Statevertaling – Bybelstigting

Hebreërs 10

1

WANTa 1die wet, wat 2’n skaduwee het 3van die toekomstige weldade, nie 4die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur 5dieselfde offers wat jaar na jaar 6gedurig gebring word, die wat 7toetree, tot 8volmaaktheid lei nie.

2

9Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, 10geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie.

3

Maar in dié offers is daar jaar na jaar 11’n herinnering aan die sondes;

4

bwant die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik 12die sonde wegneem.

5

13Daarom sê Hy, 14as Hy in die wêreld inkom: cSlagoffer en spysoffer 15wou U nie hê nie, maar U 16het vir My ’n liggaam berei.

6

Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.

7

Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom — in 17die boekrol is dit van My geskrywe — 18om u wil te doen, o God.

8

Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie — wat volgens die wet geoffer word —

9

het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. 19Hy neem die eerste weg 20om die tweede te stel.

10

21Deur hierdie wil is 22ons geheilig d23deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.

11

En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels 24dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie;

12

maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes 25gebring het, e26vir altyd gaan sit aan die regterhand van God

13

27en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ’n voetbank van sy voete.

14

Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak 28die wat geheilig word.

15

En ook 29die Heilige Gees 30gee aan ons getuienis;

16

want nadat Hy tevore gesê het: fDit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, 31spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,

17

en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.

18

Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar 32geen offer meer vir die sonde nie.

Vermaning om in die geloof te volhard.

19

33TERWYL ons dan, broeders, vrymoedigheid het gom 34in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus

20

op die 35nuwe en 36lewende 37weg wat Hy vir ons 38ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is 39sy vlees,

21

en ons ’n groot Priester 40oor die huis van God het,

22

laat ons toetree met ’n 41waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, 42die harte deur 43besprenkeling gereinig van ’n slegte gewete en 44die liggaam gewas h45met rein water.

23

Laat ons die belydenis 46van die hoop onwankelbaar 47vashou, want Hy wat dit beloof het, 48is getrou;

24

en laat ons op 49mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;

25

en laat ons ons onderlinge 50byeenkoms nie versuim soos 51sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

26

iWant as ons 52opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar 53geen offer vir die sondes meer oor nie,

27

maar ’n verskriklike verwagting van oordeel en ’n vuurgloed wat 54die teëstanders sal verteer.

28

As iemand die wet van Moses 55verwerp het, sterf hy sonder ontferming kop die getuienis van twee of drie;

29

hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God 56vertrap het en 57die bloed van die testament waardeur hy 58geheilig is, 59onrein geag en 60die Gees van genade gesmaad het?

30

Want ons ken Hom 61wat gesê het: lMy kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: mDie Here sal sy volk oordeel.

31

Vreeslik is dit 62om te val in die hande van die lewende God.

32

Maar onthou die vorige dae waarin julle, 63toe julle verlig geword het, ’n groot lydensworsteling deurstaan het,

33

gedeeltelik omdat julle deur smaad en verdrukkinge 64’n skouspel geword het, gedeeltelik omdat julle 65deelgenote geword het van die wat in so ’n toestand verkeer het.

34

Want julle het ook saam met my gevoel 66in nmy boeie, en julle het die berowing van julle goed 67met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle 68in julself o’n beter en blywende besitting in die hemele het.

35

Werp dan 69julle vrymoedigheid, wat ’n groot 70beloning het, nie weg nie.

36

pWant julle het 71lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, 72die belofte te verkry.

37

qWant 73nog ’n klein tydjie, en 74Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie.

38

rMaar die regverdige 75sal uit die geloof lewe; en 76as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.

39

77Maar by ons is daar 78geen onttrekking tot verderf nie, maar 79geloof tot 80behoud 81van die lewe.

a Kol. 2:17. Hebr. 8:5. 1 Naamlik van die seremonies ten tyde van die Ou Testament.

2 Dit is, ’n eerste ontwerp, soos skilders gewoonlik ’n beeld, wat hulle daarna wil voltooi, eers met enkele lyne en skaduwees in breë trekke skets of ontwerp.

3 Dit is, die geestelike en hemelse sake, wat vir ons in die Nuwe Testament verwerf en meegedeel sou word. Dit is, van Christus self en sy weldade.

4 Sommige verstaan hierdeur die volmaakte wyse van die uiterlike godsdiens, wat God deur Christus in die Nuwe Testament sou instel, wat van die instellings van die Ou Testament verskil het soos ’n skaduwee of eerste ontwerp verskil van die volmaakte beeld van enige saak; soos dit daarom ook die eerste beginsels of elemente en die abc van die wêreld genoem word, Gal. 4:3, 9. Aangesien die apostel egter nêrens in hierdie of in die voorgaande hoofstuk enige teenstelling maak tussen die uitwendige godsdiens van die Ou en van die Nuwe Testament nie, maar slegs tussen die skaduwees van die Ou Testament en Christus self met sy offer en weldade, wat Hy vir ons verwerf het, daarom word deur ander die woorde die beeld self beter verstaan as die afgebeelde saak self of die ewebeeld, waarvolgens hierdie skaduwees voorgestel word, soos van ons gesê word dat ons na God se beeld of ewebeeld geskape is. Die bygevoegde woorde die beeld self van die dinge vereis ook hierdie betekenis, dit is, die dinge self in hulle volledige beeld of gedaante, soos hulle moes en sou wees.

5 Dit is, van dieselfde soort, of van dieselfde aard en natuur.

6 Gr. gedurigdeur of in ewigheid, dit is, sonder om dit na te laat, solank hierdie priesterskap en hierdie wet moes duur.

7 Of: tot God gaan, naamlik met hul offers.

8 Of: volkomenheid, naamlik na die gewete, deur die wegneem van die sonde en die skuld daarvan, soos verklaar word in Hebr. 9:9.

9 Ander lees vraenderwys: Sou hulle anders nie opgehou het nie? Die betekenis kom egter ooreen.

10 Dit is, geen gewetenswroeging oor die sonde sou hê nie; en sou hulle oor geen skuld van die sonde meer skuldig voel nie, aangesien hulle eenmaal daarvan gereinig of verlos sou wees.

11 Naamlik nie net van die sondes wat daardie jaar begaan is nie, maar van al die sondes wat tevore begaan was. Sien Lev. 16:21.
b Lev. 16:14. Núm. 19:4. Hebr. 9:13. 12 Naamlik deur sy eie waardigheid en krag, aangesien dit slegs ’n liggaamlike en verganklike saak is, aangesien die sonde ’n geestelike kwaad is, en vernaamlik in die siel, wat onsterflik is, gesetel is.
c Ps. 40:7. Jes. 1:11. Jer. 6:20. Amos 5:21. 13 Naamlik Christus, die Hoëpriester van die toekomstige dinge, in wie se Naam Dawid in Psalm 40 spreek, en van wie se koms hy profeteer, soos Paulus hier betuig en die saak self uitwys.

14 Naamlik toe Hy die menslike natuur aangeneem en in een persoon met Homself verenig het, soos in Hebr. 1:6; 9:11.

15 Naamlik om dit aan te neem tot ’n versoening en voldoening vir die sonde, soos die Jode hulle dit ingebeeld het. Andersins het God hierdie dinge ook gewil om gebruik te word vir die gelowiges van die Ou Testament as voorbeelde en sakramentele tekens, wat hulle na die toekomstige voldoening van die offer van Christus gewys het. Egter ook nie langer as tot wanneer die offer self volbring sou wees nie, wanneer hierdie skaduwees moes ophou, soos hier en op ander plekke bewys word.

16 Die Hebreeuse teks van Ps. 40:7 sê: ore het U vir my gegrawe. Die apostel volg egter hier die Griekse vertaling, soos meestal in hierdie brief, aangesien dieselfde betekenis in beide vervat is. Want die woorde: ore het U vir my gegrawe, beteken dat Christus, toe Hy mens geword het, Hom tot ’n gewillige dienskneg van sy Vader oorgegee het, om Hom tot die dood van die kruis te gehoorsaam. Dit is ’n beeld geneem van die slawe van die Hebreërs, wie se oor aan die deurpos deurboor was as getuienis daarvan dat, nadat hulle ses jaar hul here gedien het, hulle die sewende jaar nie die diens van hul here wou verlaat nie, maar voortdurend tot die dood daarin wou bly, soos te sien is in Ex. 21:6. Net so word dan ook hier van God die Vader gesê dat Hy vir Christus ’n liggaam berei het, omdat Christus, terwyl Hy die menslike natuur uit die vlees en bloed van die maagd Maria deur die krag van die Heilige Gees van sy Vader ontvang het, dit hier oorgee tot die diens van sy Vader, om Hom gewillig in alles te gehoorsaam, selfs tot die dood toe, om ’n soenoffer te wees vir ons sondes. Dit is dan asof Hy sê: U het vir My ’n liggaam gegee wat in u diens tot die dood toe gewillig en bereid is.

17 Gr. in die hoof, of: in die begin van die boekrol, naamlik van u Wet. Want die wetboek was in die ou tyd gewoonlik op ’n rol geskryf, soos ons landkaarte ook vroeër, en soos die Jode dit nog het in hulle sinagoges. Nou is daar baie plekke in die boek van die Wet wat van Christus se koms getuig, selfs ook in die begin van die boek, toe God die saad van die vrou belowe het dat Hy die Satan se kop sou vermorsel, Gén. 3:15.

18 Dit is, om U gehoorsaam te wees tot die dood van die kruis, tot versoening van alle gelowiges.

19 Naamlik allerlei soorte soenoffers wat in die Ou Testament gebring was.

20 Naamlik sy gehoorsaamheid aan die wil van sy Vader.

d Hebr. 9:12. 21 Dit is, deur die gehoorsaamheid aan hierdie wil; soos in Rom. 5:19.

22 Dit is, het ons alles wat tot ons volkome heiligmaking nodig is, naamlik vergewing van die sondes, vernuwing van die gees en ewige saligheid.

23 Dit is, hierdie wil van God het ook daarin bestaan dat Christus sy liggaam tot ’n soenoffer vir ons sondes aan die kruis sou oorgee, Filip. 2:8.

24 Dit is, van dieselfde soort en natuur.
e Ps. 110:1. Hand. 2:34. 1 Kor. 15:25. Ef. 1:20. Kol. 3:1. Hebr. 1:13. 25 Naamlik aan die kruishout.

26 Die woorde vir altyd word deur sommige gevoeg by die woorde gebring het, maar die samevoeging soos in die teks is die beste.

27 Dit is, in hierdie koninklike en priesterlike amp van Hom, soos Hy dit nou bedien, as Middelaar so lank volhard en voortdurend die uitvoering daarvan vervul, totdat deur sy tussenkoms en sy Vader se mag al die vyande van ons saligheid, en ten laaste ook die dood, tot niet gemaak sal wees; wanneer Hy hierdie vorm van regering sal aflê, en saam met die Vader en die Heilige Gees alles in almal sal wees. Sien 1 Kor. 15:24, ens.
28 Dit is, wat deur sy Gees en Woord in Hom glo en wedergebore word. Hiermee word ’n afbakening gemaak van diegene wat deur Christus se offer volmaak word. Want hoewel sy offer op sigself genoegsaam is vir alle mense, maak dit nogtans niemand volmaak behalwe diegene wat deur Hom geheilig word nie.
29 Naamlik in sy Woord en in die besonder in die beskrywing van die nuwe verbond, Jeremia 31, wat Hy met ons gesluit het. Waaruit dan blyk dat die Heilige Gees die ware God is, en ’n onderskeie persoon in die goddelike wese is.

30 Naamlik dit wat hy in die voorgaande vers gesê het. Want hoewel daar in die beskrywing van die nuwe testament [verbond], Jeremia 31, geen melding gemaak word van ’n offer nie, nogtans, aangesien volkome vergewing van die sondes daar beloof word, en die apostel tot hiertoe bewys het dat die dood van die Testamentmaker daartussen moes kom, sodat die nuwe testament vas sou wees, en hy dit ook bewys het uit Psalm 40, kom hy onweerspreeklik tot die gevolgtrekking dat dit deur hierdie enigste offer in die nuwe verbond teweeggebring moes word. Só leer ons dus hier by die apostel om die Skrif met die Skrif te vergelyk, om vaste gevolgtrekkings in sake van die geloof te maak.

f Jer. 31:31-34. Rom. 11:27. Hebr. 8:8. 31 Hierdie woorde kan verstaan word as Paulus se woorde, hoewel dergelike woorde ook deur die profeet Jeremia geskryf is. Andersins sou iets in die begin van die volgende vers ontbreek, om die gevolgtrekking van Paulus aan te vul, naamlik so spreek Hy, of iets dergeliks. Sommige manuskripte het dit ook voor die 17de vers geplaas, omdat hulle hierdie woorde, spreek die Here, as die woorde van die profeet verstaan het.
32 Naamlik van versoening; maar slegs offers van dankbaarheid, wat in die Nuwe Testament van ons vereis word. Sien Rom. 12:1. Hebr. 13:15. 1 Petr. 2:5.
g Joh. 10:9; 14:6. Rom. 5:2. Ef. 2:13; 3:12. 33 Hier begin die apostel die tweede deel van hierdie brief, naamlik die vermanings tot die verskuldigde plig van die gelowiges. En hy vermaan hulle in die res van hierdie hoofstuk tot vrymoedigheid in die geloof, tot standvastigheid in die belydenis en tot lydsaamheid in die verdrukkings.

34 Gr. tot die ingang van die heiligdom, dit is, om deur geloof, hoop en gebede direk tot God in die hemel te gaan, Rom. 5:2. Ef. 3:12.

35 Die Griekse woord beteken eintlik wat vars geslag is, wat hier op die offer van Christus sien, wat vars geslag was en vir altyd in volle krag bly.

36 Dit is, lewendmakende, soos in Joh. 6:51, want Christus se dood is ons lewe.

37 Só noem hy Christus wat vir ons geoffer is, omdat ons deur Hom en sy verdienstes toegang tot God het. Sien Joh. 14:6.

38 Of: nuut voorberei, of voorgestel het. Sien Hebr. 9:18.

39 Dit is, sy menslike natuur, waardeur sy goddelike natuur bedek was, soos deur die voorhangsel die verbondsark en die genadestoel [versoendeksel], saam met die hele Allerheiligste.

40 Dit is, die hele gemeente van God. Sien Hebr. 3:6.
h Eség. 36:25. 41 Dit is, ongeveinsde, opregte gemoed.

42 Dit is, ons siele, of gedagtes, wil en geneigdheid.

43 Naamlik met die bloed van Christus. Sien Hebr. 9:14.

44 Dit is, ons uitwendige dade of werke, wat deur die liggaam geskied.

45 Dit is, deur die werking van die Gees van Christus, wat deurgaans deur rein water aangedui word. Sien Eség. 36:25. 1 Joh. 5:6.

46 Naamlik wat in ons is, 1 Petr. 3:15.

47 Dit is, standvastig behou, sonder om daarvan af te wyk, of ons daarvan te laat aflei.

48 Naamlik in die volbringing van wat Hy beloof het.

49 Of: mekaar waarneem.
50 Naamlik in die Christelike byeenkomste, wat vir die aanhoor van God se Woord, gemeenskaplike gebede en die gebruik van die heilige sakramente tot stand gebring is. Sien Hand. 2:42; 20:7. 1 Kor. 11:20, ens.

51 Naamlik wat van die waarheid afval, óf uit vrees vir die Jode, óf deur nalatigheid, óf vanweë ’n hoë dunk van hulself, óf uit ander oorsake hierin traag word. Sien Matt. 18:20.

i Núm. 15:30. Matt. 12:31. Hebr. 6:4. 2 Petr. 2:20. 1 Joh. 5:16. 52 Dit is, moedswillig afval van hierdie geloof, wat die apostel hier beskryf het, soos hierdie sonde in vers 29 breedvoeriger verklaar word, en wat die apostel ook in Hebr. 6:6 ’n afval genoem het. Hy spreek hier dus nie van allerlei sonde of afval nie, maar van die sonde wat Christus die sonde of lastering teen die Heilige Gees noem, Matt. 12:32, en van die sonde tot die dood, waarvan Johannes spreek, 1 Joh. 5:16, soos blyk uit die volgende eienskappe, wat hierna beskryf word.

53 Naamlik aangesien sodaniges die enigste offer van die Nuwe Testament, naamlik die Here Jesus en sy verdienste, moedswillig verwerp en verag. Dit wil voorkom of die apostel hier ook verwys na Núm. 15:30, 31, waar ook selfs volgens die wet geen offer tot versoening toegelaat word vir diegene wat moedswillig gesondig en die HERE versmaad het nie, maar hulle moes sonder genade uit die volk uitgeroei word.

54 Dit is, die vyande van God se waarheid, en vervolgers daarvan.
k Núm. 35:30. Deut. 17:6; 19:15. Matt. 18:16. Joh. 8:17. 2 Kor. 13:1. 55 Dit is, tot niet gemaak, verlaat, verloën, of daarvan afvallig geword het, soos in Deut. 13:5-7; 17:2 verklaar word. Want hoewel daar meer moedswillige sondes was wat met die dood gestraf is, verwys die apostel nogtans in die besonder na hierdie sonde van moedswillige afval, soos die Griekse woord athetein, dit is, verwyder, of tot niet maak, en die vergelyking van die volgende vers meebring.
56 Dit is, moedswillig verag en verwerp het. Want dit wat ’n mens vertrap, behandel ’n mens gewoonlik met veragting en verwerping.

57 Dit is, die bloed van Jesus Christus, waardeur die Nuwe Testament bevestig is, Matt. 26:28.

58 Naamlik uitwendig, ten opsigte van sy voorgaande professie of belydenis, aangaande die aanhoor van die goddelike Woord, die gebruik van die heilige sakramente en die afskeiding van ander gewone mense, naamlik Jode en heidene. Hoewel sodaniges nie die ware wedergeboorte deelagtig was nie, soos Johannes getuig in 1 Joh. 2:19, en soos sulkes in 2 Petr. 2:22, nog ewenwel honde en sôe genoem word, al was hulle skoongewas van hul uitwendige modder, en al het hulle die onreinheid van afgodery en ander onheiligheid verlaat.

59 Gr. algemeen, dit is, profaan, onheilig, soos in Mark. 7:2. Hand. 10:14. Want dit wat ’n mens verwerp of versaak, beskou ’n mens as onrein of onheilig in sake van die godsdiens.

60 Dit is, die Heilige Gees, wat in hulle ’n smaak van God se genade begin werk het, waaroor hulle hul ook ’n tyd verbly het. Sien breedvoeriger hieroor in Hebr. 6:5.

l Deut. 32:35. Rom. 12:19.

m Deut. 32:36.

61 Naamlik in Deut. 32:35, 36, waar die Here belowe dat Hy wraak sal neem op sy volk se vyande, en oordeel, dit is, reg verskaf en beskerm teen alle vervolgers en verdrukkers. Hier moet opgemerk word dat die apostel die woorde van die Griekse vertalers na die Hebreeuse teks verander en verbeter.
62 Naamlik as Hy wraak oefen op sy vyande. Andersins is dit beter om in die hande van God te val, as in die van die mense, wanneer Hy die wat aan Hom behoort genadiglik tugtig, 2 Sam. 24:14.
63 Naamlik aanvanklik, toe julle gelowig geword het, en deur die doop in die gemeente van Christus ingelyf is. Hoeveel te meer dan, wil hy sê, moet julle standvastig wees en teen alle verdrukkinge gewapen, nadat julle nou lankal Christus bely en Hom gedien het.
64 Dit kan óf letterlik verstaan word, aangesien die Christene dikwels in die skouspele voor die wilde diere gegooi is, 1 Kor. 15:32, óf as beeld, omdat hulle in die openbaar in die sinagoges en geregshowe skandelik ten toon gestel en sleg behandel was, soos Christus vooruit aankondig in Luk. 12:11; 21:12, en Paulus van homself en ander apostels spreek, 1 Kor. 4:9.

65 Dit is, medelye gehad het, en alle broederlike hulp bewys het.

n Hand. 21:33.

o Matt. 5:12.

66 Naamlik toe ek in Jerusalem oorval en gevange geneem was, en genoodsaak was om my op die keiser te beroep, om aan die geweld van die Jode te ontkom; toe die gelowige Jode sonder twyfel groot medelye met Paulus gehad en aan hom alle hulp bewys het. Sien Hand. 21:33.

67 Naamlik volgens die vermaning en belofte van Christus in Matt. 5:11, 12, en volgens die voorbeeld van die apostels, Hand. 5:41. Sien ook 1 Thess. 2:14.

68 Dit is, in die hoop wat in julle is.

69 Dit is, julle vrymoedige belydenis, wat spruit uit die vrymoedigheid van die geloof en van die hoop op God, soos in vers 23 staan. Of: julle vertroue.

70 Naamlik uit genade en om Christus wil. Sien Rom. 11:35. Kol. 3:24. Hebr. 13:21.

p Luk. 21:19. 71 Dit is, standvastigheid en lydsame verwagting van die vervulling van God se belofte, soos die bewys wat die apostel hier uit die teks van Hábakuk aanhaal, meebring.

72 Dit is, die beloofde saak of erfenis. Sien Gal. 3:22.

q Háb. 2:3. Hag. 2:6. 1 Petr. 1:6; 5:10. 73 Naamlik is daar oor. Hierdie woorde is geneem uit Háb. 2:3. Hag. 2:6. Die apostel haal dit nie woord vir woord aan nie, maar beskryf die betekenis daarvan om in te pas by sy doel.

74 Naamlik die Messías, Christus.

r Háb. 2:4. Rom. 1:17. Gal. 3:11. 75 Sien meer oor hierdie aanhaling in Rom. 1:17 se kanttekeninge.

76 Naamlik van hierdie geloof en lydsame verwagting, deur afval, of verloëning van Christus en sy waarheid.

77 Hiermee versag die apostel die voorgaande dreigement, naamlik dat hy oor hulle nie so dink nie, hoewel hy so spreek, soos hy ook in dergelike waarskuwing gedoen het in Hebr. 6:9.

78 Gr. nie van die onttrekking nie.

79 Gr. van die geloof.

80 Of: verkryging, verwerwing.

81 Dit is, van die saligheid van die siel; soos Christus ook spreek in Matt. 10:39. Sien ook die kanttekening daar.