Statevertaling – Bybelstigting
Die evangelie in Samaría.
Simon die towenaar.
EN aSaulus het ook sy vermoording 1goedgekeur. En daar het in dié tyd ’n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, ben almal is 2verstrooi oor die streke van Judéa en Samaría, 3behalwe die apostels.
En godvresende manne het Stéfanus 4begrawe en c’n 5groot rou oor hom bedrywe.
Maar dSaulus het die gemeente verwoes en in die huise gegaan en manne en vroue uitgesleep en 6in die gevangenis oorgelewer.
En die wat verstrooi was, ehet die land deurgegaan en 7die woord van die evangelie verkondig.
En 8Filippus het afgekom 9in ’n stad van Samaría en Christus aan hulle verkondig.
En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.
fWant uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met ’n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.
En daar was groot blydskap in daardie stad.
En ’n sekere man met die naam van 10Simon het vantevore in die stad met gtowery omgegaan en die bevolking van Samaría 11verbyster deur te sê dat hy iets besonders was.
En almal, klein en groot, het hom aangehang en gesê: Hy is die groot krag van God.
En hulle het hom aangehang, omdat hy hulle ’n geruime tyd deur sy towerye verbyster het.
Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.
En Simon het 12ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en 13groot kragte sien gebeur.
En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle 14gestuur.
Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle 15die Heilige Gees mag ontvang,
want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop 16in die Naam van die Here Jesus.
hHulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
En toe Simon sien dat deur 17die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied
en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, 18die Heilige Gees kan ontvang.
Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld 19saam met jou vergaan, iomdat jy gedink het 20om die gawe van God deur geld te verkry.
Jy het geen deel of lot 21in hierdie saak nie, want jou hart is 22nie reg voor God nie.
Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou 23miskien vergewe mag word.
Want ek sien dat jy in ’n 24gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is.
Maar Simon het geantwoord en gesê: k25Bid julle tot die Here vir my, sodat niks van wat julle gesê het, oor my mag kom nie.
Nadat hulle dan kragtig getuig en die woord van die Here gespreek het, het hulle na Jerusalem teruggegaan en die evangelie aan baie dorpe van die Samaritane verkondig.
Filippus en die hofdienaar van Ethiópië.
EN ’n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. 26Dit is ’n eensame pad.
Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was ’n man van Ethiópië, ’n 27hofdienaar, ’n staatsamptenaar van 28Kandacé, die koningin van die Ethiópiërs, wat oor al haar skatte was len na Jerusalem gekom het om 29te aanbid.
En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees.
Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa.
En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees?
En hy antwoord: 30Hoe kan ek tog as niemand my 31die weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom te kom sit.
mEn die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos ’n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos ’n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie.
32In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal 33sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem.
En die hofdienaar antwoord en sê vir Filippus: Ek bid u, van wie sê die profeet dit, van homself of van iemand anders?
En Filippus 34het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom nverkondig.
En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; owat verhinder my om gedoop te word?
Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus 35die Seun van God is.
En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.
En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg 36met blydskap gereis.
Maar Filippus is in 37Asdod 38gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in 39Cesaréa gekom het.
| a Hand. 22:20.
b Hand. 11:19. |
1 Naamlik uit onwetendheid en ’n verkeerde ywer, terwyl hy gemeen het dat hy daarmee ’n diens aan God bewys, Joh. 16:2. 1 Tim. 1:13.
2 Dit word vernaamlik verstaan as die leraars, wat benewens die apostels in Jerusalem was; soos dit afgelei kan word uit die einde van hierdie vers, en uit verse 4 en 5. 3 Naamlik omdat hulle ’n besondere opdrag ontvang het om in Jerusalem te bly, Hand. 1:4, 8, totdat die leer van die evangelie daar genoegsaam bevestig en versprei sou wees, Jes. 2:3. |
| c Gén. 23:2; 50:10. 2 Sam. 3:31. | 4 Of: saamgedra, naamlik vanaf die plek waar Stéfanus gestenig was, terwyl hulle geen gevaar ontsien het, wat hulle moontlik daaroor sou kon oorkom, nie.
5 Naamlik volgens die gebruik van die Jode by die begrafnisse van belangrike persone, Gén. 50:10. Joh. 11:31, des te meer omdat hulle van harte bedroef was oor die verlies van so ’n voortreflike man. |
| d Hand. 9:1; 22:4; 26:9. 1 Kor. 15:9. Gal. 1:13. 1 Tim. 1:13. | 6 Naamlik, aan die owerstes oorgelewer, om deur hulle in die gevangenis gewerp te word. |
| e Matt. 10:23. Hand. 11:19. | 7 Gr. evangeliserende die woord. |
| 8 Wat een van die sewe diakens was wat in Jerusalem tot versorging van die armes verkies is, Hand. 6:5; maar hy is ná hierdie verstrooiing deur God geroep tot ’n evangelis, om die evangelie in Samaría en elders te verkondig en die sakramente te bedien, en dit met wonders te bevestig, Hand. 21:8. Ef. 4:11.
9 Of: in die stad van Samaría. Dit was die hoofstad van die tien stamme van Israel; gestig deur Omri, die sesde koning van Israel, 1 Konings 16; daarna ingeneem deur Salmanéser, die koning van Assirië, en deur heidense inwoners in besit geneem, 2 Konings 17; ten laaste deur Hurcanus verwoes, deur Herodes weer opgebou, en Sebaste genoem, ter ere van keiser Augustus, Josephus, Oudhede en Joodse Oorlog. |
| f Mark. 16:17. Hand. 5:16; 16:18; 19:11. |
| g Hand. 13:6. | 10 Oor hierdie Simon lees ’n mens dikwels in die ou kerklike geskiedenisse, en in die besonder dat hy die eerste sekte, naamlik die gruwelike sekte van die Simoniane, opgerig het onder die Christene. Sien Eusebius, Historia Ecclesiastica.
11 Naamlik deur die valse tekens wat hy onder hulle gedoen het, soos die towenaars in Egipte, Ex. 7:11. Sien Matt. 24:24. 2 Thess. 2:9. |
| 12 Dit is, omdat hy oortuig was deur dit wat hy gehoor en gesien het, het hy die waarheid van die evangelie erken en hom by die gemeente gevoeg; hoewel sy geloof nogtans nie opreg was nie, soos blyk uit vers 21.
13 Naamlik die tekens wat deur Filippus gedoen is en wat alle geskape mag ver te bowe gegaan het; soos die towenaars in Egipte ook eindelik van Moses erken het, Ex. 8:19. |
| 14 Naamlik om hierdie tere gemeente deur hierdie apostels in die geloof te versterk, en alle behoorlike orde onder hulle in te stel. |
| 15 Naamlik op sigbare en wonderbare wyse, soos in die eerste kerk dikwels gebeur het, Hand. 10:45; 19:6. 1 Kor. 14:27. Want andersins het hulle reeds die Heilige Gees ontvang, omdat niemand in Christus kan glo sonder die Heilige Gees nie, Rom. 8:9. 1 Kor. 12:3. |
| 16 Deur hierdie woorde word nie die instellingswoorde van die doop bedoel, waarvan Christus in Matt. 28:19 spreek nie, maar die doel waartoe die doop dien, naamlik om aan hulle te betuig dat hulle deur die doop by Christus en sy gemeente ingelyf is, Rom. 6:3. Gal. 3:27. |
| h Hand. 6:6; 13:3; 19:6. 1 Tim. 4:14; 5:22. 2 Tim. 1:6. |
| 17 Hierdie handoplegging was ’n buitengewone teken, waardeur die gawe van die Heilige Gees om wonderwerke te doen, te profeteer en met velerlei tale te spreek, deur die apostels gegee was. Sien Hand. 6:6; 19:6. |
| 18 Dit is, sodanige wonderbare gawes van die Heilige Gees, 1 Kor. 12:4, ens. |
| i Matt. 10:8. | 19 Dit is ’n heilige dreigement, waarmee hy te kenne gee hoe ’n groot sonde dit was, en watter straf te wagte is vir hom en dergelike mense, wat die geestelike gawes of ampte met geld of geskenke probeer koop. Hierdie sonde word, as gevolg van die daad van hierdie Simon, gewoonlik simonie genoem.
20 Of: dat die gawe van God deur geld verkry word. |
| 21 Of: in of aan hierdie woord. ’n Hebreeuse spreekwyse. Naamlik van die belofte van die uitstorting van die Heilige Gees, wat deur God aan die gelowiges gemaak was, Joël 2 en elders.
22 Dit is, nie opreg nie, maar verkeerd en geveinsd. |
| 23 Dit sê Petrus nie omdat hy getwyfel het of God Simon sy sonde sou vergewe, indien hy hom opreg bekeer het nie, maar omdat hy getwyfel het of hy hom opreg sou bekeer, soos uit die volgende woorde blyk. |
| 24 Dit is, dat ’n baie bitter en bose hart in jou is, vol van ongeregtigheid, Deut. 29:18. |
| k Núm. 21:7. | 25 Hy veins asof hy hom wou bekeer, uit vrees vir die verderf waarmee Petrus hom gedreig het, vers 20. |
| 26 Gr. wat ’n verlate pad was. Omdat daar twee paaie was om van Jerusalem na Gasa te reis, beveel die engel hom dat hy nie op die mees gebaande een nie, maar op die ander een wat eensaam was, deur die gebergtes moes reis. |
| l Joh. 12:20. | 27 Gr. eunug, dit is, gesnedene, wat as sodanig meestal as hofdienaars deur prinsesse gebruik was. Hoewel hierdie woord ook soms gebruik word vir allerlei belangrike here, wat in die konings se hofhoudings gedien het, Gén. 37:36. Est. 1:10.
28 Soos alle konings in Egipte Farao genoem was, so was ook alle koninginne van Ethiópië of Kus, wat meestal deur vroue geregeer was, Kandacé genoem. Sien Plinius. 29 Dit is, die godsdiens te beoefen, wat deur God in Jerusalem opgerig was, waarvan die aanbidding een van die vernaamste dele was. Sien 1 Kon. 8:41. |
| 30 Naamlik alles verstaan wat ek lees. Want hoewel die Woord van God in sigself duidelik genoeg is, soveel as tot saligheid nodig is, om deur elkeen deur die genade van die Heilige Gees verstaan te word; is sommige tekste nogtans moeilik om te verstaan, waarvoor verklaring en uitlegging nodig is. Daarom het God benewens die lees van die Woord ook die prediking en uitlegging daarvan ingestel, Hand. 17:11. Rom. 10:14. Ef. 4:11.
31 Of: onderrig. |
| m Jes. 53:7. |
| 32 Hoe hierdie skrifgedeelte op Christus van toepassing is en met die Hebreeuse teks ooreenkom, sien Jes. 53:7 se kanttekeninge.
33 Of: sy afkoms, of: sy lewenstyd. Sommige verstaan dit as sy ewige geboorte uit die Vader; ander as die menigte gelowiges, wat Hy deur sy dood na Hom toe sou trek, Joh. 12:32. Sommige as die ewige krag en ewigdurendheid van sy lewe, ná sy opstanding en hemelvaart, Rom. 6:9. Hebr. 7:24, dit wil voorkom of dit die beste ooreenkom met die woorde in Jes. 53:10. |
| n Luk. 24:45. | 34 Sien oor hierdie spreekwyse Matt. 5:2 en die kanttekening. |
| o Hand. 10:47. |
| 35 En derhalwe die ware Saligmaker, wat ons deur sy lyding en sterwe van die sonde en van die dood verlos het, volgens die profesie en verklaring soos in vers 32-35. Sien dergelike kort belydenis in Matt. 16:16. |
| 36 Gr. terwyl hy hom verbly, naamlik uit ’n gevoel van die vergewing van sy sondes en van die werking van die Heilige Gees in sy gemoed, Rom. 5:1, ens. |
| 37 Gr. Azotos. Dit was ’n stad in Palestina, sien daaroor Jos. 11:22.
38 Dit is, hy het ervaar dat hy daar neergesit is. 39 Dit was ook ’n stad in Palestina, teen die see geleë, vroeër Strato se Toring genoem, deur Herodes opgebou en Cesaréa genoem ter ere van keiser Augustus. Sien breedvoeriger in Hand. 10:1 se kanttekening. |