Statevertaling – Bybelstigting

Hebreërs 13

Verskillende voorskrifte.

1

DIEa broederliefde moet 1bly.

2

bVergeet 2die gasvryheid nie, cwant daardeur het sommige, 3sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.

3

dDink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as mense wat self 4ook ’n liggaam het.

4

Laat die huwelik 5in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.

5

e6Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. fWees tevrede 7met wat julle het, want 8Hy het gesê: gEk sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

6

Daarom kan ons met alle vrymoedigheid 9sê: hDie Here is vir my ’n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ’n mens aan my doen?

7

Gedenk ijulle 10voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.

8

Jesus Christus is 11gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

9

k12Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word 13deur genade, lnie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, 14geen voordeel gehad het nie.

10

Ons het 15’n altaar waarvan die 16wat die tabernakel bedien, geen reg het 17om te eet nie;

11

mwant die diere waarvan die bloed 18vir die sonde deur die hoëpriester 19in die heiligdom ingedra word — 20hulle liggame 21word 22buitekant die laer verbrand.

12

23Daarom het Jesus ook, om 24die volk deur sy eie bloed te heilig, nbuitekant die poort gely.

13

Laat ons dan 25uitgaan 26na Hom toe 27buitekant die laer en 28sy smaad dra.

14

oWant ons het hier 29geen blywende stad nie, maar ons 30soek die toekomstige.

15

Laat ons dan gedurig 31deur Hom aan God ’n lofoffer bring, dit is pdie 32vrug van die lippe wat sy Naam 33bely.

16

Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, qwant God 34het ’n welbehae aan 35sulke offers.

17

rWees 36gehoorsaam aan julle 37voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele sas diegene wat 38rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie 39al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.

18

Bid vir ons, want ons is oortuig dat ons 40’n goeie gewete het, omdat ons 41in alles 42goed wil wandel.

19

Des te meer vermaan ek julle om dit te doen, sodat ek gouer aan julle 43teruggegee kan word.

Heilwense en groete.

20

44MAG die God van die vrede, wat tdie 45groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, 46deur die bloed 47van die ewige testament uit die dode teruggebring het,

21

vjulle 48volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur 49in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan 50wie die heerlikheid toekom tot 51in alle ewigheid! Amen.

22

En ek vermaan julle, broeders, 52verdra die woord van vermaning, want ek het 53ook maar kort aan julle geskrywe.

23

Julle moet weet dat die broeder 54Timótheüs vrygelaat is, saam met wie 55ek julle sal sien as hy spoedig kom.

24

Groet al julle 56voorgangers en al 57die heiliges. Die wat 58van Italië is, groet julle.

25

59Die genade sy met julle almal! Amen.

a Rom. 12:10. Ef. 4:3. 1 Petr. 1:22; 2:17; 4:8. 1 Dit is, volhard, soos julle goed daarmee begin het. Sien Hebr. 6:10.
b Rom. 12:13. 1 Petr. 4:9.

c Gén. 18:1; 19:1.

2 Naamlik jeens die vreemdelinge en verjaagde Christene, wat dikwels hul vaderland moes verlaat, en nie geweet het waarheen om te gaan nie; sien ook Rom. 12:13. 1 Petr. 4:9. Hierdie deug word in die besonder by herders van die gemeente aangeprys, 1 Tim. 3:2. Tit. 1:8.

3 Naamlik soos Abraham, Gén. 18:1, en Lot, Gén. 19:1.

d Matt. 25:36. 4 Naamlik, in hierdie liggaamlike lewe, wat aan baie verdrukkinge onderworpe is. Of: ook in die liggaam so mishandel word, dit is, net so mishandel, of in dieselfde slegte omstandighede as hulle is. Ander verstaan dit as die liggaam van Christus, dit is, as sy gemeente, in dié sin: as iemand wat ook in die liggaam is, dit is, lede van dieselfde liggaam. Sien 1 Kor. 12:25, 26.
5 Gr. in alles, dit is, in alle dinge, of: onder alle persone. Want dit kan op beide maniere verstaan word: in alle dinge, naamlik wat die huwelikstaat volgens God se instelling meebring en vereis; of: onder alle persone, naamlik van watter staat of beroep hulle ook is, mits hulle dit wettiglik en in die Here doen, Levítikus 18. 1 Kor. 7:39. Die apostel stel hier ’n reël vir die getroudes, waarvolgens hulle hul moet gedra, en stel dus hierdie vermaning teen die misbruik van baie mense, wat hulle in hoerery of deur egskeiding in owerspel misdra het, om aan die laste en ongemakke van die huwelik te ontkom; en ook teen sommige valse leraars, wat in die tyd van die apostel, en ook daarna, die huwelikstaat as oneerbaar en bevlek verwerp het, waarteen die apostel ook Timótheüs waarsku, 1 Tim. 4:3.
e Ex. 23:8. Deut. 16:19. Spr. 15:16.

f Filip. 4:11. 1 Tim. 6:6, 8.

g Deut. 31:6, 8. Jos. 1:5. 1 Kron. 28:20.

6 Of: Julle sede, dit is, julle handel en wandel onder die mense.

7 Naamlik wat die Here deur jul arbeid en in jul beroep aan julle verleen, sonder om deur onbehoorlike praktyke, of te groot bekommering, na meer rykdom te streef. Sien Matt. 6:31, ens. 1 Tim. 6:6.

8 Naamlik God tot Josua, Jos. 1:5, en derhalwe in sy persoon tot alle gelowiges.

h Ps. 56:5; 118:6. 9 Naamlik met Dawid deur die geloof, Ps. 118:6.
i vers 17. 10 Of: leidsmanne, soos in vers 17. Hy spreek in die besonder van die apostels en ander getroue leraars, wat hul leer met hul bloed verseël het, sonder om op enige wêreldse vergelding te let, maar slegs op die ewige en hemelse gesien het, soos die volgende woorde aandui. Hy wil dus dat hulle altyd hul voorgangers se leer, standvastigheid in die geloof, en hul geduld in lyding gedenk, maar nie dat hulle aan die voorgangers enige godsdienstige eer sou betoon nie.
11 Dit is, soos Hy hul Helper in alle moeilike omstandighede was, soos hulle op Hom hul vertroue gestel het, en soos hul leer Christus Jesus alleen as die vaste fondament van die saligheid gestel het – só was Hy ook altyd dieselfde, is steeds dieselfde, en sal dit in ewigheid bly – as dieselfde God en dieselfde Middelaar, sowel in die Ou as in die Nuwe Testament. Sien 1 Kor. 3:11. Ef. 2:20. Openb. 1:8; 22:13.
k Jer. 29:8. Matt. 24:4. Rom. 16:17. Ef. 4:14; 5:6. Kol. 2:16. 2 Thess. 2:2. 1 Tim. 4:3. 1 Joh. 4:1.

l Joh. 6:27. Rom. 14:17.

12 Dit is, word dus nie so rondgeslinger nie. Want dit is ’n gevolgtrekking van die vermanings uit die voorgaande twee verse.

13 Dit is, deur die saak self wat deur die seremonies van die Ou Testament uitgebeeld was, en nie deur die seremoniële skaduwees nie, waarvan hy een soort aanhaal, naamlik die onderskeid tussen voedsel, terwyl hy die ander ook daaronder verstaan. Sien oor dergelike betekenis van die woord genade Joh. 1:17. Hand. 15:10, 11.

14 Naamlik vir die siel, en op sigself beskou. Want die koninkryk van die hemele is nie spys óf drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees, Rom. 14:17.

15 Hierdeur word geen klip of uitwendige altaar verstaan nie, want dan moes die apostel sê dat ons baie altare het, of moet hê, naamlik in alle tempels of hoeke van die tempels; maar hy spreek van dié geestelike altaar, naamlik Christus Jesus self, wat deur die ewige Gees Homself sonder smet geoffer het, Hebr. 9:14. Soos Christus se vlees dus die offer is, so is Christus ook die Hoëpriester, en die altaar self, wat hierdie offer geheilig het, soos die altaar gewoonlik die offer heilig, volgens die getuienis van Christus, Matt. 23:19. Christus word ook ons altaar genoem, omdat ons op Hom ons gebede en danksegginge aan God moet offer. Sien Openb. 6:9; 8:3.

16 Dit is, wat aan die seremonies van die Ou Testament nog gemeenskap wil hê om ’n deel van hul saligheid daarin te soek. Sien Gal. 5:2.

17 Dit is, waaraan hulle geen reg het om geestelike gemeenskap te hê nie, soos Paulus die geestelike gemeenskap verklaar in 1 Kor. 10:16.

m Ex. 29:14. Lev. 4:21; 6:30; 16:27. Núm. 19:3. 18 Dit is, tot ’n offer vir die sonde.

19 Dit is, in die Allerheiligste, op die versoendag, wat die tiende dag van die sewende maand was, Lev. 23:27.

20 Naamlik van die geslagte diere.

21 Naamlik op God se bevel, sien daaroor Lev. 16:27.

22 Naamlik van die Israeliete in die woestyn; waaruit die apostel, soos uit ’n voorbeeld, aflei dat die gelowiges, wat gemeenskap het aan die bloed van Jesus Christus en sy verdienste, geen gemeenskap moet hê in hul uiterlike godsdiens met daardie vleeslike Israel of Jerusalem nie, noudat ons Hoëpriester sy offer daarbuite volbring het, en met sy bloed in die ware Allerheiligste ingegaan het.

n Joh. 19:17, 18. 23 Dit is die tweede gevolgtrekking van die apostel, uit die voorgaande voorbeeld van die verbrand van die diere buitekant die laer, naamlik dat Christus buitekant die poort van die stad Jerusalem, waarin die seremonies van die Ou Testament plaasgevind het, die vuur van die toorn van God moes ly, om ons met God te versoen.

24 Dit is, die geestelike Israel, die kinders van die belofte, wat die engel die volk van Christus noem, Matt. 1:21, en wat Christus sy skape, Joh. 10:15, 16, en hulle wat die Vader Hom gegee het noem, Joh. 17:9, ens.

25 Naamlik deur ’n waaragtige geloof, sonder om ons meer aan enige ander seremonies te bind.

26 Naamlik, na Hom alleen.

27 Naamlik waarin al die seremonies van die Israeliete en priesters bedien en gebruik was.

28 Dit word om twee redes daarby gevoeg. Eerstens, omdat buitekant die laer, soos ook later buitekant die stad Jerusalem, die plek was waar mense gewoonlik die misdadigers, as synde voortaan die geselskap van mense onwaardig, uitgebring het om gedood te word, soos te sien is in Lev. 24:14. Jos. 7:24. Hand. 7:58, ens. Tweedens ook, omdat die Jode dit as ’n groot skande beskou het om geen gemeenskap aan die seremonies van die wet te hê nie. Sien Hand. 10:14, 15, 28. Gal. 2:12, 13. Paulus vermaan hulle om nieteenstaande alle versmading en vervolging van die Jode en ook van die wêreld oor hierdie saak, alleen tot Christus en sy offer hulle toevlug te neem en daarin standvastig te bly.

o Filip. 3:20. 29 Dit is, geen vaste stad wat vaste fondamente het nie; of: waarna ons moet streef om lank te bly en daar ons heil te soek.

30 Dit is, wat vaste fondamente het en ewig is in die hemel. Sien Hebr. 11:10, 16.

p Hos. 14:3. 31 Naamlik Jesus Christus, dit is, terwyl ons deur die geloof steun op Hom, op sy verdienste en voorbidding. Sien 1 Petr. 2:5. 1 Joh. 2:1.

32 Dit is, nie soos die Israeliete uit die eerstelinge of vrugte van die aarde nie, maar die vrug van ons lippe, wat Hoséa in Hos. 14:3 die lippe as offerdiere noem, dit is, danksegging vir die weldade wat verwerf is.

33 Dit is, loof en dank, soos in Matt. 11:25. Rom. 14:11.

q Filip. 4:18. 34 Naamlik in Christus Jesus, soos in vers 21 uitgedruk word. Soos die gehoorsaamheid van ’n kind, al verdien dit niks by sy vader nie, en van ’n onderdaan aan sy owerheid, nogtans aangenaam is, net so is ons weldadigheid ook vir God in Christus behaaglik en aangenaam, al kan ons daaroor nie voor Hom roem asof daar verdienste in is nie. Sien Luk. 17:10. Rom. 11:35.

35 Naamlik van dankbaarheid. Want Christus alleen is die offer van ons versoening met God, soos die apostel meermale betuig het. Sien Hebr. 9:25-28; 10:14, 18.

r Filip. 2:29. 1 Thess. 5:12. 1 Tim. 5:17.

s Eség. 3:18; 33:8.

36 Naamlik in alles wat hulle julle uit en volgens God se Woord gebied, soos in Eség. 3:2 uitgedruk word. Andersins beveel ook Christus sy dissipels dat hulle op hulle hoede moet wees vir die suurdeeg, dit is, verkeerde leer van die Fariseërs, Matt. 16:6, 12.

37 Dit is, herders en leraars, soos tevore in vers 7. Waarmee nie net die waardigheid van die amp van die leraars nie, maar ook hul verskuldigde plig bedoel word, soos ook in die volgende woorde uitgedruk word, want hulle waak vir julle siele, dit is, vir die saligheid van julle siele. Sien Eség. 3:18.

38 Naamlik indien iemand deur hulle nalatigheid of slegte voorbeelde verlore gaan. Sien Eség. 3:18. 1 Tim. 4:16.

39 Naamlik oor die ondankbaarheid of halsstarrigheid van die volk.

40 Naamlik in alles wat ons doen en leer; in die besonder wat die verwerping van die seremonies betref, waarvan hy kort tevore gespreek het, en waartoe die Jode moeilik kon besluit. Sien dergelike in Hand. 23:1. 1 Kor. 4:4. 2 Kor. 1:12.

41 Of: onder almal, soos in vers 4 se kanttekening.

42 Dit is, opreg, volgens God se wil en bevel, soos in 2 Kor. 1:12 verklaar word.

43 Naamlik soos die apostel nie net hier nie, maar ook elders van sy hoop om uit sy boeie verlos te word betuig. Sien Filip. 2:24. Fil. vers 22.
t Jes. 40:11. Eség. 34:23. Joh. 10:11. 1 Petr. 5:4. 44 Met hierdie gebed sluit die apostel volgens sy gewoonte die brief af, en noem hy God die God van vrede, soos ook in Rom. 15:33; 16:20. 2 Kor. 13:11, ten opsigte van die evangelie van vrede, waardeur aan ons vrede met God en die mense verkondig en daadwerklik meegedeel word. Sien Luk. 2:14. Rom. 5:1. Ef. 2:14, 15.

45 Naamlik Jesus Christus, soos volg, vir wie die apostel so noem, nie net omdat Hy op ’n besondere wyse sy skape verlos het nie, maar ook omdat Hy ’n herder van alle herders is. Sien Joh. 10:11, ens. 1 Petr. 5:4.

46 Dit is, waardeur die nuwe, en gevolglik ook ewigblywende testament bevestig is, Hebr. 9:12. Die woorde in die bloed, of: deur die bloed kan gevoeg word, óf by die woorde groot Herder van die skape, omdat Hy daarom ’n groot en goeie herder is, omdat Hy sy skape deur sy bloed in ewigheid versoen het; óf dit kan gevoeg word by die woorde uit die dode teruggebring het, omdat Hy, terwyl Hy deur sy bloed die ewige Testament bevestig het, volgens die voorsegging van die profete, nie langer deur die dood vasgehou kon word nie, soos Petrus getuig in Hand. 2:24, ens.

47 Dit is, wat nimmermeer verander word, soos die eerste verander is; en gevolglik van ’n ewigdurende krag is.

v 2 Kor. 3:5. Filip. 2:13. 48 Of: berei, bekwaam maak in alle goeie werke, dit is, in julle volbring wat daar nog sou mag ontbreek, soos die Griekse woord eintlik bedoel.

49 Gr. in julle tot stand te bring, naamlik deur sy Heilige Gees. Sien Filip. 2:13.

50 Naamlik Christus Jesus. Hierdie lof word in God se Woord nooit aan iemand anders as die ware en ewige God gegee nie.

51 Gr. in ewighede van ewighede.

52 Die apostel spreek hier so, om die skerpheid van sommige vermaninge wat in hierdie brief voorkom, te versag, vernaamlik in Hebreërs 6 en 10.

53 Dit word nie ten opsigte van ander briewe gesê nie, maar ten opsigte van die rykdom en gewigtigheid van die inhoud wat die apostel hier kortliks behandel.

54 Hieruit wil dit voorkom of Timótheüs iewers in Asië gevange gehou was, soos sommige ook aflei uit 1 Tim. 6:12, hoewel Lukas in die Handelinge van die Apostels daarvan geen melding maak nie, aangesien hy in sy geskiedskrywing nie verder gaan as tot die gevangenskap van Paulus in Rome nie.

55 Hieruit lei sommige af dat Paulus nou uit sy gevangenskap vrygelaat was toe hy hierdie brief geskrywe het, net soos dit deur baie afgelei word uit 2 Tim. 4:17, 18. Baie van die kerkvaders skrywe ook dat hy ná sy eerste vrylating in Rome nog ’n reis in Sírië en ander plekke gemaak het. Hierdie woorde kan egter ook verstaan word as die goeie hoop wat hy toe van sy vrylating gehad het, waarvan in vers 19 gespreek is.

56 Dit is, herders en leraars, soos in verse 7, 17.

57 Dit is, gelowige Christene, soos oral in die titels van die briewe van Paulus te sien is.

58 Dit is, nie net van Rome nie, maar ook diegene wat hom uit die hele Italië dikwels in sy gevangenskap besoek het. Sien Hand. 28:30, 31.

59 Naamlik van Jesus Christus, soos die apostel in van sy ander briewe daarby voeg.

Einde van die brief van PAULUS aan die Hebreërs.