. 21:2, 8. Wat die vierhonderd-en-dertig jaar egter betref, daarvan word gespreek in Ex. 12:40 en Gal. 3:17, en die kanttekeninge. Tussen die roeping van Abraham in Gén. 12:1 en die speen van Isak het dertig jaar verloop. Sien Gén. 15:13, die teks waarna Stéfanus hier verwys. |
| e Gén. 15:16.
f Ex. 3:12. |
16 Of: Maar.
17 Dit is, straf volgens my regverdige oordeel, 1 Kor. 11:31. Hebr. 13:4, wat ook vernaamlik gebeur het toe Farao met sy hele leër in die Rooi See verdrink het. |
| g Gén. 17:10.
h Gén. 21:2. i Gén. 25:24. k Gén. 29:32; 30:5; 35:23. |
18 Naamlik Abraham.
19 Dit is, die besnydenis, wat ’n teken en seël van die verbond was. Sien Gén. 17:10. Rom. 4:11. 20 Of: en hierdie. |
| l Gén. 37:4.
m Gén. 37:28. Ps. 105:17. |
21 Naamlik met sy besondere guns, genade en seëning. |
| n Gén. 41:40. | 22 Dit is, aangenaamheid, sodat Farao hom gunstig gesind was.
23 Gr. regent. |
| o Gén. 41:54. Ps. 105:16. | 24 Naamlik vir hulle en vir hul vee. Of: niks kry om hulle te versadig nie. |
| p Gén. 42:1. | 25 Dit is, sy seuns, van wie ons afstam. |
| q Gén. 45:4. | 26 Dit is, terugkoms na Egipte. |
| 27 Of: geslag.
28 In die Hebreeuse teks, Gén. 46:27. Ex. 1:5. Deut. 10:22, word slegs sewentig siele vermeld; maar in die Griekse vertaling staan vyf-en-sewentig, Gén. 46:27. Ex. 1:5. Sommige meen dat Lukas daardie vertaling hier gevolg het. Sien dergelike in Luk. 3:36. Ander meen dat Stéfanus bo en behalwe die sewentig die vier vroue van Jakob nog bygereken het, en die twee seuns van Juda wat in Kanaän gesterf het, sonder om Jakob self by te reken. |
| r Gén. 46:5.
s Gén. 49:33. |
| t Gén. 50:13. Ex. 13:19. Jos. 24:32.
v Gén. 23:16. |
29 Dit is, hul beendere.
30 Dit was ’n stad in die land van Samaría, Gén. 33:19, anders ook Sígar genoem, Joh. 4:5, waar die beendere van Josef begrawe is, in daardie stuk veld wat Jakob gekoop het van die seuns van Hemor, die vader van Sigem, Jos. 24:32, en dit is geloofwaardig dat die beendere van ander voorvaders ook daarheen gebring is. 31 In Gén. 33:19. Jos. 24:32 word uitdruklik gesê dat Jakob van die seuns van Hemor, die vader van Sigem, ’n stuk grond gekoop het; waarom sommige meen dat die woord Jakob uit die voorgaande vers herhaal moet word, en dat die woord Abraham vroeër nie in die teks gestaan het nie. Ander meen egter dat die woord Abraham wel in die teks behou mag word, omdat Abraham ook in Hebron ’n spelonk gekoop het van Efron, die seun van Sohar, om sy dooies te begrawe, Gén. 23:16, waarin Jakob ook begrawe wou word, Gén. 49:29, 30, en waarheen die beendere van sommige ander voorvaders vanaf Sigem skynbaar ook oorgebring is. En hulle vertaal die teks hier só: benewens dit, dit is, benewens die graf, wat van hierdie seuns van Hemor, die vader van Sigem, naamlik deur Jakob gekoop was, Gén. 33:19. 32 Gr. vir ’n prys van silwer. 33 Sien Gén. 33:19. |
| x Ex. 1:7. Ps. 105:24. | 34 Naamlik aan Abraham gemaak, óf dat sy nakomelinge uit die vreemde land en die slawerny verlos sou word, vers 7, óf van die vermenigvuldiging van sy nageslag, Gén. 22:16, 17. |
| 35 Naamlik wat nie geweet het hoeveel goeie dinge Josef vir Egipte gedoen het nie; en daarom nie die Hebreërs gunstig gesind was nie. |
| 36 Dit is, het hulle onderdruk met listigheid. Deur hulle met swaar arbeid onderdanig te hou en tot sy voordeel te laat werk; en hulle manlike kinders dood te maak, sodat hulle nie meer sou vermenigvuldig nie. Sien Ex. 1:10.
37 Of: kon voortplant nie. |
| y Ex. 2:2; 6:19. Núm. 26:59. 1 Kron. 23:13. Hebr. 11:23. | 38 Gr. mooi vir God, dit is, goddelik of uitnemend, Ex. 2:2. Net so word Ninevé ’n stad genoem wat vir God groot is, dit is, uitnemend groot. God het Moses hierdie besondere mooiheid gegee om die dogter van Farao daardeur te oortuig om hom in die lewe te behou en as haar seun aan te neem, Ex. 2:10. |
| 39 Dit is, hom as haar seun aangeneem, Hebr. 11:24. |
| z Ex. 2:11. | 40 Naamlik wat hy in die hof van Farao geleef het.
41 Dit is, wat van sy volk en geslag was. |
| a Ex. 2:11. | 42 Naamlik ’n Israeliet. |
| 43 Naamlik deur hierdie daad van hom.
44 Dit is, deur sy diens. ’n Hebreeuse spreekwyse. 45 Of: behoudenis, verlossing, naamlik uit die slawerny van Egipte. 46 Naamlik uit sorgeloosheid of halsstarrigheid, ’n gebrek wat altyd by hierdie volk was. Sien vers 35. |
| b Ex. 2:13. | 47 Naamlik met ernstige vermanings. |
| c vers 35. Ex. 2:14. Matt. 21:23. Hand. 4:7. |
| 48 Gr. in hierdie woord, dit is, so gou as dit gespreek was; omdat hy daaruit verstaan het dat sy daad nie verborge was, soos hy gedink het nie. |
| d Ex. 3:2. | 49 Naamlik wat hy ná sy vlug uit Egipte in Mídian deurgebring het; sodat hy nou tagtig jaar oud was. Sien vers 23.
50 Naamlik die ewige Seun van God, die Here self, soos ’n mens sien in die twee verse wat volg en in Ex. 3:4, 5; 23:21. 1 Kor. 10:9. 51 Gr. in die vlam van vuur. |
| 52 Of: te bemerk. |
| e Ex. 3:6. Matt. 22:32. Hebr. 11:16. | 53 Of: Hom, naamlik die Engel.
54 Of: bemerk. |
| f Jos. 5:15. | 55 Die Griekse woord beteken sole wat onderaan die voete met rieme vasgebind was.
56 Naamlik vanweë die goddelike verskyning wat daar plaasgevind het. |
| 57 Gr. siende gesien. ’n Hebreeuse spreekwyse. Dit is, goed en terdeë gesien, en ernstig daarop gelet, hoe my volk in Egipte mishandel word.
58 Naamlik van die hemel; wat menslikerwys verstaan moet word, dat God nou bereid was om sy volk te verlos en hul vyande te straf. Want eintlik vervul God die hemel en die aarde, Jer. 23:24. |
| 59 Dit is, deur die bestiering. ’n Hebreeuse spreekwyse. |
| g Exodus 7-11; 13; 14.
h Ex. 16:1. Deut. 1:3. |
| i Deut. 18:15, 18. Joh. 1:46. Hand. 3:22.
k Matt. 17:5. |
60 Naamlik die Christus of Messías. Hier toon Stéfanus dat hy nie in teenstelling tot Moses leer as hy Jesus Christus verkondig nie, omdat Moses self van Hom geprofeteer het. |
| l Ex. 19:3.
m Gal. 3:19. |
61 Gr. ekklesia. Dit was die vergadering van die volk wat beskryf word in Exodus 19 en in die daaropvolgende hoofstukke.
62 Naamlik die Seun van God, vers 30. 63 Dit is, wat die weg tot die lewe aanwys. 64 Dit is, uitsprake of opdragte van God, waarmee Hy sy wil verklaar het. |
| 65 Naamlik Moses, en God deur Moses, wat aan hulle God se lewende woorde voorgehou het.
66 Naamlik omdat hulle terugverlang het na daardie land, of na die bygelowigheid van Egipte. |
| n Ex. 32:1. |
| 67 Dit is, in die goue kalf, wat hulle self met hul eie hande gemaak het. So word die afgode dikwels genoem, om hul nietigheid en die dwaasheid van die afgodedienaars aan te toon, Ps. 115:4.
68 Naamlik deur te eet, te drink en te speel, Ex. 32:6. 1 Kor. 10:7. |
| o Amos 5:25. | 69 Dit is, het toornig geword oor hulle, terwyl Hy hulle tevore gunstig gesind was en aan hulle goed gedoen het. Of: Hom gekeer.
70 Naamlik soos ’n regverdige Regter aan hulle begeerlikhede en aan ’n slegte gesindheid, Rom. 1:24, 28 en die kanttekeninge. 71 Dit is, die son, maan en ander gesterntes. Sien Deut. 17:3. 2 Kon. 17:16. Jes. 40:26. Jer. 19:13. 72 Naamlik van die klein profete, wat in ’n boek bymekaargevoeg was. Dit staan in die profeet Amos, hfst. 5:25. 73 Met hierdie vraag wil Hy sê dat hulle nie na behore aan Hom geoffer het nie, ook nie met ’n opregte hart nie, Amos 5:21. |
| p Amos 5:26, 27. | 74 Hierdie Molog was ’n afgod van die Ammoniete, Lev. 18:21. 1 Kon. 11:7. Jer. 32:35. Die naam kom van die Hebreeuse woord meleg, dit is, koning, soos ook Milkom, 1 Kon. 11:5.
75 Naamlik op julle skouers, om dit te dra. 76 Sien hieroor Amos 5:26, en dergelike ook Jer. 7:18; 44:25. 77 In die Hebreeuse teks staan Kijun, waardeur sommige die afgod Hercules verstaan, omdat die Egiptenaars, wie se afgodery die Israeliete baie gevolg het, dieselfde god Kon genoem het. Ander verstaan die afgod Saturnus, wat deur die Egiptenaars ook Refan genoem was. Hierdie woord, hoewel verander na Raifan, is in die Griekse vertaling vir Kijun gebruik, wat hier deur Lukas gevolg word, en so in die bron met die Hebreeuse teks ooreenkom. 78 Gr. afdruksels. 79 In Hebreeus staan Damaskus, soos ook in die Griekse vertaling. Stéfanus het egter meer na die bedoeling as na die woorde verwys, omdat die geskiedenis leer dat hulle nie net aan die ander kant van Damaskus weggevoer was nie, maar ook verder aan die ander kant van Babilon, in Persië en Medië. Sien 2 Kon. 17:6 en Josephus, Oudhede. |
| q Ex. 25:40. Hebr. 8:5. | 80 So genoem omdat die tafels van die wet, wat die Getuienis van die Here genoem word, daarin bewaar was, en God daaruit getuienis en antwoord gegee het oor sy wil, Ex. 25:22. 2 Kon. 11:12. 2 Kron. 23:11, en was anders die tent van ontbieding genoem, of: van samekoms, omdat die volk, as hulle sou vergader, ontbied was om daar byeen te kom. Sien Ex. 40:2, vergeleke met Ex. 33:7. |
| r Jos. 3:14. | 81 Naamlik as ’t ware van hand tot hand van hulle voorouers.
82 Gr. Jesus. Dit is, Josua, die seun van Nun. Waaruit ’n mens sien dat die name Josua en Jesus dieselfde naam is. Sien ook Hebr. 4:8 en die kanttekening. 83 Of: as hulle die besitting van die nasies ingeneem het. 84 Dit is, voor hulle uit; of omdat hulle die aangesig van ons vaders nie kon verdra nie, Ex. 23:28. Jos. 24:12. Ps. 44:4. |
| s 1 Sam. 16:1. Ps. 89:21. Hand. 13:22.
t 2 Sam. 7:2. 1 Kron. 17:1. Ps. 132:5. |
85 Sien Luk. 1:30.
86 Dit is, te vind of te bou. |
| v 1 Kon. 6:1. 1 Kron. 17:12. | 87 Dit is, ’n vaste en bestendige gebou, ’n tempel, om nie langer in ’n hut of tabernakel nie, maar in ’n vaste huis te woon, Ps. 132:3-5. |
| x 1 Kon. 8:27. Hand. 17:24. | 88 Naamlik asof Hy daarin opgesluit, of daaraan gebonde is; soos die Jode hulle ingebeeld het, Jer. 7:4. |
| y 2 Kron. 6:33. Jes. 66:1. Matt. 5:34; 23:22. |
| z Gén. 1:4. |
| a Neh. 9:16, 17. Jer. 6:10. | 89 Dit is, hoewel julle uiterlik besny is na die vlees, so het julle nogtans nie die inwendige besnydenis van die hart, wat sonder hande geskied, nie, Deut. 10:16; 30:6. Jer. 4:4, waarsonder die uiterlike van geen nut is nie, Rom. 2:28.
90 Gr. val altyd teen die Heilige Gees, naamlik wat julle deur sy Woord oortuig, dat die leer van Christus die ware saligmakende leer is, en ewenwel staan julle dit altyd teen. 91 Sien Ps. 78:8. |
| 92 Naamlik van Jesus Christus. Sien Jes. 53:11. Hand. 3:14. 1 Joh. 2:1.
93 Naamlik deur Judas. 94 Naamlik deur die Romeinse soldate, wat Hom, terwyl Hy onskuldig was, ter dood veroordeel het. |
| b Ex. 19:3; 24:3. Joh. 7:19. Gal. 3:19. Hebr. 2:2. | 95 Of: bevele, dit is, beskikkinge en diens. Sien Gal. 3:19.
96 Gr. bewaar. |
| 97 Gr. deursaag in hulle harte, naamlik van ergernis en toorn. Sien Hand. 5:33. |
| 98 Dit is, die heerlike God; of: ’n goddelike heerlikheid, Luk. 2:9. Naamlik sover dit met mensoë gesien kan word.
99 Of: wat is, 1 Petr. 3:22. Anders word ook gesê dat Hy aan die regterhand van God sit, Mark. 16:19. 100 Daardeur word die hoogste heerlikheid en mag verstaan. |
| 101 Sien dergelike in Matt. 3:16.
102 Dit is, Jesus Christus. |
| c 1 Kon. 21:13. Luk. 4:29.
d Hand. 22:20. |
103 Hulle wou daardeur die wet volg, Lev. 24:14.
104 Wat volgens die wet die steniging moes begin, Deut. 17:7. 105 Naamlik hulle bo-klere of mantels, sodat hulle des te beter met klippe sou kon gooi. 106 Wie se bekering beskryf word in hfst. 9. |
| e Ps. 31:6. Luk. 23:46. | 107 Dit is, siel. Sien dergelike in Luk. 23:46. |
| f Matt. 5:44. Luk. 23:34. 1 Kor. 4:12. | 108 Sien dergelike in Matt. 27:50.
109 Gr. stel hulle nie hierdie sonde nie, dit is, wil dit nie staande of blywende hou, om hulle daarvoor volgens verdienste te straf, nie. Sien dergelike in Luk. 23:34. 110 Dit is, het hy gesterf; want die dood van die gelowiges word ’n slaap genoem vanweë die salige opstanding uit die dode, waardeur hulle as ’t ware uit ’n slaap weer opgewek sal word tot die ewige lewe. Sien Matt. 9:24. Joh. 11:11. 1 Kor. 15:6, 18, 20. 1 Thess. 4:13. |